Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Wanneer ‘n mens jonk is het jy mos ‘n groot dink van jouself. Nie net loop jy met jou beterweterige neus in die lug nie, maar ook met jou sintuie iewers in ouma-grootjie se vet spens begrawe, tussen al wat ‘n rot-gif, mot-bol is.
So was dit ook geensins ander die dag toe ek my voet vir die eerste keer oor die drumpel van die Universiteits gronde op die Kovsie Kampus in Bloemfontein neersit nie.
Met my blou verrimpelde denim wat destyds blykbaar hoog mode was en ‘n kanarie-geel T-hemp gekoop by die engiste ‘boutique’ op my tuisdorp genaamd Pep Stores, loop en trippel ek rond asof my pa kop in een mus met die Rektor sit en akademie onderhandel soos vriende van ouds.

So om en by twaalf-uur op ‘n besonderse warm dag in Januarie 2005 sien ek ander wysneusige eerstejaars verby my swerf op pad na die Kallie Human Sentrum vir die Eerstejaars Verwelkomings Seremonie. Ek suiker toe ook agterna; gewapen met my geel D&G sonbril gekoop by die Indiese handelaar op die dorp wat my hoog en laag belowe het: “No madam, these is authentic! Really!!!”.
“Oh, nou goed,” antwoord ek “gee my sommer ses. Een in elke kleur.”
Ek dog die man gaan sy geel tande verloor soos wat hy van oor tot oor smaal en vir my die ‘best glasses’ uitsoek.

“So wat het die sonbrille nou met universiteit te doen, vra jy?”
Wel sien; 2005 kon net sowel Die Jaar van die Sonbril gewees het. Dit is die jaar wat P-Diddy besluit het hy kan beter met sy sonbril in die nag sien as bedags en Snotkop ..... wel ..... toe was Snotkop nog net ‘n snotkop.
So is dit toe ook geensins anders dat ek vir my eerste kampus besoek, my geel sonbril netjies oor my oë geskadu hou, my lang blonde hare swierig uit my gesig kam en soos ‘n wafferse pou met vere gespan, by die Kallie Human instap.
Op die toppunt van die wêreld, sou my houding nie beter kon beskryf nie, veral as jy my van agter sou sien loop met ‘n wip in my stap wat enige super model die josie in sou maak. Wel, dis nou as jy verby die ses-en-dertig reikweidte van my agter stewe sou kyk. Mans is mos veronderstel om vir ‘personality’ te gaan, is wat Juffrou Van der Walt in ons Lewens Orientering klas my op skool wysgemaak het.
Dit en ander goed bedoelde skool ondderrig blyk toe dat dit die universiteits toets sal moet deurstaan, sou ek later uitvind....

So neem ek stelling in op een van daardie aaklige blou-plastiek stoele wat jou boude laat brand na twintig-minute se sit, in die sewende ry van agter. (Was nog nooit ‘n voor-in-die-koor tipe nie.)
Na ‘n paar minute van observasie en die onvermoë om te verstaan waarom dit so verduiwels donker in die plek is: “Vir wat kan hul nie die ligte aansit nie,” wonder ek hardop, verwyder ek my donkerbril skaam-skaam toe die gryskop tannie wat links van my sit met ‘n effense smaal om haar lippe laat hoor: “Haal die klappe van jou oë af my kind, en jy sal dalk iets kan sien.”
Ek dog eers die tannie hou vir haar darem, maar lekker ongeskik op so ‘n lieflike dag, toe ek besef ek is die nar in die verhaal.
Vernederd verwyder ek die bril en sit dit netjies op die leë stoel langs my neer net om enkele sekondes later tot my groot ontsteltenis ‘n harde knarsgeluid van die einste plek te hoor opslaan.
“Ooops!” Hoor ek ‘n mansstem uitroep terwyl ek die oorblyfsels van my nuwe bril aanskou wat gesaai oor die stoel lê.
“Jou simpel ..... i..dio...t!! Kan j.. y ..” vorm my lippe die snedige woorde, maar stol halfpad in my keel toe ek in ‘n paar pragtige bruin oë kyk wat soos manna uit die hemel voor my wese opdoem en my stom laat. Dammit! En dit sonder dat ek ‘n enkele teken in gebare taal onder die knie het.
“Eeeh!” is al klank wat my brein blykbaar by my stembande kan registreer elke keer wat die ou met sy ‘Casanova’ bakkies, sy oë verleidelik skreef en aan my verduidelik hoe jammer hy is: “Ek is regtig jammer, ek het nooit gesien daar was iets op die stoel nie!”
“E e e h h h.” Is al antwoord wat by my mond uitkwyl.
“Ek het gedink die stoel is onbeset, so toe sit ek en ‘dwah’, daar kraak iets...”
“Eeehhh”
“en ... en ... toe wel, toe is dit jou bril en, eh!!... wel nou is dit ‘m**r...’, eh ... jammer ... nou is dit bokveld toe ....”
“Ehhh”
“Mmmmm... ek is regtig jammer. Régtig baie jammer,” sê Adonis, terwyl hy die oorblyfsels van my gesneuwelde bril in sy een hand saamhark en vra: “Gee jy om as ek sit?”
“Ehhh”
Ek bloos van oor tot oor en wil myself bydam met 'n skopskoen, toe my oorblywende twee breinselle hulself uiteindelik aan die brand skop. Dis met moeite wat ek my oë van sy mooi armspiere wegskeer en in ‘n effens hees stem, wat voel asof my tong enige oomblik gaan knoop, antwoord: “Ja, ehhh ... sit maar, ehh...”
Ek sien hoe hy na my kyk asof ek enkele oomblikke gelede uit groen dakkies onslaan is, en wonder hoe ek die situasie nog kan red toe die seremonie meester se stem genadiglik oor die luidspreker opklink en almal se aandag opeis. ‘Dankie tog!’ Dink ek en slaak ‘n sug van verligting. As ek langer na die man moes kyk sou ek defnitief skoon vergeet het van my ma se waarskuwing om my kuis te gedra soos ‘n opregte boerenooi.
Ek luister hoe die stilte om my neerdaal soos almal in spanning wag vir die seremonie meester om die verrigtinge te begin, terwyl my hart al klaar harder en harder in my keel gallop. Van al die ouens in die land moes die mooiste een wragtie-waar op my bril loop en sit, en nou waar sy been effens teen myne rus, hoor ek nie ‘n dooie woord wat die seremonie meester babbel nie.
Ek weet egter dat die ou met sy breë skouers en lyf soos een van daardie spartaanse vegters van ouds, my voete onder my uitgeslaan het en my laat warm word op plekke wat jy defnitief nie vir jou ouma-grootjie van vertel nie.
Ek konsentreer daarop om diep asem te haal en kry dit tog reg om betyds te hoor dat die dominee vir ons ‘n gebed gaan doen. Dankbaar maak ek my oë toe. Hulle was egter skaars toe of die dominee sê, “Amen.” ‘n Dominee van min woorde,’ dink ek so by myself ‘nou toe nou.’

Ek moes egter onraad vermoed het, want dis ‘n uur later wat ek my oë sluit vir die derde gebed van die dag wat al meer begin klink en voel soos die vals kerkorrel op my tuisdorp.
Dit is toe die dominee bid dat die nuwe eerstejaar dogters hulle volgens goeie sedes en waardes sal gedra (gerieflikheids halwe spreek hy eerder nie die manklike studente aan nie), wat ‘n blos my wange vuurwarm brand asof ek net daar en dan betrap is in my dagdroom waar ek en Adonis op Naval Hill staan in ‘n omhelsing wat sepie materiaal kon wees. Dit is toe dat ek my regter oog stadig laat oopglip na waar Adonis langs my sit, net om seker te maak die man is nie net ‘n droom nie.
Op daardie oomblik ontmoet my groen regter oog ‘n ge-amuseerde bruin een wat my so laat wip van die skrik, dat ek amper op die se skoot sou opeindig as die dominee nie nogsteeds aan die preek was nie. Ek maak my oog vies toe, al wetende dat ek goed betrap is.
Adonis sit egter daar sonder ‘n blos op een enkele wang, met ‘n smaal wat van oor tot oor strek, so al asof hy weet wat se gedagtes so pas in my verbeelding rond gedans het. ‘Simpel mansmens,’ dink ek vies.

Ek luister hoe die dominee verder bid en bid en begin net wonder of hy vergeet het dat die woordjie “Amen” in ons woordeskat voorkom, toe hy eindelik die gebed sluit en die seremonie meester enkele sekondes later die eerstejaars hartlik welkom heet en die seremonie beëindig.
‘Dankie tog!’ Dink ek, en probeer my so gou as moontlik uit die voete maak voordat ek weer in Adonis se bakkies moet vaskyk.
Sonder om terug te kyk in die rigting van ‘n bruin oog man wat nogsteeds met my stukkende geel sonbril in sy hand sit, maak ek my weg deur die massa studente en ouers wat almal gelyktydig by al wat ‘n sydeur is probeer deurwurm.
As ek profeties was, sou ek dalk kon voorspel dat ek in die maaldrom van mense weer in Adonis sou vasloop, maar aangesien net my tant Ragel met die helm gebore is, skrik ek my boeglam toe ‘n arm om my middel gaan en my al sleupend deur een van die sydeure dra. “Hey, wat dink jou doen jy!” Protesteer ek so hard ek kan. My stem maak egter nie veel impak bo die gebrommel nie. “Sit my neer! Sit my neer!”
“Ja toe nou, ontspan! Met jou lengte sal dit jou ‘n jaar neem om hier uit te kom." Fluister Adonis in my oor, en sonder dat ek dit bedoel voel ek hoe die hoendervleis by my arm opklim en ek ophou spartel.
Mmmm, as die man vir homself wil kom 'George of the Jungle' hou en dink hy is sterk genoeg om my die hele pad te dra, dan moet hy maar bieg onder al die kilogramme wat na die Kersvakansie om my beendere bult.

Buite gekom sit hy my op die groen gras neer en trek my al aan die hand na een van die boompies waar ons in die koelte te staan kom. Ek wil my net vervies vir die man se vermetelheid, maar soos wat dit telkemale gebeur wanneer ek in die geselskap van ‘n aantreklike kêrel is, pak my stembande net daar en dan toe, met die gevolg dat ons vir etlike sekondes ongemaklik rondstaan asof Kees ons sondag brood gesteel het.

Dit is toe dat Adonis ‘n donkerbril uit sy hempsak haal en aan my oorhandig, “Ek is regtig jammer oor jou bril. Ek weet dit is nou nie so ‘n ‘grand’ een soos joune nie, ek het dit sommer by die Indiese Handelaar op die platteland gekoop, maar ek hoop jy sal my vergewe en my bril aanvaar as ‘n teken van my berou.”
My oorblywende breinselle moes blykbaar toe besluit het, ‘Nee kyk, vandag het ons darem lekker oortyd gewerk,’ en laat my weereens stom toe sy bruin oë diep in myne kyk en my bloeddruk nuwe hoogtes bereik.
Sekondes later voel ek hoe ‘n warm gloed na my wange opklim, ‘n skuldige glimlag so al om my mondhoeke krul en ek skielik my Afrikaanse woordeskat onthou: “Die Indiese handelaar sê jy? Nou toe nou ou Adonisie. Dit lyk my ek en jy gaan tog beter oor die weg kom as wat ek gedink het.”
Hierop draai ek om met die wip terug in my stap, net 'n vinnig terugblik na Adonis en 'n skelm knipoog wat die man vir die eerste keer daardie dag ook met 'n bek vol tande laat. Haastig trek ek Adonis se sonbril oor my oë en begin aanstap na die Universiteits hek in die rigting van die studentehuis wat my nuwe tuiste vir die volgende vier jaar sou wees.
“Nou toe nou!” Dink ek hardop. “Dit blyk toe dat daárdie boek wat tant Ragel so skelm-skelm aan my gegee het, handig te pas gaan kom. Wie sou dit nou kon dink?!"
Toe tant Ragel enkele dae voor my vertrek skaam-skaam by my kamer ingesluip kom met ‘n boek in bruin papier toegedraai asof sy ‘n staatsgeheim huisves, het ek gewonder wat sy nou weer in die mou voer. “Hierdie is vir jou Santie. Ek weet jy stel nie nou in enige mansmens belang nie, maar ek weet mos hoe lomp jy is as dit kom by die teenoorgestelde geslag. Daarom sal hierdie boekie help as jy die man wil vastrek wat jou voete een van die dae onder jou gaan uitslaan.”
My wenkbroue het die hoogte ingeskiet en vraend my tannie aangestaar. Ek wou nog vra wat tant Ragel bedoel toe sy die boek in my hand prop en by die deur uit verdwyn terwyl ‘n blos al teen haar wange aan die opgekruip was. Stadig het ek die bruin paper om die boek afgehaal en in verdwasing gestaan en wonder wat my tante die moed gegee het om die boek aan my toe te vertrou. As mamma of pappa moes uitvind, haal pappa dalk net daar vir ou Peet die houtlepel uit die kombuiskas en wiks tant Ragel dat sy so hik-hik al terug skuifel Stellenbosch toe. Ek het die boek diep onder in my tas weggesteek met die gedagte om dadelik daarvan onstlae te raak sodra ek in stad sou kom.
Met die glimlag wat nog op my bakkies pronk, loop ek so al fluit-fluit na my nuwe tuiste in Brandwag 17, Bloemfontein. Matilda my kamermaat is alreeds daar en lyk skoon verlore in ons eenvoudige kamertjie met sy wit mure en enkele venster. Ons was saam op skool vir agtien jaar, met ‘n vriendskap wat al in Sub A - soos dit toe bekend gestaan het - gesmeë is. Ek kyk haar aan waar sy hangkop voor die venster staan en uittuur asof daar duisende vragte sout op haar skouers lê. “En nou Matilda?” Vra ek. Snik-snik laat sy hoor: “Karel het my gelos.”
“Agge nee!” Sê ek en sit my arms vertroostend om haar. Geen verdere woord is nodig tussen ons nie.
Dit is baie later daardie aand wat ons uitgeput in die bed lê en ek Matilda van my ontbering met Adonis vertel. Ek vertel egter nog so, toe ek ‘n snik in die nagdonker hoor opslaan en ek weer herinner word aan my vriendin se gebroke hart. Dis toe dat ek weer van tant Ragel se boek onthou en besef dit is net die ding wat Matilda benodig!! (En ekself, dink ek tong in die kies, maar dit gaan ek nou nie laat blyk nie.)
“Toemaar Matilda, ek het net die ding wat jou gaan help om ou Karel weer terug te kry.” Sê ek so onderlangs terwyl ek die boek uit my ou, bruin tas opdiep en op haar bed gaan plaasneem. Grinnikend gee ek die boek vir haar, wat sy neem en met groot oë later na my opkyk toe sy eers die titel bestudeer en later deur die inhoud blaai en al hoe rooier om die kiewe word. Dan glimlag sy skielik breëd, 'n vonkel in haar oë wat soos tien duisend duiweltjies dans. Al giggelend sit ons so tot diep die oggend ure in en planne beraam. Toe die son egter oor die oostekim begin sypel, neem ek helaas die boek en streel oor die titel voordat ek dit terugplaas in die dieptes van my koffer.

Verleiding 101
- Hoe om die man van jou drome te vang -

Ek klim terug in die bed met ‘n smaal wat van oor tot oor strek en ou Siena se donkies trots sou laat. Met ‘n sug sluit ek my oë terwyl drome al by my ooglede wil-wil uitsluip.
“Adonis! Adonis! Adonis!” Sing my hart. “Ek gaan vir jou nog kry.”



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Gratis Skakel na my Kortverhaal Reeks
Hi daar Woes vriende,

Hierbo is nou skakels na Deel 1 van my Verleidster Kortverhaal Reeks wat gratis op die meeste platvorme beskikbaar is. (Behalwe by Amazon.com)

Ek sal dit soveel waardeer as jul die gratis eBoek sal aflaai, en 'n review daaroor skryf.

Groetnis

Berdine

Op Kobo is die skakel:
http://www.kobobooks.com/ebook/Verleidster/book-PNnBNYA-5kGqPBaNGCUvpQ/page1.html
6 jaar 3 maande 2 ure oud


**********************************************************
Ek kan nie wag vir die volgende een nie. Het baie lekker gelees dankie

Groete D
7 jaar 3 maande 2 weke 5 dae 7 ure oud


Verleidster
Lekker gelees, AMBE. :)
7 jaar 3 maande 2 weke 6 dae 23 ure oud


Deel 2
Lekker gelees - eers volgende maand?
7 jaar 3 maande 3 weke 3 ure oud



The Road to Eden

deur Rachelle du Bois

Once rich and still beautiful, Eve Vermont’s life was in tatters. She found a job as house manager with the wealthy and powerful Blythe family. She soon realised that the compelling Adam Blythe was determined to uncover the painful secret of her past. She was forced to accept that he wasn’t going to stop until he knew what brought her to Oak Manor but was she prepared to open up and allow him to know her as he intended? Or would she keep hiding from Adam and the world? Adam Blythe found a stylish, beautiful and mysterious woman in his home. As house manager. She was totally unsuitable for the job, and he felt compelled to find out more about her. And as he uncovered the layers of this incredible woman, his love for her grew and he knew he had to keep her at Oak Manor at all costs. But would she stay?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar