Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vir Veronica Feenstra is dit n moeilike Maandag wat voorlê. Vandag moet sy iets doen wat sy nie wil doen nie maar na Saterdag het sy besef dat sy geen ander keuse het nie.

Toe sy Saterdag by die huis gekom het van die dorp af was sy verwese en verslae oor wat sy gesien het. Sy het haar Bybel opgeneem om vertroosting daarin te soek en toe het sy gebid.

“My God dankie dat U my oë oopgemaak het vanoggend. Dankie dat die Heilige Gees dadelik met my gepraat het om my leiding te gee wat my te doen staan in hierdie situasie waarin ek is. Ek weet daar lê n eensame pad vir my voor maar met U hulp en vertroosting sal ek daar deur kom en sal daar êrens vir my n nuwe toekoms wag”.

Die erediens die Sondag oggend het nog verder sout in haar wonde gevryf.

Veronica het die res van die naweek in gebed gebly want dit was al vertroosting wat sy in haar eensaamheid in haar woonstel gehad het. Elke slag het sy net meer besef dat sy die regte keuse gemaak het. Om die gevolg van haar keuse vir haar makliker te maak het sy gisteraand haar bedanking by die firma waar sy werk uitgeskryf om dit vandag in te handig. Sy het ook die Sondagkoerant gekoop en die vakature advertensies begin deurgaan. Daar was twee advertensies en het sy haar C.V. na die twee firmas toe ge epos.

Dit is wat vir haar die bitterste is om nou na tien jaar haar werk vaarwel toe te roep en ander werk te gaan soek. Met haar kwalifikasies behoort dit nie te moeilik te wees nie maar weg moet sy weg, dit kan nie anders nie.

Vir oulaas kyk sy vir haarself in die spieël om seker te maak dat haar grimering perfek is en vir n paar oomblikke gaan haar gedagtes terug oor die laaste tien jaar.

Sy het van die skoolbanke af by die firma begin werk en het haarself verder bekwaam deur buitemuurse studies. Hierdie studies het vrugte af gewerp en het sy twee jaar terug gevorder tot Bart Prinsloo se private sekretaresse.

Sy is n mooi vrou met haar lang gitswart hare wat gewoonlik soos n waterval op haar skouers neer tuimel, vol draaie en krulle. Sy het nog steeds, op 28 jarige ouderdom, n lyfie wat menige matriekdogter groen van jaloesie sal maak, want sy kyk agter haarself, besef sy met n wrang glimlag

Dan staan Veronica op, laat haar oë goedkeurend oor haar fietse postuur gly en moet sy aan haarself erken, die netjiese kantoor pakkie met die wit bloes komplimenteer haar.

Haastig gryp sy haar handsak van die bed af op en gryp haar motorsleutels, dit is of iets haar jaag om dit wat sy moet doen agter die rug te kry en aan te gaan met haar lewe.

Onder die afdakke klim sy vinnig in haar Volkswagen Polo en begin haar rit kantoor toe. Die verkeer is druk en betrap sy haarself dat sy, waar sy andersins kalm is, vanoggend ongeduldig raak en amper n ongeluk veroorsaak toe sy n robot wat in haar gesig rooi slaan oorsteek.

Toe sy by die kantoor kom gaan sit sy dadelik agter haar lessenaar. Sy bemerk dat Bart se deur effens oop staan, hy is dus al daar.

Bart Prinsloo, tien jaar ouer as sy maar n aantreklike man. Saterdagoggend het sy vir die eerste keer sy vrou gesien toe sy hulle in die inkopiesentrum opgemerk het. Klein en fyn blondekoppie wat duidelik aan hom gehang het. Sy kon aan die manier sien wat sy sy hand vasgehou het en n slag of wat n soen op sy wang geplaas het dat Bart haar hele lewe is. Weerskante van hulle was n krulkop seuntjie en n blondekop dogtertjie wat aan hulle gehang het.

Bart het of wou haar nie raak sien nie en die pyn het deur haar geskiet. Sy het skoon lam by n koffiewinkel se tafel gaan plaas neem en duisende gedagtes het deur haar kop gemaal.

“Dit is nou die vrou wat hom sodanig ongelukkig maak maar wat nou hier oorloop van liefde vir hom. Twee pragtige kinders wat nou hier betrokke raak” het sy by haarself gedink

Op daardie oomblik het sy bitter spyt geraak oor die keuse wat sy Bart gestel het en het haar finale besluit se eerste saadjie in haar nes geskop, maar so gaan sy nie aan nie.

Veronica Feenstra is in n verhouding met Bart Prinsloo. Die verhouding het n jaar terug ontstaan nadat Bart haar vertel het hoe ongelukkig hy in sy huwelik is. Sy vrou verstaan hom nie en het geen liefde vir hom nie het hy haar vertel. Hy het haar ook vertel hoe hy hunker na ware liefde.

Om een of ander rede het sy aangetrokke tot Bart gevoel en was dit nie lank nie of hulle was in n volskaalse verhouding betrokke. Hy het een maal n week, soms twee maal by haar woonstel kom kuier en was hulle in die jaar vir twee naweke saam weg op sogenaamde konferensies. Uitgaan kon hulle nooit nie uit vrees dat hulle gesien sal word.

Vrydag het sy net besluit sy kan nie so aangaan nie. Sy is moeg daarvoor om altyd alleen te wees en nooit êrens te gaan nie omdat sy as gevolg van Bart altyd by die huis gebly het. Sy het net besef dat sy ook nie kans sien om die res van haar lewe die tweede vrou in n man se lewe te wees nie en dat sy Bart voor n keuse gaan stel.

Vrydagmiddag het sy na Bart toe gegaan en haar saak kort en bondig gestel: “Bart ek is nie meer bereid om so aan te gaan nie. Jy sal moet besluit, dit is of sy of ek. Gaan besluit hierdie naweek rustig wie jy wil hê, of ek of sy. As dit ek is dan verwag ek dat jy haar vertel van ons en n egskeidng vra”.

Sy het nie gewag vir n antwoord nie. Sy het omgedraai en haar kantoor verlaat want op daardie stadium wou sy nie met hom redeneer nie. Dan word sy weer swak en gee hom die geleentheid om weer allerhande beloftes te maak soos soveel kere in die verlede.

Toe sy hulle Saterdag oggend gesien het het sy geweet, hy het haar nie vertel nie en het sy net daar besluit dit is die einde. Om haar verder in haar besluit te sterk het die preek Sondag oggend juis oor buite egtelike verhoudings gegaan en het sy haarself baie verwyt omdat sy, n gereelde kerkganger, in so n verhouding betrokke is.

Veronica kry haar gedagtes bymekaar, stap na die oop deur toe wat effens oopstaan. Na n ligte kloppie stap sy in. Bart kom dadelik orent en wil om die lessenaar na haar toe stap. Sy wys hom egter dat hy moet sit en kom sit sy voor hom.

Sy trek haar asem n slag diep in en dan kyk sy vir Bart in die oë: “Bart daar is iets wat ek vir jou moet sê. Ek wil nie aangaan met hierdie verhouding nie en wil dit nou stop. Ek is nie meer bereid om die tweede vrou in jou lewe te wees en so aan te gaan nie.”.

Bart kyk vir haar: “Maar jy is mos nie die tweede vrou in my lewe nie, jy is my hele lewe. Jy ken tog my omstandighede en Vrydag het jy my voor n keuse gestel. Ek kon net nie die naweek met haar praat nie”.

“Jy lieg Bart. Jy wou nie met haar praat nie. Ek het julle Saterdag oggend gesien en ek kon sien sy aanbid die grond wat jy op loop en jou kinders hang aan jou”.

Bart wil iets sê maar sy hou haar hand op; “Nee Bart ek gaan nie die monster wees wat haar man gevat het en vir die kinders die wrede stiefma wees wat hulle pa van hulle ma af weg gevat het nie. Gaan terug na jou vrou en kinders toe, ek gaan vir my iemand soek wat ek my lewe mee kan deel sonder komplikasies”

Bart kyk net vir haar terwyl sy opstaan en die brief voor hom neersit: “Hier is my bedanking Bart. Dit is beter so en ek gaan sommer nou loop sonder n maand kennis want ek voel net ek moet weg kom van jou af”.

Sy draai om en stap uit. By haar lessenaar neem dit haar vyf minute om haar persoonlike goed bymekaar te kry en dan stap sy by die kantoor uit sonder om Bart te groet.

Sy is net in haar motor toe haar selfoon lui. Sy dink eers dit is Bart maar toe sy kyk sien sy dit is Jannie, ou vriend van skooldae af. Jannie wat nooit getrou het ne maar n paar yslike blomkool ore het. Jannie van die plaas met ore soos n haas het die kinders hom altyd gespot. Jannie wat altyd vir haar kom groet as hy in die stad kom. Jannie wat al hoeveel keer gesê het dat daar vir hom net een vrou is. Jannie wat nou n voorslag boer geword het.

Sy antwoord: “Hi Jannie hoe gaan dit met jou”

Jannie antwoord: “Goed en met jou Veron. Ek kom stad toe later vandag. Sal daar n Hallo sê kansie wees ek verlang na jou”.

Veronica glimlag: “Ek het n paar dae tot my beskikking. As jy so twee uur by my woonstel is om my op te laai gaan ek n paar dae saam met jou plaas toe’.

Jannie is oorstelp van blydskap toe hy antwoord: “Ek is twee uur daar Veron Waow om te dink jy kom vir my kuier”.

Veronica druk dood en haar gedagtes begin dwaal. Dit behoort mos lekker te wees om boervrou te word. Jannie sal haar op die hande dra en sy moet erken sy is baie lief vir Jannie met sy blomkoolore. Die groot liefde is sy seker sal later kom, ten minste gaan sy die vrou in sy lewe wees en hom nie deel nie..










Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Verionica
Neels, dankie 'n mooi storie met 'n mooi einde! Net iets kleins, opbouend! Negende paragraaf, maak dit eerder "sy kyk mooi na haarself" in plaas van "agter haarself".
1 jaar 6 maande 4 weke 1 dag 1 uur oud


Keuse
Ag ek het sommer lekker gelees! Hoop tog dinge werk goed vir hulle.
1 jaar 7 maande 1 dag 13 ure oud


veronica
Ek ditto die res dat Jannie die knoop gaan moet deurhaak. Mooi gepen.
1 jaar 7 maande 4 dae 23 ure oud


keuse
Ja 'n affair kan soveel komplikasies meebring. Hoop nie sy is alreeds swanger nie. maar Jannie, glo ek sal 'n ander man se kind soos 'n eie Pa grootmaak... hehe, nou gaan my gedagtes op loop - lekker gelees dankie en wag ek in spanning vir die res!
1 jaar 7 maande 5 dae 13 ure oud


keuse
Lekker storie, Neels. Ek is seker Jannie is die regte man vir haar :-)
1 jaar 7 maande 1 week 23 ure oud


VERONICA SE KEUSE
Dis goed dat sy 'n finale keuse gemaak het
1 jaar 7 maande 1 week 3 dae 9 ure oud


Veronica
Puik hoofstuk Neels! Nog 'n treffer uit jou pen se ink
1 jaar 7 maande 1 week 3 dae 12 ure oud


Veronica
Ek is bly jy skryf weer 'n goeie storie. Kan nie wag om verder te lees nie.
1 jaar 7 maande 1 week 4 dae 14 ure oud


Veronica
ja mens sal seker altyd die mans kry wat hulle brood aan al die kante gebotter wi he, sy het die regte besluit geneem. Dankie Neels vir n lekker lees verhaal
1 jaar 7 maande 1 week 4 dae 20 ure oud


Z
Ek hoop Jannie is bestand teen Veronica se hartseer. Want ander is daar perde.

Goed geskryf Neels.
1 jaar 7 maande 1 week 5 dae oud


veronica
Sjoe, sy laat nie met haar mors nie.
Mooi geskryf Neels.
1 jaar 7 maande 1 week 5 dae 1 uur oud


Veronica
So dankbaar sy het die regte besluit geneem.
Dankie Neels vir nog 'n lekker lees uit jou pen.
1 jaar 7 maande 1 week 5 dae 12 ure oud


Veronica
Wyse besluit wat sy geneem het, al maak dit seer.
1 jaar 7 maande 1 week 5 dae 14 ure oud



RANGEERWERF

deur Johann P. Boshoff

Hierdie selfpublikasie, met die volledige titel RANGEERWERF: DIE WAARHEID GELIEG, bestaan uit nege (9) homofiliese kortverhale met sterk biografiese inslag opgeneem. Dit is 'n rangering deur die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar