Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Rene kyk na die vorm wat voor haar op die tafel lê. Sy druk daarop en kyk of dit wel klaar gestol het. Sy wikkel die twee helftes tot dit loskom van mekaar. Sy trek dit versigtig van mekaar af en kyk na die mes wat binne in die vorm lê.

Die koue in haar hart voel skielik gekoester met 'n ongekende warmte as sy aan haar planne dink. Jare en jare wag sy. Sy het ophou tel aan al die tyd wat sy opgeoffer het van haar lewe. Die konstante teistering en emosionele aftakeling waarmee sy moes deel dag na dag. Sy voel hoe die gogga van haat sy kop uitsteek en helder koggellag in haar ore.

Die ou staanhorlosie tik met reëlmaat sy tyd af. Die stilte wat deur die res van die huis rol is oorverdowend. Rene kry hom waar hy snorkend sy dronk roes afslaap in die sitkamer.

Sy stap verby na haar kamer, trek haar klere uit en gooi haar japon oor haar lyf. Sy stap badkamer toe en draai die krane oop. Sy gooi badskuim in die water en wag tot daar genoeg water in die bad geloop het. Haar japon gly af vloer toe en sy klim in die water terwyl die skuim om haar vou. Sy lê terug in die water en voel hoe die warmwater haar liggaam vertroetel.

Sy skrik wakker toe sy begin verstik. Haar gesig is onder die water. Sy voel hoe water in haar keel insypel toe sy probeer gil. Rene besef daar is 'n hand wat haar gesig onder die water indruk. Sy begin beangs voel hoe adrenalien deur haar liggaam pols. Sy sien die gesig bo die water en begin verbete veg. Vuiste wat slaan en naels wat gryp en krap net waar dit plek vind. Die hand lig weg en sy slaak gulsig aan die lug wat in haar longe instroom.

Sy kyk rond. Hy is reeds weg uit die badkamer. Hy sal natuurlik weer alles ontken. Sy klim uit sonder om te veel geraas te maak. Sy trek weer haar japon aan. Dan stap sy na die kombuis. Hy is nêrens te vinde. Sy maak die vrieskas oop en haal die vorm uit wat sy vroeër met water gevul het. Dit het reeds gevries. Kliphard. Die ysmes glinster onder die elektriese lig. More breek die groot oomblik aan.

Sy stap kamer toe, sluit die deur en klim in die bed. Sy lees boek tot heelwat later. Slaap is uit vannag. Sy hoor hoe die voëls se gefluit die oggend aankondig. Die skuifel geluid voor haar kamerdeur bevestig sy teenwoordigheid. Die handvatsel beweeg en daar word teen die deur gedruk. Dankbaar onthou sy dat dit gesluit is. Die handvatsel spring terug en sy hoor die voetstappe wat wegbeweeg.

Sy moes ingesluimer het van pure uitputting. Die son skyn vrolik by die venster in. Die stofsuier raas in die sitkamer. Sara is hier. Sy staan op, trek 'n ou sweetpak aan en sluit die deur oop. Rene stap in die sitkamer in en groet Sara terwyl sy glimlag. Sara kyk stil na die merke op Rene se gesig. Drie blourooi kolle waar sy ring haar gekneus het gisteraand in die bad.

Sy stap na die laaikas en haal 'n mes uit. Draai dan om, plaas dit in 'n sak en draai dit toe. Rene neem haar motorsleutels en stap motorhuis toe. Sy ry uit die dorp en draai af op 'n grondpad wat na die plase kronkel. Langs die plaasdam stop sy, klim uit en stap met die opgerolde plastieksak tot by die gronddam. Versigtig rol sy die sak oop en haal die mes uit terwyl sy dit skoonvee met haar hemp. Sy druk haar hand in die sak en vat die mes vas. Sy slinger met al haar krag die mes so ver sy kan vorentoe en kyk hoe dit die water tref en verdwyn.

Rene het noukeurig seker gemaak dat dit nie vlekvrye staal is nie. Die water en tyd sal wel hul werk doen. Sy draai om en klim in haar motor. Terug by die huis trek sy haar tekkies uit en vra dat Sara dit skoonmaak. Sy het dit vol modder gemors in die park waar sy gaan stap het.

Sara het reeds die sitkamer opgeruim. Hy stap glimlaggend in. "More Engel" sê hy as hy haar op die voorkop soen. Rene glimlag. "More lief". Sy tel haar tydskrif op en lees verder totdat die son begin rooi kleur op die kim. Hy het lankal die sitkamer verlaat. Sy weet waar sy hom sal vind. Agter sy bottel en glas in die studeerkamer. Sy staan op en stap na die skuifdeur net sodra die son wegsak en die aand se skadus haar begroet. Die skuifdeur gly saggies oop. Die gordyn wapper liggies in die bries. Sy draai om en stap kombuis toe. Maak die vrieskas oop. Haal die vorm uit en lig versigtig die mes uit die vorm. Vat dit vas met die afdroog vadoek om die hef en stap met ferm tree na die studeerkamer.

Rene onthou net die skok op sy gesig toe die eerste haal hom getref het in die nek. Sy het aangehou met steek en kap tot hy afgegly het tot op die vloer. Daarna het sy opgedraai. Die mes en vadoek geneem en buitetoe gestap. Sy het dit in die drom gegooi wat sy die vorige week agter die motorhuis laat aflaai het. Toe trek sy haar klere en skoene uit. Gooi dit ook in die drom, tel die kan petrol op langs die muur en gooi dit oor die inhoud van die drom. Sy steek dit aan die brand en staan daarna en kyk tot dit uitgebrand is. Dan stap sy terug in die huis na haar slaapkamer. Sy stap deur na die badkamer en draai die badkrane oop.

Sy spoel haar hande af en maak seker dat sy alles deeglik skoonmaak. Daar was nie veel bloed op haar nie. Verbasend genoeg. Dan glip sy haar japon aan. Klim in die bed en skrik wakker toe Sara se gil deur die lug skeur die volgende oggend. Sara storm die kamer binne. "Bel die polisie mevrou Rene hy is gedood. Gemorsdood." Rene lig die foon van die mik en skakel die noodnommer van die polisie.

Sy stap na die voordeur toe sy die sirene hoor loei. Die haarsproei in haar oë verseker dat haar oë rooi genoeg is en dat trane van ontsteltenis merkbaar is as sy die voordeur oopmaak op 'n nuwe lewe.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

TRILOGIE

deur Warra-Warra

Bundel Naam: not ‘n f#& ISBN #: 978-0-620-46799-5 Inhoud: Gedigte (selfmoord; aanranding & mishandeling; egbreek & egskeiding; prosa) Bundel Naam: liefde se g$# ISBN#: 978-0-620-46800-8 Inhoud: Gedigte (liefde; romanse; vriendskap; SielsGen♫t versugtinge) Bundel Naam: alle'ander K#& ISBN#: 978-0-620-46801-5 Inhoud: Gedigte (tussen die lyne; tussen'in woorde; woord'affair; digters'waan; duet gedigte)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar