Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Viooltjie skryf: "Dis jou besluit oor watter land jy eerste wil skryf.
Wat van Egipte?
.... As jy dan graag 'n voorstel wil hê."

EGIPTE

1994

Ek en my twee seuns, en my ou skoolpêl met sy seun en dogter, het op versoek van my vrou, wat betaal het, omdat die ANC regering besluit het om die Engelse Onderwyserskollege PCE, te sluit. Hulle kry toe pakette, en haar kommer was, dat indien SA VAL, dan sal buitelandse reise problematies wees.

Sy wil graag hê dat die kinders Europa moet sien, voordat alles verander.

Sy wou nie weer saam gaan nie:
". . . . ek het dit nou alreeds saam met jou gesien,
neem die kinders en gaan wys hulle!"

"Luvie, eks toe onder die werk by die kantoor!"

"Jy's die baas, jy kan seker self besluit?"
"Ons kan dit vir die bouersvakansie maak,
dis Desember en begin Januarie!"

"Luvie, ek het nie tyd om goed te reël nie!,
en boonop is ek 'broke'!"

"Ek het nie gevra jy moet betaal nie, ek sal betaal,
vat hulle en geniet dit met die seuns en Bennie se kinders!"

"Ek sal alles reël, belowe jou! . . . alles, jy moet net die Combi bestuur,
en dit beteken jy moet jou Internasionale bestuurderslisensie gaan kry,
en dis maklik want jy is lid van die AA!"

Ons Het 'n VW-Combi gehuur in Luxemburg, deur Europa getoer,
met die Hovercarft oor na Engeland.

Met die terugkeer, besef (ontdek) ek en my oudste seun,
dat niemand ons op die terugvlug vanaf London bespreek het nie.

Wat de phfauwck nou? [net ingedagte]

Ons is toe per bus, in die sneeu, vroeg in Januarie 1995, vanaf Christchurch Station, na die Ferry met bus en al op die skip, terug Europa toe, en met dieselfde bus terug na Amsterdam.

Vanaf Schipol, die Donderdag, op 'n nuwe vlug terug na Kairo, Egipte, want dit is vanwaar ons na Europa gevlieg het.

In Kairo, MISR, aangekom, word ons almal vir uur na uur vertraag in die wagkamer.

Die owerhede neem ons paspoorte en kom net nie terug met die 'goet' nie.

Na baie lang bespiegelings, onverdraagsaamheid van die owerhede,
onverstaanbare verduidelikings, besluit ek om bohaai oor my paspoort op te skop.

Nie lank daarna, word almal se paspoorte terug uitgedeel.

Die vliegtuig waarmee ons terug JAN SMUTS toe moet vlieg, land uiteindelik vanaf London,
en almal loop vliegtuig toe.

Ek as 'gentleman',
staan terug en laat kinders en dames en oumense,
en selfs al die ander opklim,
maar toe ek aan boord kom,
word ek eenkant toe geroep.

Daar is een sitplek op die vliegtuig te kort.

Ek onderneem om op die vloer in die kajuit-personeel se 'cabin' te sit,
maar nee, ek moet af.

Dit veroorsaak weer vertraging.

Later kom die hoof amptenaar op die vliegtuig en vra of ek sal omgee om terug Kairo toe sal gaan.
AIR EGYPT, sal my die volgende dag direk na ROME vlieg, en vandaar direk na JAN SMUTS.

Hulle sal al die koste dra, asook die hotel in Kairo.

Ek bespreek dit met my seun;
hy stel voor dat ek vlieg en hy bly.

" . . . wat is hulle storie?" . . . . "nie genoeg plek nie?"

"man dis die Engelse;
dis 'n belangrike sokker wedstryd in Suid Afrika,
en al wat Brit is het besluit om sokker in AFRICA te gaan kyk,
hoe die banana-banana ding gedoen word"

"Pa weet jy is altyd te vriendelik met almal,
kyk hoe het die Arabiere ons hier verneuk in Kairo!
Kyk wat het die Gypsy-kinders jou wou rob in Rome;
Pa gee te maklik in, ek sal bly!"

"Moenie worry nie, ek kan die 'arabeasts' hanteer,
en niks sal verkeerd gaan nie,
net 'n paar uur na jou is ek ook in Joburg!"

"Pa . . ."

"Ja . . . ?"

"Pa ek is lief vir jou!"

"Dankie my kind, eks baie lief vir jou ook!"

"Sê vir mamma en Johan eks lief vir julle almal as ek nie weer opdaag nie;
miskien eindig ek op as 'n mummie hier in Kairo-Museum.
Sal jy my in die gees kom groet?"

". . . . moet nou nie grappies maak nie,
enigiets kan verkeerd loop hier in Egipte!"

"Cheers, dis al's OK!"

Wat kon ek doen? Moes maar ingee en toegee.

Johan was nou al Donderdag by die huis.
Pierre sal nou Saterdag of Sondag-more op Jan Smuts wees;
ek sal net seker 'n paar ure later arriveer,
dis nou maar net drie keer lughawe toe vir mamma!

Af van die vliegtuig, kom 'n TAXI oor die aanloopbaan aangejaag.

Ek klim in en die vliegtuig taxi weg vir opstyg.

Dis 00h03 die Vrydagnag, of Saterdagoggend, as dit jou pas.

Ek besef toe eers my tas en klere en jas is op die vliegtuig, weg.

Met net my kamerasak, paspoort en 'n spul Amerikaanse Dollars, klim ek in die taxi.

Oor die aanloopbaan na die geboue; daaraangekom, 'n lang gesprek tussen die taxi en die hekwag.
Brom, brom, mompel mompel, dikbek dikbek, 'reverse' die taxi met spoed agteruit,
draai om en maak 'n moerse sirkel agter die geboue in. Stop en draai na my:

"Please get out and lie on the floor behind the chair in back of car!"

"Why, what's the story now?

"You have no visa to enter into Cairo,
you are alien,
you are illegal in this country,
that man at gate,
wants police to arrest you,
very strict in this country to be illegal here."

Wat de phfauwck nou? (in Arabies)

Hoe oorkom ons hierdie skuif op die skaakbord van die internasionale diplomatieke spel?

So beveel, so uitgevoer en die tweede hek word probeer.

Dis nie vir passasiers op taxis nie, en weer die herhaling.

Aan die onderend, van iets, iewers op aarde, na my gebed,
by die derde hek, maak die ou wat maar slaperig was, die hek oop, en ons is uit.

. . . . dis soos in James Bond movies . . . .

Weer word by 'n donkerte gestop, en ek klim weer voor in.

By die 5 ster Hotel aangekom en geregistreer, na die kamer toe,
toe is dit seker al 05h00 of naby aan 06hoo in wintertyd in Kairo.

Doodmoeg, 'crash' ek op die bed en verval in die donker kuiltes van doderyk van die slaap,
salig onbewus van die bestaan van die wêreld.
Dis mos Saterdag, in my verwysingsraamwerk, en dis sabbat,
en sabbat is my rusdag en 'n kommerlose rus in my gees. . . . dus is ek 'n lyk, morsdood!

Skielik skrik ek wakker met koevoete wat aan die deur slaan.

My hart klop soos 'n drom tom-tom.

Die nagslot was op en niemand kan inkom nie.

Dis 'n geruk en gepluk!

Ek spring op en maak die nagslot en sleutel en deur oop:
starende in manne en polisie en sekuriteit wat my aanstaar.

Wat de phfauwck nou? (in Arabies)

"You not take coffee,
you not come for breakfast,
you not come for tea,
you not come for lunch,
you not answer phone,
you not open door,
we are worried."

Me? . . . me" . . . me OK!

"Let me shower, and I will come down to reception, OK?"

Ek het geen klere nie!

Wat de phfauwck nou? (in Arabies)

Onder die lafende stort,
kaalgat,
seep,
skuim,
hitte,
water,
helende water,
silwerskoonwater,
herstel van energie en gedagte.

Nee ek kan nie 'n drie-vierdag onderbroek weer aantrek nie.
Die denim en die hemp is nog OK,
maar nee, die onderbroek in beginsel moet gebad word.
(nie dat ek glipse gehad het nie, maar sindelikheid, en vertroosting)

Die onderbroek word gewas, gespoel, gereinig, uit gedraai, geruik, ge-ondersoek, uitgeskud,
maar hoe nou? Ek kan mos nie met 'n nat onderbroek gaan eet nie,
en dit in 'n vyf-ster hotel?

Die bed se leeslamp het 'n stewige groot lampskerm.

Die onderbroek word sorgvuldig daaroor drapeer,
die lig word aangeskakel en dopgehou,
sodra die stoom begin uitkom,
word die drapering verstel na 'n volgende teikengebied vir droogte.

Uiteindelik was dit redelik droog behalwe miskien vir die nate en some,
maar nou ja, wat se verskil maak dit aan die Britse Koningshuis se daaglikse roetine?
. . . . absoluut net mooi niks, ZILZ! KAPUT . . . nichts, keine nichts, sou Hitler beaam.

('hit ler' is die generaal in die onderbroek!)sic.

Na al die prosedures word ek na die spesiale eetsaal geneem vir 'n smorgasbord,
of so iets: derduisende geurige cuisine, van alles en nog wat;
en wat tref my oog?: Bacon en eiers in die land van halaal? Dis eienaardig?

Ek roep die generaal met die wit jas en rooi strik:

"Sir, I thought you Arabs are Moslem?"
"Halaal and not eat pork?"
" . . . bacon and eggs . . . .?"

"Yes, we are halaal!"

"Sir, but why do you make bacon and egss, it is pig?'

"No no, it is smoked beaf rashers for our American guests."

Ure gaan stadig verby en elke keer as ek die 'CURTEOUSY DESK',
vra oor die kaartjie en vlug terug na Rome,
net 'n skouer optrek en gebroke Engels, "No ticket!"

So gaan die hele Saterdag en Sondag verby.

Die Maandag-oggend kom 'n skone jonge egiptiese meisie aan diens by die toonbank.

Ah ha, ek sal haar 'panties' af-charm, en uitvind waar is my kaartjie.

No-go, maar ek smeek en smeek en vra weer:

". . . . . listen darling,
. . . . you are so beautiful,
. . . . you are so nice,
your perfume is devine,
I like you very much,
tell me, . . . .
. . . . just one question:
'have you any tickets here for airline, even just one?'
met my middelvinger in die lug!

Sy duik weg onder die toonbank, krap krap . . . en voila!

"Yes but not for you!"
"What is your name?"

Ek gee my van net drie letters, Sy skud haar kop!

"No!, not you!"

" . . . may I please just look at the ticket?,
you hold it,
I just want to see the name, please?"

na baie gesmeek en gesoebat . . .

. . . . Sy hou dit in die lug: . . . . ver weg van my;

. . . . MY NAAM en nie my van nie!

"But that is my ticket! Look I show you on my passport, my name and surname, you reversed it!

Toe begin die gebel en geskarrel en sommer gou die opdrag:

"Quick get your things and book out, the taxi here in five minutes to take you to airport!"

Ek met geskarrel styg op in die 'lift' en kry my kamera sak, dis al, onderbroek aan lyf, kurk droog,
alhoewel ek my wou natpis van blydskap dat iets hier in die vreemde land gebeur,
maar ek knyp beentjies styf toe:

"just keep walking and talking and ask no questions!"

Dit was my vriend se skoonpa, regter Irvin Steyn se raad aan sy dogter om uit die moeilikheid te bly.

Skaars onder en die taxi-man is daar om die tasse te neem vir die Amerikaanse Dollartip.

. . . . baie bevraagtekend staar hy my aan.

By die lughawe,
geen roetine,
geen sekuriteit,
geen inboek,
geen vorms,
geen vrae,
geen niks,
en die taxi jaag weer oor die aanloopbaan na 'n gereed vliegtuig.

Hulle wag net vir my.

Soos VIP, word ek aan boord verwelkom,
na 'n Business Class Seat geneem,
met 'n vriendelike: "Can I bring you a drink?"

Wat de phfauwck nou? (in Arabies)

Die ding is nog nie ees in die lug nie!

[. . . . I smell a rat . . . .]

"Thankyou, but I will wait until we are in the air!"

Belt aan, instruksies weer gegee, en stadig beweeg ons om te taxi.
. . . . al vinniger en vinniger en toe ewe skielik is ons in die wolke,
wat baie raar is in Kairo. My gebede het seker gehelp!

Toe die sitplekgordels losgeklik word,
en die bestellings vir drankies geneem word,
en almal mekaar begin groet,
vra ek die ou langs my:

"Are you going to Europe for holiday or business?"

. . . . baie verbaas: "No we are all going to Nairobi, Kenia"

O, hulle het seker my 'geboek' Kairo Nairobi Johannesburg.

Toe die drankies kom, vra ek die lugwaardin hoe laat ons in Johannesburg sal aankom.

"No, not Johannesburg, only Nairobi, then back today to Cairo!"

Af van die vliegtuig in Nairobi, na die eerste toonbank wat 'n vorm van intelligensie uitstraal.

Daar word ek ingelig dat die volgende vlug vanaf Kairo, op Egypt Air net Vrydae na JHB vlieg.

Ek dink toe was dit al Dinsdag.


Wat de phfauwck nou? (in Arabies)

"Wat nou gemaak?

Narobi lughawe is septies,
verskriklik vuil,
stinkerig en egte Afrika,
midde-Afrika,
donker-Afrika,
swart-Afrika, duisternis-Afrika.

Nie lank nie en ek hoor daar is 'n ander vlug JHB toe.

'n Vlug kom in en baie passasiers is nou wagtend JHB toe.

Ek ontmoet 'n ou, die direkteur van PACT-NATAL [onthou dit was 1994],
met 'n toe oog.

Hy vertel my die lugwaardin het 'n kas oopgemaak om skinkborde uit te haal,
die hele spul val uit op die ou se kop,
sy oog beskadig, hy kan niks sien nie;
na ure in Kairo hospitaal en gesprekke met JHB,
word besluit die man moet dringend in JHB by spesialiste uitkom,

Hy vra my mooi of ek hom sal ruil sodat hy by die spesialis in JHB kan uitkom.

Nou wat kan ek maak?
Ek gee toe maar my plek aan die ou,
en hulle is op daardie vlug.

Later toe kom die Griekse vlug in, en dit staan gereed om JHB toe te gaan.

Ek doen navraag, maar niemand kan my op daardie vlug kry nie.

Terwyl ek nog staan en moer pluk,
toe kom die blou univorm kaptein van AIR OLYMPIC aangestap;
ek gryp hom aan die arm en vertel hom dat ek weet dis nie sy probleem nie,
maar kan hy iets reël vir my om in JHB te kom.

Hy bel die airport manager op die sekuriteit se walkie-talkie,
maar nee niks kan gedoen word nie, en hy verkas.

Ek moet maar bly tot Vrydag se AIR EGYPT na JHB.

Die passasiers vir AIR OLYMPIC betaal air port duty,
loop deur die drukgang en gaan aan boord.

Die revenue-service, pak op en maak die hek toe, gesluit.

Maar die AIR OLYMIP staan, en staan en ure gaan verby.

Intussen soek JHB JAN SMUTS en die SA POLISIE en INTERPOL,
na my iewers in Europa,
hoofsaaklik in Rome,
want niemand weet iets van enigiemand in Egipte van die man nie.

Na baie ure, kom die lugwaardin van AIR OLYMPIC,
en vra of ek die man is wat JHB toe wil gaan?

Baie beslis!

"OK!",

. . . . maar ek moet eers AIR PORT DUTY IN NAIROBI betaal.

Ek vra die sekuriteit!

Nee die REVENUE ouens is al weg.

Wat de phfauwck nou? (in Keniaans)

Ek vra die bedrag, ek weet nie meer hoeveel nie,
sê nou maar US$7.50.

Ek haal US$10.00 uit en gee dit vir die ou,
spring oor die tralies,
en loop saam met die lugwaardin AIR OLYMPIC toe.

Die vliegtuig is ook vol in die TOERISTE KLAS.

Wat de phfauwck nou? (in Grieks)

Ek trek my skouers op;
hulle verdwyn agter die gordyn;
kom uit en neem my weer na Business Class.

Ek sak van verligting in die ruim plek in,
gordel vas, en wag. . . . maar die vliegtuig vertrek nie.

Wat de phfauwck nou? (weer in Grieks)

Hier kom die Sekuriteit, Polisie, Lughawe-Personeellid en Revenue ingestap:

"We are calling mister NEL"

Wat de phfauwck nou? (in Afrikaans)

. . . . ek duik weg agter die bank voor my.
. . . . ek bly tjoep stil.

"We are calling mister NEL"

tjoepstil . . . toe weer:

"We are calling mister NEL"

Wat de phfauwck nou? (in Engels)

Ek steek my hand op in die lug:
"Its me!" . . . bewe my stem.

Wat de phfauwck nou? (in Afrikaans)

"Sir did you pay the air port duty?"

"Yes, I did!"

"You paid to much, here is your change!"

Wat de phfauwck nou? (in hoorbare taal)

"You keep the change, you buy your wife or girlfriend or child some chocolates"

"No please sir, here is your receipt and change!"

"Keep it, thanks for the receipt, good bye!"

Ure later, miskien die volgende dag, ek kan nie meer oonthou nie,
aangekom in JHB, Jan Smuts.

Bel Pretoria toe:

"HI, dis ek, op Jan Smuts!"

"Maaaaaaaaaaaaaaa,
dis Paaaaaaaaaaaaa,
hy's op Jan Smuts,
ons moet hom gaan haal!"
|
|
|
|
"Waar was jy?"
"Hoekom bel jy nie?"
"Hoekom laat jy ons worrie?"
"Niemand weet wat het van jou geword nie!"
"Die lughawe soek jou!"
"Jy is op geen lys nie"
"Interpol soek jou!"
"Hoekom laat jy ons nie weet nie?"
"Jou kantoor soek jou!"
"Jy het vergaderings gemis!"
"Bob soek jou dringend"
"Jou ma is bekommerd!"
"Almal is bekommerd!"
"Ek is bekommerd!"
"Pierre sal jou kom haal!"
"Is jy OK?"
"Ons is almal bekommerd!"
"Jy's dae lank al skoonveld weg!"
"Vanwaar kom jy nou?"
"Wat het gebeur?"
"Hoekom kon jy ons nie laat weet waar jy is nie?"
'Is jy hier in suid afrika op die lughawe?"
"Hoekom sê jy niks nie?'
|
|
|
|
"Hullo my Lief"












Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Egipte
Wat 'n riller. Tog by nadenke, wat 'n ondervinding.
5 jaar 9 maande 1 dag 19 ure oud


dankie ouks

. . . . indien verkies,

die volgende Egipte verhaal:

[toe hulle my wou arresteer oor die foto)

. . . . van FARAO SE PENIS
. . . . van NEFRI SE TIETIE
. . . . van Pierre en die HYPOSTYLE HALL tempel AMON, LUXOR.
5 jaar 9 maande 1 dag 21 ure oud


***
Dankie, Raqia -- dit was nou lekker om te lees.

Het my ook teruggevat na Kaïro, waar ons in 1962 op 'n Trek Airways 3-dae vlug, oornag het. Luxemborg, Athene, Kaïro, Entebbe, Jan Smuts -- met een van die 4 enjins buite aksie...
5 jaar 9 maande 2 dae 7 ure oud


egipte
Ja...ek stem saam met Wv...'n regte riller. Ek is nie so seker of my senuwees dit sou hou nie. Ek dink dis goed geskryf...dit behou die aandag...en eks darem bly jyt by die huis uitgekom. Op 'n stadium het ek gedink jy gaan dit NOOIT maak nie..hehe.

Dankie vir die skrywe..
5 jaar 9 maande 2 dae 11 ure oud


Hmmmmmm
Hahaha. Ja...
Eind goed, als goed.
Maar die burokrasie bly 'n enigma.
Ek het lekker gelees.
Kon amper 'n spioensie-riller gewees het..
5 jaar 9 maande 2 dae 13 ure oud



Die Lied van Lorelei

deur Rachelle du Bois

Mikrobioloog Talana de Waal keer na haar familie se sitrusplaas in die Laeveld terug om navorsing te doen. Sy bring haar vriendin en kollega, Dr Lerina Keyser saam. Alles gaan voor die wind tot haar kleinboet en sy vriend besluit hul ouer broers, Marius en Armand se liefdeslewe het 'n hupstoot nodig. Die misverstand wat volg het katastrofiese gevolge. Die vreeslike flater laat die wraak van die meisiekinders vlamvat. Tot die bye swyg en die swartvlieë hou op eiers lê . . .



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar