Kortverhale

Titel: Vir Oulaas
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vir Oulaas

Met ¡®n knop in haar keel kyk sy weer na die kind wat daar lê. Haar hart is seer. Sy het dan soveel drome vir hom gehad. Hy moes dan nog soveel dinge met sy lewe doen. Hy moes nog klaar gemaak het met skool; universiteit toe gegaan het. Nou hang alles aan ¡®n fyn draadjie. Die draadjie tussen lewe en dood. Die dokter het gesê daar is nie veel meer wat hulle vir hom sou kon doen nie. Sy het gedurig by haarself gedink en gewonder hoe kan die Here dan net ¡®n jaar na haar man se afsterwe haar enigste hoop in die lewe nóú wil wegvat. Hoe kan Hy haar enigste ou kindjie óók van haar af wegvat? Wat het sy dan verkeerd gedoen?

Op ¡®n dag toe sy by die kind op die bed sit vertel hy haar dat hy graag vir oulaas saam met sy maatjies sou wou speel óf net hulle weer sal wil sien: ¡°Al is dit net vir oulaas, asseblief Mamma?¡± Hy het so mooi gevra, sy kon nie nee sê nie, dus het sy ingestem en gereël dat hulle hom die volgende dag kom sien. Sy het geweet dat dit nie maklik vir hulle sou wees om hom só te sien nie. Een van die mamma¡¯s het haar vertel dat al sy maatjies in gedagte aan hom hulle koppies kaal geskeer het. Sy maatjies het baie vir hom gedoen. Hulle het gedurig die een of ander fondsinsameling by die skool gehou, aangesien sy mediese onkostes baie hoog was. Dit was nie net sy maatjies wat baie vir hom gedoen het nie, hy het ook baie vir hulle gedoen. In die tyd toe hy sterker was het hy van hulle smiddags gehelp met huiswerk.

Die aand voor hy gaan slaap vra hy vir sy ma om asseblief vir hom ¡®n papier en ¡®n pen te gee. Sy het nie juis geweet wat hy daarmee wou doen nie, maar sy het dit vir hom gegee en vir hom nag gesê. Hy het sy ogies toegemaak en saggies, sodat sy hom nie hoor nie, gebid: ¡°Liewe Jesus, ek weet U het ¡®n plan met my. En liewe Jesus ek weet U kom my een van die dae haal. Liewe Jesus dan kan ek weer by Pappa wees. Liewe Jesus ek wil nie hê dat Mamma alleen moet wees nie, gee asseblief vir haar iemand om lief te kry. Amen.¡± Na hy sy gebedjie afgesluit het neem hy die pen en papier en skryf vir sy ma ¡®n kort briefie om te sê sy moenie bekommerd wees nie liewe Jesus sal vir haar iemand in sy plek gee om lief te hê. Toe hy die pen op die bedtafeltjie neersit en terug skuif om te slaap blaas hy sy laaste ou asempie uit. Hy het stil gegaan; sonder pyn.

Die volgende môre toe sy eerste maatjie kom en sy ma die kamerdeur oopmaak vind hulle net sy lykie en ¡®n traan rol oor haar wang.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

DIE DODELIKE SPEL

deur neels claasen

Speurverhaal waarin luit. Kas Dreyer die moord op n smokkelaar ontrafel



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar