Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Gekompliseerde vlieg instruksies – Hoe om op te styg met roof carrier en sleepwa.

Maak seker alle los goedere is behoorlik vas gemaak met nylon tou, verkieslik rooi. Span verskeie toue oor die roof carrier om stabiliteit te verseker. Maak die eindpunt van die tou styf vas langsaan die ailerons, moet nie te styf trek nie, die vlerke kan buig. Om te verhoed dat die toue skuif, skroef ‘n paar dakspykers teen die fuselage (romp) van die vlerk vas, en anker. Seël die spykers met mengsel van silicon en wondergom.

Vir Sleepwa en roof carrier word twee stabilizers en rudders benodig. Hoë spoed en beweeglikheid word dan verseker.......Sleepwa se disselboom word met ekstra ketting aan die stert van die vliegtuig vasgemaak met twee Union slotte. Sorg dat ‘n ekstra staaldraad van die agterkant van die sleepwa oor die vertical stabilizers vasgemaak word, dus aan die onderkant van die rudders om sodoende optimale balansering en stabilisering van die sleepwa agter die vliegtuig te verseker en ook die landing te vergemaklik. Die Rudders moet die neus van die vliegtuig in posisie hou vir rigting en moet dus vry wees van enige obstruksies. Roof Carrier word met ‘n Hilty nail gun en pop rivits vasgeskiet en gate geseël. ’n Hose pipe word oor die Roof Carrier gegooi en stewig om die romp, vasgetrek. weerkaatsliggies opgeplak voor en agter .... wit voor en rooi agter .... sigbaarheid. Alle veiligheids reëls word nagekom vir air traffic.

Toue, arials, sleepwa en roof carrier word sorgvuldig deurgegaan. Waterkanne, sakke biltong en droëwors word gelaai. Agter in die vliegtuig word die Lister kragopwekker staangemaak, ingeval die inverters nie wil werk nie. Die Vat Katobatjie-wyn word ingerol en sommer as tafel ingespan. Kiwitjie word uit die air intake voor by die engine uitgehaal waar sy gaan nesskop het en in beheer van die kombuis geplaas. Sy is verbied om die petrol vetkoek resep saam te bring. Skape, bokke en hoenders is in die sleepwa gelaai. Visstokke en bagasie is op die Roof Carrier gelaai met die witgat koffieboom bo-op vas gemaak. Die Suidwesters klim die vliegtuig oppad China toe, hulle gaan kuier en koffie drink by Barendina in Beijing. Die pre flight check is gedoen.

CHINA TOE!

Blondie gaan sit in die linker stoel voor in die vliegtuig - die cockpit - ook genoem flight deck. Flight deck kan verwar word met ‘n aanloopbaan van ‘n vliegdek-skip, vir tegniese redes sal die term cockpit gebruik word.

Regs as co-pilot skuif Anel Heksie in, sy ken van hoë spoed vlieg met ‘n besem – en Sonja Zebratjie neem haar plek in as Navigator sy het baie kilometres te voet afgelê en kan plotting goed doen.

Op elektronika sit Kleintjie Bokwagter en Phil Meerkat.... hulle weet om met hammers en skroewedraaiers te werk.

Met die start up check wil die stuurwiel die neuswiel nie draai nie dit beweeg net op en af. Die grond crew word ingeroep en sleep met toue die vliegtuig aanloopbaan toe. Voor op die paneel is verskeie knoppies en metertjies. Te veel om te weet of dit vir mooigeit daar is en of hulle ‘n spesifieke doel het. Die start knoppie word gedruk....geen krag.... Die vier Pratt & Whitney F117-PW-100 engines met elke 40,900 pond stukrag wil nie start nie. Phil Meerkat sit hand by, hy start die Lister engine donderend agter in die vliegtuig, spring uit en druk die kabel-prop voor by die neus van die vlieguig in. Knoppie word weer gedruk - krag is aan.

Prop pitch word gekalibreer en ingestel op fine pitch vir maksimum krag.

Stuurboord engine nommer drie start

Stuurboord engine nommer vier start

Bakboord engine nommer twee start

Bakboord engine nommer een start

Die throttle (brandstof lever) word tot maksimum gedruk.... Heksie help om die brieke vas te trap, die vliegtuig sidder en beef, en die navigator skiet ‘n kat nog voor take-off.

Take-off clearance word van die beheertoring verkry en alles is in posisie vir opstyg.

Heksie laat los die remme, en die vliegtuig skiet soos ‘n pyl uit ‘n boesman boog vorentoe. Die engines hardloop teen 5000 RPM (Rewolusies per minuut) 2,7000RPM is te stadig met die sleepwa wat moet saamkom en ook die windweerstand wat die Roof Carrier bied. Teen ‘n spoed van 250 myl per uur ligverlaat ons die aanloopbaan, sleepwa agterna..

Ons klim tot op 30,000 voet,, level uit en sit op auto pilot. Ons is oppad China toe.

Die stofie word aangesit en Sonja Zebratjie het Anel heksie se swart pot staangemaak vir potkos. Almal sit handjie by, en gou gou is die pot lekker aan die kook. Wynglasie met Katobatjie word geklink. China is ons bestemming.

Na so ‘n paar Katobba aaroopmakertjies en lekker potkos gaan almal slaap. Die vliegtuig ken sy pad – kompas ingestel op China.

Twaalf ure later neem almal hulle posisies in vir die landing.

Met die sleepwa agterna, moet daar met hoë spoed geland word en die brandweer en hulpdienste plus Duifie en haar verwelkomings rys-ogies komitee wag vir die aankoms.

Met die aanloopbaan in sig, word die onderstel (wiele) uitgesit en flappe laat sak vir spoedvermindering.

Prop pitch tussen 90 en 100% - weerstand moet gebied word. Die sleepwa wil wil verbykom. Die bokke en skape is aan die skreeu en lyk soos ‘n nuwe wit-gesneeude Chinese bok-ras. Die Hoenders het hulle vere tydens die vlug verloor, gereed en vars vir die pot.... nog ‘n nuwe spesie... kaalgat Namib hoenders ongekend in China.

Die engines word in reverse thrust gegooi en die rudders word gepomp soos ‘n outydse traporreltjie om die neus op die wit streep te hou. Brandstof throttle af, voete op remme vir rem en stuur.

Met die landing bars die sleepwa se star board wiel, en hy taxi op sy eie by die vliegtuig verby, die bokke nou gillend , taai vleis is ons voorland. Die brieke word vasgekop en van die skielike spoedvermindering ruk die Roof Carrier los en val bo-oor die cockpit se ruit. Zero sig. Instrumente moet nou gelees word, die giro van die artificial horizon het getoppel, Die navigator Sonja Zebra staan op haar hande om die instrumente te kan lees. Sy sien net strepe.

Kleintjie is op die Radar, hy verduidelik en gee aanduidings hoe om in te taxi en Phil Meerkat beman die radio want hy is die enigste een wat drie woorde Chinees verstaan.

Uiteindelik word die engines gesny en shut down checks gedoen.

Met‘n blonde vlieenier kan ‘n mens nie ‘n fout maak nie.

So kom ons toe darem veilig by Barenda in China aan.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

***
Ek het hierdie een voorheen gemis!

'n Verbeeldingsvlug van die eerste water -- baie oorspronklik!
7 jaar 1 dag 22 ure oud


Vlug
My hart klop in my ore! Nee o koek, ek vlieg nie weer saam met julle nie. Of nee, dalk tog. Al is dit net vir die biltong. Wat 'n wonderlike verbeelding!
7 jaar 9 maande 3 weke 4 dae 17 ure oud


Uitasem
Goeie genade ... wat 'n rit!!! Meesterlik gedoen!
7 jaar 9 maande 3 weke 4 dae 17 ure oud



Kroniek van die Suid-Afrikaanse Weermag (1912 - 1994)

deur Francis Gillieron

Geskiedenis van die Suid-Afrikanse Weermag vanaf 1912 tot sy ontbinding in 1994



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar