Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Lynne kyk by die venster uit. Die vliegtuig het pas opgestyg en sy verwonder haar aan die wolke wat verskillende prentjies vorm. Sy en haar tweelingboetie, Liam, gaan vir die skoolvakansie by haar eksentrieke ouma iewers in die Kaap gaan kuier. “Kyk die mooi wolke, Liam.” Hy ignoreer haar en staar net voor hom uit. Hy is nogsteeds dikbek omdat hy nie sy kosbare Ipod kan saamvat nie. Dit gaan ‘n lang vlug wees, dink sy by haarself en leun terug in die sitplek. Sy het net begin insluimer toe iemand haar wakker maak. Sy is eers vies, omdat sy nou net lekker begin slaap het, maar dan merk sy dat iets skort. Hulle is nie meer in die lug nie en sy kyk vraend na Liam. Nog voordat hy kan antwoord merk sy die man aan die voorkant van die vliegtuig op. Sy skrik toe sy die glimmende rewolwer in sy hand sien. Op daardie oomblik verskyn die vlieënier en hy vra die mense om dadelik die vliegtuig te ontruim. Sy en Liam volg die mense na buite. Oral om hulle is bome en ruig bosse. “Wat gaan aan?” fluister sy vir Liam. “Die man met die rewolwer is ‘n dwelmsmokkelaar, een van die lugwaardinne het op sakkies vol kokaïne afgekom en hy het die vlieënier gedwing om te land.” “Wat nou?” vra sy verskrik en kyk om haar na die mense wat besig is om paniekerig te raak. Hy trek sy skouers op. Op daardie oomblik kom die man met die rewolwer uit. Hy grynslag en sê in ‘n kil stem: “Dis jammer julle het my uitgevang, maar as een van julle die polisie bel sal julle dit berou.” Hy gryp vir Lynne wat toevallig die naaste aan hom gestaan het en gaan aan: “Ek sal haar saamvat net vir versekering. As een van julle met die polisie in verbinding tree sal ek haar skiet en ek is seker julle wil dit nie op julle gewete hê nie.” Hy trek haar ru aan haar arm saam met hom. Haar hart bons in haar keel, maar sy doen alles wat hy sê. Sy weet nie hoe hy sy pad vind nie, want dis net bome waar jy kyk, maar uiteindelik kom hulle uit by ‘n ou murasie. Hy bind haar vas en muilband haar met ‘n sakdoek. Toe dit begin donker word verdwyn hy die woud in om hout te gaan soek vir vuur. Sy skrik toe sy takke hoor ritsel. Sê nou net dis ‘n wilde dier. Toe sy opkyk is dit egter nie ‘n wilde dier wat haar wil verskeur nie, maar Liam. Verligting spoel oor haar. Hy is besig om haar toue los te maak, toe die man terugkom. Hy verdwyn agter ‘n digte bos in. Die man kyk waarskuwend na haar en sê: “Moenie iets probeer nie.” Sy knik en kyk hoe hy ‘n vuur begin. Sy bid dat hy moet aan die slaap raak, sodat Liam kan uitkom, maar hy sit net en staar na die vuur. Later maak sy ook maar of sy slaap Dit is al na middernag toe hy begin insluimer. Liam kom eers ‘n uur later uit. Hy sluip verby die man en maak haar toue heeltemal los. Hy vat dieselfde toue en bind die man vas. Sy omhels hom en hulle sukkel om weer hull weg te vind. Toe hulle by die plek aankom waar die vlietuig staan wag daar alreeds ‘n polisievoertuig. Hulle gee hulle verklarings aan die polisie en Liam sê: “Dis beslis genoeg avontuur om my te hou vir die res van my lewe.”



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

SOS
Jy het 'n heerlike tema hier beet en jy skryf lekker. Ek stem saam met die Wolf oor sy aanbevelings. Jy kon hierdie verhaal verdubbel het sonder dat jy my belangstelling sou verloor. Skryf nog baie!
7 jaar 10 maande 3 weke 6 dae 7 ure oud


Vliegtuig S.O.S
Baie oulike tema.
Jy het beslis die 'storie vertel'onder die knie.
Manier van skryf:
Meer paragrawe en korter sinne.
Moenie af rammel nie
Behou altyd geheimsinnigheid
en maak die slot verrassend.
Baie goeie begin hoor.

Hou so aan.
7 jaar 10 maande 3 weke 6 dae 20 ure oud



Lelani

deur Rachelle du Bois

Lelani Botha bestuur die eksklusiewe boetiek op die dorp. Sy is beeldskoon, stylvol en kunstig. Maar sy dra swaar aan ‘n geheim waarvan niemand weet nie. Tot hul botanis buurman Leon Postma haar eendag betrap in ‘n situasie wat sy nie langer kan wegsteek nie. Hy weet nou baie meer as wat enige ander mens van haar weet en sy verkwalik hom daarvoor. Hy het geen reg om te weet nie. Sy is pragtig, vurig en wantrouig. En sy is in Leon Postma se lyf, in sy kop en sy bloed. Hy sal vir haar ʼn brug oor die water bou wat haar na hom toe sal bring. Of so hoop hy. Maar Lelani bied hewig weerstand teen haar groeiende aangetrokkenheid tot Leon. Sal sy toegee aan die man wat soos ʼn koors in haar binneste kom intrek het? Sal sy uiteindelik die brug na hom toe oorsteek?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar