Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die ‘Vloek’ van die Tien Gebooie :

Dis die soeke na iets groters..., wat my hand van self na die bedkassie se laai stuur..., dit oopmaak..., en rondkrap asof ek weet waarna ek soek. Ek weet nie hoekom ek dit doen nie..., waarna ek soek nie..., en uiteindelik ʼn boekie vind wat al jare daarin versteek was.
Ek wou dit nooit lees nie..., en tot vandag toe het ek dit ook nog nie gelees nie. Ek kon dit ook nie weggooi nie..., en het dit toe maar net daar in die laai gegooi om van te vergeet..., so ʼn paar jaar terug.
Ek onthou nog die boekie wat iemand vir my gegee het..., wat sy ook by iemand gekry het. Dit swerf rond asof dit geen rus kan vind nie.
Met die oopmaak van die eerste bladsy..., val daar ʼn toegevoude papiertjie uit..., ʼn pamflet wat net so oud is soos die boek self ..., en waarvan die inligting heel moontlik al veroud is...?!
Iets dryf my tog om dit te lees…, en voordat ek my kon kry…, staan ek voor die TV…, fronsend…, en half nuuskierig om te kyk of dit gaan werk wat hulle hier verduidelik…?!
Ek het DStv ja…, maar net die goedkoopste pakket…, want…, ʼn pensioentrekker …, jy weet …, ek…, en dit is nie ʼn skande nie…, moet sy geld omdraai.
Hier kan ek gratis TV kanale kry...?! Ek wil dit probeer want..., sê nou net dit is so..., dan is dit ʼn vet ‘score’...
Ongelukkig is dit Engels..., maar hierdie boertjie kan hom darem self help..., met die rooinek taal...
Die nuuskierigheid dryf my om te lees...
‘ The Spirit Word Channel...’
Ek is nie ʼn ou vir kerk nie..., en dit laat my ongemaklik voel om te dink ek wil my dekodeerder instel..., en dit nogal om miskien ander Christelike kanale op te vang...?!
Miskien moet ek dit eerder los..., maar die nuuskierigheid kry die oorhand oor my...
Ek ken nou nie juis hierdie dekodeerder se verstellings nie..., en die outjie by wie ek die kontrak uitgehaal het..., hy het sommer alles vir my ingestel.
Ek wil tog probeer..., al kos dit my om weer die outjie te bel om alles oor in te stel. Wie nie waag nie wen nie..., hulle sê mos so...!
Waar is daardie ‘remote’ van die DStv..?! Die ding is ook altyd soek....
Op die bank tussen die kussings soos gewoonlik...
Nou laat ek sien...?!
Druk ‘menu’ op die ‘remote’...., gaan na ‘ advanced options’...., en druk OK...!
So ver werk alles nog reg uit...
Gaan na ‘dish installation’ ...en druk OK...!
Jip...! Dit werk nog...
Nou vra hulle weer ʼn kode..., maar gelukkig gee hulle dit...’9949’..., en dan na ‘network 2’..., en verander dit van ‘disabled’ na ‘DStv Pas 7’... en druk OK...?!
Tot op datum werk alles nog soos hulle sê..., maar ek is tog senuweeagtig om hier rond te karring met die instellings op die dekodeerder.
Dis nou te laat om te stop..., so ek kan net so wel maar voort gaan..., en wie weet...?!
Net die volgende ook verander...
‘Frequency’ na ‘12722’...
‘Symbol Rate’ na ‘26657’...
‘FEC’ ..., wat dit ook al beteken na ‘1/2’...
‘Polarization’ na ‘vertical’...
‘Use NIT’ ......’yes’....
En gaan dan na ‘Accept all display values and leave screen’ en druk OK...???!!
Wat gaan nou aan...??!
Dit is terug by die vorige skerm...?!
Gaan af na ‘scan all networks’ en druk OK..., en wag terwyl dit al die kanale soek...
Druk nou die ‘TV’ knoppie op die ‘remote’..., en gaan af na ‘Pas 7/10’ en druk OK...
Soek nou ‘SWC’ na links of regs...?!
So wragtig...!! Ek het dit reg gekry...!
Nou weet ek hoekom ek daardie papiertjie moes kry...
Dinge is bestem vir ʼn doel..., ʼn bepaalde tyd in die toekoms..., spesiaal vir jou...!?
Maar hoekom moes ek hier uitkom...? Daar moet ʼn rede wees...?
Ek luister na wat daar gesê word op die TV....
‘Vervloek is die een wat nog aan die Tien gebooie vashou wat deur moses opgestel is. Gooi daardie klippe stukkend..., en weet dat dit net genade is wat jou nou kan red...!’
Dit kan nie wees nie....?! My dominee het my anders geleer..., elke keer die tien gebooie laat opsê in die katkisasieklas...?!
Hoe kom hierdie mense by sulke dinge uit...? Ek moet dit eers self lees in die Bybel..., dan sal ek dit miskien glo...?!
Toe ek weer sien het ek die Bybel in die hand..., vol stof wat ek eers moet afblaas..., want ek het dit lanklaas gelees..., want ek weet mos alles wat daar in staan...
Ek lees weer Bybel..., en..., dit deur ʼn stukkie papier wat ek verkeerd wil bewys...!
Dag vir dag delf ek in die geskrifte..., om net meer en meer agter te kom hoe verkeerd ek was..., en hoe reg Kobus op die TV was...!
Dit kos ʼn maand om my te oortuig dat ek Moses se kliptafels self gaan stukkend gooi..., en as simbool om die oue af te lê..., gaan haal ek die halwe bottel rooiwyn uit die yskas..., en gooi ʼn wynglas half vol wyn...
Gelukkig is daar nog ʼn broodrolletjie in die broodblik..., en so op my eie..., ek en my hond..., en..., en God..., Jesus Christus..., en die Heilige Gees..........., so hou ons toe nagmaal om die gebeurtenis en openbaring met bloed te beseël ..., en simbolies die kliptafels van Moses stukkend te gooi..., in ruil vir genade..., want ek kon nie die tien gebooie onderhou nie..., en nou nog nie...?!
Maar God se genade het vir my genoeg geword......



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ek het nou meer as 'n jaar later hier kom lees. Dis 'n treffende stukkie.
7 jaar 6 maande 3 dae 3 ure oud


Dit is uitstekend! Dank die Vader vir genade. Ek gaan jou stuk beslis vir ander lees. Dankie :)
8 jaar 9 maande 5 dae 3 ure oud



Botes Stamregister en Kwartierstaat

deur Willie Botes

Genealogiese kwartierstaat oor die Botes familie. Ander vanne sluit in Oosthuizen, Botha, Putter, Du Preez en Shafer



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar