Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dit woel en stoei en borrel binne my,
Ag Liewe Heer, help tog want ek gly!
Soveel liefdesgeluk, teerheid en lag
is skielik deel van my elke dag …

Lank het ek geneem om heel te word
want keuses het my lewe sommer baie verkort.
Jare was ek stil, te vreesbevange om te praat
gevoel ek is niks en die lewe is kwaad,
maar geduldig en sag het U my hand geneem
my gebroke liggaam-gees teen U laat leun.
Die wonde en breke was diep, rou en seer
maar die rowe moes af en oop tot die been.
U werk was volmaak en my menswees herstel,
orals getuig ek, wil die wêreld vertel!

Maar nou Liewe Heer is daar skielik ‘n man,
ek het hom liefgekry maar dit maak my so bang!
Hy’s die son in my dag, die ster in my nag,
die lag om my mond en my hartseer se krag,
máár Liewe Heer ek ken net van seer
en dié keer wil ek nie laat dit weereens gebeur …
Ek weet hy’s uniek, opreg en ‘n droom,
hy’s nie soos die ander of deel van die stroom,
maar juis om dié rede maak dit my bang
want hoe gaan ek troos as hy na Erna verlang?
Hoe gaan ek vir die dogters kan wees
iemand wat daar is langs hul mamma se gees?
Ek voel so onseker, verward en alleen
tussen al hierdie harte wat seer is en ween!

Orals is mense wat my vergelyk,
hul soek almal iemand wat soos Erna sal lyk ..
Liewe Heer, ek kan en wil nie ‘n Erna nou wees,
sy moet voortleef in harte deur haar eie mooi gees!
Erna was ‘n vrou, ‘n moeder, vriendin
Haar ophou kan nie wees vir mý ‘n begin!
Ek wil haar mense van háár laat onthou,
in hul harte moet sy bly, hul moet dáárop voortbou!
Ek het vriende ontmoet, koud en so leeg,
die lag om hul monde laat hul oë nie beweeg,
dis goud en dis klater en baie hoë woorde,
praat net oor snykunde en duur vakansieoorde.
Here ek pas dan nou glad nie hier in,
ek is iemand vir liefhê, vir leef en vir sing!
Nooit wil ek voorgee wat ek nie kan wees
en ek is dan iemand wie se oë mens kan léés!
Hul gaan my fynmaal, tot stof sal ek gaan,
en dan’s ek nie meer in my Dirk-man se baan!
Hy is vir my lief oor my gesels en my lag,
wat gaan van ons word as ek verander eendag?
Voluit lewe en liefhê is wat ek wil doen …
Ag Here, gee vir my vrede, laat ek my versoen!
Maak toe my oë dat ek verby almal kyk,
skenk my U Lig om hul koue te laat wyk.
Omvou my in U Krag en hou my styf vas,
maak my treë seker en met Dirk se voet in pas.

7Aug07



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Pragtig
Dis die mooiste eerlikste opregste gebed wat ek al gelees het, en dit laat my nederig voel en oop voel teenoor jou. As jy met net hierdie oop en eerlike gesindheid almal om jou benader, sal daardie voorgee vinnig verkrummel.Mense haal geoonlik self hulle maskers af as hulle sien jy dra ni eeen. Jou man is gelukkig en die daardie kinder sal jou in die begin met haar vergelyk totdat hulle sien jy probeer nie in haar skoene staan nie, jy doen dinge anders. Net tyd sal genesing bring, jy is klaar genees, glo in jouself en wees net dit. Jy sal almal om jou ook genees, moet net nie twyfel in jouself nie, jy weet waaar jou genesing vandaag kom, gee dit vir hulle ook. Baie dankie vir deel, dit is baie goed geskryf en proagtig!
9 jaar 3 weke 6 dae 18 ure oud



Agter Geslote Deure

deur Johan Botha

Hoe sê ‘n vyfjarige kind vir iemand groter as hy om hom nie te verkrag nie? Hoe reageer hy as hy sien hoe sy ma mishandel word deur ‘n dominerende vark van ‘n pa wat op drugs is? Wat gebeur met hom wanneer hy ouer word en probeer om by die samelewing in te pas, ‘n samelewing waar hy sukkel om met ouer mans te kommunikeer? Hoe probeer hy om sy eie identiteit te skep en ‘n beter mens van homself te maak? Dan word hy aangesê om sy pa te vergewe? Hoe? Waar sal alles eindig? Hierdie is sy lewensverklaring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar