Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die ys-wind is ongenadig so hoog op, maar die klere was sy aanhet is gemaak van isolerende materiaal. Sy dra die masker nogsteeds oor haar gesig om te keer dat haar neus vries. Die mou-lose arm moet nou maar koud kry; dis nie die ergste nie.
En dan spring haar hart opgewonde. ‘n Muur van omtrent ‘n verdieping hoog staan bo die stoep dakke en het ‘n soortgelyke dak, maar rondom die een se rante is wat lyk soos swart, sierlik tralies met skerp punte. Talita beweeg versigtiger.
‘n Dreuning soos ‘n vloedgolf druis skielik van alle kante af. Talita maak haar plat teen die dak, maar die volgende oomblik pluk ‘n sterk wind soos ‘n tornado haar in die lug in op. Sy vlieg en tuimel soos ‘n lappop bo die dakke. Net so skielik as wat die wind opgekom het, gaan lê dit weer en sy val hard in die middel van die binnehof wat grens aan die skatkamer. Haar wind is uit en haar ore toe. Eers lê sy stil en probeer om asem in te trek. Dit gebeur moeilik asof die spiere in ‘n spasma gegaan het en haar longe toedruk. Haar lyf wil ook nie beweeg nie, maar sy weet sy moet regop kom. Eerste kry sy haar arms om te beweeg en beur bewend haar bolyf op. ‘n Sagte kreun ontsnap uit haar keel. Sy knyp haar oë styf toe om al haar krag te konsentreer. Stadig kry sy dit reg om bietjie lug in te trek, maar sy hoes en haar bors raas asof sy asma het. Dit is ‘n verbete geveg om die lewens-asem terug te kry. Uiteindelik kry sy dit reg om stadig en vlak asem te haal. Nou word sy bewus van die ander pyne; veral in haar nek, agter haar kop en rug. Vir ‘n paar sekondes sit sy net daar met toe oë en probeer notule neem van alles wat moontlik gebreek of beseer is. Niks is gebreek nie, kom sy tot gevolgtrekking en maak haar oë weer oop.
‘n Beweging trek haar aandag. Dit kom al nader. ‘n Sirkel van grys geklede figure beweeg stadig in op haar. Magteloos kan sy net kyk hoe hulle op haar toesak. Sy maak nie ‘n geluid nie…

Henning geniet die hitte van die leerjas, maar sy hart is koud van bekommernis. Die nag is oneindig lank. Hy begin wonder of dit nie ook getoor is nie. Angstigheid teister hom, maar hy bly geduldig net waar hy is.
Toe dagbreek kom, is sy hart swaar. Alhoewel hy nie ‘n oog toegemaak het nie, is hy wawyd wakker en vol energie. Versigtig kruip hy na die brug toe. Elke paar treë moet hy eers stop om die jas terug oor sy skouers te trek. Dit is nog nie heeltemal lig nie.
“Gaan terug en vertel die wêreld van die plek,” herroep hy haar woorde aan hom… Vertel hulle wat? Wie gaan hom glo? Die universiteite?... Wat as hulle besig is om haar te martel? Hy rol die jas in ‘n netjiese bondeltjie en trek ook sy baadjie uit en vou dit op. Dit los hy ‘n paar meter van die mond van die kloof, maar dan stop hy en gaan haal sy baadjie weer en maak dit om sy middel vas.
Versigtig klim hy aan die buitekant van die brug se reëling en hurk agter dit. Die lysie is baie nou en die ou steenwerk nie baie betroubaar nie, maar sentimeter vir sentimeter beweeg hy vorentoe. Die afgrond gaap soos ‘n swart mond vir hom. Dit voel asof dit hom wil insuig en sweet loop langs sy slape af, maar hy draai nie om nie. Uitasem kom hy by die wagtoringtjie. Wankelrig en bewerig balanseer hy en terwyl hy met een hand nog aan die reëling vashou maak hy sy baadjie los. Dan slinger hy die baadjie in die lug in op. Wind skep dit en gooi dit teen die wagtoring se dak vas. Die wagte storm vorentoe en kyk op na die dak. Henning gryp die geleentheid en beweeg so vinnig as hy kan verby die toring en verby die hek. Anderkant klim hy gou oor die reëling en gaan sit vir ‘n oomblik om sy asem terug te kry. Sy hart dreun in sy ore. Die wagte praat in ‘n vreemde taal onder mekaar. Dit gee Henning die versekering dat hulle hom nie gesien het nie en hy hardloop gehurkend verder op die brug na die tempel toe.
Die reuse, antieke tempel styg stadig op uit die mistigheid van die oggend; gebaai in die rooi sonsopkoms. Henning sien dit skaars raak; ‘n krom gebuigde spikkeltjie teen die kollosale konstruksie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Vrou in Swart - Deel 4 en 'n half
Mooi storie die!!!
9 jaar 4 maande 3 dae 23 ure oud


Ek het geweet die useless Henning sal 'n held moet word om die talentvolle Talita te red!



'swart, sierlikE tralies met skerp punte'
9 jaar 4 maande 5 dae 2 ure oud


YML
Keelvol nie meer
Net 'n kort stukkie, want 'n nuwe projek hou my besig. Wil darem wys dat ek toe nie meer keelvol is nie :)
9 jaar 4 maande 5 dae 6 ure oud



Gedoria

deur Martha Maria Jones

Gedoria is my debuut digbundel. U kan dit koop by www.afrikaansenuusagentskap.co.za of u kan my kontak by 0760176453. Ek is tot alles in staat deur Christus.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar