Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

“Ons soek Barabbas!” Vaag dring die woorde tot hom deur, hier waar hy afgesonder in sy sel sit, die vrees ‘n vlam wat skroei en brand. “Ons soek Barabbas!” Die skare word mal. Sy gesig vertrek, die angs misvorm hom. Hy hoor die sleutel knars, die deur swaai oop. Hy deins onwillekeurig terug. Nou’s alles verby. Hy gaan sterf! Hoe gaan dit wees? Eers haat, smaad en verguising. Dan die spykers en die pyn…

“Kom!” Die wag se stem is bars. Strompelend volg hy die wag in die dofverligte gang. Kan ek nie…. Nee, ek is te swak, uitgeteer. Eens… my liggaam was my trots. Die gang maak ‘n draai. Tog snaaks dat hy my nie geboei het nie.

Vaagweg hoor hy die gedreun van die skare: “Kruisig hom! Kruisig hom!” Die klank swel aan. Barabbas! Moordenaar!

By die deur. Nou kom dit! Die begin van die einde. Die deur swaai oop. Hy sien die kleistene, die blou lug, die son.

“Jy is vry!” kom die woorde. “Ek… ek verstaan nie,” stotter hy. Die skare…. " “Loop! of wil jy terugkeer na jou sel?” Verdwaas draai hy om. Die sel het tuiste geword.

Hy versteen. Die agterpunt van die skare. Bulderend: “Kruisig Hom! Kruisig Hom!” Sy oë dwaal na die verhoog. Pilatus! Dan sien hy die figuur – bebloede rug – hulle oë ontmoet… en tyd staan stil. Die oë is sag, dis oë wat spreek van liefde en genade. Iets roer aan die kors van sy harde hart. Hy skeur sy blik weg, bulder dan saam met die skare. “Kruisig Hom! Kruisig Hom!” Maar waarom voel dit dan - soos verraad?



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Vryheid ten koste van...
Ouch!

Dis ‘n goeie storie van perspektief verskuiwing doll. Ek wonder net hoe ‘n man wat as “sleg” beskou word regtig aan die einde ‘n gewetenswroeging ondergaan het. Heng, dis meer as moontlik.

Persoonlik dink ek jy kon ‘n sterker titel gekies het.

Groete

Chenél
11 jaar 7 maande 3 weke 3 dae 15 ure oud



Vader, vergeef

deur http://www.woes.co.za/

'n Geestelike digbundel met 46 Gedigte wat begin by sosiale kommentaar oor die euwels in ons samelewing en dan oorgaan na storiegedigte gebaseer op ware verhale van gebedsverhoring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar