Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek het baie eienaars in my leeftyd gehad. Somige van hulle was oud ander jonk. Partykeer verantwoordelik, maar dikwels stout. My tyd saam met elke liewe een van hierdie eienaars was altyd ‘n avontuur, maar my heel lekkerste jare was saam met vyf jong seuns.
Ek kan dit nog soos gister onthou. Ek wat al ‘n ou verbleukde kewer was, is as ‘n matriek geskenk aan ‘n seun, met die naam Hannes, gegee. Dit maak my seer om te herken dat ek nie juis veel was nie, maar tog was hierdie jong man opgewonde oor sy nuwe-ou moter. Trots het hy my met ywer blink gevryf, voordat hy my aan sy vriende voorgestel het. Hulle was vyf plaas seuns gewees, almal van hulle soos broers. Hulle het alles saam gedoen, daarom het daar vir hulle moeilike dae voor gelê wanneer hulle na matriek in hul verskillende rigtings sou moes gaan.
Dis dat hulle na hul laaste eksamen toets bymekaar gekom het om oor hul toekoms planne te gesels, maar om ook ‘n oomblik langer in die verlede stil te staan. Rondom die oranje vuur het hulle gesit. Party van hulle met hul hande na die vuur uitgestrek, ‘n poging om hulself warm te hou in daardie koue nag. Teen die tyd het hulle al klaar geëet en het hulle redelik na drank gestink. Tot Hennie, wat gewoonlik die verantwoordelike een was, se tong het maar lekker gesleep.
Skielik toe spring een van die seuns op. Pieter, een van die grootste droogmakers, stel toe voor dat hulle hul laaste dae as matrieks met ‘n “bang” moes afskop. Die ander vier seuns luister toe aandagtlik hoe Pieter sy plan met baie entisuasme aan hulle verduidelik. Ek weet nie of dit die oordoses alkohol was nie, maar hulle het vinning sy idee aangegryp en hul vuur geblus, my deure oop geruk en ingespring. Ek het nie geweet waarheen ons oppad was nie, maar ek is seker dat hulle ook nie heeltamal geweet het nie.
Die volgende oggend toe ek my glas oggies oop gemaak het, het ek my laaste bietjie petrol uitgeskrik. Ons was letterlik in die middel van niks en nêrens. Dit was skoon asof iemand die aarde plat geskraap en die rommel wat oor was weg gevee het. Ek het toe die seuns wat uitgepaas was op my sitplekke hoor roer en gehoop hulle het geweet wat aan gegaan het. My hoop was egter kort geknip toe ek hulle gesigsuitdrukkings in my spiêeltjies sien. Hulle het net so min soos ek geweet en dalk minder.
Ons was nou diep in die sop gewees, want soos ek die seuns se paniekbevange gesprekke af geluister het kon ek agterkom dat ons nie net verdwaald was nie maar ook sonder geld. Boonop was ek sonder ‘n druppel diesel en nie een van die seuns kon iemand vir hulp bel nie. Almal se selfone was pap, tiepiese matrieks hulle dink ook nooit iets deuglik deur nie.
So het ons daar gesit, platsak in die middel van die vlaktes en nie met ‘n vaagste benul hoe ons daaruit sou kom nie. Ons het seker vir twee ure in die warm son gesit en bak voordat ons ‘n harde lawaai agter ons gehoor het. ‘n Lang man, maklik in sy 50 of 60 jare, het uit ‘n geroesde blou bakkie geklim. Soos die ou oom met sy plaashoed in sy hand stadig nader gestap het, kon ek my seuns se skaamte aanvoel. Hy het hulle met net een kyk opgesom en met ‘n skittende kop hulp aangebied. My seuns moes egter in ruil vir die boer se hulp hom vir ‘n week uit help op sy plaas. Hy het hulle ook darm kos en ‘n slaap plek aangebied. Dan aan die einde van die week sal hy sorg dat my tenk vol is en dat elke een van my seuns vergoeding kry vir hul arbeid. Ons het hierdie aanbod met gretige hande aangegryp, want wat kon ons andersins gemaak het?
Die ou grysaard het my toe aan sy blou bakkie vas gehak en my na sy plaas getou. Ons het nie lank gery nie of ons het in die oom se plaas in gedraai. Hy het my saam met sy bakkie in sy motorhuis gebêre en die seuns binne die huis ingeneem. More sou die werk begin en hopelik sou ek ‘n bietjie diesel kry, my magie was dolleeg gewees.
Vroeg die volgende oggend was my seuns saam met die ou toppie op gewees. Klaar hul ontbyt geëet het die boer hulle vir ‘n draai op die plaas gevat en vir hulle gewys wat hy wou gehad het hulle vir hom moes doen.
Louis het die perde stalle skoon geskrop en honde kos gegee, Hennie en Hannes het die land geploeg, Pieter moes die tannie baie keer help met kos maak en Gerhard het hard in die tuin gewerk. Hulle het tot weer vir my blink geskrop en terwyl hulle so hard gewerk het, het die ou grysaard my wiele vervang en gesorg dat ek ‘n spaar wiel het.
Alhoewel ek meestal op die kantlyn gesit en kyk het hoe my seuns werk, het hulle my tog deel van hul aktiwiteite gemaak. Soos die een dag toe die oom se skape uit die kraal gekom het en orals verspreid was. Almal moes alles los waarmee hulle besig was en gaan help om die skape weer terug in hul kraal te kry. Die seuns het toe op die oom se perde gery om die skape in die regte rigting te dryf, maar omdat Gerhard en Louis so bang was vir perde het hulle besluit om my te gebruik. Ons het die skape aan die regter kant beheer, maar ver genoeg van die perde af gebly sodat ons hulle nie skrik sou maak nie. Dit was baie lekker pret gewees en ek het dit geniet om die twee seuns in my binnekamer te hoor lag. Alles het mooi verloop en ons was baie na aan klaar, maar oowee... As Gerhard net bietjie meer aandag aan die pad voor hom gegee het, sou ek dalk nie in ‘n gat beland het nie. Ek weet nou nog nie hoe ons daardie gat mis gekyk het nie, maar al wat ek kan onthou is dat ek die een oomblik nog skape gejaag het en die volgende oomblik boude in die lug was.
Ek moes weer getou geword het soos ‘n ou ding wat nie meer kon loop nie, maar gelukkig was dit ‘n goeie verskoning gewees om weer gewas te word. My seuns het egter my nie weer gebruik om die skape aan te jaag nie. As hulle dit gedoen het, het Gerhard en Louis sommer weg gebly en iets anders gekry om aan te werk. Maar jy moet nie dink dat my seuns my toe heeltamal afgeskryf het nie. Ons het een oggend baie vroeg uitgeslip en na die dam op die oom se plaas gery. Nie ‘n sement dam nie, maar ‘n regte gat in die grond gevul met vis en water. Hulle het my baie mooi langs die rand geparkeer en so op by dak en neus gesit en vis vang. Lank het hulle so gesit met hul hoekke in die water. Hulle het wel nie veel gevang nie, maar baie lekker gekuier. Hulle het gepraat oor wat hulle met die geld sou maak, waarheen hulle sou gaan en dan ook oor dieper dinge.
Half agt het die oom vir ons voor sy huis gestaan en wag. Ons het die enigste twee visse wat ons gevang het vir hom gegee.Verbaasend het hy net sy kop geskud en gelag. Hy het die twee visse geneem en dit vir sy vrou gegee en my seuns dadelik aan die werk gesit.
Toe die week op sy einde was het die oom my seuns hulle beloofde geld gegee en die volgende oggend was ons weg, oppad Kaap toe. Dis waarheen ons laas blykbaar oppad was. Dit gaan nogsteeds my verstand te bowe hoe hulle daardie aand dit reg gekry het om die bordjies te lees en op die regte pad te bly. Ons het goed gery en laat die volgende middag in Kaapstad aangekom. Al langs die kus het my voete ons gedra terwyl die son oor die koue blou see gesak het. Meteens stop ek toe, glad nie instaat om my voete vorentoe te kan rol nie. Die seuns, wie se aandag deur die sonsondergang besit was, het dit nie dadelik agter gekom nie. Ek het toe besluit om dit te laat vaar en hulle voorbeeld te volg. Saam met my vyf plaas seuns het ek die rooi-oranje lig wat oor die donker blou see geskyn het bekyk. En toe in die agtergrond het ek Hannes hoor vra,”Ouens? Ken een van julle ‘n boer in die omgewing?”



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Vyf matrieks in 'n kewer
Goeie ode aan die kewer wat die jeug se lewe gesien het.
5 jaar 2 maande 2 weke 1 dag 11 ure oud


kewer
Irene dit is nou n lekker lees storie wat ek baie geniet het. Baie geluk met hierdie een
5 jaar 2 maande 2 weke 1 dag 11 ure oud



MAMMON

deur Piet Schoombie

Mammon handel oor 'n beroepsgholfspeler se lewe en ervarings plaaslik en oorsee. Soos die boek se naam aandui, speel geld deurgaans ’n belangrike rol..



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar