Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Katrien is besig om die laaste paar goedjies uit die tas te haal. Sy plaas dit netjies op die bed in stapeltjies. Heel laaste haal sy haar gunsteling foto’tjies uit ‘n rooi en silwer dosie en sit dit versigtig neer op die spieëlkas. Stadig neem sy plaas op die kant van die bed en neem die foto’s op van die kas. Sy laat dit sak op haar skoot en begin dit weereens soos soveel kere, al vantevore, een vir een besigtig. Haar konsentrasie vervaag en haar gedagtes neem die loop.
Sy het vanoggend vanaf Drie Susters, per trein hier aangekom en het Sureta, haar enigste dogter, haar op die stasie kom afhaal. Sureta het besluit dis tyd dat sy na haar moeder omsien, alhoewel sy wat Katrien is, pas drie-en-sestig geword het, en nog instaat is om na haarself om te sien.
Sy het verlede maand bedank by die plaaslike veearts waar sy ‘n pos as ontvangsdame beklee het. Ou Dokter Verster was baie jammer om haar te verloor aangesien sy vir twaalf jaar, vir hom gewerk het. Na Tim se dood was sy eensaam en was so bly om ‘n werk te bekom, aangesien sy geen ondervinding gehad het as ontvangsdame nie. Sy was ‘n boervrou – en dis al.
Sureta is ‘n enkelma daar sy twee jaar gelede van Cois Durandt geskei is, en die drie seuns alleen moes groot maak. Cois is woonagtig in Pretoria en sodoende gaan die kinders alleenlik gedurende die Desember skool- vakansie na hom toe.
Sy kyk weer na die foto’s op haar skoot. Die eerste foto is van haar en Sureta wat langs die strand in Gordonsbaai geneem is gedurende ‘n vakansie in Desember toe die kinders by Cois gekuier het. Sy voel asof sy die kinders moet leer ken want sy het vier jaar gelede hier gekuier en Neels die oudste maar tien jaar oud was. Dit het gelyk asof hulle nogal bly was om haar te sien.
Die volgende foto is van die drie seuns langs die swembad geneem waar hulle gesit en smul het aan ‘n waatelemoen. Lyfies rooi gebrand in die son. Ag, eintlik lyk hulle soos engeltjies met hul besmeerde gesiggies, en waatelemoenpitte in Tersius , die jongste, se hare. Neels en Dawie verskil slegs twee jaar en lyk glad nie na mekaar nie. Neels lyk meer na Sureta en Dawie het meer van Cois se gelaatstrekke. Tersius het iets van elkeen in hom. Sy weet net nie waar hy sy bakbeentjies vandaan kry nie.
Die volgende foto stuur haar gedagtes na vier jaar terug toe sy hier gekuier het en vir Peet Groenewoud ontmoet het. Sureta het haar dié dag in die dorp afgelaai en haar gehaas werk toe. Katrien het besluit om iets te ete te koop en dan vir die res van die dag langs die see deur te bring met ‘n boek.
Na twee ure se sit op ‘n bankie langs die strand, was sy dors en lus vir iets koel om te verober. By die naaste kafee het sy ‘n sjokolade roomys en ‘n lietsjiesap bestel. Met die uitloop het sy gemerk dat die roomys nie baie stewig in die doppie sit nie . In plaas van te kyk waar sy loop, was haar oë op die roomys vasgenael wat gedreig het om uit te val. Met die gevolg dat sy uit die kafee gestorm het om hand bysit om te keer dat die ergste gebeur. Sy was so lus vir die roomys en wou dit nie vermors nie.
Ongelukkig , of gelukkig , het sy nooit vir Peet die kafee sien binnekom nie, en tromp-op in hom vasgeloop . Die roomys het geval en toe Katrien daarin trap, het sy gegly en soos ‘n profesionele ysskaatser oor die vloer gegly. Die helfte van die roomys het Peet se wit tekkies bruin geverf en die ander helfte was onder haar sitgedeelte.
Peet het ‘n “griekse” woord gelos van skrik en haar dadelik die hand gereik en op haar voete gehelp. Die dame agter die toonbank was dadelik by met suikerwater, want sy het so gebewe van skrik. Hulle het besorg verneem of sy verder sal regkom en nadat sy haarself en hulle , verseker het dat niks gebreek is nie, en dat sy olraait is, opgestaan.
Peet het haar saggies aan die arm geneem en na die naaste beskikbare sitplek gelei. “Is jy seker jy is olraait “ het hy besorg gevra. Katrien het afgekyk na haar blou enkel wat sy teen die stoel gestamp het , en hom verseker dat dit die enigste liggaamlikeskade is wat sy opgedoen het. “ O!My naam is Peet Groenewoud”, het hy homself bekendgestel. “ Ek is Katrien , Katrien Verbeek “ het sy gestamel. Daarna het hulle om die beurt uitgebars van die lag.
Katrien het vreeslik om verskoning gevra vir die roomys op sy tekkies en aangebied om dit skoon te maak. Natuurlik wou Peet niks daarvan weet nie, en het aangebied om eerder vir haar ‘n ander roomys te koop Waarvoor sy baie dankbaar was . . . . .
Hulle het al langs die strand af gestap en gesels asof hulle mekaar vir jare al ken. Hy het vertel dat hy net buite Stellenbosch ‘n wynplasie het, wat hy en net twee werkers beman. Sy vrou het hom ses jaar gelede ontval. Diè dag van die ontmoeting het hy besluit om vir sy seun te kom kuier in Gordonsbaai, maar hom nie tuis gevind nie aangesien hy nie gereëlings getref het vir ‘n kuier nie.
Daarna is sy terug na haar dorpie in die Karoo waar sy gelukkig was tot nou toe. Peet het gereeld een keer per maand kom kuier en het sy vir hom die stoepkamer reg gemaak en seker gemaak, die hele dorp weet dis waar hy slaap. Hy het help kos maak , die gras gesny en saans het hy vir hulle ‘n vleisie gebraai. Dan het hulle geluister hoe Frank Sinatra sing, en somtyds ook Elvis of selfs Elton John !
Ongeveer vier maande gelede het Peet met die groot vraag gekom. “Katrientjie, sal jy asseblief met my trou” ? Sy het ‘n groot sluk uit die glas rooiwyn geneem en amper verstik daarin! Vergeet om dit met klein slukkies in te neem. Toe sy nie dadelik antwoord nie, het Peet stadig sy kop in haar rigting gedraai en gevra: “ Katrientjie, is jy olraait’ ? Daai vraag vra hy gereeld; dalk net uit gewoonte of miskien laat haar handeling in sekere situasies, hom daai vraag vra.
Sy het vervaard geantwoord : “ Peet , gee my asseblief tyd om daaroor te dink voordat ek jou daarop antwoord”. Hy het verlig gelyk omdat sy nie dadelik “nee” gesê het nie. Daarna het Peet hul gesprek voortgesit asof niks gebeur het nie. Daaroor was sy maar tè dankbaar.
Maar nadat sy nag gesê , en na haar kamer verkas het, het die vraag haar opnuut laat nadink. Eers het sy ‘n warm bad geneem om, soos sy haarself oortuig het, beter en helderder te kan dink, en daarna op haar bed gaan lê om weereens die vraag oor en oor te herhaal in haar gedagtes.
Eerstens, sê sy tot haarself, hou ek daarvan om die hele “kingsize” bed vir myself te hê. Hy weeg ten minste ‘n hele honderd en twintig kilogram en sy slegs vier-en-vyftig kilogram. Hy gaan die hele bed in beslag neem en dit sal nie werk nie. Ten tweede, sy hou daarvan om alleen in ‘n skuimbad te lê met brandende kerse op die bad se rand, en hy sal natuurlik lag en sê sy is verspot.
Ten derde slaap sy in net een klein kledingstuk want die warmgloede laat haar nie toe om in meer te slaap nie, en sy slaap g’n kaal langs ‘n man nie. Dit sal ook nie werk nie. En vierdens hou sy nie van biefstuk nie en dis omtrent al wat hy wil eet! Nee, dit sal ook nie werk nie ! Nee, wat ! om met hom getroud te wees sal komplikasies veroorsaak. Sureta mag nie weet van die huweliksaanbod nie, nooit nie ! Sy sal dit vir haarself as ‘n uitkoms beskou .
Katrien kyk op haar horlosie en besef sy kan nie langer in die kamer vertoef nie, want hulle sal haar nou-nou kom soek. Sy maak die kamerdeur agter haar toe, en daal grasieus met die trappe na onder.
Met die intrapslag in die sitkamer, waarvan die deur toe is, trap sy op iets wat onmiddellik padgee onder haar voet, en verloor sy byna haar balans. Dis een van Neels se tekkies wat by die ingang lê. Sy skuif dit eenkant toe met haar voet, alhoewel sy lus voel om dit eerder by die deur uit te skop. Mens gooi mos nie jou goed orals neer nie, dis wat sy vir Sureta geleer het.
“Waar is mamma “ ? vra sy bo-kant ‘n lawaai wat klink asof Bruce Lee besig is om sy skoppe te oefen. Sy kry geen antwoord nie, en maak vinnig ‘n opname van wat om haar aangaan. Neels lê uitgestrek op die drie sitplek bank met die selfoon teen sy oor en ‘n kakofoniese geraas wat daar uitspruit.
Dawie het sy neus in die nuutste cosmopolitan ! Kan jy dit glo? Wat gaan hier aan? Is ek op die aarde of dalk in die buitenste ruimte; vra Katrien haarself af. Is dit mý kleinkinders hierdie ? Is Sureta hier of het sy ook gevlug. Toe tref ‘n sokkerbal haar teen haar agterstewe en sy besef dat as sy wil oorleef, sy haar uit die voete sal moet maak. En daarmee vlug sy by die naaste oop deur na buite.
Nadat sy tot verhaal gekom het, gaan soek sy Sureta op in die kombuis waar sy besig is om die Saterdagmaal voor te berei. “ Is mamma klaar uitgepak “ , vra sy met ‘n glimlag. “Ja, dankie my kind”. Sy wonder of sy vir Sureta moet vra , of wat sy daarbinne beleef het, deel is van die daaglikse roetine. Nee, besluit sy, die tyd is nie heeltemal reg daarvoor nie en sy sal maar wag daarvoor.
“Mamma die kos is amper reg en kan ons nou-nou eet. Met dié loop Sureta sitkamer toe en beveel die seuns om alles weg te sit en hulle hande te gaan was . Dankie tog, sê Katrien tot haarself; dissipline is aan die orde van die dag! Die gebraaide skaapboud en gebakte aartappels met suurroom en groen spriet-uie, met groente en pastarys lyk baie smaaklik.
Daarna verkas hulle eetkamer toe waar Selina die tafel baie keurig gedek het. Die verskeidenheid veldblomme uit die Helderberg, gee sommer karakter aan die vertrek.
Die twee groter kinders kom die vertrek slenter-slenter binne en Tersius bestorm een van die stoele en klim pens en pootjies daarop. “Stadig, stadig “ ! maan Sureta. Katrien wonder hoekom trek Neels nie sy broek ordentlik op nie. Dit lyk asof dit enige oomblik gaan afval. Dawie dra ‘n T-hemp met ‘n gesig van ‘n monster daarop, wat haar eetlus ‘n knou toedien. Sy probeer lees wat daarop staan maar weet nie hoe spreek mens die woord uit nie. Dank die Vader, sê sy haarself, ek maak hule nie groot nie.
“Mamma, terloops, ek wil Mamma ‘n groot guns vra” hoor sy Sureta later sê. Ek hoop nie dit het iets met die kinders te doen nie, dink Katrien vinnig. Here, vergewe my, ek weet dis my kleinkinders, maar U weet ek sien nie kans vir hulle nie, bid sy woordeloos. “Ja my kind, praat maar, ek sal help waar ek kan”, sê sy met ‘n fariseërgesig en baie benoud. “Sal Mamma vir my toesig hou oor die kinders na- skool” kom die vraag van Sureta. “Ja, sekerlik my kind” antwoord sy valslik.
Toe dit begin skemer word , besluit Sureta dat hulle gerus ‘n stukkie vleis buite kan braai. Die seuns pak die vuur aan terwyl sy Sureta help om die vleis voor te berei en ‘n slaai te maak. Dis winderig buite en Katrien besluit om maar bietjie TV te kyk terwyl die vleis besig is om te braai. Toe sy die sitkamer binne stap, vind sy Tersius besig om ‘n stoeiprogram te kyk. Die mans lyk asof hulle elkeen in ‘n blik verf geval het, soveel tatoo’s is op hulle geverf! Dis om van naar te word! Hulle is brutaal en hoe kan ‘n kind van agt jaar oud sulke wrede handelinge waarneem?
Met diè kom Neels die vertrek binne. En hoekom hang Neels se broek alweer so laag ? En hy is nie eers skaam dat sy gestreepte onderklere wys nie. Moet sy nie maar so ongesiens sy broek net ‘n klein plukkie opwaarts gee nie? Dink Katrien. Met diè besluit Katrien dat sy eerder vir Sureta by die vuur sal gaan geselskap hou. Maar daar is niemand wat toesig hou oor die vleis nie , en Sureta is nie in sig nie.
Net toe sy wou wegdraai, sien sy ‘n beweging by die buitekamer en onder die indruk dat dit dalk Sureta is, loop sy soon-toe. Maar vind vir Dawie sittend , besig om ‘n sigaret te rook. Gelukkig het hy op daardie oomblik weggekyk en haar nie gesien nie. Sy vlug behoorlik die huis in, bewend van ontsteltenis. Wat' s volgende ? mymer sy.
Terug in die sitkamer, met Sureta nog soekend, vind sy Neels besig om sy “playstation” op te koppel. Sy het daarmee kennis gemaak by Rita , haar eertydse vriendin van Drie Susters. Haar seun Jaco , was basies dag en nag besig daarmee, en was Rita maar te dankbaar dat dit hom tuis gehou het.
Sy gryp haar skinkbord en vlug kamer toe. De-hel met die “kingsize” bed sê sy vir haarself! De-hel met die g-string waarin sy slaap! De-hel met die biefstuk! Eerder dit eet en swaar kou met haar stomp kunsgebid, as om te probeer inskakel in hierdie hedendaagse giere onder die kinders en sy moet dit duld ! Nooit nie ! Sy moet nou vinnig ‘n plan maak.
Sy gryp haar selfoon en skakel vinnig Peet se nommer. Hy antwoord so vinnig asof hy die selfoon in sy hand gehad het. “ Naand Peet, dis ek” sê Katrien vinnig. “ Ek het die foon in my hand gehad en wou jou nou- net skakel” groet hy. “Waar is jy Katrien “ is sy volgende vraag. “ Hier by Sureta; en Peet kom asseblief dadelik hierheen ” sê sy benoud.
“Is iets verkeerd Katrien “, vra hy ietwat skepties. “Nee, ek verlang vreeslik na jou vanaand” sê sy vinnig. “Ek is nou-nou daar” antwoord hy.
Katrien, borsel haar lang donker hare uit en sit haar grimering met sorg aan. Daarna gaan wag sy buite by die voorhekkie op Peet. Hy moet tog gou kom, mompel sy tot haarself. Twintig minute later hou sy motor buite die hek stil. Met die intrapslag val Katrien behoorlik in sy arms. Peet gryp haar fisies vas in sy arms en vra “Is iets verkeerd Katrien “? “Peet, ek het nagedink oor jou aanbod om met my te trou “ stamel sy, en my antwoord is” ja, ja Peet ! “
“Maar Katrien , ek wag al vier maande en het gedink jy het vergeet daarvan” antwoord Peet stadig en onseker. “Nee , Peet, ek het tyd nodig gehad om daaroor na te dink, en hier is iets in die lug in Gordonsbaai waarvoor ek vreeslik allergies is; dit laat my nies en gee my hoofpyn” lieg sy onbeskaamd.
“Peet, jy het mos twee spaarkamers op die plaas, is dit nie “? Vra sy vinnig en sê in dieselfde asem , ek gaan net gou my bagasie haal” . Oorbluf laat Peet haar gaan en neem plaas sommer net daar op die gras. Hy was nie voorbereid hierop nie, maar wat maak dit saak, hy is baie lief vir sy Katrientjie! Hy sal maar aan dominee verduidelik dit was ‘n krisis en sal sommer volgende Saterdag met Katrien trou sodat die mense darem nie teveel sal skinder nie.
Binne ‘n kwartier was Katrien buite met ‘n swaar tas of twee wat sy gesleep het tot by Peet. Sy het niemand gegroet nie, hulle sal tog nie verstaan nie. Sy het haar arm trots deur Peet s’n gehaak; liefies vir hom geglimlag en saam met hom weggery in sy blou mercedes. Peet het nie verder vrae gevra nie – dit kon wag !

Marlè
………………………………..












Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

waarheen Katrien
Marlè hierdie is werklik goed gedoen. ek hou van die manier wat jy die twee generasies se lewenswyse vergelyk
6 jaar 2 maande 1 dag 7 ure oud



DVD-reeks, HOE HOOR EK DIE HERE SE STEM

deur Christo Nel

Hoe hoor ek die Here se stem? Soveel gelowiges vra gedurig: Maar hoe hoor ek die Here se stem in my lewe? In hiedie DVD-toerustingskursus gebruik Christo Nel 9 sessies om verskillende fasette van die antwoord op hierdie vraag vir gelowiges te belig.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar