Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Die swaarvoertuig kom met skreeuende bande tot stilstand in die hoofstraat. Sirenes loei en mense skarrel rond. Esmeralda sien die aanstormende gillende skare en hoor die omstanders wat nuuskierig aan mekaar vra wat die vrou besiel het om so onverskillig die pad oor te steek. Esmeralda wil dit nie aanhoor nie want haar kop wil bars van pyn en sy begin blindelings hardloop.

Sy bereik die plaas met sy pragtige tuin wat sy persoonlik en met haar kaalhande geskep en gevorm het. Daar is egter vreemde mense wat voortploeter met hul alledaagse take en sy vervies haar op die plek omdat die tuin duidelik nie die regte hoeveelheid sorg ontvang nie en verwaarloos is. Vererg gee sy opdrag aan die naaste persoon om toe te sien dat die tuin natgemaak word, maar hy antwoord haar nie en kyk nie eers in haar rigting nie.

Mompelend stap sy verder en kom by die vakansieplek wat hulle al telkemale besoek het. Alles lyk nog presies dieselfde, die duine, piesangbome en pragtige strand strek skoon en wyd voor haar uit. Op haar tone hardloop sy strandlangs al deur die vlak water en tel hier en daar ’n skulp op en prop dit in haar rok se sak. Aan haar regterkant sowat honderd meter voor haar, merk sy haar bekende skool se wapen waar sy gematrikuleer het.

Alombekend aan haar beweeg sy deur die gimnasium en merk dat die bokkie waarop sy geoefen het nogsteeds die winkelhaak in een van sy hoeke het. Daar is leerlinge besig op die balk om balans te oefen en sy gee ’n paar wenke in die verbygaan maar niemand steur hulle aan haar nie. Sy beweeg vinnig by die deur uit en tref daarbuite die bekende hopies metaal aan wat hulle as kinders moes groepeer vir sakgeld.

Kruisbeen neem sy plaas op een van die kleurvolle matjies wat sy gehekel het en langs haar hopie koper lê. Daar is nog ‘n paar stukke staal op haar hopie waarvan die koper nie verwyder is nie en sy spring vining aan die werk. Haar tangetjie met sy roesbekkie is op sy gewone plek in die blikkie maar sy sukkel egter om hom stewig vas te hou en sodoende die koper los te wikkel en af te draai van die opgewende metaaltol af. Sy was feitlik klaar en wou dit net afknip toe iemand haar aanhoudend roep.

Mevroutjie, maak oop jou oë of druk my hand as jy my kan hoor. Lê asseblief net stil u beserings is baie ernstig. Esmeralda probeer haar oë oopforseer maar tevergeefs en haar kloppende hoofpyn is nou onuithoudbaar. Dan voel sy ‘n bekende hand se streling oor haar voorkop en hoor sy die geliefde stem. “Byt net vas my liefling, die ambulans is nou hier” sy druk sy hand en met sy druppende trane op haar vergruisde hand, bid hy saggies: “Here, as dit U wil is, gee asseblief dat haar strepie nie vandag getrek gaan word".



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Wag tot iemand luister
Mooi Elvina. Deur en deur angswekkend.
7 jaar 2 weke 5 dae 11 ure oud


Luister
Verrassende einde. Het gedink sy is dood en dis haar gees wat so dwaal.
7 jaar 2 weke 5 dae 21 ure oud


***
Mooi vertel.
7 jaar 2 weke 6 dae 5 ure oud


OEPS!
"geskryf"!D))))
7 jaar 2 weke 6 dae 11 ure oud


Wag
Lekker vasgevang in jou verhaaltjie! Goed gedoen.
7 jaar 2 weke 6 dae 11 ure oud


...
Pragtige storie, baie goed gfeskryf!
7 jaar 2 weke 6 dae 11 ure oud


Laat mens dink
Dit laat mens net weer besef hoe vinnig dit kan gebeur
7 jaar 2 weke 6 dae 11 ure oud


Strepie
'n Pragtige verhaal van elke dag se gebeure op ons paaie.
Besef ons ooit hoeveel lewens gaan daagliks deur ongelukstrauma?
Bystand en hoop in gebed.

Dankie hiervoor.
7 jaar 2 weke 6 dae 15 ure oud



Tong in die kies

deur Delene de Wet

My menswees: my blydskap, humor, nostalgie, ironie, walging en poppies uit pram gooi, en ja, natuurlik ook vuurwarm liefde in die vorm van kortverhale, gedigte, monoloë en briewe. Die boek is 'n gesprek met jou, die leser, want op die einde van die dag is ons eintlik almal besig met dieselfde avontuur in die soeke na oorlewing.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar