Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Deel 23


Met sy rug gedraai staan hy bewoë, probeer hy luister wat sal die hart wil hê.

“Elke mens maak foute!” slaan hy sy oë op na die Lebombobergreeks wat grens aan die dorp, om weer alles in heroorweging te bring.
“Ek’s nommer een Albertus,” is sy te bly dat Albertus reageer.
“Dis nie wat ek bedoel het nie,” staar hy nog steeds daar waar die Lebombobergreeks en die bloulig mekaar ontmoet.
“Maar wat?” is sy nie so seker wat hy nou bedoel nie.

“Dis net hoe ons, ons foute gaan trotseer en dit probeer vermy.”
“Albertus gee my nog ʼn kans waar ek verbrou het, assebli-e-e-e-ef,” stap sy voetjie vir voetjie tot by hom en raak sy hom so effens aan.
Hy peins oor al die gebeure wat nou die algelope tyd so voor hom afgespeel het, dink hy terug waar hy gisteraand uit die Woord gelees het van vergewing, as jy nie kan vergewe nie hoe kan jy verwag om dan ook vergewing te ontvang, “jy is vergewe my liefling,” draai hy stelselmatig na Laura se kant toe.

In ʼn breukdeel van ʼn sekonde gryp Laura en Albertus na mekaar se hande. Laura klou behoorlik aan Albertus se veilige sagte hande vas, omhels hom met ʼn innige tere soentjie.

“Natuurlik wil ek jou hê. Jy is myne vir solank ons lewe. Jy is nou my kosbaarste juweel. Ek is lief vir jou my dierbare toekomstige man. Ek sal nooit weer toelaat dat ʼn misberekening ons gaan skei nie,” albei bars uit van die lag nog steeds met emosies belaai. Bewus of onbewus dat daar so baie oë na hierdie twee staar. Hierdie hele Hofsaak het op Laura en Albertus se nek kom lê. Die Hofverrigtinge is iets van die verlede, terwyl hy weet dat sy lewe nie veel beteken in die boewewêreld nie.

“Kom dan gaan ons huis toe, daar waar niemand ons kan pla nie,” meteens is daar ʼn gehiep hiep! Hoe-ra, hiep hiep, hoe-ra!
“Ek is jammer om jou kort te sny, maar jy het my gevang op die pad na die hof toe. Ek sal in kontak wees...” die lyn het afgegaan staar hy weer na die selfoon.

Albertus herken van afborselling en afrokkelling vir wat dit werd is.

“Goeiemiddag Flenter-Jan, ek wil iets met jou bespreek.”
“Ek luister Konstabel,” kom dit met ʼn ietwat knorigheid.
“Wat is jy so swaarhoofdig Flenter-Jan?” kyk hy met verwyt na Albertus.

“Ek het met die Bankbestuurder gepraat, en hy het vir my gesê, daardie papier wat jy opgetel het, is soos ʼn volwaardige gesertifiseerde dokument. Dit maak jou nou die wettige eienaar van hierdie fonds, en dit is ook deur die Hof aan jou toegestaan.”

“Nee, dit het ek nie met opset gedoen nie, ja, niks gedoen nie Konstabel.”

“Nou, van twee minute en verder af, sal jy die sleutel tot ʼn geheime super winsgewende lewe hê, vir ewig en altyd, mits jy nie in al die skuiwergate val nie.”

“Wat!”

“Dis die beste van alles Flenter-Jan, selfs jy kan nou vir die eerste keer in jou lewe geniet wat jy hier gewen het. Dis een keer in ʼn leeftyd,” deel hy dit met trots aan Flenter-Jan mee.

“Ne-e-e-ee, Konstabel!” skud hy net sy kop.

“Neem net jou tyd en kyk hier, dis ʼn voorsmakie van wat jy hier nou vind.”
“Ek weet niks van geld af nie, Konstabel!” kyk hy vir Albertus vas in die oë.

“Daar is twee goeie maniere om veilig te speel. Kom ons kyk wat die eintlike wins vir jou belegging is, en ek sal jou ʼn paar van die maniere wys hoe jy groot fondse kan losslaan, maar dit is op jou eie verantwoordelikheid.”

“Opbrengs, veiligheid en die geleentheid vir ander om my uit te roei, Konstabel!” trippelgang hy van hier en dan weer na daar, dan sy hande in sy hare.

“Onthou, die begin van ʼn nuwe lewe lê vir jou voor, Flenter-Jan.”
“Al hierdie dinge, vertel my twee dinge. Aandring op al hierdie dinge, Konstabel,” laat val hy sy hande weer na benede, dan rig hy sy vinger na Albertus.

“Dit beteken, daar is baie dinge in die lewe om te ontdek. Maak seker dat jy ʼn gesonde verstand beginsels het van die lewe. Hierdie kombinasie van natuur en eerlikheid is goed, want as ʼn mens hierdie beginsels verdoem is alles vergoed verby, Flenter-Jan.”

“Ek begin snuf in die neus kry, ek wil jou twee vrae vra. Hoeveel tyd het jy aan my gespandeer? Wat is jou doel met my, of om op my nuwe inkomste te genereer, Konstabel?” tuur hy vir Albertus aan of hy hom wil verslind.

“Ek gebruik dieselfde toewyding om myself te handhaaf. Die presiese toekenning sal afhang van ons omstandighede. Ek hoop die antwoord sal jou help om te wys van ʼn teen prestasie van jou kant af Flenter-Jan,” heel kalm kom die woorde in Flenter-Jan se ore lê.

Flenter-Jan sluk so een of twee keer aan Konstabel se woorde, dit tref waar dit nie moet tref nie.

“Belê in wat jy wil, Flenter-Jan, maar maak seker van jou horison perspektief, is dít vir nou, of vir meer as ʼn leeftyd. Dit laat jou vry om die meeste van die onvermydelike of hoogtepunte of laagtepunte in die gesig te staar!” stap hy na die werk toe om te reël vir ʼn dorpsvergadering.

Twee maande later. Die opgewondenheid kan nie meer in toom gehou word nie. Familielede, vriende en bekendes is genooi, almal praat oor die troue. Die troue van Laura en Albertus is op hande.

Oom Koos se uitnodiging word persoonlik deur Laura oorhandig.

“Ek sal dit waardeer indien Oom Koos sal kom want ek wil graag hê Oom moet my ma en pa ontmoet.”
“Ek neem die uitnodiging aan Laura,” vee hy ʼn verdwaalde traan uit die weg.
“Dankie Oom Koos, en hier is ʼn soentjie vir Oom,” sy het Oom Koos as ʼn tweede pa aangeneem, dan kyk sy hom aan en groet met die woorde, ek is lief vir Oom. Hy waai terug vir haar met die besef dat sy gesondheid nie meer baie lank sal hou nie.

Al wandelend stap sy huis se kant toe, ontmoet sy vir Albertus oppad. By die deur neem sy Albertus se baadjie en hang dit aan die kapstok. Sy skink vir hulle vrugtesap, lei hom na die sitkamer en gaan sit langs hom op die rusbank.

“Dit lyk nie so goed nie, voel jy sleg?” kyk sy hom fronsend aan.
“Ek is bevrees ek gaan nie vanaand ʼn baie goeie geselskap wees nie. Ek bedoel, die ballet, al daardie tutus en ..... “

Sy leun oor en stadig al tergend om hom te soen op die lippe.

“Ons gaan net hier iets vind om die regte ding hier te doen en ons gaan dit vind,” en dan is hy in haar arms, en gou was daar geen ruimte vir enigiets in haar lewe, behalwe die ruimhartige liefdevolle Albertus.
“Dan sal ons nie gaan nie, ek’s so bly.”

Al die nodige reëlings is getref vir die troue. Die opgewondenheid hang in die lug, hier en daar ʼn eie gedagte wat dwaal oor die hede, wag die bruilofsgaste in afwagting vir die uur waar nog ʼn dapper held gestruikel het voor die liefde.

Kwart oor vier, staan ʼn sprankelende Mejuffrou Hoffmann vir ʼn laaste keer aan haar pa se sy, die arms ingehaak begin die troumars speel, kom pa en dogter stadig die gang afgestap om ʼn trotse Mevrou Van der Plooi te word. Haar hart loop oor van vreugde en dit lyk vir ʼn oomblik of sy sweef, al die bruilofsgaste se blik is op haar gerig, die gesig vertel ʼn eie verhaal wat net die bruid se geheim bly. Toe sy by Santie verbystap glimlag Laura ʼn groot dankie sê glimlag vir haar. As dit nie vir Santie was vir die finale afronding nie, het sy gewonder of al die aandag op haar gerig sou gewees het. Dit gee vir Laura ʼn warm gevoel om die hart, om soveel bekende gesigte te sien. Sy wil die trotse vrou wees wat haar man sal onderskraag en waarop die dorpsbewoners trots kan wees.

Haar pa gee haar ʼn laaste vaderlike soen, voor sy ʼn volwaardige getroude vrou aan die sy van Albertus word. Haar pa kyk na sy aanstaande skoonseun, dan gaan sy blik met groot deernis vir ʼn oomblik terug na Laura, voordat sy by Albertus inhaak om voor die preekstoel te gaan staan om plegtig as man en vrou verklaar te word.

“Laura, neem jy Albertus van der Plooi as jou man?”
“Ja, ek neem hom met graagte as my man,” ontwaak daar ʼn vroulike gevoel in haar waar sy haar hele wese as vrou aan haar man gaan oorgee.
“Albertus, neem jy Mejuffrou Laura Hoffmann as jou vrou?”
“Ja, ek neem haar as my vrou,” swel die emosies is sy innerlike.
“Gee mekaar die hand en steek die ring aan die vinger. So verklaar ek julle twee as man en vrou.” Albertus soen haar lippe met ʼn tere soen, besef hy dat dit die lekkerste soen in sy ganse lewe was tot en met hier.

Die onthaal is ʼn reuse sukses. Die tyd is nie genoeg vir al die gaste wat soveel het om die een aan die ander te wil vertel, raak al die jolyt al hoe meer gedemp soos die eetgoed minder word. Na die onthaal gaan slaap die pasgetroude paartjie by ʼn gastehuis. Vroeg die volgende oggend is hulle twee oppad na die Victoria Waterval vir hulle tweede stap saam in die toekoms om die res van hul lewe te geniet. Soos al die goeie en lekker dinge in die lewe is tyd nooit lank genoeg nie.

Sy voel hoe hy haar laat gaan, sy hand op haar bates en die hand wat oor haar hare streel. “Sjjj” sy trek haar asem skerp in, geraak deur die sombere gevoel van sensasie, hy soek haar lippe met ʼn tere soen.


Woorde; 54001 is 55658.

Opvolg; Die wiel is aan die draai.     

Boek; DIE ONHEILSPELLENDE MAANSVERDUISTERING.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Erfgenaam
Ja genade, ver ompaaie, kinkels en draaie ... pragtig, Arnold!!!! Baie dankie aan jou ook en baie geluk met jou dubbel sukses - sommer 'n boek EN 'n bundel!!!
4 jaar 3 maande 1 dag 14 ure oud


erfgenaam
soos Casper sê n bai draaie en swaaie kom Albrtus en Laura tot trou. arnold dit is n pragtige verhaal
4 jaar 3 maande 1 dag 21 ure oud


Wie is
Uiteindelik kom alles nou mooi saam. Dit was 'n plesier om vir jou en die ander te ondersteun. Ek wil jou ook bedank vir jou ondersteuning. Welgedaan
4 jaar 3 maande 2 dae 6 ure oud


Wie is die gelukkige erfgenaam?
Baie dankie aan al die Woeslede vir julle getroue ondersteunig en kommentaar gedurende die Woes-skryf-Woes projek, dit word opreg waardeer.
4 jaar 3 maande 2 dae 20 ure oud



ENGELE EN ROWERS

deur Piet Schoombie

Vier-en-twintig lekker lees kortverhale, sketse en artikels oor uiteenlopende temas en situasies.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar