Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Helna het ‘n uitnodiging aan woesers gegee om elk sy eie verhaal te vertel uit haar storie.

Dit begin hier:

Misterieus verskyn sy uit die bloute, haar perd se spiere bult in die maan lig en haar sluier ontbloot slegs twee donker poele oë. Dis laat nag, middernag om presies te wees en slegs die takkies kraak onder die fris perd se pote, hier en daar vlieg ‘n uil gesteurd op. Geel diere oë loer in die nag......

Die reuk van die woud bring ou herinneringe terug. Elke sintuig werk oortyd, haar ore fyn ingestel.... dan bereik sy die grot, trek die toom in, kyk stadig bespeurend rond en glip dan rats af van haar perd. Haar hande dadelik na haar knieë, sy lig die mantel op en ligvoets stap sy na die grot.

Alles in haar wel op, dis soos ‘n rolprent wat af speel in haar geheue. By die ingang kry sy die fakkel en haal die vuurhoutjies uit steek die fakkel aan en met ‘n ligte sug stap sy die grot binne. Haar hande gly oor die geliefde klip en sy staan daar ‘n ruk. Alles is amper nog net soos dit was.

Eers steek sy die vuur aan in die middel van die grot. Dan sak sy verlig neer op haar geliefde hout stoel, druk die fakkel in tussen die klippe. Hier is sy veilig, hier kan niemand haar sien. Dis stil trane wat oor haar wange rol....dit verblind haar oë. Die verligting van alleen wees, die uiting gee aan haar gees. Dan breek rou snikke uit haar bors los, haar stem hees en met soveel emosie dat selfs die eggo in die grot hartverskeurend is.

Die vlamme lek waaghalsig hoog en lyk amper koggelend naby haar swart sluier. Haar liggaam ruk saggies en sy krul haar bene op tot onder haar ken....hier hoef sy niemand te probeer beïndruk, hoef sy nie voor te gee... hier is dit sy en haar gedagtes en niks meer...Dis ‘n leeftyd se hartseer, ‘n amper verteer....

So verdiep in haar smart dat sy nie hoor hoe voetstappe al nader kom nie, en dan skielik ................

(Aan jou as leser ‘n uitdaging - Kom laat jou gedagtes gaan gee die verhaal ‘n einde)

Nee, jy kan nie sommer onwillekeurig resultate verwag nie,
eers moet sekere belangrike vrae beantwoord word;

1 - haar perd: wat was dit hings of merrie en die kleur?

2 - was dit volmaan of halfmaan of nuwe maan?

3 - haar sluier: is dit satyn of katoen?

4 - twee donker poele oë: sy huil of sy treur of sy is oorweldig oor goeie nuus: verklaar?

5 - dis laat nag: hoe ver moes sy reis?

6 - Geel diere oë loer in die nag: is sy angsbevange of is die diere bevrees?

7 - die woud: Beskryf hierdie woud asb.

8 - die reuk van die woud bring herrinneringe: kom sy dikwels hier of was dit eenmalig?

9 - op pad moes waterstrome of riviere of mere of poele of watervalle of iets dergliks gewees het: beskryf asseblief die water

10 - op pad moes aanduidend gewees het: beskryf asb die pad

11 - op pad sien sy ‘n sleutel in die pad lê: beskryf wat gebeur asb.?

12 - die grot: was of is bewoon, want daar is ‘n fakkel: die grot het ‘n hek: beskryf asb.

13 - wat af speel in haar geheue: wat is die belangrikste wat sy onthou?

14 - die geliefde klip: dis belangrik dat hierdie ‘geliefde klip’ beskryf word!

15 - amper nog net soos dit was: wat is dit ooglopende verandering?

16 - op haar geliefde hout stoel: hoe is haar stoel hier ingebring?

17 - Hier is sy veilig: wat is haar grootste bedreiging?

18 - hier kan niemand haar sien: Wie wil haar sien? Of alternatief: Hoekom wil sy nie gesien word nie?

19 - trane wat oor haar wange rol: oor dood, teleurstelling of blydskap?

20 - Die verligting van alleen wees: uit vrees of uit gevangeskap of emosioneel?

21 - uiting gee aan haar gees: rein gees of onrein gees?

22 - probeer beïndruk: kan sy of wil sy nie?

23 - ‘n leeftyd se hartseer: Was sy ooit nie hartseer nie?

24 - TOEMOMSBLIK: Sy verlaat die grot en vertrek verder en dieper die woud in en kom by ‘n baie hoë muur: Wat besluit sy omtrent die muur?

25 - LAASTE VRAAG: Sy kyk oor die muur, dis nou daglig: Wat sien sy?

WIE IS DIE VROU

Misterieuse verskyn sy uit die bloute, haar swart fries perd bult sy spiere in die vol maan en haar swart satyn sluier omvou haar met soveel grasie dat slegs haar pragtige donker poele oë sigbaar is. Dis laat nag, middernag om presies te wees, dis `n redelike afstand tussen die paleis en die grot en slegs die takkies kraak onder die hings se pote, hier en daar vlieg `n uil gesteurd op. Geel diere oë loer in die nag......en `n bekleming trek om haar keel, sy is nie lief vir die donker nie en hier, hier waar slegs die aand windjie hoorbaar is wens sy die pad korter.

Die maanlig verhelder die woud hier en daar en alhoewel dit dig bebos is met reuse Denne bome ken sy die paadjie soos haar regterhand. Die vars reuk van naeltjies en nat gras bring heimwee terug. Die waterval se gedruis word al harder en sy weet sys amper daar. `n Glimlag prik aan haar mondhoeke wanneer sy dink aan die sensasie van die water oor haar naakte liggaam laas toe sy haar geliefkooste plekkie besoek het.. Sy snak na asem, dis die lekkerste gevoel om so ongedeund onder die helder water te staan en jou gesig op te lig hande uitgestrek na bo, en net die oomblik te geniet. haar neusgate is skielik weer oop van die onthou.

Elke sintuig werk oortyd, haar ore fyn ingestel.... sy kan nie te vinnig beweeg met Prins nie, die paadjie op berg toe is klipperig en die bosse het wild gegroei vandat sy laas hier was. Treetjie vir treetjie paai sy Prins, streel oor sy lang maanhare. "kom Prins, kom ons is amper daar" Dan bereik sy die grot, trek die toom in, kyk stadig bespeurend rond en glip dan rats af van haar perd. Haar hande dadelik na haar knieë, sy lig die mantel op en ligvoets stap sy na die grot.

Hierdie grot het sy reeds lankal ontdek, en die sleutel is versteek waar net sy weet.. Sy gly haar hand onder die rots in opsoek na die sleutel, dis nie daar nie, uit die hoek van haar oog sien sy iets blink en stadig kyk sy rond, haar hart se slae nou duidelik hoorbaar in haar ore. haar bors beweeg op en af en sy verbeel haar sy sien nog meer oë na haar staar.

Die sleutel is klam in haar hande, sy bewe effens as sy die sleutel in die hek plaas. Dis stram en sy moet krag agter die draai sit om dit oop te draai. Met `n kners skiet die slot oop en sy swaai die hek oop, by die ingang kry sy die fakkel en haal die vuurhoutjies uit steek die fakkel aan en met `n ligte sug stap sy die grot binne. Sy stap af in die gangetjie, alles rof afgewerk met beitels en hammers. Dan stop sy voor haar geliefde klip (hoe het sy ure lank hieraan geslyp, gekap mooi koelrond met name uitgekap, `n datum 1979-01-25) staan sy daar `n ruk. Lig haar wysvinger en die indeks vinger na haar ligroos pienk lippe plaas `n soentjie daarop en dan met die vingers verplaas die soentjie na die klip, en saggies prewel sy "lief vir jou papa". Alles is amper nog net soos dit was. Dis net die wind wat stof en blare ingedra het en die plek effens verwese laat lyk. Die houtstoel gemaak deur haar pa van Dennehout, perfek uitgekerf met leeupoot afwerkings.

Eers steek sy die vuur aan in die middel van die grot. Dan sak sy verlig neer op haar geliefde hout stoel, druk die fakkel in tussen die klippe. Hier is sy veilig, hier kan niemand haar sien. Dis stil trane wat oor haar wange rol....dit verblind haar oë. Die verligting van alleen wees, die uiting gee aan haar droewige gees. Dan breek rou snikke uit haar bors los, haar stem hees en met soveel emosie dat selfs die eggo in die grot hartverskeurend is. Dis beter dat niemand weet, dis net beter dat niemand weet. hoe al die hartseer haar eet, soms verstaan sy self nie. Al wat help is om hierheen te kom en haarself te ontleed, te aanvaar dat niemand haar diepte ooit kan meet.

Die vlamme lek waaghalsig hoog en lyk amper koggelend naby haar swart sluier. Haar liggaam ruk saggies en sy krul haar bene op tot onder haar ken....hier hoef sy niemand te probeer beïndruk, hoef sy nie voor te gee... hier is dit sy en haar gedagtes en niks meer...Dis `n leeftyd se hartseer, `n amper verteer....soveel dinge het met haar gebeur, dinge wat sy nie kon keer. Haar sterk persoonlikheid spoor haar aan laat haar nie sommer net vergaan, sy is die toonbeeld van brawade en toon nie sommer vrees, maar soms net soms soek sy uiting aan hierdie diep seer. Dis dan wat sy wegglip na haar plek.

So sit sy lank nadat sy bedaar het met haar gedates en peins in die vlamme, more is nog `n dag, more is nog `n dag..so sluimer sy in op haar houtstoel en die gekwetter van voëls maak haar wakker. Sy rek stadig uit so bietjie styf van die harde stoel maar voel fris en vars. Glimlag liggies.

Sy trek haar mantel reg bedek haar hoof en stap hek toe, buitekant die hek is voetspore duidelik sigbaar en sys dadelik op haar hoede. Prins proes inskiklik as hy haar sien en skud sy kop op en af op en af, sy streel weer oor sy nek. Lig haarself op sy rug en soos altyd ry sy hom bloots, sy kies `n ander paadjie terug kasteel toe. Dis `n lieflike oggend en tot haar verbasing kom sy af op `n ou muur wat hoog en lank strek.. Snaaks dink sy by haarself, rankplante groei wellig daaroor en sy wonder willekeurig wat daaragter skuil! Haar nuuskierigheid dwing haar om ondersoek in te stel. Sy kies `n gedeelte van die muur wat goeie vastrapplek in die rotse het en lig haarself stelselmatig stukkie vir stukkie op. Haar hande bereik die boonste top en byna byna val sy af,haar hande gryp aan die rank plante en wonder bo wonder is dit sterk genoeg om haar gewig te hou en trek sy haarself daarteen op tot bo, sy kyk oor die muur...

En wat dink jy sien sy?

EK WIL JOU DIE STORIE VERTEL

Eendag was daar ‘n dogtertjie, ‘n baie mooi dogtertjie, en sy was baie waardevol, soos ‘n prinsessie.

Hierdie dogtertjie is gebore en haar Mamma was soms baie onredelik met die dogtertjie en dan het die dogtertjie altyd na haar Pappa gegaan vir vertroosting en liefkosing en by Pappa het sy beskermd gevoel. Sy wou bitter graag gehad het dat haar Mamma haar so af en toe liefkoos, maar Mamma was te besig en altyd so bietjie knorrig oor iets tussen Mamma en Pappa.

Hierdie dogtertjie het vroeg in haar tiener jare besef dat iets in haar liggaam het behoefte aan werklike liefkosing en soos die jare aanstap het sy geweet daar is iets tussen man en vrou, maar sy kon nie werklik rigting kry van liefde in intimiteit by Papa en Mamma nie en dit het hierdie dogtertjie al hoe meer verwonderd gemaak en met baie vrae oor die toekoms en oor die liefde tussen man en vrou. Ook soos sy groot geword het, het sy geweet dat haar eie liggaam voel met behoefte na streling en liefkosing en beskerming. Sy het besef dat sy nie met haar eie liggaam moet misbruik nie, en dat haar mooi oë, haar diep in haar eie siel laat kyk het en altyd gewonder het, wat gaan van haar word en dan het sy mooi kleertjies uit die kas gehaal en aangetrek en gedans en gedraai en haar self in die spieël bekyk en geweet sy sal diep en innig lief word vir iemand wat haar eendag sal trou en sy sal hom soos ‘n Prins liefkoos en vertrou.

Toe gebeur ‘n verskriklike ding; haar liewe Pappa gaan dood en skielik word sy in swart rou gedompel en al haar toekomsverwagtinge word duister en dag en nag wonder sy oor hom en waar hy is en wat hy doen en wat sy moet doen en sy wens sy kon hom net weer nog eenkeer sien en soen.

Snags as almal slaap, het sy deur die bome in maanlig van die nag, gehuil en verlang en verlang en verlang en gewonder en gewonder en dan het sy soms iets neergeskryf en weer weggesteek of vernietig want sy wil dit sê, maar sy wil dit ook nie sê nie, want wie kan sy vertrou. . . .en so het haar geheime in haar hart opgebou en miskien wil sy haar geheim uitskryf in ‘n gedig of ‘n verhaal of dit dalk verf met skildery, maar die tyd sal leer. . . en haar maats en vriende en familie het gedink sy is net snaaks en is net anders en het haar soms verstoot en dan het haar hart weer en weer in stukke geskeur.

Toe ontmoet sy ‘n man en sy dink sy word lief vir hom en hulle trou, maar hy het ander vriendinne in die oog gehad en ander mans het weer vir hierdie dogtertjie, nou ‘n vrou, in die nag beskou, maar dit het haar baie bang gemaak, want hulle is gevaarlik en sal haar van haar prinses beroof, en toe gebeur dit werklik; haar man is weg, in die bed van ‘n slet, en dit skeur ons prinses se hart in duisend stukke.

Hierdie prinses word toe ‘n koningskryger, om die koning se paleis en rykdom te beskerm, maar dikwels in die ure van die nag, as sy moes wag, wou die ander krygers haar leed aandoen. . . . en dan moes ons prinsessie vlug en iewers stil gaan wegkruip, in die donkerte van die nag en wag totdat die son weer skyn.

Eendag toe is daar ‘n ander kryger, en hy hou baie van ons prinsessie, en neem haar hand en hulle vorm ‘n huisverband en toe het sy ‘n seuntjie en ‘n dogterjie en sy word baie lief vir hulle, en dinge lyk goed.

Ons prinsessie was weer baie gelukkig en sy ken die lewe en die lewenspad en geniet die passie van liefde en soms wil sy sommer net vir ure in die passie van liefde baljaar.

Na verloop van tyd kom daar probleme en die bome van die lewe word al hoër en dinge verander en soms moet sy bosse uitkap om voort te gaan, maar dan dink sy weer aan haar Pappa, en die verlange roep haar om weer met hom te kommunikeer. . . .dan troos sy haarself, en klou vas aan herrinneringe van Pappa wat haar weer moed gee om aan te gaan en die klippe op die pad oor te trap. . . . maar sy het geweet elke klip is ‘n edelgesteen, bewaar om iets te bou, wat vir ewig hou.

Toe word ons prinsessie ontdek op die web, en ‘n nuwe feëverhaal begin haar lewe bepaal.

‘n Ou Koning kom uit die Hemel aangevlieg op Pegasus* en staan met sy swaard in sy hand, om almal te dood wat ons prinsessie wil vat.

Hierdie Koning se perd kap met sy hak, en skielik toe bars ‘n fontein weer oop en die water stroom en sleur ons prinsessie mee tot by ‘n afgrond, maar die Koning gryp haar hand en red haar en sy sit op sy perd en skielik toe weet sy dat sy veilig is en dat hierdie Koning lief is vir die prinsessie en hulle staar na die wonderwerk van die fontein van lewe en die wonderlike skoon geruis van die waterval wat alles in die kloof weer laat lewe en die son skyn in en ‘n nuwe dag en lewe begin.

Toe onthou sy dat die sleutel het die donker grot oopgesluit en die vlam laat brand en die Koning weet dat sy van Pappa moet vergeet wat diep in die klip veilig bewaar word vir ‘n ander dag.

Sy het altyd gewonder oor die sleutel van die lewe, en dit was weg, maar hierdie Koning het die sleutel gesoek en dit op haar pad gesit en dit skitter soos diamand, so erg dat haar hande sweet van opgewondenheid en sy klou dit vas om dit nooit weer te verloor.

Sy loop na die klip en skielik skyn daar ‘n straal op die getal: 19790125 en sy weet sy moet vergeet, maar die getal, dis die sleutel, die kode, om oor die muur te kom: 1 + 9 = 10 = 1 + 7 = 8 + 9 = 17 = 8 + 0 = 8 + 1 = 9 + 2 = 11 en 1 + 1 = 2 + 5 = 7; “Ja” . . . “sewe is die wonder getal, sewe geeste, sewe oë, sewe dae, sewe kontinente, sewe goue kandelaars, sewe sterre, sewe gemeentes, sewe seëls, sewe horings en sewe oë, sewe engele en sewe basuine, sewe donderslae, sewe duisend mense, sewe koppe en tien horings op die sewe koppe, sewe engele met sewe plae, sewe engele met sewe goue skale, sewe koppe is sewe berge waar die vrou op sit, sewe konings: vyf het geval en een is; die ander een het nog nie gekom nie; en wanneer hy kom, moet hy ‘n kort tydjie bly, die dier wat was en nie is nie, is self ook die agtste, en hy behoort by die sewe en gaan na die verderf, een van die sewe engele wat die sewe skale gehad het, vol van die sewe laaste plae, het na my gekom en met my gespreek en gesê: Kom hierheen, ek sal jou die bruid toon, die vrou van die Lam. . . . . en tussen die sewe kandelaars Een soos die Seun van die Adam met ‘n kleed aan wat tot op die voete hang, en gegord om die bors met ‘n goue gordel.
Sy skrik wakker, sy was in ‘n droom, en sy was openbaar die pad oor die muur op die perd Pegasus (met vlerke wat kan vlieg) om haar deur die hemelruim te neem na die wonderwêreld anderkant die volmaan, waar niemand kan sien, waar die son altyd skyn en daar is geen pyn en daar is die Prins, die Koning se Seun, met die goue gordel.

Sy klim op Prins, en vlieg weg deur die noordelike hemelruim anderkant Aquarius en Andromeda, deur die tonnel van Orion, verby die Pleiades, Gemini en Taurus, csterre Betelgeuse en Rigel, omring met ontelbare diamante wat skitter na die ewige Lig en toe sien sy die Stad:

En dit het ‘n groot en hoë muur met twaalf poorte gehad, en by die poorte twaalf engele, en name daarop geskrywe, naamlik dié van die twaalf stamme van die kinders van Yisrael. Aan die oostekant was daar drie poorte, aan die noordekant drie poorte, aan die suidekant drie poorte, aan die westekant drie poorte. En die muur van die stad het twaalf fondamente gehad, en daarop was die name van die twaalf apostels van die Lam.

En die boustof van sy muur was jaspis, en die stad was suiwer goud soos suiwer glas. En die fondamente van die muur van die stad was versierd met allerhande edelgesteentes. Die eerste fondament was jaspis, die tweede saffier, die derde chalcedoon, die vierde smarag; die vyfde sardóniks, die sesde sardius, die sewende chrisoliet, die agtste beril, die negende topaas, die tiende chrísopraas, die elfde hiasínt, die twaalfde ametís. En die twaalf poorte was twaalf pêrels; elkeen van die poorte was uit een pêrel, en die straat van die stad was suiwer goud soos deurskynende glas.

Die Lig neem haar na poort sewe en skielik toe sluit haar sleutel die poort oop; sy is dors, en toe sy by die fontein drink, toe word ‘n ewige dors geles en sy sien die bos, die woud, maar dis net een boom en toe sy van sy vrugte eet, toe word sy vir ewig bewaar om nooit weer te dood.

Ons prinsessie was nie Jood of Griek,
maar Boere-Griet
lank terug vol verdriet
maar nou pronkend soos ‘n pou
sal altyd onthou van dood en rou
nou vir ewig in die Rots gegrou
shalom: ‘tot wederom’
ek sal jou nooit vergeet!

GEHEIME VAN DIE LEWE

pad : die lewenspad
woud : die onbekende van die lewe
klippe : lewensprobleme
water : lewensliefde (intimiteit)
sleutel : lewensgeleenthede
perd ; lewensvoeruig, lewensoorlog
maan : lewensromanse
muur : die lewensdood
sewe : perfeksionisme, skepping, Skepper
grot : graf of huis, woonplek
hek of deur of poort : toegang of verbanning (veiligheid)
vuur : lig en louter, suiweringsproses
kleur : graad van tevredenheid wit = suiwer, swart = smart, geel = gevaar, pienk = liefde, ens
trane : sensitiwiteit, verlange, droefheid
soen : liefde
oë : eerlikheid
voëls “ skoonheid en sang
houtstoel : kunswerk
uil : wysheid
wind : gees, asem
denne “ immergroen (geen winter)
regterhand : dade (besluite)
stof : verganklikheid
krul haar bene op : fetale posisie, (babaprobleme)
voetspore : rigtingwysers
bloots : stimilus

* Pegasus = Greek Mythology. A winged horse that with a stroke of his hoof caused the fountain Hippocrene to spring forth from Mount Helicon. . . A constellation in the Northern Hemisphere near Aquarius and Andromeda.
* Orion = Greek Mythology. A giant hunter, pursuer of the Pleiades and lover of Eos, killed by Artemis A constellation in the celestial equator near Gemini and Taurus, containing the stars Betelgeuse and Rigel.

* Pleiades = An open star cluster in the constellation Taurus, consisting of several hundred stars, of which six are visible to the naked eye.





Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

skaakmat
Ek vat jou koning
7 jaar 7 maande 2 dae 23 ure oud


Helna


. . . . daar is net EEN wat geheime ken

ons is pionne op die skaakbord

jou perd
my biskop
jou kasteel
my koningin
jou koning
my pion

jou skuif

ek is skaakmat

kom laat ek jou 'n soentjie gee,
nee sommer twee
7 jaar 7 maande 3 dae 3 ure oud


:) Raqia
Boudica lig haar swaard hoog vir hierdie kryger van haar!
Stap nader druk die swaard in die grond
En omhels hom! Dankie vir jou verstaan heer Raqia xx
7 jaar 7 maande 3 dae 4 ure oud


TOOM ONTHOU


. . . . ek het haar eers 25 vrae gevra,
en die antwoorde van haarself,
het haar eie waarheid ontbloot,
nie ek nie,
sy het dit vrywillig gedoen,
al wat ek kon doen,
was om haar feite,
in die storie te versoen,
en as die skoen pas,
trek hom aan

Ek wil nie hê sy moet die ander 40% ontbloot,
ek weet lankal klaar wat dit is,
maar ons kan nie empiries in tyd terug beweeg,
om reg te maak waar ons verbrou het nie,
daarom is daar genade,
en niemand hoef te weet,
nadat vergifnis gegee is nie.

Sy het klaar erken,
dis nou vir ewig verby.

Binne 'n jaar of twee,
sal sy dit nooit eers meer onthou nie.

dis die wonder van bekering

Jes 1:18 Kom nou en laat ons die saak uitmaak,
sê YHVH:
al was julle sondes soos skarlaken,
dit sal wit word soos sneeu;
al was dit rooi soos purper,
dit sal word soos wol.

. . . . die saak is uitgemaak
7 jaar 7 maande 3 dae 4 ure oud


VOLPUNTE VIR TOOM



. . . . Toom, jy kry volpunte,
want ek het gewonder wie is so knap om dit op te tel,
Ja, jy is reg,
maar,
in Helna se verhaal,
is diep onderbewussynlike ervaringe weggesteek,
en sy wil dit bespreek,
maar sy kon niemand kry om te vertrou,
toe speel sy met ons intelligensie en eerlikheid,
en vra 'storie=interpreteerders'
maar ek en sy het 'n lang pad met Boudica geloop,
en so tussen die lyne het ek haar regte naam ontdek,
die regte vrou met diep rou en miskien berou,
dit weet ek nie,
maar wat ek weet,
is dat ek haar psige kan ontbloot sonder om skade te doen,
en vir haar die hoop en versugting en verlossing te bring,
maar om dit te doen moes ek ook, net soos sy,
die feite met simbole beskryf,
dan kry nie een van ons seer nie,
en die feit dat sy erken dat ek 60% reg is,
maak my eintlik 100% reg, want sy het ook erken dat die ander 40%,
wat ek ook vermoed,
nie nodig is om hier uit te blaker nie,
kom ons los dit 'versteen'

So, jy is reg,
fiksie is nie waarheid nie,
maar simboliek en of gelykenis,
skep die Beeld, sonder die Aanmatiging.

Baie dankie vir jou persepsie!
7 jaar 7 maande 3 dae 4 ure oud


Fiksie is mos leuens
Of hoe?
7 jaar 7 maande 3 dae 13 ure oud


verstaan?


. . . . geen man kan 'n vrou ooit volkome verstaan nie,
want dames het 'n spesiale genetiese voordeel om met babas te kan kommunikeer, selfs voor geboorte;

mans kan dit nie doen of verstaan nie!
7 jaar 7 maande 3 dae 20 ure oud


40 persent
Dis daai 40 persent wat bepaal of sy ooit volkome verstaan sal word... Maar jyt jou baie goed van jou taak gekwyt, ek glo in my hart dat wanneer jy die diepste van 'n ander weet jy fyn ingestel is om daardie persoon op te lig na hoër hoogtes, ek sal byvoorbeeld nooit iemand opsetlik seermaak nie....
7 jaar 7 maande 3 dae 21 ure oud


ek wil nie


. . . . ek wil nie skryf wat ek dink,
miskien hardloop my verbeelding met my weg,
dan is dit embarraserend,
ek vermoed die 40% is opgesluit in verdriet,
maar is dit nodig,
om die klippe oop te breek,
dit is mos nou versteen,
is dit nie beter om die mooies te ontbloot:

jaspis, saffier, chalcedoon, smarag; sardóniks, sardius, chrisoliet, beril, topaas, chrísopraas, hiasínt, ametís.

7 jaar 7 maande 4 dae 2 ure oud


wie is die vrou
Pragtige storie my vriend, jy het regtig tyd geneem om dit te ontleed en ek waardeer dit baie xxx soms is daar dele wat geslotte lê en ek sal nog die verhaal volkome vertel ma eers moet daar nog dieper gedelf word ;) ma jys so 60 persent daar xx
7 jaar 7 maande 4 dae 2 ure oud



Lelani

deur Rachelle du Bois

Lelani Botha bestuur die eksklusiewe boetiek op die dorp. Sy is beeldskoon, stylvol en kunstig. Maar sy dra swaar aan ‘n geheim waarvan niemand weet nie. Tot hul botanis buurman Leon Postma haar eendag betrap in ‘n situasie wat sy nie langer kan wegsteek nie. Hy weet nou baie meer as wat enige ander mens van haar weet en sy verkwalik hom daarvoor. Hy het geen reg om te weet nie. Sy is pragtig, vurig en wantrouig. En sy is in Leon Postma se lyf, in sy kop en sy bloed. Hy sal vir haar ʼn brug oor die water bou wat haar na hom toe sal bring. Of so hoop hy. Maar Lelani bied hewig weerstand teen haar groeiende aangetrokkenheid tot Leon. Sal sy toegee aan die man wat soos ʼn koors in haar binneste kom intrek het? Sal sy uiteindelik die brug na hom toe oorsteek?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar