Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dorothy voel om haar foon teen die muur te gooi.
Shaun se foon is nogsteeds af. Vir iemand wat gedurig besig is op sy selfoon en sal  vergaan sonder dit, is dit verskriklik lank om dit afgeskakel te hou.
 
Dis al skemertyd en die stilte in die huis verdoof haar. Miskien moet sy weer ‘n bietjie musiek gaan maak? Met haar opstaan hoor sy ‘n harde geklop aan die voordeur.
Sy neem haar tyd by die trappe af.
Die persoon hou nie op hamer nie.
 
“I AM COMING!” Mense kan altyd so ongeduldig en ongeskik wees.
 
Sy ruk die deur frustreerd oop en Lynette val amper die huis binne. “Hoekom vat jy so lank om die deur oop te maak?!” Sy kyk anstig rond en glip binne. Sy sluit die deur agter haar toe.
 
“Meisie, ek benodig jou hulp!”
 
“What is up with you?” Sy draai haar rug en gaan in by die kombuis. “Coffee or juice?”
 
“Gee my asseblief net iets koud. Sap sal doen.” Sy gaan sit op die kroegstoel en rus haar arms op die kombuis se toonbank.
 
Dot skink vir hulle albei ‘n groot glas vol lemoensap en skuif dit na haar toe. Sy bly staan in die kombuis reg oorkant Lynette. “Okay, I am listening. What is the matter?.”
 
Sy neem eers ‘n diep sluk voor sy begin. “Ek wil net asseblief vir venaand of so, hier by julle vertoef. Jou suster hoef nie eens te weet ek is hier nie, ek kan wegkruip in jou kamer of iewers.”
 
Dorothy wil lag op die prentjie. “Take a deep breath and first tell me what is going on with you?”
 
“Ek het jou vertel van Jason. Die ou wat ek die afgelope paar maande mee uitgaan.” Dot knik en sy gaan voort.
“Gisteraand was ek saam met hom en ‘n paar van sy vriende, by een van die nagklubs in die stad. Ek en jy was nog die een keer daar met Sandra-hulle een nag. Onthou jy?”
 
“Yes, I do. And what a horrible night that turned out to be.”
Dot het nog nooit vir Lynette in so ‘n toestand gesien nie. Sy bly senuweeagtig rondom haar kyk, terwyl sy haar storie vertel.
“Come, let’s go sit on the sofas inside.” Lynette volg gehoorsaam agterna.
 
“Ons het so ‘n lekker tyd daar gehad! Ek wou amper nie huis toe kom nie. Terwyl ek dans, het die een ou het my net bietjie frusteer, want hy was dronk en solank ek op die dansbaan was, het hy heeltyd om en oor my gehang. Later het hy begin vatterig raak. Hy het gevrot van die wyn. Ek het hom gesê ek is daar met my ou, maar hy wou net niks verstaan nie. Ek het hom hoeveel keer al weg van my af gestoot. Dan is dit nog ‘n ouerige man ook!”
 
“I really hate it when guys do that! Rather talk to me when you are sober. Most of them never have the same guts to come talk to you, when they don’t have any alcohol in their system! An old man you say?” Sy trek haar neus op vir die afgryslikheid. “Where was Jason at the time?”
 
“Hy was daar, maar hulle klomp het by die tafel gesit en verder gedrink. Of altans so het ek gedink. In elk geval, later het die man my so irriteer, dat ek toe liewers ophou dans en by die ander gaan sit, net om hom te vermy. Jason was toe skoonveld. Vader weet hoe die man my tussen ons klomp gesien sit het, maar toe kom hy oor soontoe. Ek het nie geweet waar om my weg te steek nie.”
Sy staan op, om beter te verduidelik.
“Was nie wanneer nie, toe val die man amper oor die tafel en gryp na my t-hemp! Ek spring op en neek amper agteroor my sitplek! Die vroumense by die tafel skree en ek probeer wegkom. Hy sit my agterna. Ek was eers kwaad vir die man, maar later toe maak hy my bang!”
 
“Freak! Where were the bouncers?! They always want to run to you and chuck you out for the smallest thing! But when you need them…”
 
“Hulle was daar, maar hulle het net die hele storie so gestaan en bekyk uit die verte. Hy was seker ‘n ‘regular’ of iets man, want niemand het dan iets daaraan gedoen nie. Toe gaan soek ek mos vir Jason, want dáár wou ek nie meer vertoef nie. Ek begin toe rondvra na hom en iemand verwys my na ‘n deur heel aan die anderkant van die klub. Oor die luide musiek, kon ek nie lekker hoor wat die meisie vir my sê nie, maar ek draf toe daarheen net om onder die… die…slet van ‘n man uit te kom. Dot, Jy sal my nooit glo nie!
Daar is so ‘n klein gangetjie wat lei na die deur en net toe ek daar in gaan en die deur wil oopstoot, gryp iemand my arm. Ek dog toe dis die simpel ou man! Ek draai om en ek mik na hom met die vuis! Toe sien ek dis hoekals die einste bouncer wat daai aand ons hele groep - toe ek en jy en Sandra-hulle saam daar was - so onnodig daar uitgegooi het. Toé is ek nóg meer die duiwel in. Hy keer my, want ek mag nie daar in gaan nie.”
 
Dot begin lag vir Lynette wat alles so ernstig illustreer. “So what happened to this old guy then?”
 
“Die vark van ‘n man het seker tussen die klomp mense weggeraak. Ek het nie eintlik omgegee nie. Ek het net vir Jason gesoek. Nou sê ek vir die bouncer, ek soek vir Jason en hy is dáár binne. Hy keer my nog altyd, maar toe hy sien ek gaan seker te veel tekere, sê hy ek moet daar wag. Hy sal hy self vir Jason gaan roep. Hy skuif toe die deur oop en toe ek oor sy skouer loer, kon ek vir Jason daar binne sien staan.” Sy kom sit op die grond voor Dot en kyk haar vol in haar gesig.
“Weet jy Dot, net toe ek na hom wou skree om uit te kom na my toe, val my oë dieselfde oomblik op wat hy eintlik daar staan en doen. Hy is besig om ‘n wit pakkie watookal te oorhandig in iemand anders se hand. Ek staan daar en wil nog ontrafel wat paar meters voor my gebeur, toe vang hy my sien loer. Ek het so groot geskrik!”
Sy gaan sit langs Dot op die rusbank, terwyl sy haarself na Lynette toe draai. Sy neem Dot se hande in hare.
“Ek wou so graag net daar omdraai en weghol, maar Jason het my klaar raakgesien. Ek het versteen teruggestaan teen die muur en hy het uitgekom na my toe. Ek het gemaak asof ek niks opgelet het nie, maar ek kon voel hy vertrou my nie. Hy wou weet hoekom ek hom soek en ek vertel hom van die ou man. Hy het die heeltyd my fyn dopgehou. Elke aksie wat ek doen. Ek neem aan ek was suksesvol om my skok ‘n bietjie te versteek, maar ek kon net nie oogkontak met hom bly hou nie. Dit het dinge dalk ‘n bietjie weggegee. Hoekom sal hy in ‘n donker kamer, ‘n pakkie goed aan een van die ouens oorhandig?! Dit mag net bloot onskuldig wees, maar dan hoekom voel ek nie reg van binne nie? Dit versteur my binneste en hy het ook die hele aand daarna, baie ongemaklik gelyk. Ek wil so graag glo dat hy nie in duister sake betrokke is nie, maar wat anders kan dit wees as dwelmmiddels?”
 
“Maybe you are overreacting man, why would he go and sell drugs in a club? High class clubs like that, would only deal with big guns in anycase. Not small fry like Jason? In anycase, you told me how intelligent a person he is, right?
Then he would never do such an irresponsible thing, as this. The arm of the law is totally firm these days, when it comes to stuff like this and he would know that.”
 
“Ek weet dit alles Dot, maar hier binne in my voel iets net ‘n bietjie af. Die hele aand na dit, was hy nie homself nie. Iets is êrens net nie reg nie!” Sy neem die glas weer in haar hand en drink die res van die sap in een asem op.
 
“Did he not explain to you what he did in there? Did you ask him?”
 
“Ek wou nie vra nie. Ek wil nie hoor, dat wat ek dink van hom, die waarheid is nie. Al wat ek wel kan sê is dit: dis verby tussen my en hom. Van vanoggend af, het hy die hele dag gebel, maar ek het nie geantwoord nie. Later toe stuur hy ‘n boodskap dat hy later na my toe sou kom en ek ‘beter by die huis wees, of anders’. Van wanneer af dreig iemand vir my?”
 
“Nów you are starting to get me worried! What did he do afterwards, when you guys came home?”
 
“Dink jy ek is mal om alleen met hom in die rondte te ry? Ek het in sy oor gaan fluister dat ek moeg is en gesê dat ek met een van die ander girls wat saam moet ons was, sou huis toe kom. Hy het eers teen die kar geskop en wou my self huis toe bring, maar gelukkig het sy vriende hom oorreed om te bly. Ek het hom diep gesoen soos ek altyd doen en hom belowe dat ek net ‘n bietjie wou slaap, dan klaarmaak en vroeg vanoggend weer by hom sou wees. Hy het seker gedink alles is toe orait en laat my gaan. Toe vat ek mooitjies my handsak en is daar weg met die anders. Ek het hom nog oog geknip en ‘n soentjie gewaai en als.” Sy lag vir haar eie streke.
 
“Until now, he never came to look for you yet?”
 
“Ek is heel oggend al uit die huis uit. Ek het eers die heeltyd by Crystal hulle vertoef, maar toe sien ek mos vir julle op die strand, van haar balkon af. Ek het aanmekaar deur haar vensters geloer of daar iemand voor ons huis kom stilhou of daar kom klop, maar niks. Ek het my ma ook vroeër gebel, maar daar was nog niemand nie.”
 
“Why don’t you just phone him? He is going to look for you and when he gets you, then what will you say to him?”
 
“Ek kan nie nou daaraan dink nie. Vir nou wil ek net weg wees van hom af. Ek wil hom niks vra nie, ek wil hom nie sien nie. Sodra ek beter voel, sal ek hom dalk bel, maar ek weier beslis om my voete by sy huis te sit! Ek is jammer!”
 
Meteens is daar ‘n harde geklop aan die deur. Albei skrik en Lynette soek ‘n plekkie om weg te steek. “As dit hy is, asseblief moenie sê ek is hier nie!”
 
Nog ‘n keer word daar geklop aan die voordeur. Die keer net nog harder.
 
Lynette val rond en besluit om liewers om saggies moontlik, op by die trappe te hardloop.
 
Dorothy weet nie watter kant toe nie. Kan sy dan so goed vir iemand lieg, dat hulle nie die waarheid in haar gelaat sou oplet nie? Kan sy toneelspeel en iemand oorreed dat sy nooit vir Lynette met ‘n oog gesien het nie? Wat as die man dan rêrig met verkeerde dinge deurmekaar is? Mens weet nie wat om dán van hulle te verwag nie!
 
Die persoon klop weer en hou nie op klop nie.
 
Miskien moet sy net maak asof niemand tuis is nie?
 
“Ek sien jou daar staan Daisy! Maak oop die deur!”
 
Jason het haar klaar gesien! Sy kan net maak asof sy rêrig Daisy is. As hy dan vir Lynette baie goed ken, sal hy weet dat sy nóóit alleen by haar suster sal kom kuier nie.
 
Sy loop stadig en versigtig na die voordeur toe. In haar hart sê sy vining ‘n gebedjie op. Sy maak die deur op ‘n skrefie oop. Op die voorstoep is die gestalte van ‘n groot, lang man. Sy kan nie werklik uitmaak wie rêrig daar staan nie.
 
Hy stoot die deur oop dat sy agteruit tree en druk dit agter hom toe. Hy staar haar eers vir ‘n oomblik van kop tot toon aan.
 
“Dorothy?”
 
Haar gesig helder op. Sy bespring hom amper. “Morné?!”



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

11
Ai oeee jinne nou raak dinge sleg deurmekaar. Ek wonder hoe alles gaan uitwerk.
4 jaar 5 maande 4 dae 4 ure oud



ORAL IS MY GOD

deur Johann P. Boshoff

N.a.v. hoofsaaklik Psalm 139 word God se aktiewe teenwoordigheid in Boshoff se 36ste boek bepeins. Aandag word in 'n opstel ook geskenk aan die skryf van 'n oordenkingsbundel.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar