Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

“I don’t believe it! I didn’t even recognise you at first! You are so… big and… grown-up now!” Sy kan nie haar blydskap vir haarself hou nie. Nadat Morné en haar suster uitmekaar uit is, moes sy ook maar gedwee van hom afskeid neem.

“En jy is net nóg dunner as tevore! Ek moes nou eers mooi kyk. Woon jy en jou suster saam hier?”

“No, I… just came to visit for a week or two. I still live with Mom. Come in. I will brew us some nice, warm coffee.”

“Goed, maar ek sal nie vir lank kan bly nie. Maak liewers ‘n bietjie tee asseblief.”

“Good grief! Tea? I haven’t seen you that long ago… Old man!” Hulle albei lag, terwyl hy haar na die kombuis se toonbank volg.

“Jy lyk goed Dot! Nog net so mal soos ‘n haas sien ek. Hoe gaan dit met jou? Hoeveel jaar is dit nou al, wat ons mekaar laas gesien het?”

“Ages! It really has been too long. I am doing good, thanks. I must say, I have had better days, but my today, you are honestly making so much brighter! So how can I complain?”
Sy skuif sy beker tee vir hom nader. “How are you doing? You won’t know how much I have missed you!”

“Ek het jou netso gemis. Daar is net niemand op aarde, soos die beroemde Mejuffrou Dorothy Winterbach nie!”

Sy glimlag en pronk met die postuur van ‘n ballerina in die kombuis, op en af. “I beg NOT to differ monsieur!” Sy buig voor hom neer.

Hy lag. “Nee wat, vir my lyk dit, dit gaan uitstekend met jou! Met my gaan dit… ag, jongmense kla mos nie nog nie.” Hy mors van die tee op die toonbank en vee dit sommer af met sy hemp se mou. “Ek sien ons is nogsteeds op die Engelse trand?” Hy skud sy kop en lag.

“Ek kan nog darem ‘n bietjie Afrikaans praat, but… I prefer English. It suits my exquisite image. Thank you very much!” Sy swaai haar hare heen en weer en mik spelerig na hom.
“What are you doing here? In Cape Town, I mean.”

“Ek werk al ‘n tydjie aan die kant van die wêreld. Hoekom ek hiér beland het, is omdat ek eintlik op soek is na jou suster. Ek het haar vroeër probreer bel, maar dit lyk nie sy wil met my praat nie. Dis nogal dringend. Is sy hier naby iewers?”

“She went out with… a friend. They will probably be back by tonight some time. Should I give her a message or tell her you were here?”

“Nee, liewers nie. Ek sal eerder later terugkom, wanneer sy hier is. Hier… Neem my kaartjie, dan bel jy my op dié nommer sodra sy kom. Asseblief Dot. Dit is baie, baie belangrik.”

“Anything for you, my dear, sweet brother-in-law!”

“En wie is hiérdie sjarmante mansmens?”

Dot het al vergeet van Lynette wat iewers in die huis wegkruip. “Morné, dis my vriendin Lynette. Lynette, dit is my jarelange vriend, Morné.”

Lynette kom aangedraf en steek haar hand na hom uit. “Glo my, om kennis te maak met jóu, is beslis vir my aangenaam.” Sy glimlag breed en kyk hom amper dwarsdeur sy lyf.

Hy skuif sy stoel agtertoe en staan ongemaklik op. “Bly te kenne Lynette.” Hy gaan sit onmiddelik en drink sy tee verder. Hy kan letterlik voel, dat sy nie haar oë van hom af weghaal nie.

Lynette bly staan agter Morné en bly uit sy sig. Sy wys die heeltyd met handgebare na haar ringvinger. “Is hy getroud?” mimeer sy.

Dorothy sak haar oë af na sy linkerhand en let vir die eerste keer die ring op sy ringvinger. “Are you married?” Sy het so groot geskrik, dat sy hardop dink.

Hy wikkel ongemaklik in sy stoel en maak sy keel skoon. “Ja ek is. Vir amper twee jaar al.”

Hulle albei weet nie hoe om die situasie verder te hanteer nie en besluit om liewer die saak net daar te laat. Lynette se gemoed sak, agter hom.

Meteens is daar weer ‘n gehamer aan die voordeur.
“Lynette! Ek weet jy’s daar binne!”
Sy staan versteen, terwyl haar hart al hoe vinniger klop.
Die man ruk en pluk aan die handvatsel.

“I am going to phone the police!” Dot gryp haar selfoon en begin ‘n nommer te druk. “What number should I dial? The 10111 thing?”

Lynette gee nie antwoord nie. Dalk as sy stil genoeg staan, sal hy verdwyn.

“Wat gaan aan Dot?” Morné spring orent en is op pad na die voordeur.

“Are you crazy! Get away from the door! That is Jason. Lynette’s boyfriend. And as you can see he is totally not impressed with her at the moment. Get…away there!”

“Miskien moet ek by die agterdeur uitglip? Hou hom besig asseblief Morné!”

“Nee dames! Bedaar net asseblief. Ek sal mooi met die mannetjie gesels. Hoekom is julle so op hol?”

Lynette duik agter die rusbank in, terwyl Dot staan en loer agter die kombuis kas.

Hy maak die deur stadig oop. “Goeienaand Meneer, hoe kan ek help?”

“Ek soek vir Lynette asseblief. Ek weet sy is hier. Ek het haar deur die voorhuisvenster gesien. Roep haar onmiddelik!” Hy stap vollebors die voorkamer binne. “Lynette!!!”

“Kan ek dalk help? Wat is fout Meneer? Hoekom soek u haar?”

“Man, wat het dit met jou te doen?! Dis mý vroumens en ek soek haar! Punt!”
Hy loop Morné byna uit sy pad uit.
“LYNETTE! As jy nie nóu hier kom nie! …Moenie maak dat ek jou kom soek nie Meisiekind! Ek tel nét tot by drie! Jy beter my nié laat wag nie!”

Morné is verbaas vir die man wat in iemand anders se woning, só wil kom en skandaal maak. “Goed Meneer, ek dink u moet ‘n bietjie bedaar. Dit was in elk geval nie Lynette wat u daar gesien het nie. Dis Dorothy. Dot, kom gou uit asseblief.”

Dot huiwer om uit te kom, maar in haar hart weet sy dat Morné niks met haar sal laat gebeur nie. Sy kom uit agter die wit kombuiskas, maar hou steeds haar distansie. Sy hou haar oë gevestig op Morné. Links van haar kan sy uit die hoek van haar oog sien, hoe Lynette op haar hurke, haar so klein as moontlik hou. Haar kop is in beide arms geanker.

“Sien? Dis Dorothy.”

“Man! Ek weet wat ek gesien het! Sy het nounet hier gestaan! Waar IS SY!”
Hy vererg om lelik vir die twee wat soos dommies voor hom staan en begin self na haar te soek. Sodra hy verby die rusbank is, beweeg Lynette gebukkend na die sy van die rusbank. Hy sien haar gelukkig nie raak nie. Sy is nie in die kombuis nie. Hy hardloop op by die trappe. Morné sit hom agterna. Bo, kan hulle hoor hoe hy die deure van die vertrekke oopswaai. Dit kap hard teen die mure.

Die man doef-doef oor na die anderkant van die gang. Waar Dot se kamer en die Musiekkamer is. Niks…
Voor hy terugkeer, neem Lynette haar kans en vlug uit by die voordeur wat nogsteeds oop staan.
Skielik is daar ‘n gestoeiery bo.
Dot druk die groen knoppie op haar selfoon en sit die oproep deur na die 10111 nommer, wat nogsteeds op haar foon se skerm vertoon. Sy word van die een persoon na die ander deurgeskakel. Uiteindelik kom sy by die regte persoon uit. Sy beskryf die situasie en gee die adres. Die persoon aan die anderkant van die lyn probreer haar kalmeer. Dalk is dit nie veilig om hier te bly staan nie? Sy beweeg uit tot op die voorstoep. Niemand is in sig nie. Lynette is ook skoonveld. Altyd in sulke tye, is niemand beskikbaar nie! Sy loer na binne. Sodra die man af by die trappe sou kom, sal sy padgee.
Sy roep na Morné. Geen antwoord. Iets word hard teen een van die mure gestamp. Glas breek. En skielik… ‘n skoot!
“MORNÉ!!!” Sy weet nie wat om te doen nie. Dan onthou sy vir Daisy en skakel vir haar. Miskien is hulle al op pad huis toe. Haar foon is af. Sy het geen nommers van Max nie. Skielik begin mense rond wemel.
“Please help! There is a man inside! He is going to kill my friend!”
Nóg ‘n skoot word afgevuur.
Niemand is braaf genoeg om in te gaan nie. Sy probreer weer die noodlyn skakel. Op die geklank van sirenes in die verte, kanselleer sy die oproep. Binne-kort sal hulle hier wees. Meteens verskyn Morné op die trappe. Sy hele hemp is vol bloed. Hy glimlag met haar en sy juig van binne. Alles is orait! Morné is veilig!
Sy tree die huis weer binne en hy kom trap vir trap, stadig na haar aangestap. Meteens gee sy knieë in en hy val plat op sy stert. Hy reik uit na haar en sy haas na hom toe.
“Hy… het my raakgeskiet…”
Sy lig sy hand op van sy maag en die bloed vloei eindeloos daaruit. Niks is naby om die bloeding te stop nie en sy skeur sy hemp van sy lyf af. Instink vertel haar dat sy druk op die wond moet plaas. Hy val agteroor en sy oë val toe.

“Morné please, stay with me!” Sy begin te ween. Haar hele liggaam bewe. “Help me! Somebody please!”

‘n Man kom in gehardloop en staan haar by. Nog iemand kom en haal haar weg van hom af, maar sy veg om by haar vriend te bly. Niemand sal verstaan die band wat sy met die man het nie. Hoe kan sy hom netso los?
Die polisie daag op. Sy sien hulle monde beweeg soos hulle ‘n klomp vrae na haar kant gooi, maar sy hoor nie wat hulle sê nie. Twee van die manne hardloop op by die trappe met vuurwapens in hulle hand.

“Morné please! Don’t do this! Open your eyes. Please!”
Hy probreer sy kop onsuksesvol oplig. Hy maak sy oë oop en glimlag met haar. Sy weet hoekom hy dit doen. Hy wil nie hê dat sy haar moet bekommer nie. Hoe kan sy nié?!
Hy sug hard en probreer iets sê. Sy buig oor hom en plaas haar oor by sy mond. Hy fluister: “Sê jou suster ek bly steeds lief vir haar. Sy moet assebliéf elke dag versigtig wees. Ek sal altyd ‘n oog oor haar hou.” Sy oë val toe.
Hy sug weer hard en die ambulansmanne kom ingedraf. Hulle probreer om bykry.
“Hy het nogsteeds ‘n pols!”

Dorothy bars uit in trane. “You..better…SAVE HIM! Hy mag nie doodgaan nie! Asseblief Meneer, hy kan nie wil doodgaan nie!” Sy word histeries en iemand probreer haar weer weg ruk. Sy stoei met die persoon. Sy kan hom nie alleen daar wil los nie!
“Morné PLEASE!!!” Dalk as sy aanhoudend na hom skree, sal hy na haar terugkeer…

“Morné? Watter Morné?!”

Op die stem van haar suster, draai Dorothy om.
“Your Morné…”

Max spring in en bied sy hulp, maar ‘n perimedikus hou hom weg. “Asseblief mense, ons probreer die man red. Staan asseblief opsy.”

Een van die polisiebeamptes wat opgegaan het, roep vir mediese bystand. Jason veg ook blykbaar vir sy lewe...

Hulle albei word op ‘n draagbaar, by die huis uitgedra. Die mense brom ondermekaar. Wanneer het so iets ooit in dié versteekte gemeenskappie gebeur?

Max kom nader en slaan sy arm om Daisy se skouer. Hy kyk af na haar en hou haar styf teen hom vas. Die onophoudelike trane bring vir hom ‘n vraagteken.
“Wat het gebeur Dot, wié is die mans?”

Dorothy kyk na haar suster en wag vir ‘n teken voor sy enige oorbode informasie dalk mag uitgee. Daisy druk haar neus in ‘n sneesdoek en met groot oë, lig sy net haar skouers. Wat kan sy dan nou sê? Sy weet in elk geval nie hoé en hoekom Morné na haar sou kom soek nie…

“The one is Jason Thomas. Lynette’s boyfriend. They are fighting at the moment and he came to look for her here. He then got into a fight with the other one… Morné Marais, who is a friend from home, that came to visit… me…”



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

12
Jinne jong, nou is dit 'n spannende gemors! What next?
4 jaar 4 maande 2 weke 6 dae 4 ure oud


Tale
Dis interessant hoe jy Engels en Afrikaans so moeiteloos saam gebruik in jou verhaal - en tog werk dit en klink heel realisties. Lekker skryf!
4 jaar 4 maande 2 weke 6 dae 5 ure oud


daisy
Sjoe dis omtrent spanningsvol.
4 jaar 4 maande 3 weke 1 uur oud



Gister se Onthou

deur borrels

ek pluk 'n klompie letters van 'n laning woord-bome af dan bou ek 'n vers daarmee die trand daarvan soms bietjie laf maar die woorde van die verse kom diep hier uit my hart dit skets die liefde van die lewe soms met pienk en soms met swart



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar