Kortverhale

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

“Gaan een van u-hulle saam met die ambulans deurkom? Ons het meer informasie van Meneer Marais nodig asseblief.” Die paramedikus hou die ambulansdeur vir hulle oop.

Daisy se hart brand om saam met Morné te gaan. Aan die anderkant wil sy hom nie só sien nie. Hoekom het hy haar gesoek? So baie vrae wat sy dalk vir ewig oor berou sou kry, as enige iets met hom sou gebeur en sy nooit die antwoorde daarvoor sou kry nie.

“I will go with him.” Dorothy hardloop na haar suster en hou haar styf vas. Sy weet presies wat deur haar gedagtes gaan. Maak nie saak hoeveel jare verby gegaan het nie, Morné sal vir ewig haar eerste liefde bly. Een, wat sy nooit sal vergeet nie.

Daisy bly hou haar suster vas en huil innig. Dit is so verskriklik seer, maar wat alles vererger, is dat Max nie haar pyn vir hierdie man mag oplet nie.
Sy verslap haar greep en laat vir Dot gaan.
“Laat weet my assebliéf, sodra julle daar aankom!”

“Charge your phone, I’ve been phoning you earlier!” Sy klim in by die ambulans en maak haarself tuis op die leerbankie langs Morné se bed. Sy hou sy hand in hare. Dit voel so koud…
Hy word gekoppel aan pype en masjiene en die hele gedoente is vir haar net ‘n gruwel. Sy sien haar goeie vriend na hoéveel jare en ‘n paar oomblikke later, is hy in dié toestand? Sy sluit haar oë en begin vir hom te bid. Maak nie saak wie of wat jy is nie, as jy opreg vir die Here iets vra, sal Hy dit vir jou gun. Buitendien bid sy nie vir haarself nie, sy bid vir haar vriend. Een wat in haar benoudste oomblik, daar vir haar was. ‘n Gebed is wel gering, maar dis al wat sy op die oomblik, vir hom kan doen. Bid en daar wees.
Die Vader sal sy lewe spaar, sy moét dit net glo.
Deur dit, kan sy hom dalk terugbetaal vir wat hy destyds vir haar gedoen het, maar ook sodat haar suster eendag mag finaliteit kry.


“Wou jy saam met jou suster en haar vriend gaan?”

“Nee, dis orait Max... Na die nuus van Meneer, dink ek dis maar beter om net ‘n bietjie rustig te wees. Dot sal my sê as sy my nodig het.” Sy weet in haar hart dat Max eintlik meer wil weet oor wie hierdie man is, maar sy het nie nou krag vir allerhande vragies beantwoord nie. Sy het té veel om nou aan te dink…
Môre-oggend sal sy eerste by die werk moet wees, die heeldag sien dat dinge vlot verloop.
Sy nog sal êrens, iets meer moet uitvind oor Meneer se ongeluk…
Morné daag na jare op in haar lewe en is nou op pad hospitaal toe. Hy veg vir sy lewe…
Max se nuuskierigheid, kan definitief nie nóu gevoed word nie.

“Goed, kom ons gaan dan nou binne, sodat jy ‘n bietjie kan rus.” Hy wys die mense almal weg wat nog saamdrom voor haar woning. Hier en daar is daar steeds die wat agterbly uit nuuskierigheid.
Ook die polisiebeamptes word weggewys. Nie een van hom of Daisy sal elk geval enige vrae kan beantwoord nie. Hulle het tog self gesien, dat hulle eers agterna, op die toneel verskyn het. Hulle weier om te gaan voor hulle werk nie deeglik voltooi is nie. Al die koeëls se doppies word versamel. Soos dit klink, sal die saak nog meer ernstig wees, indien een van die manne sou sterf.

“Koffie of tee?”

“Ja asseblief. Maak net my koffie sterk.” Sy gaan plak haarself neer op die rusbank in die voorkamer. Sy sal in elk geval nie kan slaap, as daar ander mense die heeltyd rondkrap in haar huis nie. Sy word klaar half kloustrofobies daaroor.
Net toe sy haar beker koffie by Max neem, lui haar telefoon.
Sy haas na die kombuis, waar die battery besig is om op te laai. Dis Dorothy.

“Hey Sis! We got here. They hurried with him to the Trauma Unit. I am just waiting for somebody to tell me something! He had no identification on him. Can you remember his birth year? I only know it’s the Twenty-fourth of June. Or is it the twenty-fifth?”

“Vier-en-twinting Junie 1978. Niks op hom nie? Wag, ek gaan kyk gou of ek dalk ‘n nommer of iets van sy ma, of enige iets in sy kar kan kry. Dit staan nog steeds hier voor my deur.”

“Call me back please. I couldn’t even tell them if he is allergic to anything.”

“Nee, geen allergieë. Hy’s A+ bloedgroep… As hulle dalk dit wou weet.” Dalk moes sy maar saamgegaan het. Sy sou darem die basiese vrae kon beantwoord.

“Okay. He is going to be fine Sis. I promise you.”

Daisy kan nie terug antwoord nie. Die knop in haar keel blokkeer alles sy in haar hart het.

Dot druk haar selfoon af. Sy gaan sit weereens op die lang houtbank in die hospitaalgang. As iemand nie in die volgende tien minute met enige nuus kom nie, sal sy self navrae doen.


“Wat sê Dot, is alles okay?” Max kom sit langs haar op die rusbank. Hy kyk haar diep in haar oë, om dalk agter te kom waaroor die hele storie gaan.

“Sy het nog eintlik niks gehoor nie. Sy wag vir ‘n dokter of iets om nuus te bring. Klink nie of hy al bygekom het nie.”

“Dit klink nie of sy so baie van hom af weet soos jy nie?”, lag hy.

“Ek dink dis net haar senuwees, dat sy seker nie nou by al die feite kan kom nie.” Sy kan dit nie help nie. Sy het alreeds met een leuen begin, om in te stem dat dit Dot se vriend is. Sy sal net by daai feit moet vol hou. Een of ander tyd sal dit alles in elk geval oorwaai…
Sy spring op toe sy onthou om in Morné se kar te gaan rond snuffel. Dalk kan sy iets uitvind oor hoekom hy in die Kaap is.
Dis gesluit. Sy loer van buite af. Sy selfoon lê op die sitplek. Sy moét dit kry!

Sy gaan weer in by die huis om te kyk of sy motorsleutels dalk iewers lê. Volgens Dot, was daar niks op hom nie. Sy snuffel orals in die voorhuis rond. Tussen die bank se kussings in. Onder die koffietafel.
Niks.
Sy draai om en vestig haar oë op die trappe. Van waar sy staan, kan sy niks sien nie.
Die kombuis!
Sy haas daarheen. Niks op die kombuisvloer nie. Niks op die kassies nie…

“Soek jy sy karsleutels?”

Sy haat dit dat Max die heeltyd, haar elke beweging dophou. “Ja. Dot sê dat daar niks op hom is nie. Geen beursie of kaart of niks. Toe dog ek daar is dalk iets in sy kar wat kon help.”

“Dis aan dié kant van die toonbank. Op die kroegstoel.”

Natuurlik! Hy het homself nooit binne ‘n kombuis bevind nie, hoekom sou hy nóu? Sy neem sy sleutels en hol uit by die deur. Sy moet sy selfoon in die hande kry en die oproepe na haar selfoon toe wegvee, voor Max dit dalk raaksien.
Sy maak die deur oop en glip die motor binne. Max sloer nog agter haar aan. Die selfoon het ‘n kode op. Wat anders het sy gedink?
Sy kar is netjies. Niks is uit plek uit nie. Die bêre-hokkie is gesluit, maar nêrens is ‘n sleutelgat om dit oop te kan maak nie. Sy kap-kap daaraan, maar dit val nie oop, soos met haar Ford Escort, wat sy destyds gery het nie.

“Maak die kattebak oop hier agter, dalk is hier iets in.”

Sy loop vir Max amper uit die pad uit om daar uit te kom. Sy maak dit stadig oop. Max staan nader om self te loer. ‘n Aktetas en leer handskoene. Dis al wat in die groot kattebak is. Met die hoop dat daar geen kodes op die tas ook sal wees nie, neem sy dit in huis toe. Max slaan die kattebak toe en volg haar.


“Ma’am? You are with Mister Marais?”

“Yes Doctor. Please tell me he is okay?”

“The bullet went right through and damaged his colon. We had to do an emergency operation on it. He is stable, but did not come to yet.”

“So, that means he will be fine right?”

“The only thing I can confirm at the moment is, that he is stable. Once he wakes up, we will be able to determine if he will be.”

Dit gee nie eintlik vir haar gemoedsrus nie. Die man is stabiel. Beteken dit, dat hy sy oë sal oopmaak en normaal wees? Of dat hulle sal verder peter aan hom? Wat as hy nié sy oë oopmaak nie? “Thank you Doctor.”

“Any changes, we will let you know. For now, he is sedated after the operation. He won’t wake up soon, in any case. I suggest you get some good rest and come back in the morning.”

As sy sou huis toe gaan, wat gaan sy vir Daisy kan sê? Die informasie wat sy het, is te vaag. Sy sal meer wou weet van Morné se toestand. “Thank you Doctor, but I think I will rather stay.”
Sy gaan na die naaste koffie masjien en skink haar sterk swart koffie, sonder suiker. Op pad terug na haar sitplek, let sy iemand wat met die dokter staan en gesels. ‘n Aantreklike man met ‘n donker aandpak. Die dokter loer heeltyd na haar kant toe, terwyl hy met die man praat en dit maak haar effens ongemaklik voel. Sy neem haar sitplek in en drink haar koffie. Sy probreer hulle ignoreer, maar later kyk die vreemde man ook in haar rigting.
Skielik is hy op pad na haar toe...
Sy kyk strak voor haar uit. Dalk stap hy net verby?

“Mejuffrou?”

Wanneer laas het iemand haar met soveel respek aangespreek?
“Yes?” Sy staan op en hulle oë ontmoet.

“Ek is Speurder Potgieter en is aangestel oor die poging tot moord saak op Meneer Marias. Mag ek asseblief u ‘n paar vrae vra?”

Poging tot moord saak?
“Yes, you may continue.” Hulle gaan sit net daar op die rusbank en toe niemand om hulle is nie, gaan hy voort.

“Hoe ken u vir Meneer Marais?”

“He is a friend since high school.”

Hy neem ‘n boekie uit en begin skryf. “Volle naam en van asseblief?”

“Dorothy Winterbach.” Sy let die skok in sy oë op, wat hy probeer versteek. Of dalk verbeel sy haar?

“Dorothy? Winterbach.”

“Yes. Dorothy.” Moet sy dit vir hom spel ook nog?

“Goed. So, u het hom vergesel in die ambulans op pad hierheen? Waarvandaan het julle gekom? Kan u my vertel wat gebeur het?”

Hy kan mos net eenvoudig die verslag gaan lees waar sy hoeveel keer oor en oor moes verduidelik wat gebeur het, aan daardie simpel polisiebeamptes.
Sy haal diep asem.
“I was at home with my friend, Lynette. Morné also came to visit about half an hour after she came. Her boyfriend, Jason Thomas, came to look for her there. He was still upset about a fight they had the night before. He got violent and started a fight with Morné. A gun was fired a few times and the one bullet hit Morné.” Asem uit...

“Sooo… Hy’t opgedaag by julle? Het hy enige iets gesê oor wat hy daar kom doen het? En ek neem aan Daisy Winterbach is jou ma of suster?”

“Yes he did. No he did not. She’s my sister.”

“Was Daisy by die huis toe hy daar kom? Waar is sy nou? Weet jy wat hy eintlik daar kom doen het?”

“No she wasn’t. Excuse me for asking, but may I please see any form of identification, before we continue?”

“Hou gou-gou net vas.” Hy haal sy selfoon uit sy baadjie se binnesak en antwoord ‘n oproep. Sy het nie eens gehoor die foon lui nie. Hy draai sy rug na haar toe.

“Hallo Lawrence! Nee, alles is nog onder beheer. Ek is nou reeds hier by hom. Ons maak net gou klaar hier, dan bel ons jou onmiddelik terug. Goed. Ja… Okay, maak so.”
Hy plaas die selfoon weer terug op sy plek en draai terug na haar toe.

“Bly net hier, ek is nou terug by jou.”

Hy verdwyn in een van die lang gange in...

Dorothy staan op. Moet sy hier bly staan en wag, of liewers net hier wegkom?



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

13
Hier gee ek vir jou applous! Jou beste werk tot dusver! Ek is nou baie nuuskierig!
4 jaar 4 maande 1 week 6 dae 4 ure oud


Daisy
Sjoeeee .... spannende hoofstuk hierdie een. Jy skryf goed en ek's mal oor jou storielyn :)))
4 jaar 4 maande 1 week 6 dae 22 ure oud


daisy
Raak nou interessant. Mooi gepen.
4 jaar 4 maande 2 weke 2 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Ontdek die Siel in my

    deur helna

    Dis vir my 'n eer om my eerste digbundel te kon uitbring. aangesien ek 'n passie het vir die kunste is die omslag een van my eie werke! "Ontdek die Siel in my" het sover net positiewe kommentaar ontvang, kom deel asseblief hierin.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar