Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

“Gee tog net hier, dat ek jou help.” Max vat die missie oor, om die aktetas te probreer oop maak.

Sy sug en skuif dit opsy.

“Daar moét…’n…manier wees. Dink jy hy sal omgee as ons dit oop sou breek?”

“Nee! Netnou is dit nie syne nie, of dalk té waardevol! Dan wat?” Sy is só nuuskierig om te sien wat daar binne is, maar daar mag dalk nét informasie in wees, wat sy nie nou al met Max wil deel nie. Dis dalk beter dat die tas nie oopgaan nie. Sy sal weer probreer as sy alleen is.

“Mejuffrou Winterbach, ons is uiteindelik klaar. Baie dankie vir u geduld. Stel ons asseblief in kennis indien u enige verdere informasie kry oor die voorval.”

“Ek maak so Meneer. Dankie.”
Sy vergesel hulle tot by die deur en groet. Die res van die polisiebeamptes verlaat haar perseel. Al die agies wat buite rond gehang het, het ek ook nou al verdwyn.

Sy gaan die huis binne en stoot die deur agter haar toe. Sy staan vir ‘n oomblik net daar teen die deur met haar hande agter haar rug. Haar oë val op die trappe na bo.
Letsels van die gestoeiery is duidelik sigbaar. Haar perfekte huis, is in ‘n oogwink verinneweer. Sy gaan haal getrou ‘n emmer louwarm water en spuit allerhande skoonmaakmiddels daarin.
“Verskoon my asseblief tog Max, maar ek moét die plek skoonkry, anders kan ek nie vanaand slaap nie.”

“Nee dis reg skat. Kan ek jou dalk help met iets?”

Terwyl sy haarself regmaak om vir hom op ‘n mooi manier te sê om liewers huis toe te gaan, kom Lynette ingestorm by die voordeur. Sy klop nie eens nie.

“Daisy! Wat het toe gebeur? Het die polisie hom gevat?” Sy klap die deur agter haar toe en kyk verskrik rond.

“Weet jy nie wat gebeur het nie? Hy is in die hospitaal Lynette. Hy én Morné!”
Toe sy Morné se naam uiter, sak sy op die een trap neer. Dit is nogsteeds so ongelooflik!

“W…wat? Hos…pitaal toe?” Haar oë vergroot. Sy gaan nader aan Daisy, om meer uit te vind.

“Hulle het mekaar raakgeskiet Lynette. Ons weet nie van Jason nie, maar Morné is in kritieke toestand.” Hulle albei kyk op na Max wat dié aankondiging doen.

“So niemand weet iets van Jason nie?” Lynette se trane begin saggies te val.
Sy haal die rekkie van haar regterpols af en bind haar donker bos hare almal saam in ‘n poniestert vas. Sy voel na haar selfoon in haar broeksak. Sy weet nie eens vir wie om te bel nie. Jason sal natuurlik nie sy foon kan optel nie.
“Na watter hospitaal is hy?”

“Ek kan jou neem as jy wil gaan? Dan kan ek sommer daar wees vir Dorothy.”
Sy wil nie eens kyk na Max se kant toe nie. Sy bid dat hy nie sal vra om saam te gaan nie.

“Gaan julle twee dames oraait wees alleen?” Duidelik kry hy die prentjie.

“Ja ons sal. Ek sal jou laat weet, wanneer ons veilig daar aankom.”

“Ek sal solank aangaan met die skoonmaak. Ry asseblief versigtig.” Hy kom reguit na haar toe en hou haar vas, vir wat voel soos ‘n ewigheid. “Ek is lief vir jou Daisy,” fluister hy in haar oor.

“Ek ook.” Sy glimlag met hom en kry haar sleutels. “Kom Lynette!”

“Sien jou Max,” fluister sy. Sy volg Daisy en is onmiddelik op haar selfoon besig om boodskappe te stuur. Sy swik nog amper haar voet, van nie reg kyk waar sy loop nie. Sy trek aanmekaar haar neus op.

“Hier skat. Vee jou gesig ‘n bietjie af. Hulle albei gaan okay wees. Moet jou nie bekommer nie.”
Hulle vat die pad stilswygend aan, op pad na die hospitaal…



“Dorothy! Ek’s bly jy’s nog hier!” Die man kom aangedraf van die voet van die gang af. Sy blink swart skoene skree eintlik, soos hy probeer briek.
Hy kom uitasem voor haar staan.
“Soos…” hy buig vooroor en probreer sy asemhaling tot ‘n normale passie kry. “Soos ek verneem, sal Morné nie nóu enige tyd uit sy onbewustheid kom nie.”

Sy kon dit self vir hom gesê het…

“Ek dink u moet liewers huiswaarts verkeer. Ek kan u self na u woning neem?”

“I am sorry Sir, but I don’t ride along with strange men.” In haar hart weet sy, dat dit nie die waarheid is nie.
“Until now, I must just accept that you really are a detective?”

“Vroumens, asseblief. Dit is nie nou die tyd vir dit nie, ons moet hier weg kom. Morné is uitsorteer, ek het sélf gesorg daarvoor. Kom net saam met my, dit is nie veilig hier nie.”

“Of course it’s safe! There are a lot of doctors and nurses around. I can, at any time, call on security and they will come running. Don’t tempt me!”

“Okay, goed dan. Kom ek sê jou so: ek is eintlik ‘n goeie vriend van Morné. Ek het geen bewyse op my, wat kan bewys wié ek is nie, maar ek belowe jou dat ek is. Vertrou my asseblief. Ons moet net so gou as moontlik hier wegkom. Jou lewe mag dalk in gevaar wees!” Hy gryp na haar arm, maar probeer steeds kalm bly.

“The only danger I face, is YOU! Security!!!”
Geen reaksie.
Sy skree weer, met alles wat binne haar is.
“SECURITY!!!”
Hy kyk rondom hom en het geen keuse, as om haar net daar te laat staan nie. Dit is nou één geveg wat hy nie nou sal wen nie.

“As énige iemand hier kom en jou begin ondervra, gee jy hulle onder geen omstandighede ENIGE informasie nie! Hoor jy my?! Jou lewe en jou suster s’n mag daarvan afhang. Morné s’n ook, en dít sal ek nie duld nie!”

Die sekuriteit kom aangehardloop en ‘n paar mense staan Dorothy verstom en kyk. Die man lyk nie asof hy enige bedreiging vir hierdie mooi vrou inhou nie…

Toe hy hulle gewaar, draai hy om en sorg dat hy wegkom. “Sê vir Daisy sy moét versigtig wees!” Hy verdwyn weer in die gang van waar hy af gekom het.

Wie ís die man?
Die sekuriteitsbeampte kom uiteindelik by haar aangedrentel.
“Wat is fout Mevrou?”
Hy kyk die verdagte agterna.

“I AM NO MISSUS!” Sy draai haar weg van hom af en gaan sit irriteerd op die bank.

Die man lig sy hande en skouers en besluit liewers om nie verder uit te vra nie.
“Vroumense!”
Hy keer terug na sy pos...

Hoekom moet sy en Daisy versigtig wees? Hulle weet tog wie vir Morné beseer het. Jason is dan self ook in die hospitaal en in elk geval nie in staat om iemand te kán seermaak nie. Of is hy?
Sy spring op, om te gaan verneem oor Jason se toestand.

Haar selfoon se SMS-toon gaan af. Dit is natuurlik weer Daisy wat wil hoor hoe dit nou al met Morné gaan. Sy het nie eintlik lus om dit te lees nie, want sy het in elk geval niks nuus om oor te dra nie. Tóg haal sy die foon uit…

“Ek kan nie wag om jou môre te sien nie. Ek het ‘n genotvolle dag vir ons beplan,” lees sy hardop.
‘n Tweede SMS kom deur. “Trek gemaklik aan, ek tel jou so 9 uur op.”

“Seriously?!!!” Sy voel om die foon se battery uit te haal en al die gedeeltes net so los in haar sak te gooi.
Dit is nie nóu die tyd vir Russell se sinnelose praatjies nie! Sy wens net sy kan hom bel en alles kanseleer, maar haar diepste geheim rus in sy sorg. Hy mag dit nie uit die mou laat nie. Veral nie nóu nie!
Sy rol haar oë en gaan uit die boodskap uit. Sy sal hom eenvoudig net nie antwoord nie.

Sy begin rondvra oor waar Jason se bed is. Na ‘n hele paar ondervragings – wat net sy natuurlik op haar eie spesiale manier kan doen – kom sy by hom uit.
Hy is wakker. Hy lê half regop in sy bed, met die TV se oorfone aan.
Sy weet dis lankal verby besoektyd, maar probeer steeds haar kans vat.

‘n Klein, ouerige vroutjie kom by sy saalkamer uitgestap.

“Good evening Sister…” Volgens die lapelle, kan sy agterkom dat dit net ‘n gewone verpleegster is, maar dit help altyd om hulle eers ‘n bietjie te vlei.

Die vroutjie glimlag met haar.
Kolskoot!

“My boyfriend is in that room and I have been so worried about him. Nobody could give me any news. I know I won’t be able to go in to see him at this moment, but can you please tell me if he is going to be okay?” Sy verstel haar oë op die hartseerste wat sy dit kan kry.

Die vroutjie neem haar hand in hare. “My kind, wees nie besorgd nie. Hy’s ‘n sterk man. Die koeël het hom gelukkig net skrams getref. Hy’t ‘n paar steke aan sy arm. Dokter sal môre-oggend weer sy rondtes kom doen, maar soos dit lyk sal hy dan seker al ontslaan kan word. Ons hou hom net nog onder observasie, want sy bloeddruk was ‘n bietjie hoog.”

“Thank you Sister.” Sy glimlag met die gawe vrou. Daar is darem enkeles oor, wat ordentlik met ‘n mens kan gesels.

Sy draai om en beloer hom weer deur die deurvenster. Hy lyk so skadeloos…

“Dot!” Lynette en Daisy kom vinnig na haar toe aangestap.

“Hoe gaan dit met Jason?” Lynette bars uit in trane. Vir iemand wat ‘n paar ure gelede vir haar lewe gevrees het onder die man, is sy darem báie besorg.

“He is fine, they say he may be able to go home tomorrow. Why are you so worried about this menace of a man in any case?” Sy vererg haar diep vir Lynette. Tóg weet sy presies hoe dit is om hals oor kop op iemand verlief te wees, wat vir jou niks op die einde van die dag in die sak sal bring nie.

“Ek moét hom sien!,” vermy Lynette haar vraag. Sy bars in by sy kamerdeur en val half bo-oor hom, om hom vas te hou. Hy stoei haar eers van hom af weg, maar verwelkom later haar liefde. Sy begin hom uit te vra oor sy welstand en hy antwoord soos ‘n mak lammetjie, wat die wêreld geen kwaad kan aandoen nie.

Daisy en Dorothy staan in stilte vir hulle en staar.

“Hoe gaan dit met Morné? Gee my asseblief net iéts wat die storm hier binne-in my kan laat bedaar.”

“He is on a different floor. I will take you to him.” Sy weier om haar suster te vertel dat daar geen vordering in sy toestand is nie. Sy besluit ook om stil te bly oor die man wat daar opgedaag het.

Hulle neem die hyser tot op sy vloer en Dot lei die weg in stilte. Voor sy deur stilgehou, draai sy die eerste keer na Daisy. Sy het die heeltyd geween op pad na hom toe.
Hulle albei vermy die verpleegsters, wie die heeltyd op en af verby hulle beweeg. Hulle lyk nie so vriendelik soos die ou tannie van vroeër nie.

“Just wait here. Sit down. I’ll be right back.”

Daisy doen soos vir haar voorgesê word, sonder teëspraak.

Dorothy wag vir die perfekte oomblik en glip Morné se saalkamer binne. Sy weet sy lêer moet iewers naby hom wees. Sy glip dit onder haar klere in en gly in ‘n oogwink weer uit by die deur.

“Come with me!” Sy loop vinnig vooruit sonder om een keer om te kyk of Daisy haar wel volg. Sy gaan in by die naaste badkamer.

Daisy kom ook daar ingestap en hou die deur agter haar toe. “Is jy mal? Weet jy in hoeveel moeilikheid ons kan beland?” Sy begin onmiddelik vas stel of niemand anders ook in die badkamer is nie. Al die hokkies is leeg.

Sy ignoreer Daisy se slegte hemeur, terwyl sy probeer ontsyfer wat al die biologiese terme kan beteken.
“I am reading, but I don’t know what the hell it says!”

“Gee die ding hier.” Sy begin self te lees. Sy blaai om. Sy kyk in die lug op en blaai terug. Sy blaai terug tot voor in sy lêer. Sy frons…

“WHAT?!” Dot kan nie meer haar nuuskierigheid inhou nie.

“Morné is stabiel. Volgens die ding is sy operasie ‘n sukses. Hy moet net vandag en môre nog morfien kry, tot wanneer die dokter hom weer ondersoek. Dis nie die probleem nie.”
Sy gee die lêer oor aan Dot. “Lees hier.”

“Personal details?”

“Ja.”

“Mister Morné Arnoldus Marais, Date of birth…”

“Nee man! Nog ondertoe. Lees by ‘marital status’“.

Sy weet nie hoe om te sê, dat sy alreeds weet dat Morné getroud is nie. “He’s married?”

“Ja, maar dis nie al nie Dot. Kyk die ‘Next of kin, Name of Spouse’!”

“…Daisy? Daisy Marais?”



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

14
Oooo genade tog, hier kom 'n ding!! Wat nou?

Gee jouself 'n pat op die blad dat jy al sover is en aanhou skryf!
4 jaar 4 maande 1 week 4 dae 2 ure oud


daisy
Hierdie raak nou voorwaar interessant. Dankie vir die deel.
4 jaar 4 maande 1 week 5 dae 2 ure oud



BLIKeMMER

deur natasha dutton

"...BLIKeMMER is 'n keur van die beste gedigte van dertien opwindende digters wat skryf oor alledaagse dinge: drome en sprokies, verspeelde tyd en vrese, liefde en diepgewortelde smart, donkerdae en kindergeloof, gebede en godloosheid, omgeeflenters en somergeniet, introspeksie en nostalgie, migraine en stilte, genade en worsteling, selfs Lifebuoy en 'n huis in Vergeetstraat. 'n Bundel wat geniet en waardeer sal word deur die letterkundige, die filosoof asook die doodgewone mens op straat. Geniet dit!" (Lynette Beer: Inspirasie Spreker)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar