Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

“Hoe kón jy sulke verkeerde informasie aan die hospitaal gee?! Behalwe dat dit oneties is, is dit onwettig!” Sy kap die lêer toe, wat Dot nog steeds besig is om te probeer ontleed.

“Hey! It wasn’t me! Why would I tell them you’re his wife? It makes no sense!”
Skielik onthou sy die man wat vroeër daar was. Dalk moet sy tog haar suster van hom vertel.
“Wait, there was this guy earlier. He told me he was ‘Detective Potgieter’ and asked me all sorts of questions about the shooting. The weird thing about everything was, he did not concentrate so much on the incident at home, but he wanted to know more about you. When I asked him to prove to me who he was, he suddenly had no identification. Which officer walks around without an ID? Then he wanted me to go with him, because you and I may be in ‘some kind of danger’. What danger could he refer to? Morné was shot by Lynette’s boyfriend and he is on a hospital bed...”

“Waar is die man nou?”

“I called on security and he left. He just said I must tell you to be careful. Don’t know why.”

“Het hy geen ander informasie gegee nie?”

Die badkamer deur swaai oop. Een van die pasiënte kom ingesukkel, terwyl sy haar dripsakkie aan ‘n ysterpaal, stoot. Hulle gee pad.

“Kom ons neem die lêer terug, voor iemand uitvind dis weg.”

By Morné se kamer aangekom, gly Dorothy weer in en plaas die lêer op sy regmatige plek. Daisy is besig om met een van die verpleegsters te gesels. Sy hou haar besig, tot Dot veilig by sy kamer uitglip.

“Kom ons gaan huis toe. Ek het hulle nou laat weet om my te skakel sodra daar enige veranderinge is. Dis amper tyd om gereed te maak vir werk. Wil graag nie laat wees nie.”

“Okay Sis. This has day has been too long in any case!”

Hulle stap in die gange af, neem die hyser af na die parkeer area. Elkeen in haar eie denke vasgevang. In die motor op pad huis toe, skakel Dorothy self die CD-speler aan. Sy kies hul gunstelling Richard Claydermann liedjie en albei se hart verlig ‘n bietjie tot hulle veilig by die huis aankom.

“Ek is bly julle is orait!” Max kom by die sydeur van die kombuis wat na die garage lei, uitgehardloop.

Hulle klim uit die motor en Daisy loer op haar horlosie. Dis 3:54 die oggend!

“Het Lynette daar gebly? Haar ma het haar hier kom soek al.”

Vir die eerste keer onthou Dot van Lynette. Sy was so vasgevang in ‘n web dat sy nie eens gaan hoor het of sy dalk ‘n geleentheid saam huis toe wou hê nie. In elk geval was sy so gemaklik by Jason, sou seker nie wou nie.

“Ag nee sy is rustig. Sy’t daar gebly ja. Dot, sal jy asseblief net haar ma laat weet sy’s okay? Ek wil net ‘n klein uiltjie knip, voor ek in die stort moet spring vir werk.”

“Is jy ernstig? Hoe kan jy gaan werk?! Jou oë is ‘n duidelike bewys hoe moeg is!” Max mik om haar te soengroet, maar sy is onder sy arms deur.

Sy sluit die motor en sleep haar voete tot in die kombuis. “Ek moét gaan werk Max, ek het vir Mevrou belowe."

“And I am going to sleep. I need all the rest I can get. Apparently Russell has an eventfull day planned out for me. Good night guys!”

“Nag Sus!”

“Sleep sweet Dot!”

Daisy stap onwillekeurig na die koffiemasjien. “Is daar nog hoender oor? Die vader weet ek is dood van die honger!” Sy plaas vir haar ‘n stuk hoenderbors op ‘n bord en in die mikrogolfoond.

“Ek het gedink om saam met jou af te vat vandag. Miskien moet jy net gaan oopsluit en ‘n bietjie kom rus. Almal weet mos in elk geval presies wat hulle moet doen vir die dag. Ek wil nie hê hulle moet weer dink jy probeer oorvat, soos daai laaste keer nie.”

Sy ignoreer sy stelling en neem haar bord na haar kamer, waar sy onmiddellik begin peusel aan die gebraaide stukkie hoender. Dit proe selfs beter as die dag van tevore. Sy kyk nie eens om, toe sy met hom praat nie. “Moet jou nie bekommer oor my nie Max. Ek sal net my vitamienes drink, dan sal ek fine wees.”

Max kyk haar agterna. Hy kan soms nie verstaan hoe astrand sy kan wees nie. Hy doen dinge vir haar eie beswil, maar sy idees word altyd afgeskiet. Hy sê haar altyd dat sy nooit na hom luister nie. As iemand anders dieselfde ding nou vir haar sou voorstel, sou sy dit doen. Maar net omdat dit hý is…
Hy gee liewers op – soos hy altyd doen – en neem sy slaapplek in op die ekstra rusbank, wat alreeds opgeslaan is.

Daisy skakel haar kamerlig af en gaan lê op haar bed. Sy wil nie eens onder haar komberse inklim nie, want sy weet dis onmoontlik om nou te slaap. Sy sal nie die krag het om uit ‘n warm bed te klim, oor ‘n uur nie. Dis beter om liewers wakker te bly. Tog het sy nie lus om met Max te sit en gesels nie. Sy weet hy is reg. Meneer het haar somtyds voorgetrek by die ander en dit was altyd maar ‘n probleem onder hulle. Hulle het dít haar goed laat agterkom. Wat anders verwag hulle? Sy gee haar béste al die jare. Sy lê nie slap soos die meeste van hulle nie. Natuurlik sal Meneer dit waardeur en haar beloon daarvoor. Hulle sal net sterk moet wees môre, wanneer sy daar instap en die beste van elkeen verwag. Ten minste net vir Meneer se onthalwe. Dit is so snaaks hoe dinge uitgedraai het. Hulle is ‘n familie by die werk, soos broers en susters baklei hulle ook soms, maar om jou ‘vader’ te verloor… Sy weet nie wat om te verwag nie. Sy kan net hoop en bid dat almal hulle samewerking sal gee. Dit is wel seer, maar die werk moet steeds aangaan. Sy dink aan Mevrou. Hoe moet sy nie op die oomblik voel nie. Dis erg genoeg vir haar, wat net saam met die man gewerk het. Hoe moet sy eie vrou voel? Die ma van sy kinders… Dit moet bitter wees om jou lewensmaat en beste vriend vir hoeveel jare, in ‘n oogwink te verloor en dit aan die hand van geweldenaars…
Haar gedagtes neem haar na Morné. Hy wat veg vir sy lewe in daardie koue hospitaal. Sy ma se besonderhede was nêrens op daardie lêer nie, so tot dusver het sy seker geen benul van haar enigste seun nie. As hy net wil wakker skrik en haar verduidelik wat hy in die Kaap kom maak. Wat dryf hom om tot by haar huis te kom om haar te soek. Iemand uit ‘n hoofstuk van haar lewe, wat sy al lankal afgesluit het. Sy weet hulle is nie goed uitmekaar nie, maar sy kan nie help as om jammer te voel vir hom nie. Dat alles in ‘n oogwink vir hom ook kan verby wees. Hy is nog so jonk en het nog só baie om voor te lewe.
Sy sluit haar oë en doen ‘n inwendige gebed vir hom…

“DAISY! Daisy skrik wakker! Ons het verslaap!” Om jou oë oop te maak en in die asemrowende gesig van Maximor Engelbrecht vas te kyk, is die beste gevoel op aarde….
“Daisy! Dis al twintig oor ses! Staan op!” Sy skrik vir die tyd wat so ver gevorder het. Dit voel asof sy haar oë net vir vyf minute toegemaak het. Sy jaag na die badkamer. Max help haar om haar goed in orde te kry. Hy skink vir haar koffie in haar elektrisie staalbeker, terwyl sy klaarmaak. “Moet ek jou neem? Ek sal later ingaan vandag.”

“Ja dit sal baie help, dankie.” Sy neem haar goed by hom.

Hulle albei haas uit by die huis en hoop dat die verkeer lig sal wees, op hiérdie Maandag môre.


Dorothy skrik wakker met die lui van haar selfoon. Haar oë bly toe, terwyl sy voel daarna. Haar hart spring, terwyl sy skielik besef dit mag Shaun wees.
Dis Russell.
Gelukkig het sy nog nie geantwoord nie. Geen mens kan sy dag begin met ‘n geselsie met Russell nie. Sy laat dit lui tot dit afgaan. Hy skakel seker om haar te herriner, of om te sê hy is op pad. Sy sien die tyd. Dis al na 8 uur. ‘n SMS flikker. Dis Lynette wat laat weet dat sy veilig by die huis is. Dit was 6:25 gestuur. Die spanning begin in haar maag ontstaan, heet – met min lus – staan sy op en maak klaar vir vandag se opwinding.

Net toe sy by die trappe afkom, hoor sy ‘n motor voor die huis stilhou. Dit kan net hy wees.
“Good Lord please help me through this day.”
Voor hy nog kan klop, swaai sy die deur oop. Hy glimlag met haar en sy plak ook maar een op vir hom.

“Good morning Beautiful.” Hy staan opsy, dat sy verby kan kom.

“Morning Russell.”
Hy hardloop voor haar uit, om haar deur vir haar oop te maak. Hy hou die deur so nou oop, dat sy letterlik verby moet skuur om in te klim.

Sy klim woordloos in.
'Just keep kalm…'

“Jy antwoord toe nie eens op my boodskappe nie. En vereffen se oproep. Ek het kaartjies aanlyn bespreek vir ‘n bootrit, maar op pad hierheen besef ek miskien kan jy nie op een gaan nie. Mag jy?”

“Of course I can, why would you ask me that?”

“Uhmmm omdat... jy weet…” Hy wys met sy oë na haar maag.

Soms vergeet sy dat sy swanger is. Dit voel nog nie ég vir haar nie. Tyd en wyl voel sy ‘n gewoel, maar sy weet nie of dit dalk net haar verbeelding mag wees nie. Sal sy by dié tyd dan iets al kan voel beweeg?
“Probably not.” Sy gee so baie dinge deesdae op, oor hierdie kleintjie…

“Ek het so gedink ja. Gelukkig is daar iets anders in sy plek, waarna ons kan gaan. Ek hoop jy gaan daarvan hou. Hy kry die motor in rat en ry tot die toppunt van die steilte wat uit Llandudno lei. Hy draai na regs, na Houtbaai se kant.

Sy verwonder haar aan die mense en die klein winkeltjies albei kante van die straat.
By die sirkel draai hy na links en sy kan maar net wonder waarheen hy haar neem. Sy is nie eintlik gewoont om dié kant van die wêreld te wees nie. Sy ken net hulle eie strandtjie en die pad om na Seepunt en die strande daar rond.
Verder was sy gewoont aan die naglewe in die klubs in die stad, met haar vriende…
Hy draai by ‘n half versteekte plekkie in, wat lees: “World of Birds”. Hulle is nog vroeg so daar is nie so baie karre nie.

“Ek weet jy likes die natuur. Ek hoop jy sal ons tydjie hier geniet. Sê my net jy het nog nie ontbyt gehad nie, want ek is so vinnig by die huis uit, dat ek skaars koffie in my are het.”

“I didn’t have breakfast yet. It would be nice thanks.”

Hy gee haar nie kans om uit die diep sitplek van sy motor te sukkel nie. Hy is eerste by haar deur om haar uit te help. Sy wil hom so graag in sy peetjie stuur, maar besluit om haar te gedra. Sy weet die dag het nounet begin, maar sy kan nie help om dit verby te wens nie.

Hulle gaan in en bestel iets by die “Robins Nest” en gaan sit rustig en eet.

Die eekhoringapies hardloop los rond, oor die voetpadjie, tussen die bome in. Die bome oorskadu die meeste van die plek en die vars lug bring haar innige rus.

Hy is opgewonde oor die verskillende diere en kan nie ophou stories vertel van elkeen nie. Hy leef hom in. Dit voel meer hy het na die plek gekom vir homself, meer as vir haar, maar tog waardeur sy dit. Verskillende voëlsoorte vanaf asvaal uile tot helderkleurige pappegaaie en stylvolle, spierwit swane word aangetref. Dit voel asof jy jouself in die midde van ‘n regte egte oerwoud bevind. Later begin sy dit so geniet, dat sy vergeet met wie sy eintlik hier is.

“Nou dié kans kan mens nie verby laat glip nie!” Hy trek haar tot by ‘n staal gorilla beeld, wat tussen die bossies loer. “Kom staan hier by my, dat iemand van ons drie ‘n foto neem!” Hy klim op die beeld se rug en skree soos ‘n Tarzan.
Sy lag hardop op sy verspotheid.

Op die pikkewyne se etenstyd, help voer hulle die diertjies saam.

Orals neem hulle verspotte foto’s. Hulle speel soos kleintjies by die kinders se speelpark en hardloop weg, sodra hulle opgemerk word op die verbode swaaie. Lanklaas het Dorothy soveel pret ervaar.

“Ek dink dis tyd om te gaan Dot, ek het veel meer wat die res van die dag, vir jou inhou.”



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Daisy
Dit help om te weet daar is elke week 'n "due date" :)
Ek is deesdae so verskriklik besig, maar dit help om 'n bietjie te ontsnap in my karakters se wêreld...

Baie dankie julle, die komentare motiveer my om aan te hou skryf so BAIE dankie en sterkte aan julle elkeen vir die skrewes wat uit julle harte nog kom, vir wat die wêreld nog voor wag.

Mwahtjies...
4 jaar 3 maande 4 weke 1 dag 5 ure oud


Druk deur!
Ek sekondeer wat Kiekies hieronder sê - dit kos harde werk en moedhou om so deur te druk met 'n verhaal. Ek sukkel maar om myne klaar te stoei, so ek bewonder jou regtig.
4 jaar 3 maande 4 weke 1 dag 10 ure oud


15
Jy kan jouself op die skouer tap omdat jy deurdruk en vasbyt. Hierdie verhaal sal 'n boek word!
4 jaar 3 maande 4 weke 1 dag 11 ure oud


Daisy
Goed geskryf, Abbey!!! :))
4 jaar 4 maande 1 uur oud


daisy
Klink of sy nog lekker bederf gaan word. Jy bind deurentyd die leser. Mooi gepen.
4 jaar 4 maande 3 ure oud



slavin

deur Maangodin

Annelise, die skrywer van Maanvrug, is terug. Ná haar eksoties-metafisiese reis deur die hiernamaals in Weerloos speel slavin weer in die bekende wêreld van hedendaagse Suid-Afrika af. slavin bevraagteken die definisie van normale seks en die aanvaarde sienings oor seksualiteit. Dit streel en verlei, daag uit en wonder. slavin is weereens net vir volwassenes. Eroties Afrikaans.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar