Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die motor draai regs af, by Llandudno se groen bord. Bo op die toppunt, kan sy die blou dak van haar suster se woning gewaar. Sy borrel glad van blydskap binne, maar dis ook net van korte duur, want sy besef sy moet totsiens sê aan Shaun.
Sy hou hom stip dop en let die vraagteken op sy gesig form.
"Whereto now?"
"You see that house on that side, with the blueish rooftop? We must get there."
Sy wou sê 'teal', maar wat hy van kleurskemas weet, weet 'n mol van kaas.
Hy was darem bietjie afgekoel toe hy hierdie keer met haar praat.
Dit is wat die seelug aan jou doen.
Maak nie saak hoeveel spanning 'n mens ervaar nie…

Die motor hou stil voor die klein grasgroen grasperk. Hy hou die motor aan die gang.
Hy sit stil en kyk strak voor hom uit.
Gaan hy haar nie eens help om die goed uit dra nie?
Sy woel haarself uit by haar deur en sug op die man se vermetelheid.
Dis ongelooflik hoe hy so gou kon verander in die monster wat hy nou is.
Sy sukkel om die groot koffer uit die kattebak los te wikkel.
Sy trek-trek die groot swart sak vol skoene en ekstras wat nie in haar tas kon pas nie, vanaf die agterste sitplek.
Hy roer nie, sê nie 'n woord nie…
Toe sy voor die deur op die stoepie staan, draai hy die motor om.
Sy kan nie glo dat hy gaan ry sonder om eens totsiens te sê nie.

Hy stop en rol sy venster tot op sy laagste.
Hy het darem ‘n gewete…
"See you in a few weeks. In the meantime, please don’t contact me."

Voor sy woorde by haar kon registreer, rol hy die venster op en trek weg met 'n henkse spoed.
Haar hart sink tot in haar voete.
Shaun, haar 'son', het sy hom altyd genoem. Dat dit so gou kon verduister word, gaan haar verstand te bowe.
Haar trane wil-wil spoel oor haar wange, maar sy is sterk. Sy ruk haar reg. Sy kán dit doen. Net 'n kort tydjie dan sien sy hom weer. Dan is alles terug na normaal.
Sy sukkel om die huis se voordeur oop te sluit en val amper met sakke en al na binne.
Sy stoot dit verder oop.
Alles lyk nog net soos sy dit paar jaar gelede gesien het.
Dis donker en koud binne. Dis wat sy nooit kon verstaan nie. Selfs sonder lugreëling is die weer binne die huis, altyd anders as die weer buite.

Die sakke word in gesleep agter haar en word net daar gelaat op die 'Welkom' matjie.
Sy stoot die swaar houte deur met alle geweld, terug in sy plek.
Sy draai om en neem haar woonplek vir die weke wat volg, in.
Alles is spierwit. Mure, meubels, gordyne… Hier en daar 'n titsel groen plant of ornament.
Die hout trappe met wit reëlings lei na albei kante van die boonste vloer. Sy wonder of haar kamer nog altyd dieselfde is.

Sy neem 'n drafstappie boontoe.
Na links is Daisy se kamer en die agterkamer is die Sonkamer.
Na regs was haar kamer, met die Musiekkamer reg oorkant dit. Haar kamer is groter as haar suster sin, maar Daisy het dit so verkies, om nader aan die Sonkamer te wees. Hoe verder van die 'geraas' van die instrumente in die Musiekkamer, hoe beter.
Dot glimlag op dit. Wie koop instrumente, maar weier om dit te speel? En tog is Daisy so goed in musiek, maar so ver sy dié kamer kon vermy, hoe beter.

Sy bereik haar bestemming en stoot die deur kraak-kraak oop.
Wragtig alles nog nétso op sy plek!
Eerste iets wat sy oplet is haar groot Michael Jackson prent. Presies netso in sy raam. Een wat hy nog self onderteken het, toe hy sy konsert kom hou het in die Kaap.
Oktober 1997, ‘n leeftyd terug.
Haar foto's van haar en haar vriendin Lynette, staan netjies gepak op haar kassie. Hulle het nou ‘n klomp strooi aangevang anderdag! Sy wonder hoe dit nog met haar gaan. Na die laaste insident toe haar suster haar so lelik uit haar woning belet het, het sy nooit weer met Lynette kontak gehad nie.
Sy besluit net daar en dan, Lynette sal die eerste persoon wees, wie sy sou op soek.
Maar nie nou nie.
Nou eers vir 'n diep, warm borrelbad en ‘n uiltjie knip.

Sy doen soos sy beplan het.

Die borrels pop een die ander op haar vel.
Die stoom vul die hele badkamer.
Sy maak haar oë vir 'n oomblik toe.
Elke keer as sy dit doen, trek haar gedagtes haar reguit na Shaun.
Sy mooi, bruin gestalte. Sy pragtige, spierwit glimlag. Donker krulhare, wat hy altyd gesukkel het om plat na agter te borsel. Dit het altyd hulle eie wil gehad.
Binne, was hy so sag soos sy vel. Sou nooit 'n vlieg kon doodmaak nie en dit is hoekom sy vir hom geval het. Hy het net te veel vir ander omgegee. Was altyd almal se skouer en oor.
Haar prentjie van hom is so perfek, hy voel amper eg; in haar teenwoordigheid.
Soos sy hom daar sien staan, in sy wit pak, in sy wit wolkerige agtergrond - soos hy altyd in haar gedagtes realiseer - is hy 'n vlekkelose engel. Een wat uit haar gedagtes kon klim en haar hele wêreld netso perfek kon maak, deur sy letterlik asemrowende aura.

Maar, deesdae…
Sy kan net nie verstaan wat met hom aangaan nie. Sy weet hoekom hy onsteld sou wees oor alles, maar om só drasties te verander? 'n Hele ommeswaai. Dit is amper asof hy heeltemal 'n ander man is. Een van wie sy glad nie hou nie.
Sy word weer stil vies vir hom.
Dis mos nie asof sý daarvoor kon help nie!
Hy is netso skuldig aan alles, soos sy!

Sy maak haar oë oop. Te vererglik om verder van hom te droom.
Op die einde van die dag is hy tóg soos al die ander mans. Was seker net 'n kwessie van tyd.
Vir 'n volle week het hy niks met haar gepraat nie. Skielik, net die blink idee gehad dat sy moes Kaap toe. Die hele 'situasie' hanteer.
Op haar eie.
Hy was haar alles. Haar hele lewe het net om hom gedraai. Sy het alles vir hom gelos. Selfs haar integriteit, of ten minste dit wat daarvan oorgebly het.
Nou dat dit so koud is tussen hulle, voel sy hoe alleen sy rerig is. Niemand wat sal verstaan nie, niemand wat haar pyn ken nie.
Hy, al een wat weet wat sy deurmaak, is nie daar vir haar nie.
Sy klim stadig uit die nogsteeds warm bad.
Sy sal gereed maak en vir Lynette gaan op soek…


Toe sy die handvatsel aan haar voordeur raak, besef sy eintlik wat op haar mag wag in haar woning.
Sy was so gefokus om huis toe te skoert, om vinnig te stort en uit te tof vir vanaand se dinee, dat sy skoons vergeet het van Dot.

Sy skuif die deur stadig oop.
Dis stil binne.
Sy is so verlig dat daar nie mense oral op haar wit leer rusbanke lê, of skottelgoed oral op haar kombuis kassies staan nie.
"Dorothy! Is jy hier?!"
Geen antwoord.
"Dot!"
Op geen reaksie, sit sy haar reis voort.
Sak neer, skoene uit.
Ontklee, stort.
Spring uit, haas na rok voor haar kas. Hare in bolla, diamand knippies word ingesteek.
Lipstiffie en maskara.
Skoene aan.
Sleutels en selfoon in handsak.
Gryp na die kontrak.
Kyk rond of sy alles het, haas af by trappe.

Uit by die deur, sien sy Dot op die punt van die teerpad, in die verte aankom. Iemand langs haar.
"Ai genade, daar begin dit."
Sy maak of sy hulle nie sien nie, val half in haar motor en haas weg.

"Is daai nie jou suster wat daar ry nie? Sjoe, dis nou iemand wat ek netso eeue laas gesien het."
"Ya, that's her. Not too comfortable with me being here. But, we will see how it goes."
Lynette hou Dot se elke reaksie dop. Sy is nie haar vreugdevolle self wat sy altyd aan gewoont is nie.
"Gaan jy my sê wat jou pla? Jy lyk so… distracted."
"Lynette, you know how we always knew we were on top of the world? Well, I can't tap into that any longer. I feel so useless, empty. As if I am just dragging through each day."
"Nou wat is verkeerd? Het iets gebeur? Ek ken jou nie so nie."
"Agh, such a lot of things, but don’t want to get into all of that now. Come let's go inside and see if we can find some ice-cream anywhere." Sy glimlag met die hoeke van haar mond, maar Lynette weet daar word baie agter dit versteek.
"Okay vriendin. Ons laat dit daar, tot wanneer jy reg voel om te praat. Jy weet ek's altyd hier vir jou." Sy gee haar 'n stywe drukkie en lig haar half van die grond af.
"I see you still have the strength of the bear!"
Albei giggel terwyl hulle by die koue, donker huis instap.

"Daisy waar is jy!"
Sy voel om die foon dood te druk. Sy het geweet sy moes haar klere en goed almal kantoor toe vat vanoggend, maar sy het haarself oortuig sy sál betyds wees.
"Ek is op pad. Gee my so 10 minute."
"Ons is alreeds laat! Weet jy hoe onprofessioneel dit gaan lyk?"
Sy kan hoor hoe vies die man is, steeds hy hou hoorbaar die diepte van sy frustrasie nog terug.
"Dis die vervlakse traffic man, maar ek's nou daar. Belowe. Kom solank af dan wag jy vir my onder."
Sy toet vir die ou tannie voor haar, wat nie weet in watter baan sy wil wees nie. Stadig, in die vinnige baan.
Sy beur verby en sien hoe die vroutjie haar die middelvinger flip in haar tru-spieël.
Dat mens so oud en ongeskik kan wees!
Haar oë val op haarself. Op haar linkeroog het die maskara gesmeer ook nog!
Sy sal dit moet regmaak voor sy by daardie saal ingaan vanaand.

Sy hou voor Daniël stil.
"Ons is vrek laat!" Hy val half in die kar, van alles wil vinnig doen.
"Goeienaand Daniël. Moet jou nie bekommer nie man, ons is daar in no time en in elk geval het hulle nog nie eens begin met die program nie. Ons sal betyds wees, belowe."
"Uh uhm, die Verwelkoming sou al vyf minute gelede gewees het, volgens die program. Hier in my hand." Hy skud die bladsy voor haar oë, dat sy amper nie die pad voor hulle, duidelik kan sien nie.
Sy stoot sy hand automaties weg.
Hy kyk haar vererg aan. Hy moes geweet het om nie op 'n vroumens te vertrou nie. Dit by een van die belangrikste aande, van dalk sy hele loopbaan.
Sy weet nie hoe om dinge reg te stel nie, so besluit liewers om in stilte die pad aan te vat.
Hy probreer als op sy skoot balanseer, terwyl hy aanhoudend luidend sug.
‘n Paar minute later hou hulle voor 'n hoë gebou in die middel van die stad, stil.
Daniël is voor haar uit die motor. Hy wag nie vir haar in die voorportaal nie en verdwyn tussen paar gaste.
Sy handig haar sleutels oor aan die bottelier wat haar glimlaggend groet.
Sy maak haar handsak oop en vee eers die ekstra maskara van haar ooglid af, in haar klein spieëltjie. Sy stryk haar rok reg met haar hand en stap beelderig binne.

In die voorportaal is daar hier en daar nog mense wat gesels, duidelik oor ernstige onderwerpe.
Sy glip by hulle verby en staan verbasend in die ingang van die hoofsaal. Dit is asemrowend binne.
Met die buitekant van die gebou wat so half asvaal is, sal mens nooit kon glo dat dit só binne sal lyk nie!
Swaar, meroen fluweel gordyne al rondom die saal, met blink goue bande en tossels om elkeen.
Die ronde tafels is oortrek met roomkleurige doeke met goue kandelare in die middel van elke tafel. Binne elkeen is donker rooi ruikers met goudgekleurde blaartjies tussen in.
Die sitplekke is goud met meroen fluweel ruglenings en kussings.
Heeltemaal koninklik!
Sy staan en neem nog so die hele plek in, toe iemand haar onder die arm gryp.
Dis Chuck, haar irriterende kollega…

"Well hello beautiful! Wie sou nou ooit kon raai dat jy só kon blom na ure. Ek het jou amper nie erken nie!"
"Waar is Daniël?", ignoreer sy sy opmerking, "ek is veronderstel om saam met hom aan tafel te sit."
"Kom ek lei jou na hom toe. Grootbaas is gelukkig nog nie hier nie, anders het julle twee dit behoorlik gehoor."
Darem klein bietjie verligting.
"Luister, wie was dai meisiekind wat vandag daar by jou kantoor opgedaag het? Sy lyk darem soos 'n lekker stukkie vleis jong." Hy lek sy lippe en lag toe hy die uitdrukking op haar gesig sien. "Wat? Mag mens ook niks vra nie!"
"Wie en wat my kom besoek het absoluut niks met jou uit te waai nie. Kan jy my nou uitlos, dat ek daar voor kan luister asseblief."
Hy knik sy kop met 'n glimlag.

By hul tafel gekom, trek hy haar stoel vir haar uit. "Enige iets vir u, mademoiselle".
Parmantig!

Haar foon vibreer in haar handsak.
Dis Max!
Sy glimlag en kyk eers rond of niemand sien nie en duik half onder die tafel in, om te antwoord.
"Naand my skat, ek weet ek is bietjie laat, maar voorspoed vir vanaand!"
Sy kon sy breë glimlag in sy stem hoor.
"Dankie skat! Ek het so pas hier aangekom en ek dink Daniël is kwaad vir my, hy wil nie eens met my praat nie," giggel sy. "Ek wens jy kon hier wees by my. Die plek is asemrowend! Ek dink ons kan dit sommer vir ons onthaal gebruik vir die troue!"
Hy lag aan sy kant. Hulle spot altyd oor hoe hulle troudag sou wees, maar het nog nooit ernstig daaroor gepraat nie.
"So, nou gaan dit in 'n gebou wees? Wat het dan nou geword van die Kaalvoet-op-die-Strand-troue?"
"Oh, oeps, nee ons hou dit steeds op die strand. Hoe gaan jy dan nou jou soepel kuite kan adverteer in 'n gebou soos dit?" jou sy terug.
Albei giggel.
"Ek moet gaan, die mense begin onrustig raak hier om my, ek dink ek steur hulle. Mis jou my skat!"
"Mis jou netso. Laat my weet wanneer jy by die huis is, dan bel ek weer om jou geluk toe te wens."
"Okay, maak so. Bye!" fluister sy en plaas die foon terug in haar sak.

Hy het soveel vertroue in haar dat sy dié jaar se Nobelprys sal wen.
Veel meer vertroue as wat sy in haarself het.
Sy dink eintlik self dat Daniël dit meer verdien. Hy het meer kliënte gewin vir die onderneming hierdie jaar en daardie artikel wat hy ‘n paar maande terug geskryf het, getitel "Dogter van Sirië", het selfs háár hartsnare getokkel. Sy storie het die leser so diep getref en dit was ongelooflik om te sien hoe 'n man trane uit selfs haar binneste kon laat uitspruit, net deur pen en papier. Daar was soveel uitstekende resensies, dat hulle verkope die volgende maand sy hoogepunt vir die jaar bereik het.

Sy kan maar net hoop dat die afgelope maande se lang ure oortyd en haar besondere harde werk vir iemand, êrens, iets sou beteken. Of dalk net die feit dat sy daardie ongelooflike nuwe pos prysgegee het, by hulle onderneming se opponent…

'n Paar mense word opgeroep vir hulle trofeë in beste bywoning, hoogste produksie ensovoorts.
Hier en daar word 'n toesprakie gelewer.

Die hele aand is eintlik so vervelig, die mense om die tafel gesels nie eens rerig met mekaar nie, almal kyk net voor hulle uit en luister.
Sy wag net vir die hoof trofee. Die ander is almal onbenullig.

Skielik hoor sy haar naam.
"Daisy Winterbach, vir haar voortreflike woordspeling in die Verslag van die Jaar: "SA Human Trafficers: Exposed!".
Almal begin handeklap en sy staan heel verwaard op. Haar oë val direk op Daniël en sy kry innig lag toe sy die vraagteken op sy voorkop sien form. Definitief 'n hupstoot in die regte rigting, as haar skrewe Daniël se beste artikel kon oorskadu.

Terwyl sy vorentoe stap, besef sy vir die eerste keer dat sy nooit enigiets voorberei het as toespraak, sou sy iets anders as die Nobel wen nie. Sy word senuweeagtig, maar ruk haarself reg voor sy die platform bereik. Klein prys, klein toespraak. Sy sal net dieselfde doen soos al die ander voor haar, net dankie sê vir almal en dit's dit. Haar spesiale, geoefende toespraak, sal sy hou vir haar Nobel.

Een van die Direkteure oorhandig self die sertifikaat en trofee.
Handdruk, glimlag.
"Dit is 'n eer om hierdie toekenning te ontvang, onverwags, maar baie waardeur. Ek wil graag vir Tamson Dollar en Wilton Scott bedank, vir hulle ure wat hulle saam met my spandeer het, op al daardie navorsing wat ons moes doen. Puik joernalistiek van my eie kollegas, was weereens aan my bewys en ek glo julle verdien hierdie teiken van waardeuring net so baie soos ek. Baie dankie aan almal wat my ondersteun het en dankie vir eer aan my betoon." Sy knik haar kop en glimlag.
Handeklap.
Stadig van die trappies af.
Sy loop verby Chuck en hy glimlag met haar. Is nie dát hy met haar glimlag nie, maar net die manier hoé hy dit doen. Hy bekyk haar stadig op en af en skud sy kop. Sy oë ontmoet weer hare en hy knip oog.
Sy gril en loop vinniger tot by haar sitplek.

Daniël steek sy hand na haar uit.
"Baie geluk Daisy, ek glo jy verdien dit."
Sy bedank hom, maar weet nie of hy dit rerig bedoel, of net sarkasties is nie.
Sy kon hom nooit rerig lees nie. Dink nie enige een kon nie.
Nou vir die wag op die hoofprys…



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

daisy
Lekker gelees en ja het hy dit nou opreg bedoel of nie? Dankie vir die deel.
5 jaar 11 maande 5 dae 16 ure oud



LIESBETH

deur Trixie

'n Tradisionele roman wat wye lewensveld in kompakte tonele aanbied. Liesbeth stoei onwetend met die emansipasie-draak en vind uiteindelik vrede by Hein.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar