Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Daisy lê op haar maag en bak in die son.
Sy is besig om die boek “Redeeming Love” van Francine Rivers, te lees. Die boek het haar so baie geleer van vrou wees. Hoe die lewe jou kan aftakel dat jy voel daar is geen manier uit nie. Jou lelike verlede klem aan jou vas, tot Iemand jou volkome red. So ‘n mooi storie wat jou leer om ook nie ander vroue te oordeel, wie mens so maklik op neer kan kyk nie.
Dis al die tweede keer wat sy die boek deurlees en dit tref haar weer so diep. Sy kan medelye het met hierdie vrou wat uit haar donker put wil uitkom, maar élke keer herinner word van wat jy was…

Die bal val langs haar op die sand en Max kom dit optel. Hy en ‘n paar ouens speel krieket op die strand. Dit is so maklik vir mans om so gou vriende te maak. Hy soen haar op die wang en hardloop terug na hulle.
Sy draai om en sit regop. Dit is so rustig hier. Nie eens die prag van Namakwaland se verskeie blommegroei wat bloei in die lente, kan met die see vergelyk word nie. Dis net een groot wonderwerk hoe die groot massa water by ‘n punt kan stop en nie die land kan oorweldig nie.
Die branders breek kort-kort na mekaar. Een tree vorentoe, een tree terug.
Die vars seelug word diep ingeasem.
Êrens kla ‘n seemeeu...

Haar oë rus op die manne wat speel. Hulle geniet die sport, maar daar is ‘n paar wat die spel té ernstig opneem. Sy kry lag vir die een met die rooi kortbroek, wat so skel oor de laaste dingetjie.
“Kom nou manne, dis mos nou nie veldwerk dit nie! Hardloop vir die bal! Gooi terug! GOOI TERUG! Genade, maar julle is aan die gevrek!”
Sport is veronderstel om ‘sport’ te wees.

Hy laat haar aan haar eks, Morné dink. Hy was net so ernstig wanneer dit by sport kom. Destyds toe hulle nog saam was, was Kepler Wessels nog kaptein van die SA krieketspan.
Morné het netso geskel en tekere gegaan as die skeidsregter "se oë toegeplak is" of hulle "geblackmail was om teen die SA span te beslis."
Hy was so simpel somtyds.

Hy het hom nou ingelééf in allerhande sport. In graad 11 en 12 was hy kaptein van die onder 18A en onder 19A spanne, onderskeidelik. Hy was wel nou nie so sterk gebou soos Max nie, maar vir sy tingerigheid was 'n hy 'n uitstekende sportsman.
Hy was die perfekte blou-oog boerseun. Wie sou nie wou omgee om met so 'n gewilde ou uit te gaan nie? Dan is hy nog so oulik ook. Natuurlik moes sy ja sê, toe hy haar uitvra na hulle Matriekdans.

Van daar was hulle gekeis, vir wat soos 'n ewigheid gevoel het.

Op skool het hy verskriklik gesukkel met Engels praat, maar die meisies was nogsteeds mal oor hom. Hulle het gedurig vir hom briefies geskryf en kaartjies gemaak vir al die spesiale dae, maar dit het nie vir Daisy gepla nie. Sy't geweet hoe hy oor haar voel. Hy het geen geheim daarvan gemaak nie.

Morné Marais.
Vyf lange jare van haar lewe, het sy met hom deurgebring.
Dit voel soos 'n leeftyd terug.

Dit was haar eerste liefde en sy het rérig gedink daar sal nooit weer iemand na hom wees nie.
Sy was só lank ‘n enkel persoon, dat sy so gesukkel het om met Max in haar lewe gewoont te raak. Sy was al so ver gevorderd in haar selfstandigheid, dat sy amper glad nie 'n man meer nódig gehad het nie. Selfs tot vandag toe, vind sy dit moeilik om iets van hom te vra. Sy sal liewers deur iets sukkel, voor sy hom daarvan sal laat weet. By dan, is dit amper heeltemal té laat vir hulp. Hy kan altyd so kwaad vir haar word vir dit, maar sy kan nie help nie. Die lewe het haar geleer om vir haarself te sorg.
Onder haar bewussyn, was net die vrees dat hulle nie vir ewig sal hou nie. Hoe lank het sy geneem, nét om aan sy familie voorgestel te word? Oor en oor moet hy haar bewys dat hy daar is om te bly.
Sy begin darem nou al bietjie, in dit te glo.

Dorothy kom weereens in haar gedagtes te voorskyn.
Vandag, het Daisy haar in ‘n ander lig gesien.
Dorothy was altyd die harde een. Die liefhebber van genot.
Sy weet nie wanneer laas - of sy al ooit - haar suster sien huil het nie.
Só sien huil het nie.
Haar bitterheid was byna tasbaar.

Die boek word weer terug in die mandjie geplaas en sy besluit om terug te keer huis toe. Miskien moes sy haar net wakker gemaak, soos sy belowe het. Sy kon haarself net nie daartoe bring nie. Haar slaap was té soet.
“Max! Ek gaan nou terug. Na Dorothy!”

“Okay, ons kom later op!”

“Daisy WAG!” Russell kom na haar aangedraf. "Laat ek liewers gaan.”

“Russell, asseblief, dit is nie nou die tyd om jou ego te streel nie, my suster het iemand nodig om mee te praat.”

“Ja, presies. Ek voel sy sal met my kan gesels. Gister het sy iets gemompel in haar slaap, dis asof iets haar smoor. Ek sê julle daar is groot fout. Julle wil my nie glo nie. Gee my kans dat ek met haar gesels, asseblief.”

“Dis mý suster. Ék is veronderstél om met haar te praat.”

“Wie se ego moet nóu gestreel word? As sy nie met my wíl gesels nie, dan goed. Ek sal haar nie forseer nie. Jy kan dan oorneem. Hoe klink dit?”

Sy kyk verby hom na Max, wat in die agtergrond na hulle staar. “Okay, goed. Net die één kans. Dan vat ek oor.”

Hy glimlag en lig haar van haar voete af op.
“Sit my neer! Die mense kyk!”
Hy lag nog harder en plaas haar weer neer op haar handdoek wat so kleurvol op die sand uitgestrek lê.

“Jy sal nie spyt wees nie!” Hy vat ‘n drafstap op na die huis.

“Hey! Jy’s volgende om te kolf!”
Daisy wys vir Max deur gebare dat hy hom maar moet aflos.
Diep binne weet sy, hy sal tog ‘n beter kans het as haar, om iets uit haar suster te kry. Al die mans het gewoontlik.

Die note van “Va Pensiero” prikkel Russell se ore, hoe nader hy aan die huis kom.
Hy kan nie glo dat Dorothy só talentvol kan wees nie. Hy het hom altyd uitgeleef op die instrumente in Daisy se musiekkamer en kon nooit verstaan hoekom sy self dit nooit gebruik nie.
Dit het ornamente geword. Wat stof trek.
Baie keer moes hy die kitaar se snare weer instel, want dit staan net eenvoudig té lank.

Sy speel die lied weer van oor af.

Hy kom die woning saggies binne en is saggies by die trappe op, sodat hy haar nie mag steur nie.
Musiek doen net iets aan ‘n mens. So nader hy kom, so rustiger voel hy van binne. Hy glip in by die vertrek en staan ‘n oomblik net teen die muur en hou haar dop, terwyl sy speel. Van agter af, kan hy voel haar oë is toe.
Haar lang blonde krulle, swaai heen en weer op haar rug.

Toe sy by die gedeelte “Arpa d'or dei fatidici vati” kom, bars hy uit in sang. Hy kon homself net nie inhou nie. Die lied neem hom terug na sy beste jare, toe hy in die skoolkoor was. Baie van sy vriende het hom uitgejou, omdat hy so ‘n besluit sou neem terwyl hy ‘n rugbyspeler is, maar hy het nie omgegee nie.
Musiek is ‘n sy familietrend.

Haar skrik en uitbars van die lag is terselfdertyd. Sy wil nie na hom omdraai nie, want sy wil haar bloedrooi gesig vir hom versteek. Sy speel liewers in stilte voort, dat hy die lied kon klaar sing. Intussen kon sy die res van haar trane terugsluk.
Sy maak of sy haar hare uit haar gesig vee, maar verwyder eintlik die bewyse van trane van haar wange af.

Sy eindig hard af en hy gryp haar vas van agter af. “Dit was nou SO goed Dororthy! Jy sal dit nooit glo nie, maar opera sing was een van gunsteling dinge om te doen."
Sy draai om en hy ignoreer haar trane. Haar hele t-hemp voorop, is sopnat.

Sy glimlag. “Believe me, I can see that.”

“Weet jy hoe mal die meisies was oor dít? Al die manne dink altyd dit gaan oor hoe goed jy sport kan maak. Ek het hulle bene mak gemaak met my sang. Hulle het geen kans gehad nie. Okay, dan natuurlik was my sport ook van so ‘n hoë gehalte dat ek die res ook oorgewen het. Ek was eintlik blerrie goed, if I must say so myself.” Hy glimlag vir homself.

Dís nou presies hoekom sy nie van hom hou nie dink Dot. Die man is te vol van homself. “Where are the others?”

“Hulle is nogsteeds onder op die strand. Ek het… gou kom kyk of jy al wakker is.”

“So I am awake, now what?”

“En nou?” Hy wil terug ombeskof wees, maar keer homself. Hy moet eers informasie kry.

Sy draai om op die stoel en skakel die klawerbord af. Sy trek die seil oor en maak dit heeltemal toe.

“Ek wou jou eintlik kom haal om saam met ons bietjie in die water te baljaar. Kom, trek aan jou baaikostuum, dan stap jy saam my terug.”

“I don’t evens own one.” Sy weet daar moet nog êrens een of twee van hare in die kas, van toe sy laas hier was, wees. Sy weier om in dié toestand in een te pronk. Buitendien, het sy elk geval nie lus vir hom nie. “You go, I will prepare a meal so long. It will be ready when you guys get back.”

“Okay, dan help ek jou.”

Wil die man haar dan net nie uitlos nie?
Sy stap verby hom en gaan kombuis toe.
Hy volg haar.
“Wat het jy in gedagte?”

‘Om jou in jou peetjie te stuur’ dink sy, maar sy gedra haarself.
“A light meal, cold meats, salads…”

“Dit klink maklik genoeg! Ek sal solank die aartappels opsit vir slaai. Dis nou my spesialiteit. Eintlik is dít, behalwe blaarslaai, al wat ek rég kan doen.” Hy lag. “Mense dink ek’s die perfekte kok, maar ek gee altyd net dieselfde spyskaart, as hulle net mooi oplet.”

Dorothy vererg haar vir die man wat so al oor haar is. Sy hou in die eerste plek nie van só werk nie. ‘n Vrou makeer vryheid in die kombuis. Nou is dit nog hý ook, van alle mense.
Sy haal al die benodighede uit en plaas dit op die kombuistafel. Uit niksheid, kry sy ‘n skielike odor van gebraaide hoender en besluit sommer om dit af te bak. Sy het lanklaas ‘n orderntlike dui of boudjie geëet.
Russell se oë voel sy die heeltyd op haar, terwyl sy in stilte werk.

“Wat pla jou?”
Hy draai soek nie eens ‘n draai om mee uit te kom nie.
“Nothing, why?”

“Ek weet jy is op die oomblik bietjie irriteerd met my, maar dis nie al wat in jou gedagtes aangaan nie. As mens so frustreed is, sal als jou pla. So, wat is éintlik fout?”

“You don’t know me at all, which means you don’t know how I feel. Let’s just leave it there.”

“Is dit ‘n liefdesteleurstelling? Dis al wat dit kan wees, want jy is selfs irriteerd met Max en hy is die lieflikste man op aarde.”

“When was I ever rude to him?”

“You don’t have to be, but I can see how you pull your face when he is so loving with your sister. You are irritated with men. In general. So what did this guy do to you? It’s because of him that you were crying this morning, right?”

Wat gaan aan met die man?! Dit het absoluut níks met hom te doen nie!
“I am not even going to comment on that. What is it to you in any case? Just leave me the hell alone!”

Sy wil uit die kombuis uit storm, maar hy spring uit sy stoel uit op en dring haar yskoue aura binne, soos ‘n aangespande wa.
“Luister hier vroumens, ek mag miskien vir jou voor op die wa klink, maar ek gee eintlik om vir jou. My eie ma het so gely onder dai man van haar en ek hou nie daarvan om vroumense in bitterheid sien nie.” Hy kry weer van voor af seer, toe hy aan sy stiefpa en sy houdings dink.
“Ek wil jou help.”

“Is thís how you offer help to someone?”

Hy trek sy gesig op ‘n ongemaklike manier dat sy moet lag kry. “Wel… ek weet nie hóe nie, maar ek probeer?”

“THIS, is clearly not the way. Even if I tell you, you will never be able to help me in any case. So please, just forget about it.”

“Okay, ek maak jou ‘n deal. Beantwoord net drie vragies vir my, dan los ek dit. Belowe.”

“And… you would not ask about this again?”

“Yes! I won’t.”

Sy word bietjie senuweeagtig, want sy weet nie wat hy mag vra nie.
“Let’s make it one question, you promise not to ask about it again and I will teach you how to fry the chicken.”

“I braai the chicken outside on the grill, I ask you two questions only, but the answer to the first one, must be a ‘yes’”.

Dit klink maklik genoeg.
“Deal!”

“Spandeer die hele dag met my môre.”

Sy het eintlik alreeds planne, wat sy moét uitvoer.
“Tomorrow is Monday, you have to go to work.”

“Ek sal ‘n dag se verlof in sit. Jy mag in elk geval nie nee sê nie.”

“Defeated. Okay, yes.”

“Tweede vraag…
Is jy swanger?”

Haar hart klop verdowend in haar ore.
Hy staar haar aan en haal nie sy oë van haar oë af weg nie.

“Please, just don’t tell my sister…”



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

8
Oi...hier is nou 'n groot verrassende kinkel...en wat nou?
Ek wil voorstel dat jy jou werk hardop moet lees, voor jy publiseer. Jy sal meeste foute so kan korrigeer.
4 jaar 5 maande 2 weke 6 dae 20 ure oud



DVD-reeks, HOE HOOR EK DIE HERE SE STEM

deur Christo Nel

Hoe hoor ek die Here se stem? Soveel gelowiges vra gedurig: Maar hoe hoor ek die Here se stem in my lewe? In hiedie DVD-toerustingskursus gebruik Christo Nel 9 sessies om verskillende fasette van die antwoord op hierdie vraag vir gelowiges te belig.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar