Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Sy begin saggies te ween en Russell hou haar sorgvuldig teen hom vas. Sy is so klein en fyn. Hy vryf oor haar lang hare. Dit ruik so vars. Soos vrugte.

Sy hou op snik en kyk hom vol in die gesig. “How did you know?”

“Ag, ek het my ways and means.”

Sy slaan hom op die skouer. “Seriously, what gave me away?” bekommerd, dat as hý sou sien, wie anders kon ook nie?

“The horseriding. When Dawid asked us all to join in, you stood aside and laid your hand on your belly. Then you declined.”

“I did?”

“Then; the whole day I watched you and you were just too overcautious in everything. Oh, AND of course, your tummy also gave it away. You are too skinny, for a bump like that?!”

Hulle altwee kyk na haar maag.
Miskien moes sy toe nié hierdie t-hemp aangetrek het vandag nie? Sy wil lag, maar is té bekommerd of iemand anders al hierdie dinge, ook dalk opgelet het.

“Don’t worry. I don’t think anybody else noticed. They were all too busy with their own thing. Is it his? I mean, is it the baby of the guy that upsets you so much?”

Sy draai haar rug op hom en begin die hoender in die warm olie te braai. “Yes it is, but I would prefer not going into that right now.”

Net daar verloor hy sy greep oor haar. “Ag nee, dis okay. Sodra jy vry voel om daaroor te praat, is ek altyd hier. Jy hoef jou nie te bekommer nie, ek sal nooit uitpraat nie.”

“Thank you, I appreciate it. I just have so much to deal with right now. I don’t think that I would be able to handle my sister on my case about this, too.”

Hy glimlag met haar, om haar die versekering te gee dat hy dit verstaan.

Hulle werk lekker saam en maak die ete klaar. Sy die hoender en hy sy spesialiteit: sy twee slaaie.

“Hulle wonder al seker waar ek is. Sal jy my vergesel af na die strand? Asseblief?”

Sy haal diep asem. “I think it will do me some good. Yes, of course I will go with you. Give me a few minutes.”
Sy hardloop by die trappe op.

Russell sug.
Hy kan nie verstaan dat hy so intereseerd is in hierdie meisiekind nie. Hy voel so besorgd oor haar. Ander dae sou hy lankal so iemand verneder het. Dis asof hulle soort altyd bejammer wil word. Vir hom, is hulle totaal en al pateties. Soos sy ma. Sy het agteruit gegaan onder haar nuwe man, swaar onder hom gely, maar sy het hom altyd terug gevat. Sommige tye soek vroumense net daarvoor. Dit is waarom hy nie ‘n vrou kan verdra wat oor manne tjank nie.
Maar met Dorothy is dit verskillend.
Sy is net… anders. Hy weet nog nie alles wat in haar lewe aangaan nie, maar dis asof hy wíl weet.
Hy wíl haar leer ken.

Hy staan nog so verlore in sy eie denke, toe Dot terug kom. Sy halt op die boonste trap en hou hom fyn dop. Dat hy so maklik van haar diepste geheime uit haar kon trek, gaan haar verstand te bowe. Iemand wat haar meeste van die tyd, tot die dood toe irriteer. Sy begin sien hom nou in ‘n ander lig. Sy vertrou nie maklik iemand nie, maar hy maak dit darem maklik om mee te praat. Iets wat sy nog vir niemand gesê het nie, is nou in sy sorg vertroud. Sy hoop en bid net, dat dit rêrig net by hom sal bly, soos hy belowe het.

“I am ready!”

Sy is geklee in ‘n dun gaas rok, wat ‘n swart agtergrond het met groot blou blomme op. Onderaan het sy ‘n donkerkleurige baaikostuum aan. Soms sien hy haar aan as ‘n weerlose kind, maar tye soos dit, blom sy soos ‘n aantreklike, volwasse vrou.
Haar intrige bemes dit net nóg meer!
Hy let op haar ongemaklikheid en haal sy oë van haar lyf af weg.

Sy sit haar sonbril en -hoed op.

“Okay, hou gou bietjie vas.”
Hy neem ‘n glasbottel lemoensap uit die yskas, met ‘n paar glase en gee dit vir haar. “Is daar plek in jou sak vir dié glase?”
Sy plaas dit daarin en hy dra die koeldrank.
“Reg!” Hy hak haar in onder haar arm. “Kom ons gaan.”


Moét sy nou die kortste rokkie in haar kas aantrek? Die boonste paar knope is nie eens toegemaak nie. Alles moet gedurig uitpeul!
Ja, dis die strand, maar nog altyd. ‘n Mens hét darem nog ‘n bietjie selfrespek.
Daisy rol haar oë - onder haar donker brille - vir haar suster.

“Hey Sis! You were right, it is always so nice down here.” Sy rol haar handdoek uit, langs Daisy sin. “We prepared food for later.”

Russell plaas die bottel langs Daisy neer. “Kom, skink vir ons ‘n dop! Dis vrek warm!”

Sy trek haar neus op in ‘n vraagteken. Sy wil graag weet wat by die huis gebeur het, dat Dot sou instem om saam met hom af te kom. Dot lyk darem nét te kalm.

Hy skud sy kop en wys met sy oë na Dot. Die vrou staan net langs hom. Hoe op dees aarde kan hy van haar praat as sy nét daar staan?

Daisy rol haar oë. Sy draai om en begin liewers die koeldrank te skink.

“What is your book about?”

Sy wou nog irriteerd vra: ‘watter boek?’, maar toe sien sy haar suster verwys na die leesboek wat by haar sak uitsteek.
“Dis ‘Redeeming Love’. ‘n Boek van een van my gunsteling skrywers. Dit gaan oor ‘n vrou wat… eintlik moet jy dit sélf lees. Ek het dit al voorheen deurgelees, so ek kan dit solank vir jou leen?”

“Thanks, I would love reading it.” Eintlik weet sy dat sy nooit kans sal het om dit klaar te lees nie. Sy sal dalk eendag self vir haar die boek uitneem, wanneer sy weer terug Springbok toe.

“Dorothy!!” sy draai om in die rigting van die skril stemmetjie wat haar naam uitroep.
Lynette kom aangedraf na haar toe.

“Hey girl!” sy trek haar eenkant, weg van Daisy se glurende oë.
Sy hou haar hand in haar hand vas, heel uitasem. “Hoe gaan dit?”

“Good thanks. What’s up?”

Lynette kyk angstig rond. “Luister, ek gaan later ‘n draai kom maak by julle. Jason is op my spoor. Hou jou foon by jou, ek sal jou bel en verduidelik.”
Sy gryp Dorothy met albei arms om haar nek en soen haar op haar wang. “Sien jou later liefie!”
Sy draf weer weg.

“Okay, what was that all about?” fluister Dot vir haarself.

“Wanna join us for a swim Dorothy?”
Max is die keer aan die woord.

Daisy spring op. “Ek sal!”

“No thanks Max, I will maybe join you later. I first want to soak up some sun.”
Sy gaan lê op haar rug, uitgestrek op haar kombersie. Haar oë is toe onder haar donker brille. Al wat sy op konsentreer is die golwe, wat een na die ander neerslaan.
Sy het altyd ‘n skulp in haar kamer gehad, by Ma se huis. Dit het sy altyd teen haar oor gehou, nét om haar te herinner aan die gevoel wat sy het, wanneer sy by die see is.
Nou kan sy dit in werklikheid ervaar met die seelug én sonstrale.
Die beste gevoel op aarde!

Sy lig haar bene en trek haar voete nader, dat haar knieë in die lug is. Haar arms langs haar uitgestrek.

Meteens voel sy ‘n koelte oor haar liggaam heers. Sy maak haar oë oop. Dis Russell wat oor haar hang.
“Is jy wakker?”

“I júst closed my eyes; so yes, I am.”
Gaan hy nou weer ‘n pes wees, nou dat hy net ‘n klein bietjie meer van haar weet?

“You want some juice?”

“No thanks. I’m good.”
'Jong, verdwyn net asseblief.'

“Wie is daai mooi meisie wie nou hier by jou was?”

“A good friend of mine. We used to hang out, when I used to live here.”

“So jy het al voorheen hier by jou suster gebly?”

“For a while, yes. A few years back.”

“Is jou vriendin darem single? Want lyk my al julle mooi vroumense is alreeds gevat.”

“Actually no. She has a boyfriend. He lives around here somewhere. Didn’t meet him yet.”

“Het jy ander vriendinne wat jy dalk aan my kan voorstel? Ek meen maar, geen man is ‘n eiland nie.” Hy gaan lê op sy rug, langs haar.

“No I don’t. Daisy must have a few friends? You should ask her.”

“Ag, Daisy is ‘n ander een. Haar lewe draai net om Max en haar werk. Ek dink nie eens sy hét vriendinne hier nie. So snaaks dat jý een het, wat nie eens hier bly nie.” Hy lag.

Daisy mag wees wat sy wil, maar niemand anders sal haar suster afdruk nie.
“Exactly. She ís different. That is what makes her so special. No person would be worth her friendship in any case.”

“Ek maak net ‘n grap, jy hoef nie alles so ernstig op te neem nie.”

“I’m not. I am just saying.”

Hulle albei bak verder in die son, in stilte voort…

Max slaan spelerig water op Daisy se lyf. Sy glimlag.
“Wat is fout skat? Jy is nie jouself nie.”

“Wie anders moet ek wees?” Sy lag onderlangs. “Ek’s oraait man. Ek dink net alweer aan Meneer Pietersen,” lieg sy.

“Het jy al toe met sy vrou gesels?”

“Nee ek het nie, ek voel ek moet later ‘n draai daar gaan maak. Ek wil nie môre by die werk kom en nie weet wat om te verwag nie.”

“Wil jy hê ek moet saam met jou gaan?”

“Sal jy?” Sy lyk heeltemaal verlig.

“Natuurlik sal ek. Ons kan dan sommer vir Russell huis toe neem, dan kan jou suster bietjie tyd alleen spandeer.”

Almal is só bekommerd oor Dorothy.
“Goed. Ek sal gou vir die ander gaan sê.”

“Nee, wag eers!” Hy hardloop agter haar aan en duik haar om. Hulle altwee val onder die branders in. Sy sukkel om lug te vang.

“Is jy mal! Ek versuip amper!”
Hy lag en mik om haar weer om te duik. Sy begin saam met hom lag. Sy waarsku hom met die wysvinger: “as ek jóu gaan omduik, dan huil jy eerste nê, so hou op!”

Hy lig albei sy hande in oorgawe en volg haar gehoorsaam, na die ander twee.

“Hey julle. Ons kan lekker almal gou saam eet, dan gaan ek en Max vir Mevrou Pietersen gaan kuier.”

“Jou baas se vrou? Okay, dan wat van my?”

“Ek sal jou huis toe neem? Jou ma wag mos nou al baie lankal vir haar seun!” jou Max.

Russell kyk eerste ding na Dorothy. Moet hy die offer teëstaan?

“Yes, when you all are gone, I can start reading your book Daisy.”

Hy het sy antwoord. “Okay goed, jy kan my maar huis toe neem.” Hy fluister in Dorothy se oor: "ek sien jou mos in elk geval, die hele dag môre."

Sy sluk haar frustrasie en glimlag met hom.

Hulle tel al hulle goedere op en stap almal saam op na die huis, vir ete.

By die huis gekom, pak Daisy eers al die goedjies weg. Daar is ‘n oproep wat sy gemis het op haar selfoon, van ‘n nommer wat sy nie ken nie.
Hulle sal weer terug skakel, as hulle haar rêrig soek.
Die battery is byna pap. Sy prop dit in by die kragprop langs die yskas.

“Jy’s die gas Dorothy, sit jy. Ek sal jou suster help.”
Dorothy hou Max dop, terwyl hy weereens so handig in die kombuis is. Watter man is só lief daarvoor, om sy ander helfte so te help? Dit lyk asof hy alles vir en met haar sal doen, haar op die hande dra.
Shaun het baie vir haar gedoen, maar nie eens hý was so nie.

“Hoender en slaaie? Dis nice! Baie dankie julle twee!” Daisy skep almal se borde en plaas dit voor hulle neer op die tafel.
Haar foon lui weer.
Dis dieselfde nommer, wat voorheen gebel het.

“Daisy wat praat, goeie middag.” Die foon grens ‘n bietjie.

“Hi Daisy. Hoe gaan dit met jou?”

“Goed dankie, wie praat nou?”

“Jy kon tog nie so gou my stem vergeet het nie?! Dis ek man, Morné. Morné Marais.”



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

daisy
Ek ditto vir Kiekies, kan nie wag vir opvolg. Lekker gelees
4 jaar 6 maande 1 week 2 dae 2 ure oud


9
Hier is sowaar alweer nog 'n kinkel oppad! Ek's nuuskierig.
4 jaar 6 maande 1 week 2 dae 5 ure oud



Katarsis

deur http://www.woes.co.za/

Katarsis, ’n versameling gedigte deur 3 skrywers, tribalmoon, Berg en Chenél Pieterse-Boyle in Afrikaans, bevat ’n uiteenlopende versameling gedigte wat ’n ryk diversiteit van temas en denke byeenbring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar