Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die gedruis word alhoe harder en die helikopter kom vinnig nader, maar Ayla hoor nie eers die geluide nie. Sy klou nog aan die soldaat vas en terwyl haar trane vloei. Sy voel nog nie op hierdie stadium die pyn van haar wonde nie want die seerste is haar hart. Na 'n paar oomblikke land die helikopter waar daar plek is. Jaco en die vlieëniers spring albei uit en hardloop na die soldate toe. Al waaraan Jaco kan dink is waar is sy twee meisies soos hy na die drie persone hardloop wie hy dink is almal net soldate. Hy hardloop so vinnig as moontlik tot by hulle en haal sy helmet af en sit dit onder sy arm. Die tweede soldaat staan dadelik op aandag toe hy besef dat dit sy meester is wat hier voor hom staan. Hy salueer hom terwyl hy saggies teen sy kameraad se skouer tik. Die ander soldaat kyk op en sien daar staan sy meester en net soos hy wil opstaan sien Jaco wie in sy arms vasklou vol bloed en trane. Jaco beduie met sy hand dat hy moet bly sit. Dan sak Jaco af op sy hurke sit sy helmet neer en sit sy hand op Ayla se skouer. Eers sê hy niks nie hy sit net so en voor hy 'n woord kon uit kry draai sy haar kop om te sien wie aan haar vat. Haar oë verhelder en verlig terselfdertyd en sy gryp Jaco om die nek en begin van vooraf weer huil. Hy gooi sy arms om haar en bly haar ter ruste stel so goed soos wat hy kan. Hy hou haar styf vas sonder om te laat gaan. Hy wag geduldig totdat sy bietjie meer rustiger is dan trek hy terug en hou haar aan die skouers vas en kyk haar in haar rooi gehuilde oë.

"Ayla, ek gaan jou na die basis toe stuur saam met die soldate en ek gaan ook saam. Alles is nou oraait."

"Jaco. Marlouise..sy..sy..sy is dood. Ek het probeer om haar te red, maar ek was te laat."

"Dis oraait skat. Dis nie jou skuld nie."

Rustig sit hy sy arms onder haar bene in en agter haar nek dan tel hy haar op en dra haar helikopter toe. Hy sit haar in die sitplek neer en maak haar vas en verduidelik aan die ander vlieënier dat hy solank na haar wonde moet omsien. Hy roep die twee oorlewende soldate en sê dat hulle moet saam gaan en self na hulle hospitaal toe gaan hy sal later met hulle praat. Die ander vlieënier stap om na Jaco toe en hou voor hom stil.

"Meester wat van U?"

"Ek gaan hier wees, laai hulle af en kom terug met 'n paar vars soldate sodat ons die lyke kan begrawe ensovoorts en maak of jy haastig is."

"Reg so meester."

Die vlieënier klim by die helikopter in en druk sy knoppies en na 'n tydjie begin die lemme weer hard druis en binne oomblikke styg hulle op en vlieg in die rigting van die basis en soos Jaco na die helikopter staar wat die horison in verdwyn bal hy sy vuiste hard. Hy draai stadig om en begin deur die slagveld loop. Soveel soldate wat dit nie oorleef het nie en Marlouise. En hoekom nou juis die plaashuis aanval. Hy stap nader aan die voordeur van sy huis en daar sien hy haar lê, die meisie wat jare saam met hom deur gebring het van weeshuis tot weeshuis. Hy sak af en tel haar liggaam op en die bloed loop nog by haar wonde uit. Dit smeer af op sy panser soos wat hy haar vashou en dra. Hy stap na die agterste gedeelte toe van sy huis en stap reguit aan tot by 'n eensame ou boom wat op sy eie staan. Hy lê haar liggaam neer aan die eenkant en sak op sy knieë neer en trek die panser se arm en hand gedeeltes uit. Hy gooi dit eenkant neer en begin met sy kaal hande grawe. Hy grawe hard en aanhoudend en soos wat hy grawe val 'n traan elke nou en dan op die stofwerige grond neer. Hy bly grawe en grawe en grawe. Na 'n tyd het hy 'n diep genoeg graf grawe. Hy bly sit op sy hurke langs die Marlouise se liggaam en staar net na haar. Die ongeloof dat sy dood is, is net so onwerklik vir hom en hy het regtig nie gedink dat so iets sou gebeur nie. Hy tel die meisie se boliggaam op en hou haar styf teen sy bors vas terwyl sy trane af rol oor sy wang en op Marlouise se bloederige wang val. Hy tel haar liggaam saggies op en sit haar neer in die graf en begin stadig haar toe gooi met die sand. Soos wat hy haar toe gooi begin hy woede voel in hom kook. Hy sal van nou af nog minder genade hê vir sy vyande as vantevore en die dag kan nie gou genoeg aanbreek dat hy hulle heeltemaal uitwis nie.

Nadat hy haar graf toe gegooi het staan hy op en trek weer sy arm en handstukke aan. Hy stap terug na die voor erf toe en tel sy helmet op en kyk weer oor die slagveld. Al die lyke van goeie soldate en die bloed plasse, die vuurtjies wat nog hier en daar brand die patroon doppies en die roet wat teen alles is. Hy sien selfs 'n ent weg lê De Wet wat dit ook nie gemaak het nie. Twee soldate, net twee wat oorleef het mompel hy so saggies vir homself terwyl hy nog oor die slagveld rond staar. Hy stap rond oor die slagveld en besluit dat hy solank die soldate se lyke mooi langs mekaar gaan neerlê terwyl hy nou wag vir die res om terug te kom en dalk help dit hom om bietjie aan iets anders te dink terwyl hy besig is met iets al is dit nou dooie mense rond sleep en trek

Soos hy besig is om die soldate se lyke nader te sleep hoor hy 'n geritsel in die bosse waar die woud begin. Hy ruk sy kop in die rigting van die geluid om seker te maak dat dit nie net sy verbeelding was nie. En weer hoor hy die geritsel. Hy begin nader stap en sowaar is daar en van die rebelle se soldate wat probeer weg kruip. Hy is in die maag gewond en soos hy kruip los hy donker rooi bloed merke op die grond van die woud se vloer. Jaco stap nader en die soldaat hoor hom en draai vinnig op sy rug. Hy sien die man daar staan met sy swart panserpak en vrees vul sy oë en die man bly net heeltyd asseblief mompel.

Jaco stap nog nader en sak langs die man op sy hurke. Hy kyk die man op en af en agter sy helmet se glas glimlag hy baie boosaardig. Hy merk op dat die man 'n mes aan sy belt het en vat dit by hom. Hy vat die mes en steek dit by die soldaat se wond in en draai dan die mes stadig dwars. Die soldaat skreeu van die pyn en die bloed begin uitstroom uit die wond uit.

"Wat soek jy? Asseblief ek sal jou enige iets vertel asseblief."

"Hoekom het julle hierdie plek aangeval jou gemors?"

"Ons mense het gesê dat dit 'n intelligensie basis was en dat as ons dit vernietig sou dit julle operasies hinder."

"Wel dit was nie en julle het onskuldige mense se lewens geneem sonder om eers julle feite agter mekaar te kry."

"Ek is net 'n eenvoudige volgeling, ek..ek is jammer. Ek kan jou help met.."

Jaco slaan die man reguit in die gesig met sy vuis en die soldaat se neus breek en begin bloei. Die bloed stroom uit die soldaat se neus uit. Hy trek die mes uit die wond uit en vee die bloed aan die man se uniform af. Hy druk die man se mond oop met een hand en begin sy tong uit sny. Die soldaat probeer spartel maar Jaco druk hom vas met sy knieë. Hy sny die man se tong uit en bloed stroom orals uit die are in die man se mond. Jaco gooi die man se tong eenkant toe en begin stadig die man se wange oop sny. Die vleis peul uit sy wange soos wat Jaco die man sny. Hy vat dan die man se oor vas en met een vlugtige aksie sny hy dit ook af en dan ook die ander oor. Hy vat sy vingers en druk dit by die man se oë in en ruk hulle uit met soveel krag dat een van die oë bars. Die soldaat probeer gil maar mompel en roggel meer in sy bloed as enige iets anders. Jaco staan op en kyk na die bebloede man en trap die man se regterbeen breek. Dan vat hy die man se arm en breek dit ook. Hy wil die man soveel pyn as moontlik gee voordat hy sterf. Jaco staan nog 'n oomblik daar en steek dan die mes in die man se longe in en los dit net daar. Jaco draai om en stap weer terug na die slagveld vantevore om aan te gaan waarmee hy besig was.

Soos Jaco nog die lyke sleep hoor hy weer die gedruis van die helikopter en binne oomblikke land dit weer. 'n Handjie vol troepe spring uit en hardloop tot by hulle meester en staan netjies in blokvorm voor hom. Hulle almal salueer en staan dan op aandag, al wagtend op hulle volgende bevel. Jaco staan en kyk na hulle en verduidelik aan hulle dat hulle die soldate se panser moet afhaal en dan die lyke begrawe en ook daarna seker maak dat hulle geen maar geen goed agter laat vir die vyand om te gebruik nie. Hy verduidelik ook aan hulle dat hulle plofstof om en in sy huis moet sit en wanneer hulle vetrek moet hulle dit opblaas. Die soldate knik en begin aan die werk spring. Jaco stap terug na die helikopter toe en sit op die rand van die deur waar die vloer is. Hy haal sy helmet af en beduie vir die vlieënier dat hy water soek. Die vlieënier kry 'n water bottel en gee dit vir Jaco aan. Hy draai die bottel oop en vat 'n groot sluk. Die water stroom by sy mondhoeke uit en die koue water vloei hemels af vir Jaco. Die dag nee die twee weke was hopeloos te lank gewees vir hom. Hierna wil hy net terug gaan en sien of Ayla oraait gaan wees en is. Hy vat weer 'n groot sluk en stap dan terug na sy troepe toe. Hy help en wys hulle wat om te maak en na 'n hele paar ure se gewerk is al die lyke begrawe en die toerusting vernietig. Almal klim in die helikopter en sit stil maar moeg in die stoele. Soos hulle weg vlieg met 'n gedruis druk Jaco 'n knoppie op 'n toestel en milisekondes later ontplof sy huis in 'n groot bal vlamme en rook. Hy sien hoe stukke steen en hout orals vlieg. Die dik swart rook wolk trek hoog die lug in en Jaco hoop dat die vyand kom kyk wat aan gaan want hy het sy soldate beveel om landmyne te plant reg rondom die area. Hy wil hê dat hulle soveel as moontlik mense moet verloor in die wreedste manier moontlik ook. Hy hoop dat hulle die gemartelde soldaat ook sou kry en dat dit 'n baie goeie boodskap vir hulle stuur. Jaco glimlag boosaardig onder sy helmet met 'n traan wat afloop oor sy wang. Die harsteer wat hy vir niemand wys nie. Die heerser mag en kan nie swakheid wys voor sy manskappe nie. Daarom hou hy alles binne so goed as wat hy kan.

Gedurende die vlug terug na die basis toe dink Jaco net aan alles wat gebeur het. Die verliese wat hy gelei het en die dinge wat hy gedoen het die laaste ruk. Die bloedvergieting die marteling en die monster wat hy geraak het. Hy moet meer opoffer as wat mense dink om sy ideale wêreld te maak waar almal in vrede leef. Hy probeer sy doelwit regverdig en twyfel nie vir een oomblik in dit wat hy gedoen het nie. Ja hy het wel nie altyd die regtige of beste besluite geneem nie en moet met die nagevolge saam leef, maar dit is SY demoon en niemand anders sinne nie. Hy sal worstel met dit sonder om te deel met ander. Dit wat gedoen moet word sal hy volhou mee en niks gaan hom keer nie. Hy weet net dat van nou af sal hy vir Ayla in die basis hou waar dit veilig is. Dinge gaan nie veel makliker raak nie en hy sal maar sien of sy na vandag se gebeure nog aan hom gaan klou, hom bystaan en in hom sal glo.

Al gedurende die vlug sê hy nie 'n woord nie en selfs die soldate is doodstil. Hulle weet dat nou nie 'n goeie tyd is om skeef te trap nie. Hulle mag dalk net klone wees maar hulle is wel klone met genoeg intelligensie om te weet dat hul meester nie in die beste van buie is nie. Hulle is eintlik verbaas dat hy dit so goed hanteer het. Hulle het so vaag weg 'n idee wat hierdie meisies vir hom beteken of altans wat een nou beteken en wat die ander een beteken het.

Na die vlug gaan Jaco reguit kamer toe en trek sy panser uit en klim in die stort. Hy was die bloed en grond van hom af en klim uit. Hy trek sy uniform aan en stap na die mediese area toe. Hy stap na die dokter toe en vra hom uit oor die wonde van Ayla en haar toestand. Die dokter verseker hom dat sy reg sal wees en gesond sal word indien sy dinge stadige vat. Jaco knik net sy kop en stap na haar kamer toe. Hy sien dat sy nog slaap en gaan sit op 'n stoel langs haar bed en hou haar hand vas. Hy kyk na haar en fluister saggies die woord jammer in haar oor. Hy bly daar sit en het beveel dat niemand hom moet steur nie. Hy sit daar en hou haar hand vas en soos die nag kom raak hy met haar hand in syne langs die bed aan die slaap.

Woord Telling 2 440



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

13
Jou beelding en beskrywings is uitstekend en baie grafies. PUIK!!!
Alles van die beste met jou boek. :))
4 jaar 7 maande 1 week 3 dae 5 ure oud


duurlike
Dankie vir die deel. Goed gepen.
4 jaar 7 maande 1 week 3 dae 9 ure oud



Sirkeldans

deur Driekie Grobler

'n Vars briesie van inspirasie en genotvolle saamkuier



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar