Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Jaco jaag met sy motor deur die grond paaie wat lei na die bord toe en 'n groot stofwolk agtervolg sy motor. Na 'n vlugtige vyf en veertig minute se gejaag bereik hy die gronde van deurbraak stasie. Hy hou stil en sluit die motor af, maar hy klim nog nie dadelik uit nie. Hy het geen idee wat om te verwag nie en albei sy hande klou nog styf aan die stuurwiel vas. Hy staar voor hom uit oor die verlate vlaktes en sien dat die lug nogsteeds so donker is bo die bord se posisie. Daar waar die sluier geskeer is, daar waar alles begin het. Hy sluit die motor af en klim uit en sit sy helmet op. Hy het sy pistool en swaard by hom, maar hy voel onrustig vir die onbekende daar by daardie vervlakste bord. Hy kon nog nooit van daardie gevoelens vergeet het die aand van die ontmoeting nie. Hy stap stadig nader en die klippies grrk grrk grrk weer onder sy stewels. Dis doodstil by die stasie en daar is nie eers voëls wat sing nie, nie die gesuis van die wind nie net mooi niks nie. Hy kyk om hom rond oor die verlate vlaktes soos wat hy aanstap en tot by daardie selfde heining kom waar hy die laaste keer oor gespring het en hom half des kas toe geval het. Hy gaan nie weer dieselde oorkom nie en met 'n kragtige skop, skop hy die hout paaltjie af en 'n gedeelte van die heining val plat. Hy tree versigtig oor die heining en stap alhoe nader aan die bord. Hy gaan staan stil reg voor die bord en kyk op. Weer is die lug pik donker en vaal oranje weerligstrale skiet van een wolk na die ander, maar nes voorheen is daar geen klank nie. Hy stap verby die bord en voel sy lyf word effens gepluk, maar hy bly vorentoe stap. Vir 'n oomblik raak alles voor hom donker en hy kan niks sien nie en net soos wat dit donker geraak het in 'n oogwink, verander dit weer na lig. Hy kyk rond oor die vlaktes en sien 'n ent verder weg dat daar een of ander voorwerp staan in die middel van nêrens wat nie voorheen daar was toe hy die bord se grense betree het nie. Jaco stap op sy hoede nader aan die voorwerp en 'n paar meter voor hy by die voorwerp is, spring 'n meisie agter dit uit. Haar lang goue blonde hare swaai woes soos sy uit spring en 'n vuurwapen rig op Jaco. Haar helder blou oë duidelik gevul met haat en bitterheid. Sy staar net na die man in die panser voor haar. Steeds rig sy die vuurwapen op hom, sy tree eenmaal vorentoe en haar bloed rooi sagte lippe begin beweeg om woorde te vorm.

"Wie is jy? En wat soek jy hier?"

"Ek is hier om jou data wat jy stuur vir die weerstand stop te sit."

"Oor my dooie liggaam sal dit gebeur. Jy is niks meer as 'n wreede moordaardige monster nie man.!"

"Jy ken my dan. Hoe kan jy nou so iets van my sê?"

Die meisie staar in verwarring na hom. Sy ken niemand hier nie en niemand ken haar nie. Hy moet besig wees om te lieg. Sy weet vir 'n feit dat haar Jaco dit nie gemaak het nie, want hy het nooit terug gekeur nie. Sy laaste woorde aan haar was dat sou hy nie terugkeer nie sy dan die data stelselmatig moet lek aan die weerstand en om geen rede hom moet kom soek nie. Net om daaraan te dink dat haar Jaco dood is laat 'n traan oor haar wang rol, maar sy gee glad nie mee nie en bly die vuurwapen rig op die man in die panser. Met woede en haat in haar stem begin sy weer praat met die man.

"Wie de hel is jy?! Verwyder daai helmet nou!"

Jaco bring stadig sy hande na sy gesig toe en begin die helmet afhaal. Die meisie wag in afwagting om te sien wie die man is en met die dat hy die helmet afhaal en laat val tot op die grond rek haar oë piering groot en laat sak sy effens die vuurwapen. Sy weet dit kan nie waar wees nie. Sy weet dis nie hy nie, maar nogsteeds wil sy so graag hê dat dit haar Jaco moet wees.

Jaco glimlag breed soos wat hy na die meisie staar, maar in sy gedagtes weet hy dat hy nie sal kan huiwer om haar van kant te maak wanneer die tyd kom nie. Die hele gedoente laat sy bloed yskoud voel, maar hy wys dit nie. Hy weet dat hy sy kaarte moet reg speel sodat hy eers kan uitvind wat presies aan die gang is. Hy vou sy hande agter sy rug in en sien dat sy hom fyn dophou. Hy vou sy hande stadig agter sy mantel in en staan net daar met 'n glimlag op sy bakkies.

"Sien jy ken my Ayla."

"Nee dit is nie jy nie. Dit..dit kan net nie wees nie. Nee jy is die ander Jaco van hierdie dimensie.! Wat soek jy hier?"

"hmm..duidelik is jy net so slim soos my Ayla. Wel jy is besig om inligting aan die vyand te gee en dinge vir my ontsettend moeilik te maak. Ek het 'n eenvoudige voorstel vir jou. Vernietig die data en daardie voorwerp dan verlaat jy hierdie dimensie en keer terug na jou eie. Op hierdie manier wen ons altwee."

"En hoe wen ons altwee met daardie voorstel as jy vir my niks gee inruil vir dit nie?"

"Ek gee jou iets. Ek gee vir jou, jou lewe dan nie?"

"Jy sal dit nie durf nie!"

"Probeer my net. Onthou jy is nie MY Ayla nie en ek het jou Jaco sonder om tweekeer te dink uit gesit soos 'n siek hond."

Sy skrik en voel benoud. Sy besef dat hierdie glad nie haar Jaco is nie en dat hy dit wel sal doen sonder enige twyfel. Sy het alles verloor en sy voel dat dit nie meer die moeite werd is om 'n wêreld te probeer red wat nie eers haar eie is nie. Sy laat sak die vuurwapen stadig en haar kop ook in skaamte. Saggies begin sy aan Jaco verduidelik dat daar net een kopie is met die inligting en dat sy dit sal vernietig indien sy kan terugkeer na haar eie wêreld. Jaco stem in en luister aandagtig na wat sy te sê het. Sy stap na die vierkantige voorwerp toe wat omtrent twee meter breed en hoog is. Sy skakel dit af en haal 'n mikroskyfie uit 'n opening uit. Sy gooi dit tot by Jaco se voete en kyk met blink nat lug blou kleurige oë na hom toe.

"Dis al die inligting. Sodra ek gegaan het druk jy net die grys knoppie hier en die toerusting sal uitbrand en nie meer funksioneel wees daarna nie. Mag ek nou gaan asseblief.?"

"Net een oomblik asseblief. Hoe gaan jy kan terug gaan na jou eie dimensie toe? Hier is geen voertuig of enigsins iets wat lyk asof dit deur tyd kan gaan of selfs die dimensionele sluier nie.?"

Sy hou haar gewrig op en op dit is daar 'n toestel wat sy verduidelik al is wat nodig is om te kom en te gaan. Dis byna so groot soos 'n horlosie. Jaco glimlag breed en vra of hulle enige planne het om terug te keer na hierdie dimensie toe, waarop die antwoord nee is. Weer glimlag hy breed. Hy gebruik sy mooi praatjies om uit te vind hoe die toestel werk voordat sy terugkeer en sonder enige stryery of enige iets vertel sy hom alles in kort besonderhede. Die feit dat haar hart gebreek is oor haar eie Jaco maak dat sy nie nugter kan dink nie. Sy is moedeloos en voel verlore en sy sukkel om die trane agter daardie helder blou oë van haar te hou. Na sy hom vertel het kyk Jaco haar in die oë en sê net een woord. Dankie.

Jaco ruk sy hand agter sy rug uit en vuur 'n skoot af met sy pistool. Die rondte tref haar in die bors en 'n kol bloed begin vorm soos die wond se bloed deur haar hemp begin syfer. Sy val op haar kniee en kyk met huilende oë na Jaco. Die klank van die skoot weergalm nog in haar ore en sy voel hoe die lewe stadig maar seker uit haar lyf uitvloei. Jaco stap nader en kniel langs haar en vat haar in sy arms vas. Hy staar na haar terwyl sy in sy arms lê. Souterige trane rol van haar wange af en haar bloed smeer teen Jaco se borstuk af terwyl haar hemp aan haar bors vaskleef. Sy lig haar bloederige hand en vryf oor die kant van Jaco se gesig. Haar hand val na 'n oomblik grond toe sonder lewe en Jaco lê haar neer op die grond. Hy weet hy het geen ander keuse gehad nie en nou het hy die inligting gestop en terseldetyd 'n manier gevind om deur die sluier te gaan na 'n ander wêreld toe. Hy staan op en stap na die toerusting toe en druk die grys knoppie en begin weg stap. Vonke en helder flitse skiet uit die toerusting uit en kort voor lank trek daar rook uit. Dis vernietig en Jaco kan skaars glo dat sy die waarheid gepraat het. Hy het haar meer omkant betrap as wat hy besef het. Hy dink dat hy moet terug gaan basis toe nou dat dit afgehandel is, maar 'n idee skiet by sy gedagtes in soos 'n weerligstraal en dadelik gaan staan hy stil.

Wat as hy gaan kyk hoe die ander dimensie lyk? Dis die perfekte tyd om dit te doen, maar wat en wie gaan aan die ander kant wag vir hom en waar gaan hy uitkom? Nee nee wag. Hy moet eers terug gaan basis toe en sy veldtog voltooi dan kan hy deur gaan na die anderkant toe. Hy dink selfs dat hy 'n paar van die sy Swart Legioen se soldate gaan saam neem en SY Ayla ook. Hy begin verder stap, terug na sy voertuig toe met n groot glimlag. Alles is nou in plek soos die stukke op 'n skaakbord en met net nog een ou bewegingtjie is dit skaakmat.

XXXXXXXXXX

By die basis wag Ayla baie ongeduldig vir die terugkeer van Jaco en sy begin bekommerd raak en haar verbeelding begin weghardloop met haar. Sy sit nog in Jaco se kantoor en wag waar sy 'n paar van haar goed begin deur gaan het in voorbereiding vir haar afspraak met die generale. Sy tik tik tik haar vingers op die tafel en besluit sy kan nie meer langer wag nie en met die wat sy opspring agter die lessenaar swaai die kantoor deur oop en daar staan Jaco met sy bloed besmeerde panser. Hy beduie iets vir iemand en sê dat hy nog van hierdie toestelle soek en dat hulle dadelik moet begin met die navorsing en produksie daarvan. Hy draai sy gesig terug na Ayla en stap in, maak die deur toe en sien dat Ayla baie bleek lyk soos sy daar staan en na die bloed op sy panser staar.

"Kalmeer my skat dit is nie my bloed nie. Sit dan vertel ek jou wat gebeur het en watter nuwe planne ek gekry het vir die tyd na ons veldtog se oorwinning."

"Is jy seker dit is nie jou bloed nie? Het jy nie seer gekry iewers nie.?"

"Haha, nee my skat sit nou dan vertel ek jou alles."

Ayla gaan sit weer op die stoel agter die lessenaar en Jaco gaan sit op een van die stoele voor die lessenaar. Hy begin haar vertel van die gebeure by die bord en hoe hy die ander dimensie se Ayla moes skiet om te verseker dat hulle planne nie in die wiele gery word verder nie. Sy is geskok met die feit dat daar nog 'n Ayla was, maar sy verstaan hoekom hy moes doen wat hy moes doen om dinge reg te maak. Jaco begin haar vertel oor die toestel wat mense deur die dimensionele sluier laat gaan en dat hy na sy veldtog daarheen wil gaan, maar dat hulle voorbereid moet wees voor hulle dit waag. Nadat hulle nog na dit gesels het staan hy op en verduidelik dat hy eers weer sy uniform gaan aantrek. Hy verlaat die kantoor en gaan na sy kamer toe en maak sy deur agter hom toe. Hy stap na die wasbak toe in die badkamer en trek sy bors en armstukke uit van sy panser. Die bloed vlek sy hande wat op die panser was en hy dink terug aan daardie oomblik wat die ander Ayla in sy arms gelê het. Selfs al weet hy dat dit nie sy vrou was nie het hy tog nog 'n stuk van homself verloor toe hy haar in koue bloed vermoor het. Sy het dit nie verdien nie, maar dit was die enigste manier om te verseker dat sy nie die ander mense in haar eie dimensie kan waarsku nie. Steeds bly die beeld van die traan gevulde blou oë in sy kop vasgebrand. Dis ingekerf soos 'n naam op die stam van 'n boom. Die manier hoe sy haar bors vas geklou het en hoe sy aan sy gesig gevat het met haar bloedrige hand. Jaco maak sy oë toe en met 'n harde gil slaan hy die spieël stukkend. Skerwe van die spieël val langs en in die wasbak en stukkies steek tussen sy kneukels in. Hy kyk na sy hand en trek dit een vir een uit en staar na die wonde waar die bloed uitstroom soos 'n kraan wat oop gelos is. Dit loop oral op sy hand af en soos hy sy vuis bal plak die taai bloed vas aan sy palm. Hy hou sy vuis gebal en kyk na 'n stuk van die spieël wat in die wasbak lê. Die bloed drup drup stadig daarop en hy kyk na sy weerkaatsing in die rooi gevlekte spieël se skerf. Hierdie is alhoe meer rede vir hom om sy koningin te beskerm teen alle koste, maar is hy sterk genoeg om te doen wat nog moet gedoen word? Hy maak sy hand stadig oop, maar sukkel bietjie soos die bloed nog vas plak aan sy palm. Dis taai en voel soos stroop wat begin oud word het. Hy begin sy hand onder die water afspoel en maak dit droog met die handdoek. Hy trek sy panser heel uit en soos wat hy die uniform en sy gewone stewels aantrek drup die bloed op die vloer. Hy sal maar gou na die verpleegsters toe moet gaan en dan besef hy dat Ayla nogals die hel in gaan wees vir hom. Hy giggel effens en stap by die kamer uit na die hospitaal gedeelte toe. Sy gedagtes het hy weer agter mekaar gekry en vir homself sê hy dat hy die regte ding gedoen het om sy nuwe ryk se oorwinning te verseker. Ook dat dit belangrik was vir die beskerming van sy vrou. Rustig stap hy voort en glimlag net en soos hy loop drup die bloed langs hom op die vloer. Elke rooi druppeltjie val met 'n sagte tik..tik op die grond.

Woord Telling 2 584



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

18
Jy vaar goed met jou skryfwerk en dis wonderlik dat jy tree-vir-tree byhou!
Moed hou en lekker skryf. Die einde is in sig.
4 jaar 9 maande 3 weke 2 dae 19 ure oud



RANGEERWERF

deur Johann P. Boshoff

Hierdie selfpublikasie, met die volledige titel RANGEERWERF: DIE WAARHEID GELIEG, bestaan uit nege (9) homofiliese kortverhale met sterk biografiese inslag opgeneem. Dit is 'n rangering deur die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar