Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Jaco hou vlugtig stil by die hospitaal gedeelte en laat die verpleegster net die sny wonde vinnig steek en skoon maak. Dan stap hy terug na sy kantoor toe. Sy gedagtes is gefokus op dit wat volgende moet gebeur. Die laaste weerstand moet gebreek en oorwin word en al manier hoe dit kan gebeur is as hy al sy reserwe troepe ook in stuur om die finale aanval te versterk. Jaco beplan klaar om alles wat hy het wat in europa is in te stuur. Hierdie weet hy is die laaste sending voordat sy nuwe ryk kan begin. Een wêreld onder die beheer van een heerser en al die verskillende mense van die wêreld onder een banier en vlag. Jaco begin glimlag skrams soos hy stap en weer sy kantoor binne tree. Soos hy in stap sien hy dat Ayla nie daar is nie, maar dat daar wel 'n brief op sy lessenaar lê. Die brief lees eenvoudig net dat sy solank die generale gaan toespreek het oor 'n paar dinge en dat sy later sal terug wees. Jaco gaan sit op die stoel en lê effens agteroor in die stoel. Die laaste oomblik het stadig maar seker aan gebreek. Hy voel ongeduldig en besluit om kontrolekamer toe te gaan en die bevel klaar deur te gee vir die offisiere. Hy staan op en stap terug kontrolekamer toe en soos hy in stap hoor hy weer net die gedruis van die personeel en toerusting wat raas en gor. Hy gaan staan stil voor die hoofskerm en kyk na die offisier aan sy regterkant. Hy lig sy linker wenkbrou effens en begin met die man praat in 'n baie rustige stemtoon.

"Ek wil sowat tagtig persent van die reserwe troepe in die weerstand se omgewing saam in stuur met die hoof troepe. Ek wil alle beskikbare voertuie en lug ondersteuning ook hê. Ons maak vandag klaar met ons vyande. Stuur hulle in en berei hulle voor. Sodra al die voorbereidings getref en gemaak is dan val ons aan."

"Reg so meester, ek begin dadelik met die opdrag."

Die offisier spring weg en begin delegeer aan die ander personeel wat om te doen en begin die taak om die voorbereidings te tref en die troepe uit te laat beweeg na hul posisies toe in die veld self. Die kontrolekamer gons en raas soos die personeel rond hardloop om alles reg te kry en te reël. Jaco staar net na die skerm met sy arms gevou en dink hard oor die volgende goed wat moet gebeur. Hy hoop dat dit sal genoeg wees om alles oor te neem. Hy het lank genoeg gewag vir hierdie nuwe ryk van hom en wil net vrede vir eers hê na dit. Alhoewel hy weet dat daar vir 'n tyd lank nogsteeds klein weerstand selle sal wees. Niks groot nie maar genoeg om hom te irriteer in die toekoms. Jaco staan steeds arms gevou voor die skerm en besef hy moet die generale en vir Ayla laat weet dat hulle hierna toe moet kom nadat hulle hul dinge klaar gedoen het. Jaco draai om en stap na een van die ander lede van die personeel toe en lig hom in dat hy die mense moet in kennis stel. Met 'n knikkende kop begin die man die boodskap stuur na die generale en na hul vroue meester toe. Jaco stap weereens terug na die skerm toe en staan met sy arms steeds gevou. Die tyd is naby en daarna sal hy 'n paleis laat bou vir hom en sy vrou. Hy begin glimlag met die gedagte en bly net staar na die skerm.

Na 'n paar minute kom Ayla en die generale daar aan en hulle gaan staan voor Jaco soos wat hy omdraai. Hulle is almal bietjie verward oor die bevele, maar bevraagteken dit nie. Ayla stap self nader en gaan staan langs Jaco en kyk na hom en wonder hoekom hy van plan verander het. Sy wou nog vir hom uit vra daaroor, maar toe begin Jaco klaar praat.

"Ek weet dat ek vir julle die bevel gegee het om met 'n strategie vorendag te kom, maar die rede hoekom ek daar teen besluit het is eintlik baie eenvoudig. Ek wil hierdie oorlog klaar kry en ons nuwe ryk stig en bevestig. Daarna sal leiers aangestel word om oor die verskillende streke te heers en ons gaan aanhou met die produksie van die kloon troepe, maar daars nog 'n plek na hierdie een wat dan moet gesien word. Die ander dimensie se mense sal boet vir hulle inmeng. So hoe vinniger ons, ons eie wêreld kan onder beheer kry hoe vinniger kan ons die volgende een begin oorvat."

"My meester. Hoekom is meester so haastig om na die volgende dimensie toe te gaan as hulle nie meer 'n bedreiging is nie?"

"Generaal Le Roux. Hulle is nogsteeds 'n bedreiging of jy dit nou weet of nie. Hoe meer dimensies ons kan oorneem en hoe meer hulpbronne kan ons kry en hoe vinniger kan ons my volgende plan aanpak."

"Meester, maar wat is die volgende plan dan?"

"Daarvoor sal jy moet wag Le Roux. Nou as jy nie meer vrae het nie, kan ons maar voort gaan met ons planne?"

Die generaal antwoord nie sy meester nie, maar knik net sy kop. Hy kan duidelik aflei dat Jaco begin geirriteerd raak met al sy vrae en dinge. Jaco vat vir Ayla aan die hand en stap na die volgende skerm toe wat 'n kaart vertoon van die slagveld, sy soldate en ook die vyand sin. Hulle staan voor die skerm en Jaco staar net na al die inligting terwyl hy Ayla se hand vashou. Sy self is bietjie nog deur mekaar en is nie seker wat om te verwag nie. Sy weet dat hy die vyand wil verslaan en die wêreld vir eens en altyd verenig, maar die ander planne weet sy nog nie heeltemaal wat aangaan nie. Sy frons erg soos sy dink en aan als bewonder oor hoe, waar en wat. Jaco kyk af na haar en sien sy frons so erg. Hy tik haar saggies met sy skouer en met die wat sy skrik en na hom kyk fluister hy saggies vir haar dat sy alles sal weet met tyd en dat sy net kans moet gee. Jaco draai weer terug na die skerm en trek dan vir Ayla teenaan sy sy vas en hou haar styf vas. Jaco wag net op die laaste voorbereidings en is baie angstig om uiteindelik te sien dat sy ryk almal oorwin het. Hy weet dat die herbou proses 'n tydjie gaan vat, maar hy is bereid om te wag. Die glorie en roem van sy ryk weet hy dat hy sal verseker dat dit verewig sal hou. Al moet hy self sorg daarvoor sal hy.

Na nog 'n paar uur is al die voorbereidings getref en is alles gereed vir die laaste aanval. Jaco staan nog al die pad voor die skerms en bekyk die inligting en die data en het selfs gehelp met die voorbereiding van sekere goed. Hy weet wat is op die spel by hierdie laaste beweging van hom. Nes hy vir homself in sy kop verbeel dat dit 'n skaakbord is en die stukke nou in plek is. Skaakmat. Dit is al wat in sy gedagtes nou rond dwaal verder is hy gefokus op die sending.

"Meester, meester kan maar die die aanval bevel gee. Alles is nou reg en gereël en hulle wag net op meester se woord."

Jaco stap na een van die tafels toe en druk 'n knoppie op een van die skerms se toestelle. Die liggie flikker oranje en almal wag op die woord van hulle meester. Die kamer word stil en honderde oë staar na Jaco. Almal wag in spanning en sommiges hou die monitor dop wat die beeld van die soldate toon wat op die slagveld staan en wag.

"Vermorsel hulle. Los niks oor nie. Die wat nie opgee nie moet vernietig word. Val aan my soldate. Val aan."

Die soldate begin marseer en die klank van honderde duisende panser stewels kan oor die monitor gehoor word. Die voertuie wat druis langsaan die regimente van die soldate soos wat hulle marseer. Jaco kyk na die beelde en hy begin spyt voel dat hy nie self daar is nie, maar hy sê niks nie en bly net na die beelde staar op die monitor. Die soldate marseer en hulle stap sonder twyfel of vrees aan en die volgende oomblik begin die geveg uitbreek soos die soldate begin vuur op die vyand met alles wat hulle het. Die eens elegante klank van die troepe se gemars word verdooof en dit word vervang met die ritme van die dood. Die vuur van wapens en voertuie wat die slagveld besaai met lyke en bloed en patrone orals. Jaco se soldate hou hulle linies en maak die vyand van kant en marseer effens vorentoe en herhaal dit oor en oor. Die vyande van Jaco word stadig maar seker vermorsel en uit gewis. Jaco staar na die beelde van lyke wat se ingewande op die grond lê, ander se arms en bene is af. Sekere vyande se koppe is oop en hul harsings bemors die grond waarop hul lê. Die ander personeel kyk weg en sommiges word selfs naar, maar Jaco bly net staar na die beelde op die monitor. Ayla kyk na hom en weet dadelik dat hy eintlik daar wou wees, maar as hy nie gegaan het nie is daar 'n ander rede daarvoor en hy het tien teen een weer 'n ander plan waarmee hy besig is. Sy vat hom aan die hand, trek hom bietjie af en fluister in sy oor om te hoor of hy nog okei is. Jaco glimlag net en knik sy kop. Hy draai na die generale toe en kyk hulle stip aan.

"Hou my op hoogte met die verwikkelinge en vordering van die troepe. Ek sal in my kamer wees. Stuur net vir my die verslagte na my persoonlike rekenaar toe in my kamer. As dit 'n krisis is dan kan julle my kom steur persoonlik in my kamer. Ek verwag net die beste vanaf julle."

Jaco stap by die kontrolekamer uit met Ayla in die hand. Hy stap rustig kamer toe saam met Ayla en vertel haar saggies van sy planne om hul ryk en lewens te verseker, maar dit gaan tyd vat en baie navorsing. Soos wat hulle die kamer binne stap en die deur toe maak verduidelik Jaco aan haar dat hy 'n geheime wetenskaplike laat werk het aan 'n serum wat sal maak dat hulle nie aan ouderdom of siekte sal kan sterf nie, maar die navorsring vir hierdie serum gaan baie lank vat.

"So na so tien of sowat jare sal ons die ryk oorgee aan ons kinders of volgende heersers. Ons sal dan ons self in 'n toestel plaas wat ons sal vries in so 'n mate dat ons vir die volgende tydperk nie verouder fisies nie totdat ons serum gereed is. So my skat stel jy belang?"

"Jy het my klaar gehad by kinders..en natuurlik stel ek belang. Hoe langer tyd ek saam met jou het hoe beter my engel. Net een ding. Hoe gaan ons dit doen sonder dat almal weet?"

"My skat, los die besonderhede vir my ek sal dit hanteer. Weet jy net dat daar 'n plan is om ons heersing te verseker."

Ayla glimlag net en gaan sit op die bed, terwyl Jaco op een van die stoele sit by die lessenaar. Weereens het hy 'n plan waaraan niemand gedink het nie en hy weet dat dit hom en Ayla sal verseker van 'n lang lewe as dinge reg loop vir hulle. Hy dink nog so aan die kind storie en dit val hom by dat hy nogsteeds sy ander kloon liggaam het. Hy sal alles uit een moet gaan sit en kyk om die kloon as heerser in te stel met meeste van Jaco se herinneringe en gedagtes sal dit die perfekte plaasvervanger wees terwy hulle twee in die diep slaap is. Hy glimlag weer vir homself en dink dat alles gaan en sal vir hom en Ayla goed uitwerk.

Ayla lê rustig op die bed en dink net aan wat Jaco gesê het. Al wat in haar gedagtes bly is die feit dat hy gepraat het van hulle moontlike kinders en sy dink aan haar naakte lyf teen Jaco sin. Sy byt saggies op haar onderlip vas, maar sy noem niks aan Jaco nie. Jaco sien haar byt op haar onderlip en hy staan op en gaan sit langs haar op die bed. Hy sak af en soen haar op haar lippe en begin passievol haar vry. Sy vry vir Jaco terug en hy gaan lê saggies bo op haar en sy gooi haar arms om hom en vryf sy rug soos hulle soen. Stadig trek sy Jaco se hemp uit en glimlag vir hom. Jaco sien hoe Ayla se blou oë helder glinster terwyl sy na hom staar. Hy trek haar hemp uit en soen haar in haar nek, saggies en soen haar af in haar nek tot by haar neklyn. Hy maak haar onderklere bo los en gooi dit eenkant toe. Sy byt weer saggies op haar onderlip en trek hom nader. Saggies soen sy weer vir Jaco en dan vryf Jaco saggies oor haar borste en soen haar weer terug. Sy vry hom met soveel passie terwyl sy vir Jaco teen haar vas trek en sy gespierde kaal lyf teen haar vlees pers. Sy voel die hitte van Jaco se liggaam teen haar eie soos sy daar lê...

Twee ure gaan verby waarin hul passie deel en een word met mekaar. Sy het so lank gewag om liefde te maak met die man vir wie sy so lief is en uiteindelik het dit gebeur. Hulle lê onder die kombers en Jaco hou haar vas terwyl sy langs hom lê. Hy streel haar arm met sy een hand en met die ander een vryf hy sy vingerpunte deur haar lang blonde hare. Vir die paar uur het al hulle bekommernis verdwyn en dit was asof net hulle twee bestaan het in die wêreld. Jaco soen haar op haar wang en fluister in haar oor dat hy haar oneindig baie lief het. Sy fluister dieselfde terug vir hom. Hulle bly so lê en gesels oor dinge van die ou dae en dinge van die toekoms. Hoe sy en hy die beste paartjie ooit is in haar oë en dat sy hom sal by staan maak nie saak wat nie. Jaco voel 'n rustigheid wat hy vir 'n lang tyd nie gevoel het nie. Die liefde vir Ayla is die enigste ding wat hom keer om 'n totale monster te word en hy is dankbaar daarvoor. Vir hom was dit nog altyd die klein dinge in die lewe wat die meeste beteken. Hy gly sy vingerpunte teen haar sy af en oor haar sagte boude en soen haar weer op haar lippe. So lê die twee in mekaar se arms en glimlag en giggel. In daardie oomblik wat niks hulle pla nie en alles net sin maak. Al weet hulle nie wat die toekoms nou in hou na die laaste sending van sy weermag nie. Dit wat nog moet kom waarvan hulle nie weet nie mag dalk net hulle dientjie laat verander, maar dit sal nooit hulle liefde vir mekaar breek nie.

Woord telling 2 580



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

opvolg?
U sal maar moet sien wat die laaste stuk behels. dalk is daar of dalk is daar nie.
4 jaar 9 maande 1 week 6 dae 14 ure oud


19
Ek dink jy het die liefdestoneel goed gedoen.
Hoor ek dat daar al spasie vir 'n opvolg is?
4 jaar 9 maande 2 weke 5 dae 14 ure oud


lesers
Die lang wag vir die liefdes toneel is hier binne, niks te erg nie maar meer geskik vir volwasse lesers. niks te erg nie anders vat dit weg van die storie af en ek wil hê dat die leser sy verbeelding moet gebruik sodat dit 'n beeld kan skep in hulle gedagtes. die volgende stuk sal heel moontlik die laaste gedeelte van die boek wees, maar is dit die einde van sy sending?
4 jaar 9 maande 2 weke 6 dae 12 ure oud



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar