Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

XXXXX

Die twee geliefdes lê die heel aand in mekaar se arms en word ook so aan die slaap. Albei tevrede en gelukkig slaap hulle vas en soos die oggend ure aanbreek begin Jaco wakker word. Hy sien dat Ayla nog vas slaap op sy arm. Hy trek saggies sy arm onder haar uit en staan versigtig van die bed af op. Hy kry sy uniform bymekaar wat oral op die grond lê en begin aantrek in stilte sonder om haar wakker te maak. Hy gaan sit op die stoel terwyl hy sy stewels aantrek en kyk vir 'n oomblik op na Ayla terwyl sy nog vas lê en slaap. Jaco begin glimlag en maak dan sy laaste stewel vas en staan op. Hy stap nader aan die bed en buig vooroor en gee haar 'n soen op haar voorkop. Hy verlaat hulle kamer en stap dan reguit na die kontrolekamer toe. Hy wonder hoe ver sy soldate gevorder het met die laaste aanval.

Net voordat hy by die deur van die kontrolekamer in gaan hardloop een van die offisiere in hom vas en soos die offisier op kyk sien hy dat dit sy meester is waarin hy vas gehardloop het. Hy vra onverskoning meer as eenmaal, maar Jaco beduie en sê dat hy moet kalmeer en dat hy homself nie moet bekommer oor dit nie want dit was inderdaad net 'n ongeluk.

"Sê my nou net hoekom het jy so verskriklik hier uit gehardloop? Waarna toe is jy so haastig oppad?"

"Meester weereens vra ek onverskoning. Ek was oppad na meester toe. Daar is verwikkelinge waaroor meester baie bly sal wees en ons het gedink dat meester hier sal wil wees vir dit."

"Goed so, nou laat ons ingaan en gaan kyk waaroor jy so opgewonde is."

Hulle draai om en stap die kontrole kamer binne en die offisier neem hom na die hoofskerm toe. Toe hy daar gaan staan sien hy dat sy soldate nie verder aanbeweeg nie, maar hy hoor geen skote of enige iets nie. Die soldate staan mooi netjies in hul blokvorms en wag op hulle volgende bevel. Jaco draai terug na die offisier toe met 'n geligde wenkbrou en begin met hom praat in 'n baie ernstige stemtoon.

"Hoekom val my soldate nie aan nie? Hoekom staan hulle net daar en wie het vir hulle gesê dat hulle moet ophou?"

"Meester alle oorblywende weerstand het hulle wapens neer gegooi en opgegee. Die generale het hulle beveel om hulle plekke te hou en te wag vir jou volgende opdrag nadat hulle al die vyand se troepe gevange geneem het en hulle daar laat staan het. Ons wag net op meester se bevele."

"Wel goed, maar is alle weerstand nou gevange geneem? Ek bedoel reg oor die laaste streke van Europa?"

"Ja meester hulle is en almal is so gevang en by een punt versamel en al die veld generale en luitenante en kapteine wag op meester se laaste bevel."

Jaco bring sy hand na sy ken toe en vryf dit stadig terwyl hy staan en dink aan wat om volgende te doen. Moet hy hulle genade wys en hulle laat leef of wat? Hy dink nog so terwyl hy na die skerm kyk en die volgende oomblik stap Kaptein Dux en Sersant Valk by die kontrolekamer in. Hulle salueer die hoër range offisiere en stap na hulle meester toe wat nog by die skerm staan. Jaco kyk vlugtig na die twee en dan weer terug na die skerm toe.

"Kaptein Dux wat stel jy voor doen ons met die vyand se oorblywende soldate?"

"Meester ek sou hulle almal as 'n voorbeeld gebruik het en hulle van kant gemaak het nes hulle daar staan."

"Hmm, wel Kaptein Dux dis wat ek ook in gedagte gehad het, maar as ons van hulle 'n voorbeeld wil maak sal die hele wêreld moet sien. Hou hulle gevange vir eers en maak seker nie een van hulle ontsnap nie. Kry ook hulle leiers en bring hulle na die res van die gevanges toe. Daarna wil ek hê dat julle die dinge so moet voorberei en reël dat ons 'n wêreld wye uitsending kan gee. Ek gaan die burgers van al die lande toespreek en dan gaan ons vir hulle almal wys wat dit beteken om my as vyand te hê. Berei die podium voor bo die basis en kry die reserwe troepe hier in hul linies sowel as die Swart Legioen se troepe ook. Kaptein Dux ek soek hulle heel voor. Oor 'n halfuur sal dit alles plaas vind. Ek moet myself en my vrou in ons panser kry sodat dit meer tref krag het vir die burgers van die wêreld."

Almal knik hulle koppe en antwoord soos eenman net reg so meester. Kaptein Dux en Sersant Valk gaan dadelik na hul troepe toe om hulle reg te kry vir die toespraak. Jaco stap uit die kontrole kamer en reguit na sy kamer toe. In die stap glimlag hy breed en weet dat hierdie oomblik een vir die geskiedenis boeke sal wees. Dit waarvoor hy jare lank beplan het en dit wat hy opgebou het vir soveel jare het uiteindelik bymekaar gekom en 'n oorlog is gewen in 'n kwessie van net 'n paar maande. Niemand in die geskiedenis van die mens was nog ooit so suksesvol nie, maar niemand in die geskiedenis het 'n weermag van klone gehad nie. Jaco bly breed glimlag soos hy stap. Hy kom by sy kamer en pluk die deur oop en gooi dit weer toe. Ayla skrik so groot en sit skoon regop. Die kombers gly stadig van haar borste af en Jaco kyk na haar met nog 'n groter glimlag.

"Wa.. wat gaan aan my skat. Hoe laat is dit?"

"Ayla my engel dis tyd dat jy moet opstaan en trek jou panser aan ons het 'n wêreld vol mense om toe te spreek. Jy moet dalk net eers aantrek soos ek jou reeds gesê het my engel want uhm..."

Jaco glimlag en beduie met sy oë dat sy moet af kyk. Sy begin kyk na onder en sien dat sy nog kaal is en dat die kombers van haar borste af gegly het. Sy glimlag vir hom en staan dan aspris op met die wete dat sy nog naak is. Sy glimlag breed en stap nader aan hom en gee hom 'n warm hartstoglike soen op sy mond. Sy draai dan om en stap na die rak waar haar en Jaco se panser pakke vertoon word. Sy buig vooroor en begin eers haar stewels aantrek. Jaco stap nader en slaan haar boud saggies en trek sy uniform uit en begin sy panser aantrek stuk vir stuk. Alhoewel Ayla hom probeer terg het is daar net een ding wat in sy gedagtes rond dwaal en delf. Die feit dat sy droom, sy reg, sy noodlot, sy alles in die lewe nou 'n werklikheid is en hy is die koning van 'n nuwe wêreld wat hy gaan skep sodat almal in vrede en sonder twis kan leef.

Jaco en Ayla het albei klaar hul panser aangetrek en gesig gewas en tande geborsel en is reg vir die toespraak. Ayla hak haar arm in by Jaco sin en gee hom 'n soen op sy wang. Hulle stap uit by die kamer en reguit na die hysbak toe. Na 'n tydjie kom hulle bo by die paradegronde uit en die podium en verhoog is netjies reg gesit en die troepe staan almal gereed en netjies in hul linies. Die kameras en ander toerusting is reg gestel en dit alles in die kort tydjie wat hul meester vir hul gegee het om dit te doen. Jaco stap in die middel van die troepe se linies deur wat 'n gang vorm met Ayla aan se regterkant en hul albei klim by die verhoog op. Jaco gaan staan agter die podium en beduie dat hy reg is en dat hulle moet begin. Die personeel karring en druk 'n paar knoppies by die toerusting en toestelborde en binne oomblikke gaan skerms regoor die wêreld aan. Op die strate en in binne mense se huise. Die vertalings toestel maak dit moontlik dat almal in die wêreld Jaco kan verstaan in hul eie taal. Die mense sien die beeld van die troepe wat daar staan en dan fokus die kameras op Jaco en Ayla agter die podium. 'n stilte en 'n verwarring kom in die mense op soos hulle wag vir die woorde van hulle oorwinnaar. 'n Ligte windjie begin waai en dit laat Jaco se mantel begin wapper heen en weer op en af.
"Broers en suster van my wêreld. Hoor my stem en wees nie bevrees nie. Na 'n tyd van oorlog en dood is die droom van 'n ideale wêreld bereik. Die laaste weerstand is gevangene geneem. Ons sal nou as een ryk geken word, ons sal nie meer 'n gebroke wêreld wees nie. Ons sal nie twis oor klein dinge nie. Ons sal in vrede verder leef. Ons sal herbou aan dit wat verlore is en vernietig was en ons sal verenig wees. Baie van julle dink ek is 'n monster, maar dit wat gedoen is was vir die bes van die mensdom sodat ons nie ons self sal vernieting in die toekoms wat kom nie. Ons sal sterk word ons sal uitbrei na die sterre en na ander plekke toe. Ek is julle leier, julle koning en hierdie is jul koningin en ons sal julle regverdig behandel en heers met genade indien julle nie terugkeer na jul ou gewoontes toe nie. Vir die wat dink daaraan om ons te vernietig nadat ons aan bewind gekom het. Wel ek het vir julle 'n voorbeeld om te sien wat sal met julle gebeur as julle ons nie aanvaar nie."

Jaco beduie na die personeel om die beeld te verander na die beeld van die gevange vyande in europa toe. Die beeld flikker op al die skerms en vertoon dan al die vyande in verskillende blokkies op die skerms regoor die wêreld. Jaco se stem kan weer gehoor word al kan sy beeld nie gesien word op die skerms nie.

"Hierdie is die laaste van my vyande. Hulle het nie die hart gehad om op te staan vir hul doel nie. Hulle het hulself aan ons oorgegee. En hulle sal 'n voorbeeld wees aan die wat net daaraan dink om my teen te staan. Soldate ek beveel julle om hulle van kant te maak!!!"

Die soldate rig hul vuurwapens na die vyand toe en die offisiere skreeu die woord vuur. Die skote klap hard en tref die vyande. Bloed spat orals en hulle word soos siek honde uitgesit. Hulle gil en skreeu vir hulle lewens en sommiges probeer weg hardloop, maar dit help nie veel nie. Na 'n tyd hou die skote op en daar lê net lyke rond en bloed damme vorm onder hulle. Die bruin grond verkleur na 'n roes rooi van al die bloed wat daar op dam en nie deur syfer nie. Die beeld verander terug na Jaco toe en die mense is geskok oor dit wat hulle sopas gesien het en hulle word gevul met vrees.

"Hierdie is 'n nuwe era en 'n nuwe tydperk. Hierdie is ons toekoms en sou jul my volg sal ons verseker die beste daarvan maak. Hou moed en wees getrou en ons sal dan ons wêreld 'n beter plek maak."

Die beeld gaan dood en Jaco klim van die verhoog af met Ayla aan sy arm. Die soldate begin skreeu en juig. Hulle oorlog is verby en hulle meester het vir hulle 'n nuwe wêreld gegee. Die soldate gooi hul vuiste die lug in en skreeu die naam van hul meester hard. Die naam Jaco! Jaco! Jaco! weergalm op die paradegronde en nie net hier nie maar oral waar soldate is regoor die wêreld roep hulle hul meester se naam uit. Die bloedvergieting is vir eers verby en die herbou van Jaco se ryk kan begin. Baie werk lê voor en Jaco het klaar van plan verander oor die vries van hulself. Dit is net nie moontlik nou op hierdie stadium nie. Hy het ander planne wat aan die rol moet gesit word. Jaco stap deur die troepe oppad na 'n heuweltjie toe. Hy en Ayla gaan staan daar bo en kyk die vlaktes in van die oggend. Hy trek haar teen hom vas.

"Alles wat ons sien en nie kan sien nie is jou en myne my skat."

Ayla glimlag en hou hom styf vas. Jaco weet dat die harde werk nou begin en dat hierdie nie die einde is nie, maar eers sal hy moet herbou en sy ryk versterk voordat die volgende fases kan begin. Sodra alles regtig stabiel is sal die mense vergeet van die dooies en hom aanvaar as hulle heerser indien hy alles voorspoedig kan laat vloei. Dit is sy plan vir eers en dan sal hy sy volgende planne aanpak. Sy volgende sending vir sy nuwe ryk. Hy draai na Ayla toe en soen haar op haar mond en hy voel die koue bries wat oor sy gesig waai. Dit waai sy mantel van kant tot kant en waai ook Ayla se goue blonde hare effens deur mekaar en agter hom hoor hy nog die soldate juig en tekere gaan oor hulle oorwinning. Hy draai om saam met Ayla en kyk na die soldate en lig sy gebalde vuis die lug in. Die troepe sien dit en skreeu nog harder en harder vir hul meester. Jaco weet dat een era einde gekry het, maar die volgende een begin nou eers. Hy laat sak sy arm en gee 'n geheimsinnige glimlag. Iets in sy oë glinster boosaardig en die toekoms is syne...


XXXXX

-Vier Jaar Later-

14 Julie 2045

Die kamer is swak belig en toestelborde se liggies flikker met verskillende kleure. 'n Man in 'n wit labratorium jas staan voor 'n tenk wat gevul is met vloeistof en 'n figuur dryf in die vloeistof. Tik tik tik weergalm die klank van stewels op die vloer soos 'n man in swart panser nader stap en langs die dokter gaan staan. Hy het 'n lang dik bruin baard en sy blou oë skyn helder blou in die swak beligte kamer. Hy staar met sy arms gevou na die tenk terwyl die dokter senuagtig met sy vingers vroetel. Die man met die baard draai sy kop na die dokter toe en begin met 'n growwe stem praat.

"Is hy gereed vir sy sending dokter?

"Ja my meester hy is. Hy is die perfekte kloon met jou en Ayla se DNA. Hy is intelligent, sterk en rats. Hy sal doen dit waarvoor hy gegroei is."

"En die dimensionele toestel? Is dit gereed?

"Ja meester dit is op die tafel saam met sy panser en wapens. Meester as ek mag vra wat gaan ons hierdie soldaat noem?"

Jaco staan 'n oomblik vas en dink. In vier jaar se tyd het hy herbou en is nogsteeds die heerser. Die mense het hom aanvaar en hy het geen weerstand gekry na sy laaste voorbeeld nie. Hy het tot dus ver met regverdigheid geheers en die vrede bewaar terwyl hy sy ryk versterk het en nou gaan hy hierdie soldaat na die ander dimensie toe stuur om sy volgende veldtog te begin van oorwinning. Hy wonder oor die naam wat hy hierdie soldaat moet gee en dan tref dit hom soos 'n bom.

"Sy naam sal Nero wees. Hy sal voort gaan en my ryk vergroot. Dokter die tyd het aangebreek."

Die dokter knik sy kop en stap na die toestelbord toe en druk 'n rooi knoppie. Die tenk begin die vloeistof dreineer en Nero val op sy kniee in die tenk. Die glas van die tenk skuif oop nadat al die vloeistof gedreineer is en Nero ruk sy kop op na bo. Sy oë gloei rooi en verdof stadig na 'n diep sterk blou kleur. Hy staar na sy meester. Al die inligting van jare se oorlog en beelde van instruksies wat vir hom gevoer is in 'n mate terwyl hy in die tenk was spoel deur sy gedagtes.

"Ek is reg vir my taak meester. Die volgende dimensie sal ook joune wees."

Jaco glimlag breed en begin 'n diep en bose lag gee wat in die labratorium weergalm. Die tyd vir sy tweede veldtog het aangebreek...

Woord Telling 2 729



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Dankie
baie dankie. ek werk altyd hard aan my skryfstukke. sommiges verg meer aandag as ander en ek hoop om my loopbaan as skrywer te begin in die professionele sin.
4 jaar 5 maande 5 dae 9 ure oud


20
Mooi so Skim! Jy het hard gewer die afgelope week!
4 jaar 5 maande 2 weke 2 dae 3 ure oud



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar