Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek sit op die bankie voor die spieël in my hotelkamer en borsel versigtig maskara aan my wimpers. My hand bewe effens. Dis ons laaste dag, maar ek probeer om nie daaraan te dink nie. Die balkondeur is oop en die gaasgordyn waai deinend op en af in die sagte, koel oggendwindjie. Ramon kom staan agter my en streel sag met sy hande om my nek. Sy vingers speel onder my kakebeen, streel oor my lippe en volg die kontoere van my wangbene terwyl ons vasgevang na ons weerkaatsing in die spieël voor ons staar. Hy streel met sy vingers oor my lippe en kyk diep in my oë toe ek sy vingers een-vir-een stadig soen.

“We have to go, Ramon.” Hy knik stil en sug, “I know.”

Ek staan op en hy klik die kamerdeur agter ons toe.

Ons gaan sit by ons gewone tafel in die restaurant, eet ons gewone ontbyt – ek vrugte en hy sy loco moco. Dieselfde mense van die media sit by dieselfde tafels en selfs die kofffie smaak dieselfde. Maar, vandag is anders. Dis ons laaste ure saam en boonop word die wenners van die kontrak vanaand aangekondig. Môre vlieg ons almal terug na ons eie, afsonderlike lewens – na suburbia, terug na life as we know it.

“Eliza.”

Ek kyk op, haal diep asem en sê meer kras as wat ek bedoel, “Let’s just do the final article and photos and get it over and done with, ok?” Hy maak sy laptop oop en streel na ’n rukkie met sy voet oor my kuit.

“Ramon!” Hy loer skuldig oor sy laptop na my, “Is reaction. I cannot help.” Ek probeer konsentreer en die gebeure van die Hanauma Bay BBQ in woorde vaslê – die visbraai, hula danse, ukulele en drommusiek, Kuhalu se familie, die atmosfeer ... Sy voet speel teen my bobeen.

“Ramon! Behave.”

Hy grinnik en trek sy skouers op, “My body, he wants touch you.”

“Oh, good heavens!” Ek sug en kan nie help om te begin lag nie. “One hour, ok?” Do your photo’s,” beduie ek na sy laptop, “and let me write. “Jeeezz.” Hy lag en rol sy oë, “Yes, Masta!” Ek voel of ek sy nek kan omdraai.

Uiteindelik druk ek “send” en ons laaste artikel met foto’s is deur die kuberruimte oppad na die Kamehameha Hotel PR Paneel. Dertig minute voor die afsluittyd.

“Phew!” Ek leun terug in my stoel, vryf my hande deur my hare en glimlag verlig na Ramon. Hy leun met sy elmboë op die tafel en vra, “Ok, so what we do this afternoon?” Hy fladder sy oë na my.

“No.”

Ek sit regop en vertel hom gemaak-streng, “ I have to buy gifts.”

Ramon bel Kuhalu en vra of hy ons kan kom oplaai. “Fifteen minutes,” knik Ramon. Ons gaan bêre gou ons laptops in my kamer en skiet dan weer af ondertoe. Kuhalu sal ons na die regte plekke neem om geskenke te koop.





Sarah en Henk begin reeds laat-middag braai by sy huis en hy is meneer sjarmant uitgeknip. Nadat hy die vuur aangesteek het, onthaal hy haar in sy donker kroeg en wys haar van sy spesiale bottels drank. “Hierdie een is R8 000 werd, daardie bottel in die houtkissie met die goue rand is baie spesiaal en word tans gewaardeer teen ongeveer R15 000.”

Sarah lag kliphard. “Wie in die lewe wil soveel vir whisky betaal?”


Hy kyk stil na haar en gee dan ‘n laggie. “ Dis eintlik ‘n belegging, Sarah.”

“Ja, maar wat as die bottel breek of iemand maak dit oop en drink dit uit? Wat dan?”

Henk skud sy kop, glimlag meewarig en stel voor dat hulle kombuis se kant toe moet staan. Hy loop voor en Sarah merk op dat hy effens skeef loop. Hy’t seker reeds ‘n paar ingehad voordat sy daar aangekom het. Hy gaan sit op een van die kroegstoeltjies by sy kombuistoonbank en beduie na die yskas. “Alles vir ‘n heerlike slaai of twee is daar. Jy kan maar daarmee aangaan terwyl ek gaan kyk of die vuur al reg is.”

Sarah sug en pak blaarslaai, tamaties, komkommer, feta kaas, klein uitjies en avo op die blad uit. Sy hou nie daarvan om gesê te word nie. Maar, gee hom maar nog ‘n kans. Dan kook sy vinnig ‘n klomp klein aartappels, kerf aspris die laaste twee repies spek uit sy vrieskas op in klein stukkies en braai dit in ‘n pan.

Henk stap kort daarna by die sydeur in en kom haal die vleis. Hy ruik die heerlike geure en gee haar ‘n klapsoen op haar wang. “Vrou na my hart.” Sy sê niks. Dan stap hy na die yskas, haal die vleis uit, gryp nog n bottel wyn uit sy wynrak, stel die musiek – Pink Floyd – harder en stap weer vuur se kant toe.

Hy verorber sy deel van ‘n amper verbrande Bloubul steak, sluk wyn asof dit uit die mode uit gaan en sy peusel stil aan haar slaai. Drie leë wynbottels lê langs die braai. Sarah kyk na haar horlosie en wil opstaan, maar Henk trek haar aan haar arm af, “Dis nog vroeg, skaars na nege – die aand is maar ‘n embrio!” Hy lag kliphard vir sy eie simpel grappie en Sarah skud haar kop, “Jy het te veel gedrink, Henk. Ek gaan nou ry.”

Hy gaan staan in haar pad, trek haar byna gewelddadig teen hom vas en forseer sy lippe hard en lomp oor hare. Sy gril vir sy drankasem en stoot hom weg, “Nee! Los my!” Hy gryp weer na haar en haar bloes skeur. Sarah stamp hom hard weg, “Los my uit!” Hy verloor sy balans en slaan neer soos ‘n os. Sy gryp haar handsak en stap driftig na die hek toe.

“Jy sal nog spyt wees hieroor, jou verdomde teef!”

Sarah kyk eers kalm oor haar skouer na hom, maar skrik dan vir die hatige kyk in sy oë. Sy verdwyn haastig deur sy hek en sy stem volg haar tot waar sy bewerig haar kar se deur oopmaak, “Jy mors nie met Henk Louw nie! Niémand mors met Henk Louw nieeeeee!” Sy hoor glas breek, skakel haar kar aan en jaag met skreeuende bande weg.




Die hele internasionale media kontingensie word tydens ‘n informele afskeidsbraai op die eksklusiewe Waikiki Aloha patio van die Kamehameha Hotel onthaal. Selfs die koel, kalm seewind sukkel om die gespanne gemoedere af te koel. Almal wag vir die finale oomblik.

Intussen het ’n paar van ons kollegas hulself effe vergryp aan Tiki Rum drankies en beleef die aand reeds deur ’n waas. Brazilië se span lê oor hul tafel langs ‘n groot pers bougainvillea, meneer Texas en sy vriend hang aan die kroegtoonbank en die Duitser glimlag beurtelings gelukkig na sy twee vroulike Japanese spanlede wat hom happies kos en slukkies drank voer. Edward, Arniston en Dorothy van Brittanje sit egter kiertsregop by ’n tafel in die middel van die vloer en sluk klein sippies sjerrie met hul pinkies in die lug.

Die Kamehameha hotelbestuurder, Laka Mahiʻai, stap na die mikrofoon en maak sy keel skoon. Hy bedank eerstens alle lede van die internasionele media vir hul uitstekende werk en dan maak hy ’n koevert dramaties oop. “The contract goes to ... Ramon Rodrigues and Eliza Watson!”

Hy glimlag en gaan voort, “for their extraordinary, if somewhat unconventional reportage on Hawaii, the human factor and ...” hy lag, “having fun in and around Honolulu. Their work is truly exceptional and we are proud to partner with them regarding our upcoming global project.”

Ramon tel my op, tol twee maal in die rondte en soen my, dan stap ons hand in hand na die klein verhogie en ontvang die koevert. Staande applous vergesel ons as van sy foto’s oor die groot TV skerm speel en ’n husky vrouestem kort brokkies van my teks lees.

Kort daarna gaan die feesvieringe voort en van die ander media ouens kom wens ons geluk, maar almal is eintlik maar meer daar vir die party. Ramon en ek verdwyn so gou as moontlik, kort nadat ons die bestuur bedank en gegroet het. Ons wil darem ons laaste paar ure saam alleen spandeer.



Ramon maak my hotelkamer se deur oop en ons stap stil in. Dis donker. Hy wil die lig aansit, maar ek stop hom, “Leave it. Leave the light.”

‘n Straal maanlig skyn sag deur die balkondeur en al wat ons van mekaar kan sien is mekaar se silhouette. Ramon trek sy baadjie stadig uit en ek staan doodstil. Ek kan ons albei se asemhaling oor die stilte hoor, selfs oor die geluid van branders wat hard op die strand ver onder ons neerbars.

Hy stap nader na my toe. Ek ruik sy naskeermiddel. Hy staan reg voor my.

Ek steek my hand uit na hom en streel oor sy nek. Ons kyk na mekaar in die donker. Hy staan doodstil, vasgevang in die oomblik. Ek streel oor sy skouer en sy rug. Sy hand lê op my heup.

“Ramon?” vra ek, “What about us?”

Hy soen my in respons op my vraag, maar dis nie wat ek wil hoor nie. Ek tree terug en vra, “What next?” Hy stap weer nader en trek my hard tot teenaan hom, “I want you, Eliza.”

“I want to know about us.” Ek kap hom desperaat met die kwessie en wag vir sy oplossing.

Hy fluister dringend, “I love you. I do anything for you.” Hy soen my vurig en ek antwoord sy soen. Dan trek ek myself weg, gaan staan langs die skuifdeur en vou my arms terwyl ek oor die ontstuimige oseaan kyk, “ What about tomorrow?”

“We find a way, Eliza.”

“What way? How can we be together?” vra ek driftig.

Hy stap tot reg voor my en trek my styf teen hom vas. Ek kan voel dat hy my begeer. Sy asem speel warm oor my lippe en hy fluister, “ I will make it so.”

Hy soen my diep en ek maak die knope van sy hemp een vir een los. Sy hande speel besitlik oor my lyf en ek vra uitasem, “But we leave tomorrow, Ramon! Is this just a fling to you?”

Hy trek my terug na hom en hou my styf vas, sy hemp half oor sy arms en sy kaal borskas deinend teen my. “I not let you go.” Hy soen my intens, glip uit sy hemp en voel oor my rug na my rok se ritssluiter. “I not ever let you go.”

Ons draai stadig om en om en met elke draai trek sy hande my rok se rits girtsend al verder af, terwyl sy lippe al meer besitlik oor myne vou. My rok gly sag tot om my voete. Ek kan sy warm asem teen my nek voel. Sy hande vou om my borste en hy snak na sy asem. My lyf klop en ek sukkel om reguit te dink. Uiteindelik tree ek terug. “Ramon?” vra ek desperaat, “Where do we go from here?”

Hy trek my weer tot teenaan hom en fluister dringend, “I find a way, believe me.” Hy hou my so styf vas dat ek nie kan wegbeweeg nie. “I not let you go,” fluister hy hygend in my oor, “We find a way, Eliza.”

Ons tol om en om en om tot by my bed en dan lê hy my daarop neer. Hy haal diep asem en en ek voel hom teenaan my. Sy oë staar intens en vurig in myne en hy fluister uitasem, “I want you now. I want you always, Eliza.”

Hy lê langs my en sy lippe, sy vingers en asem streel intens oor my lyf. Ek trek hom nader aan my en ons asems word een as hy bo-op my kom lê. My vingers streel deur sy hare, oor sy rug en ek voel sy gewig op my. Hy soen my en ek fluister hees, “Make love to me, Ramon. Make love to me now.”




Die volgende oggend kom haal Kuhalu ons na ontbyt en ons ry in stilte na die Honolulu Internasionale Lughawe. Ramon se hand hou myne styf vas en selfs Kuhalu is stil.

By die lughawe laai hy ons sakke af, Ramon betaal hom en ek stop ‘n vet bonus in sy hand. Hy haal twee pakkies uit sy taxi en glimlag verleë, “For you. Kuhalu say thank you.”

Ek sluk diep en gee hom ‘n groot druk. Ramon skud sy hand en dan stap ons deur die lughawegebou se groot glasdeure. Kuhalu draai vinnig om, kug en skiet weg met ‘n spoed.

Ons gaan boek albei ons bagasie op ons afsonderlike vlugte in en ontmoet mekaar by ‘n restaurant naby die vertreksaal. My vlug is eerste en Ramon vlieg ongeveer ‘n uur na my terug Spanje toe.

Ons bestel vrugtesap en maak Kuhalu se pakkies oop. Ramon het ‘n Hawaii hemp met al die kleure van die reënboog en ek ‘n pragtige skulphangertjie en Hawaii resepteboek gekry. Voorin het Kuhalu geskryf: Look page 15 – Loco moco recipe. For to make Ramon breakfast.

Ek lees die woorde en kan dit nie meer keer nie. ‘n Rou snik ontsnap oor my lippe, trane loop oor my wange en my skouers ruk. Ramon kom sit langs my en hou my styf, styf vas. Sy stem is hees, “Kuhalu …” dan sluk hy en druk sy gesig in my hare. Hy sug en vryf oor my been.

My vlug word aangekondig en Ramon stap saam met my. Ek staan by die hek en hy hou my finaal in sy arms. Hy soen my een laaste keer en fluister, “I come to you, Eliza.”

Ek stap deur die hek en kyk eenmaal om. Ramon staan daar en hy glimlag hartseer na my. Dan draai hy vinnig om, vee oor sy gesig en stap haastig weg.

Ek maak my tuis in my vliegtuigsitplek en haal Ramon se hemp uit my sak – die hemp wat hy gisteraand gedra het. Ek frommel dit op en maak ‘n kussing daarvan. Ek lê skuins teen die venster en ruik hom. My trane maak sy hemp nat en ek sug, probeer slaap en dan styg ons op.

 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Viooltjie & Kiekies
Dankie, julle twee. Julle is dierbaarrrrr!! :))
4 jaar 6 maande 3 weke 6 dae 3 ure oud


7
Agge neeee, vrek tog! Dit was nou een van die moelikste Goebaais wat ek nou beleef het. Dit pyn sommer binne in my! Girl, jy raak al beter en beter! Die oomblikke van passie absoluut net genoeg om mens se vebeelding op gallop te sit!
Kyk na:
sluk klein sippies sjerrie met hul pinkies - klink sluk klein teugies sjerrie met hul pinkies
maak sy keel skoon. -maak keel skoon
net voorstelle gehoor.
4 jaar 6 maande 3 weke 6 dae 8 ure oud


dogters
Sommer baie lekker gelees aan hierdie hoofstuk, Carol . . . vuurwarm hoor! Ek dink jy het die passievolle momente goed hanteer. . . Hehe. Dankie dat jy ons ook op hoogte hou van wat in die ander karakters se lewens aangaan. Lekker verder skryf!
4 jaar 6 maande 4 weke 1 uur oud


Casper, Arnold, Vonnie, Louise & Driekie
Duisende dankies vir jul saamlees en kommentaar. Ek waardeer dit baie :))
4 jaar 6 maande 4 weke 6 ure oud


WsW
Sjoe...ek moes my bril afhaal so stomend het dit geraak hehe...
Goed geskryf Carol, dit lees maklik en voer mens beslis mee, jy beweeg beslis op 'n terrein waar ek dit nooit sal waag nie :) Jy kan maar.
4 jaar 6 maande 4 weke 9 ure oud


Mango
Die mango-etery! Ooo jaaa, ek onthou daai sensuele toneel nou baie goed... Ek sal nooit ooit weer op dieselfde manier na 'n mango kyk nie, haha. Lekker skryf, Carol!
4 jaar 6 maande 4 weke 14 ure oud


Twee dogters. . .
Carol, weer eens 'n aflewering wat die leser dwing om enduit te lees! Wat my veral in hierdie aflewering getref het, is die onbeskoftheid van Henk teenoor Sarah in vergeleiking met die tere benadering van Ramon teenoor Eliza. . .

Die verdere naelkouende verwikkelings. . .ons wag!
4 jaar 6 maande 4 weke 15 ure oud


Dodters van die sOn (7)

Ek sien iemand het haar hande vol met die liefde...
4 jaar 6 maande 4 weke 21 ure oud


Dogters
Ramon sal vinnig moet plan maak, die spanning raak nou te veel, wat is volgende?
4 jaar 6 maande 4 weke 1 dag 5 ure oud


Zellie
Baie dankie vir jou lees en kommentaar. :))

Ek hoop ook so .... :))
4 jaar 6 maande 4 weke 1 dag 6 ure oud


Louise
Man, hahahaha, die 2 het mekaar al by die waterval met die mango-etery geGRYP. hehehehe

Mmmm .... ek wonder net - hoe eksplisiet kan mens gaan??? :))

Dankie vir jou pragtige woorde, suster en dan ... Waar's Roofdier 2? Huh?Toetoetoe hehehe
4 jaar 6 maande 4 weke 1 dag 6 ure oud


Gedagtedief
Baie dankie vir jou pragtige woorde en Neels se aanpor - hahahaha :))))
4 jaar 6 maande 4 weke 1 dag 6 ure oud


Neels
Baie dankie dat jy die dogters volg en vir jou mooi woorde:))
Hahaha, verder gaan .... hehehe, sjoe, nou kry ek warm :))))
4 jaar 6 maande 4 weke 1 dag 6 ure oud


*
Bittersoet.

Ek hoop Ramon ko. Sy belofte na.

Ek hoop ook Sarah is op haar hoede vir daardie Henk vent.
4 jaar 6 maande 4 weke 1 dag 7 ure oud


Roep die brandweer!
Nee kyk, die Ramon en Eliza laat die spanning behoorlik oplaai, want jinne, wanneer GRYP die twee mekaar dan? Jy's 'n meester as dit kom by spanning opbou tussen jou karakters, Carol. Jou storie is puik. Dis menslik. Dis vol intrige. Jy vang jou leser vas in jou vertellinge en laat hul op die punte van hul stoele sit. Ek stem saam met Neels en Gedagtedief hier onder. Lekker skryf aan 'n briljante verhaal!
4 jaar 6 maande 4 weke 1 dag 8 ure oud


Dogters
Wow, 'n mengelmoes van werk, teleurstelling, wraakgedagtes, ervaring, aanklank, ontspanning, kompetisie, genot, uitdagings, hormone, emosie, begeerte en seks wat afwissel. Dis die lewe. Dit lees lekker, asof in 'n fantasie. Dis duidelik dat die verteller se lewensreis die kern is waarom die storie draai maar die ander "dogters" se dinge wissel dit goed af en kleur dit verder in.

Neels, ek wonder waartoe jou aanpor Carol gaan aanmoedig.
4 jaar 6 maande 4 weke 1 dag 16 ure oud


dogters van die son
Carol ek volg die storie van die begin af. Wat vir my uitstaan is dat jy die moed gehad het om bietji eroties te raak iets wat ons Afrikaanse skrywers nie maklik doen nie en ek seker ook nie waag nie. Vir die Engelse skrywers is dit alledaags en ek sou sê dat jy dalk bietjie verder met daardie deel kon gaan.
4 jaar 6 maande 4 weke 1 dag 20 ure oud



Sielswoorde

deur Driekie Grobler

Voedsel vir siel - 20 Christelik-geinspireerde gedigte voorgedra deur Jana Swart.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar