Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ramon klop die volgende oggend vroeg aan my kamerdeur en ek begin lag toe ek oopmaak, “What do we have here?”

Hy loop soos ‘n catwalk model in my kamer in en gooi ‘n pose, “You like? Is becoming?” Teen dié tyd skater ek van die lag. Hy dra ‘n verbleikte jean met plakkies en ‘n splinternuwe bont, geblomde Hawaii hemp. “I look cool, yes?”

Voor ek weet wat my tref, het hy my in ‘n vurige omhelsing en soen my byna van my voete af. “Grrrrr,” grom hy, “better to go downstairs for breakfast now, or I eat you.”

Ons eet ‘n vinnige ontbyt van vars vrugte en ontmoet Kuhalu na ‘n uur by die hotel se ingang, gewapen met ons kameras en notaboeke.

Diana en Pieter sit vasgenael voor die rekenaar in sy studeerkamer en blaai deur CV’s van applikante vir Church of New Life pastoorposte in Gauteng. Hy het ‘n paar dae studieverlof om vir sy vlak vier CNL eksamen te swot.

“Sit dié een ook op die lys,” beduie Diana na die rekenaarskerm. Pieter maak ‘n aantekening, sluk aan sy beker koffie en leun behaaglik terug op sy stoel. “Ons is amper daar, Diana. Nog net een module oor ná môre se eksamen en dan kan ons begin.”

Diana staan op en sê oor haar skouer, “Wel, dan beter ek jou website regkry sodat ons kan lewendig gaan wanneer die tyd kom.” Sy stap vinnig in die gang af tot by die kombuistafel waar haar laptop oopstaan en sug diep toe sy gaan sit. Sy vryf oor haar slape en staar na die skerm. Church of New Life. Sy hoop van harte so.

Diana sukkel om aan die gang te kom en toe die website ‘n foutboodskap op haar skerm flits, staan sy ongeduldig op en gaan maak eerder tee. Sy staar ingedagte by die kombuisvenster uit en wonder of hulle die huis sal kan hou, of hulle klein Stefan alles sal kan gee wat hy nodig het en -

“Don Lawrence het my sopas gebel!” Pieter storm by die kombuis in en is skoon rooi in die gesig van opgewondenheid. Diana swaai om en kyk vraend na haar man.
“Lawrence het my sopas ‘n aanbod gemaak, vertel Pieter opgewonde, “Hy verskaf ‘n perseel vir ons CNL en hy beplan om ‘n saal te bou vir dienste, met administratiewe kantore en alles wat nodig is vir ‘n full-fling affêre!”

Diana skink twee koppies tee en gaan sit weer by die tafel. “Wat wil hy in ruil daarvoor hê, Pieter?”

“’n Persentasie aandeel.”

“Hoeveel?”

“Vyftig persent.”

“So, hy is dan ‘n volle vennoot.”

“Ja, maar in hierdie geval is dit ‘n goeie ding. Ek vind nog my voete en hy is reeds ‘n ou hand met baie kontakte. Dit kan ons nét help. Dit sal ook heelwat credibility aan my verleen. Ek kan baie by hom leer, Diana.”

Diana knik, leun met haar elmboë op die tafel en sluk klein, vinnige mondjiesvol van haar tee terwyl sy dink. Dan kyk sy op na Pieter, waar hy staan, te opgewonde en vol energie om te sit. Sy draai haar kop skuins en vra, “Waar is die perseel?”

“Net buite Pretoria. Dis ‘n kleinhoewe wat hy sopas as ‘n belegging gekoop het.”
Diana staan op en glimlag, “So, wanneer gaan ons na die plek kyk?”

“So gou as moontlik.”

Sy stap tot by Pieter en hy druk haar teen hom vas. “Moenie worry nie, my skat. Ek ken van besigheid. Ons sal ok wees.” Hy soen haar op haar voorkop en trek skewebek, “Nou moet ek eerder weer gaan swot.”



Die wind waai ons hare deurmekaar en ruk aan ons klere, maar dit pla ons nie regtig nie. Ramon en ek staar om ons heen. Ons staan op Diamond Head, ‘n hoë bult ‘n entjie uit die stad. Die uitsig is fenominaal – ons kyk uit oor die hele Honolulu, die aangrensende kus en selfs oor van die nabygeleë, onbeboude gebiede. Ramon stel sy tripod eerder op omdat die wind redelik sterk is en kliek dan vir ‘n vale.

Kuhalu sit op ‘n rots, rook ‘n pyp en staar rustig voor hom uit, terwyl ek naarstigtelik aantekeninge maak in my notaboek. Ek skryf nie net oor wat ek sien nie, maar ook die gevoel wat ek ervaar en ek meld die presiese koördinate van waar ons staan wat ek van my selfoon af kry. Ek vra Kuhalu later dat hy my moet wys waarheen ons nog later sal gaan en hy beduie … hier, daar en dáár.

Ek skryf oor wat hy vertel, waarna ek uitsien, maak dan my notaboek toe en staar na die horison, die stad en alles daar rondom. Ek probeer om alles in my geestesoog te onthou – om hierdie spesiale oomblikke te berg vir later se heronthou.

Ramon pak sy kamera op en kom staan vir ‘n oomblik agter my. Sy arms vou sag en onverwags om my en ek voel tuis. Hy sê niks, maar hou my net vas en rus sy ken op my skouer. Die wind waai ons albei se hare deurmekaar, maar nie een van ons wil beweeg of uit hierdie oomblik ontsnap nie.

“Time to go!” gil Kuhalu van die taxi af.

Ramon sug kliphard, neem my hand in syne en ons stap terug na die taxi toe, waar Kuhalu met ‘n skewe glimlag vir ons sit en wag. Ons sitvlakke raak skaars die sitplek, toe trek hy weg en lag oor sy skouer, “Lunchtime. We go eat special place now. Very special place.”

Ons ry deur besige strate, tussen hoë geboue deur en beland uiteindelik aan die ander kant van Honolulu. Ramon se hand rus heeltyd op my been. Ek hou daarvan. Kuhalu ken blykbaar die pad uit sy kop uit, want hy ry ontelbare draaie – dan by ‘n klein paadjie af, regs of links in ‘n nog kleiner straatjie en uiteindelik stop ons voor ‘n klein, byna vervalle houtgebou tussen ‘n wassery en motorfiets onderdele-plek. ‘n Verbleikte, handgeverfde bord oor die deur kondig aan: Hawaii Laulau. Dis al.

Ons gaan sit by ‘n houttafel wat al beter dae geken het. ‘n Dakwaaier raak ontslae van lastige vlieë. “Laulau is traditional dish from taro, pig meat and wrap in taro leaves,” beduie Kuhalu. Hy plaas ons bestelling by die jong meisie wat blykbaar nie veel Engels versaan nie en glimlag, “very tender meat. Juicy!” Hy smak sy vingers teen sy lippe en lag.

Sagte musiek van Hawaii speel op die agtergrond en kort voor lank kry ons elkeen ‘n klein glasie rum. Ramon en ek het slegs gebottelde water bestel om te drink. Ons loer na mekaar en sluk dit maar af, soos Kuhalu. Ramon verstik en ek hoes amper my longe uit. Kuhalu lag dat sy ogies skrefies trek. Dan bring die kelnerin ons water. Ramon en ek ruk ons bottels se proppe af en sluk dorstig daaraan, terwyl die kelnerin en kok saam agter die toonbank giggel.

Blykbaar is dit Kuhalu se manier van ‘n “Welcome to the Club Party.”

Die ete is heerlik, vreemd en eksoties. Kuhalu vertel dat talle top restaurante hierdie dis op hul spyskaarte aanbied, maar dat hierdie einste plekkie die oorsprong daarvan is. Ramon neem nog ‘n klomp foto’s, ek neem meer notas en ons klim weer in Kuhalu se taxi, oppad na ons hotel toe. Ons beplan in die ry om so gou as moontlik die artikels en foto’s reg te kry vir voorlegging by ons agentskappe en ook by die Kamehameha Hotel se PR afdeling. Daai kontrak móét eenvoudig ons s’n wees.

Ek stel die Edgewater Beach Cocktail Lounge voor as ons impromptu kantoor vir praktiese redes. Ramon stem vinnig in en ons sit albei die res van die middag vasgevang en vasgeplak voor ons laptopskerms en werk. Die tyd vlieg verby en kort voor lank kom ons agter dat die eens stil plek skielik begin besig raak. Nuwe gaste stroom luidrugtig in en soek plek om te sit.

Ons besluit om te gaan stort en mekaar later te ontmoet vir ete. Ons is albei moeg na die lang, besige dag.

Kort voor agt tik ek op Ramon se skouer, waar hy in die hotel se voorportaal vir my wag. Hy vlieg op en lag, “I not see you!” Hy soen my hand en druk my teen hom vas, dan verdwyn ons by die hotel se deur uit en straat-af, tot waar dit vir ons lekker lyk.

Ons kom heel toevallig af op ‘n plek wat Kuhalu aanbeveel het, the Mercury Bar, en stap in.

Dit gons. ‘n Sanger op die verhoog sing ‘n sterk ballade en kontemporêre skilderye, posters en geraamde foto’s teen die dofverligte houtmure toon ‘n eklektiese inslag. Ek glimlag na Ramon en hy na my. Dis ons tipe plek. Ons kry ‘n tafel teen die agterste muur, in die hoek, weg van die klein dansvloer af en effe beskut. Ons maak onsself tuis en bestel elkeen ‘n glasie rooiwyn.

Ons besluit op basiese, eenvoudige en ongekompliseerde Hawaiian Chicken on rice vir aandete. Net om te ontspan en te chill. Die musiek en rustige vibes doen ons albei goed na die gejaag van die afgelope paar dae. Ons het baie om aan te werk. Ook om aan te dink.

“Eliza.”

Ramon kyk stil na my oor die tafel. “I want to know you. All of you.”

Hy neem my hand in syne, draai dit palm na bo en streel sag en stadig oor my gewrig … Ek sluk diep.

“Ramon,” glimlag ek en sug. “I find you very attractive and I so wish that we could start something, but … I mean …you are from Spain, I’m from South Africa …” Ek trek my hand terug, tel my skouers op en sluk eerder aan my kelkie wyn.

“But,” antwoord hy vurig, “that is nothing!” Hy blaas op sy vingers en staar intens in my oë. “You mention borders of countries. I speak of life. Of hearts and of love.” Hy gooi sy arms wyd oop en laat dit dan weer stadig sak as ek doodstil na hom kyk.

“I begin to love you, Eliza.”

Hy kyk stil en ernstig oor die tafel na my. Ek weet nie wat om te doen of sê nie, want ek voel dieselfde. Maar, ek is bang om in te gee en net weer seer te kry.

Hy neem my hande in syne en ek kan nie opkyk na hom nie – ek weet as ek in sy oë kyk sal dit verby wees. Juis omdat ek presies voel wat hy voel. Maar ek is bang. Te bang. Miskien besef hy dit, want hy sê niks. Hy hou net my hande styf vas in syne en streel sag oor my palms met sy duime.

Die sagte kitaarsolo vul die restaurant en Ramon staan op. Hy hou my hand en lei my na die dansvloer. Hy trek my styf teen hom vas en ons beweeg skaars. Ek voel sy hart teen myne klop en sy hand streel sag oor my hare. Hy sê niks – hy hou my net vas. Styf, styf teenaan hom.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Gedatedief
Uit my hart uit dankie vir jou pragtige kommentaar. :)))

Ek skryf omdat dit lekker is en gee nie om vir reels en regulasies nie. Het nog nooit :) In alle geval - wat jy lees, is rou emosie, teks en dialoog. Ek wil juis nie formeel gaan nie, want ek voel dat dit dan nie meer getrou aan my karakters of gevoel sal wees nie. Pretensieus is uit en eg is in.
Puriteinse lesers sal dit haat :))) en as "common" afkraak, maar ek voel dat eerlike, egte belewenisse waarmee lesers kan identifiseer meer waardevol is. Slegs my opinie.

Duisende dankies vir jou kommentaar,
Carol :))
4 jaar 7 maande 1 week 1 dag 1 uur oud


Dogters van sOn
Carol, ek kon dit jare gelede laas regkry om lang stories, of 'n boek, van begin tot einde in een sit (of lê) te lees (toe het ek dit dikwels gedoen). Deesdae is 'n maratonleessessie 'n straf omdat ek gou belangstelling verloor (en soms met 3 boeke op 'n slag, gelyk besig is), maar nadat ek sOn 1 -5 in een asem gelees het, besef ek dat ek dit ook met jou hele boek sou doen! Ek lees primêr en hoofsaaklik om dit te geniet, maar sekondêr met die verwagting dat ek iets daaruit kan leer en te kyk of ek kan antisipeer, wat vorentoe gaan of kan gebeur.

Ek het dit baie geniet en wonder od Diana met Don Lawrence of een van die aplikante deurmekaar gaan raak. Ek geniet die mix en jou informele skryf, soos ons praat (en nie soos ons geleer is, en baie lesers verwag, om puristies te skryf nie). Carol skryf suksesvol soos Elizma, nie net oor wat sy sien nie maar ook oor die gevoel wat sy ervaar en dit waarna sy uitsien! Dít, saam met die ander bekwaamhede, maak dit nie net interessant nie, maar trek die leser styf tot teenaan jou en jou karakters, netsoos in Elizma se geval se "Shoe, styf, styf teenaan hom."

Dis blêrrie goed. Bravo!!!

4 jaar 7 maande 1 week 1 dag 16 ure oud


Viooltjie
Baie dankie Carma en alles vd beste met jou bundel - jy vorder baie goed :)))
4 jaar 7 maande 1 week 2 dae 16 ure oud


Arnold
Baie dankie!! Jy het 'n goeie oog!!! Ek het daaroor "gebleep" en bloot misgekyk.
Ek maak dadelik reg. :)))
4 jaar 7 maande 1 week 2 dae 17 ure oud


5
Mmm . . . lyk my daai tweetjies is verlief en verlore :-). Ekt lekker gelees aan hier romantiese hoofstuk, Carol. Ek is nou nuuskierig om te sien wat in hierdie dogters se lewens gaan gebeur. Sterkte met die verdere skryf :-)
4 jaar 7 maande 1 week 2 dae 21 ure oud


S0n

Kyk hierna, "nie veel Engels versaan nie en glimlag,"

Lekker gelees.
4 jaar 7 maande 1 week 3 dae oud


Zellie
Sarah? Sy's besig met haar skoonheidsalon en gee vir almal Balinese massages. :))) Een van die dae gaan sy weer iets aanvang ... ons ken haar mos so hehehe
4 jaar 7 maande 1 week 3 dae 10 ure oud


*MWAH*
Baie dankie Casper, Ita, Koorsdoring, Anze, Louise, Vonnie, Driekie, Kiekies en Zellie. Julle is dierbaar. :)))

Baie dankie vir die raad - ek verander oorspronklike manuskrip sommer nou! :)))
4 jaar 7 maande 1 week 3 dae 10 ure oud


*
Sjoe, hoe bots die chemie nou!

Dit 'n baie goeie deel van Dogters van die sOn.

Kyk na die volgende sin; Hy smak sy vingers teen sy lippe en lag.

Wat het geword van Sarah?
4 jaar 7 maande 1 week 3 dae 10 ure oud


5
Church of New Life. Sy hoop van harte so. - Uitstekend gedoen!!

en selfs oor van die nabygeleë, onbeboude gebiede - wat van net: en selfs oor nabygeleë, onbeboude gebiede

Musiek van Hawaii - Hawaiise musiek

smak Lekkerrrrr woord!!

Man ek was nou teleurgesteld toe dit klaar is! Dit raak al lekkerder om te lees!!!
4 jaar 7 maande 1 week 3 dae 11 ure oud


WsW
Mmmmmm my tone krul van lekkerkry. Kan nie wag vir die volgende hoofstuk nie.
4 jaar 7 maande 1 week 3 dae 11 ure oud


Sjoe!
Ek stem sooo saam met Ita. . . Jou karakters leef behoorlik! Kan nie wag vir jou volgende aflewering nie!
4 jaar 7 maande 1 week 3 dae 14 ure oud


sOn5
Oelala... die kwik styg...

Ek het heerlik verdiep geraak in die leesstuk en was skoon jammer toe dit eindig.

Pieter en Diana se subplot jaag ook die spanning behoorlik op.

Skryf voort en gaan groot - dis DUIDELIK jy KAN!
4 jaar 7 maande 1 week 3 dae 15 ure oud


son 5
lekker gelees
4 jaar 7 maande 1 week 3 dae 16 ure oud


Eerste bydrae DvdS
Wonder klaar hoe die lyne verweeg gaan raak hier.
4 jaar 7 maande 1 week 3 dae 17 ure oud


Ita
dogters vandie son
oe so heerlik eiland-romanties en jou karakters lééf
4 jaar 7 maande 1 week 3 dae 20 ure oud


dogters van die son
Dit raak nou interessant. Liefde ken geen grense nie
4 jaar 7 maande 1 week 4 dae oud



Tong in die kies

deur Delene de Wet

My menswees: my blydskap, humor, nostalgie, ironie, walging en poppies uit pram gooi, en ja, natuurlik ook vuurwarm liefde in die vorm van kortverhale, gedigte, monoloë en briewe. Die boek is 'n gesprek met jou, die leser, want op die einde van die dag is ons eintlik almal besig met dieselfde avontuur in die soeke na oorlewing.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar