Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die enigste geluid wat ek hoor is branders wat op die strand onder my breek. Ver weg op die horison, waar die see en lug aan mekaar raak, smelt ‘n ligte waserigheid die donker van die nag weg en ‘n koel briesie van die see se kant af laat die stoom van my koffie dartel-dartel, voordat dit in die koel lug verdwyn. Ek teug versigtig daaraan, staar deur die staaltralies van my balkon na die son wat sy strale al verder begin gooi en voel vasgevang in ‘n warboel van deurmekaar emosies.

Ramon bly in my gedagtes. Ramon, Ramon … Ramon.

Ek staan op en leun met my arms op die balkonreëling. “Indian yellow, fuchsia, spatsel magenta …” probeer ek die kleure van die sonsopkoms identifiseer sodat ek tog net op iets anders kan fokus.

Klingelende kettings, klappende seil en staccato stemme ruk my uiteindelik terug uit my reverie. Ek leun oor my balkonreëling en sien hotelpersoneel sambrele opslaan, stoele regskuif en alles regkry vir die eerste ontbytgaste.

“Ooo crap!”

Van al die gedromery is ek amper laat. Ek skiet deur die stort, pluk klere aan en storm net na sewe by die restaurant in. Ramon sit by ‘n tafel teen die venster en is verdiep in iets op sy laptop. Hy kyk op toe ek soos ‘n warrelwind op hom afpeil en glimlag, staan op en gee my ‘n druk, “Goeihe mhôre, maai skhat.”

“Oh my word!” Ek gaan sit, maar kan nie ophou giggel nie. Hy kyk doodernstig oor sy laptop se skerm na my en vra, “Lekherr geslhaap?” Ek gee hom ‘n kyk, probeer asemhaal tussen my lagbuie deur en hyg later, “You are crazy!”

Hy slaan sy laptop toe en beduie vir die kelner dat ons sal bestel, neem my hand in syne en streel met sy lippe oor my vingers. Die kelner neem ons bestelling en ek vra, “Google Translate?” Hy lag en knik. “You know I say Afri-khaans, yes?” Gelukkig kom die kelner op daardie oomblik aan met ons vrugtesap.

Al hoe meer mense begin hul plekke om tafels inneem en ‘n paar ander media ouens groet ons. Die kelner bring ons ontbyt. Ek kry my vrugte en Ramon eet loco moco, die gunsteling Hawaiise ontbytdis. Hy lig sy gebakte eier van die hamburgerpatty af wat op ‘n bondeltjie rys lê en toegegooi is met dik, bruin sous. Ek ril effe, maar hy merk dit gelukkig nie op nie en begin na hartelus smul. Vir ontbýt? I don’t think so.

Môre is ons laaste dag en oormôre vlieg ons terug. Ek weier om verder daaraan te dink en sê, “Tomorrow evening we will know who gets the contract for the book.”

Ramon leun vooroor, beduie met sy kop na ‘n tafel ‘n entjie van ons af en fluister, “They tell everyone they win.” Hy leun terug, frons en mompel, “Idiots. Pah!”

Dis die drie Britte, sien ek. Edward, Arniston en Dorothy. Klomp snobs. Twee ouerige mans in Tweed en ‘n stuck-up middeljarige vrou wat heeltyd sykouse dra. In Hawaii? I mean, really? Hulle bevraagteken gedurig alles en weier om hul monde aan tradisionele disse te sit. Hul claim to fame is skynbaar hul belese, stiff upper-lip historiese kennis van die Westerse beskawing. Of iets in daai lyn.

Ek glimlag breed en waai toe hulle na ons kyk. Nie een groet terug nie. Seker gesien ek bedoel dit meer sarkasties as vriendelik.

Ons sluk ons koffie vinnig af en wag buite die hotel vir Kuhalu. Hy lag vrolik toe ons in sy taxi klim, “Today I have big surprise for you!” Hy slaan opgewonde met sy palms op sy stuurwiel, loer in die truspieëltjie en trek weg met ‘n vaart.

“Just no more rum,” lag ek en dink terug aan die episode van gister. Hy skud sy kop en grinnik as hy onthou. “Was good!”

Kuhalu tik ongeduldig met sy vingers op die stuurwiel, loer oor sy skouer en vleg behendig teen ‘n hoë spoed deur die verkeer. Ramon en ek hou vas as ons om draaie gaan en skuif dan weer terug na ons oorspronklike posisies. “Geeezz Kuhalu,” vra ek later van agter af, “what’s the rush?”

“We go to Honolulu People’s Open Market. Must get there quickly to get best stuff.”

Kuhalu verminder spoed en ry langs ‘n groot park met honderde stalletjies, op soek na ‘n parkeerplek. Heerlike geure vul die lug en ek ruik braaivleis. Kuhalu sien ‘n oop plek en mik daarvoor. ‘n Ander voertuig het dieselfde idee, maar Kuhalu gaan hom nie laat ore aansit deur ‘n jong bestuurdertjie nie. “Hold on.” Ramon en ek hou vas en Kuhalu trap die petrol, skiet voor die ander ou in, mis hom met ‘n haarbreedte en stop met ‘n ruk. Hy lag kliphard en waai vrolik na die ander bestuurder.

“Ok, now I do want some rum.”

Ek maak my deur oop en klim bewerig uit die kar. Ramon haal weer normaal asem. “Mierda!” Hy lag effe senuagtig en vryf oor sy hare.

“Come!” Kuhalu waai sy arm en stap ongeduldig voor ons uit.

Die mark bied ‘n ongelooflike hoeveelheid vars vrugte, groente, vis, vleis en ‘n hele verskeidenheid Hawaiise wegneemkos.

Een ou bak ‘n reuse pannekoek op ‘n plat sirkelvormige plaat en gebruik ‘n stukkie bamboes om die hele oppervlakte te vul. Hy skep die pannekoek blitsvinnig op met staalspatels, verf die ander kant met ‘n geurige sous en strooi groen uie en wie weet wat nog oor. Iets wat lyk soos ‘n langwerpige ryskoekie beland bo-op en dan vou hy alles toe in vier blitsige bewegings, skuif dit in ‘n sakkie en bied dit met een hand aan terwyl die ander hand wag vir geld.

‘n Ander ou verkoop spam fried rice sushi. Dis fried rice met ‘n slab spam in die middel en nori seaweed rondom. Nogal nie te bad nie. Spam is amper soos bullybeef, behalwe dat dit varkvleis is. Skynbaar het hierdie tradisie in Hawaii pos gevind nadat die Amerikaanse soldate in WW2 hul kospakkies met die plaaslike bevolking begin deel het.

Ons stap verder en proe dragonfruit – ‘n vrug met pienk skil, spierwit vleis en swart pitjies, eet crushed ice met verskeie vrugtegeure en verstaar ons aan hoe behendig die mense dit maak. Kuhalu koop vleis, vis groente, vrugte, speserye, kruie en hy stry almal se pryse af. Ramon en ek volg hom, neem foto’s, maak aantekeninge en geniet ons gate uit.

Kuhalu gaan laai ons weer by die hotel af en beveel ons om op die kop drie-uur reg te wees, met swemklere en handdoeke. Ons is uitgenooi na ‘n strandbraai van sy familie en vriende by Hanauma Bay.

Ramon en ek werk in die tyd wat ons het naarstigtelik aan ons nuutste artikels, foto’s en voorlegging. Ons sluk koffie na koffie en staar stil na ons laptopskerms, tik aanhoudend en verbeter, delete en save. Die uurwyser tik.






Sarah blaai deur haar afspraakboek en sien dat sy eers na middagete weer ‘n kliënt het. Full body massage. Sy bel Julia op die ingewing van die oomblik en hoor of sy ‘n slaai by haar wil kom eet.

Julia stem in en Sarah lag, “Jy sal sommer vir ons elkeen ‘n Woolies slaai oppad kry, nê?”

Julia stap ‘n rukkie later by Sarah se salon in en die ontvangsdame beduie dat Sarah agter op die stoep is.

“Julia!”

Julia syg neer op die stoel regoor Sarah en plonk die Wooliessak hard op die glastafel neer.

“Jy skuld my ten minste ‘n kopmassage.”

“Verseker, meisie!” Sarah lag en begin die slaaie in bakkies uitskep. Sy skink yskoue suurlemoentee in twee glase en skuif Julia s’n na haar toe.

“So?” vra Julia, “Wat’s nuus?”

“Vertel my eers wat met jóú aangaan.”

“David is nog steeds op sy Philosophy Road Show trippie,” beduie sy met haar hand in die lug, “ maar hy kom darem môre terug. Blêrrie hoogtyd!”

“En jy?”

Sarah glimlag effe koketterig, “Ek het ‘n ou ontmoet wat nie te bad lyk nie. Skatryk prokureur.”

“En?” Julia lag, “vertel!”

“Wel, ons het mekaar ‘n rukkie gelede ontmoet.” Sarah speel met haar vurk in haar slaai, “en ons was al op ‘n paar dates … by restaurante en so.”

“Ja?” vra Julia nuuskierig en leun vooroor op die tafel. “Hoekom het jy nog niks gesê nie? Wat’s sy naam?”

“Henk.” Sarah lag en trek haar skouers op, “Jong, ek wag eers voordat ek die ander vertel. Netnou raak almal weer op hol en dan kom daar niks van nie. Jy ken mos my geskiedenis met mans.” Sy sug en lyk so beteuterd dat Julia begin lag. Sarah sluk aan haar tee en sê, “Anyway, ons het môre-aand ‘n date by sy huis. Braaivleis. Net ons twee.”

Julia glimlag en kyk lank na Sarah, dan sê sy, “Wel, ek hoop hy is jou werd, vriendin. Ek hoop regtig so.”






Kuhalu kry ons drie-uur voor die hotel en ons dra sommer ons swemklere onder shorts en T-shirts. Oppad stop Kuhalu voor ‘n klerewinkel en Ramon vra, “You buy shirt now?” Kuhalu lag en sê, “No, you both buy sarong for party.”

Ons stap later uit met ‘n hele sak vol sarongs en ek druk twee in my skouersak. Van die ander is vir die dogters.

“Let’s go!” lag Kuhalu en skiet weereens weg met ‘n breinbenewelende spoed. Blykbaar is rustig ry geensins in sy brein geprogrammeer nie. Ons ry op H1, die Hawaii Hoofweg, oppad na Hanauma Bay.

Na ongeveer veertig minute draai ons af en ry grondpad vir ‘n kilometer of so. Kuhalu parkeer, spring uit die taxi en laai goed uit die bak. Ons help hom dra aan die coolboxes en stap agter hom aan na ‘n houthek wat oopstaan.

Naastenby vyftig meter se stap tussen digte tropiese bosse en bome bring ons uit op die strand. Ek gaan staan doodstil en begin lag, “It looks like something out of a Gauguin painting.”

Mense braai vis op stokke om vure, almal dra sarongs en ek hoor Hawaiise musiek. Braaireuke vul die lug en ‘n kakofonie van laggende en geselsende stemme nooi ons nader. Iewers op die agtergrond klink die klank van bongo’s en bliktromme, ukuleles en die klank van branders wat hard op die strand breek.

Kuhalu peil op ‘n groot gazebo af en beduie in die stap dat ons hom moet volg. Hy stel ons voor aan sy vrou, kinders en ander familielede. Hulle groet vriendelik en ons voel gou tuis. Kuhalu beveel aan dat ek en Ramon die area moet verken. “Many good picture,” glimlag hy. Hy beduie na ‘n waterval iewers verder en gee Ramon die aanwysings terwyl sy vrou vrugte en water in ‘n sak vir ons pak.

Na omtrent ‘n halfuur se stap begin ons die klank van vallende water hoor. Ons volg die klank en stap op growwe voetpaaie, klim oor boomwortels en vee blare uit ons pad. Steeds hoor ons die water, maar sien niks.

Na ‘n ruk trek ek aan sy mou, “Ramon, stop.” Hy gaan staan stil en ons luister. Voëls knetter in die bome en die geluid van vallende water klink naby.

Ons volg die klank en vind iets wat soos ‘n paadjie lyk. Skielik is die waterval voor ons. Ons staan op die punt van ‘n rotswand wat daaroor uitkyk. Ramon meet die distansie na die poel met sy oë en merk vir ons ‘n pad uit. Ons klim vinnig na onder en staan uiteindelik reg by die water.

Jong palmboompies en varings groei wild, vreemde voëls knetter en kras in die bome en wilde gras groei ruig in ‘n grasgroen mat om ons. Die waterval druis en vloei skuimend neer in die poel dartelende water voor ons.

Ramon grawe nuuskierig in die sak vrugte en ek vra laggend, “Are we having a picnic?” Hy lag en knik. Ek haal een van die sarongs uit en gooi dit oop, “Voila!” Ons gaan sit daarop en ontdek aarbeie, ‘n sakkie pynappelstukke, twee papino’s en ‘n groot mango. Heel onder in die sak lê ‘n mes.

Hy staan op en hou die mango in die lug sodat die son se strale daarop val. Die skil blink rooi, pers en oranje met ‘n bietjie geel. “Smell.”

Hy hou die vrug uit na my en die soet reuk laat my mond water.

Ramon kom sit langs my, sny die mango oop en haal die pit uit. Hy hou een helfte na my toe. “Taste.”

Ek trek ‘n stukkie van die skil af en hap versigtig.

Hy lag en skud sy kop, “No no no no. Not like that. Like this.”

Ramon lek eers die oortollige sap genoeglik en heeltemal onselfbewus van die binnevrug af, daarna trek hy die skil effens terug en neem ‘n groot hap. Hy maak sy oë toe en kou-suig aan die eksotiese, vlesige vrug. Hy smak sy lippe en staar droomverlore na my. “We must enjoy life, Eliza. Every single moment.” Ek merk ‘n tikkie hartseer in sy oë en stemtoon op, so asof hy bang is dat ek ‘n belangrike deel van my menswees mag mis. So asof ek iets vir hom beteken.

Hy lag en streel oor my been, “Now taste again.”

Ek neem ‘n groot hap van my helfte van die vrug en kou, hou die vrug in my mond en my tong verken die tekstuur daarvan. Sap drup by my mondhoeke af en ek lag kliphard. “It’s delicious!” Nat, suikersoet sap drup oor my lippe en ek lek hulle spontaan skoon, maak my oë toe, vat nog ‘n hap en meer sap drup oor my wange, my bloes en arms. Ek kan skielik die soet vrug ruik, voel, proe, hoor en sien. Die soet reuk is sag, soos ‘n wind wat net-net aan Jasmynblomme raak en ek streel onbewustelik oor die gladde skil – eers met my vingerpunte en toe met my tong. Dis soet, vreemd-soet, stewig en glad. Ek hoor hoe die vrug sag in my mond smelt as ek kou, suig en sluk en voel oor die vrug se kleur met my vingerpunte, my geheue en my oë. Nat sap drup taai oor my lyf en ek kan elke ligpunt en skadu beleef. Ek word één met die vrug en kan die vesels daarvan met my tong voel, die soet proe, die aardse misterie en wonder daarvan ervaar.

Ramon hou die veselrige pit na my uit en ek neem dit tussen my lippe, suig dit behaaglik skoon en voel ‘n warm, aardse oerbegeerte binne my klop. Ons oë ontmoet mekaar toe ons vingerpunte aan mekaar raak.

Hy beweeg nader aan my en begin my woordeloos uittrek. My hele lyf, elke sintuig, my hele wese roep hom nader aan my. Hy lag sorgeloos, pluk sy klere uit en lê my neer. Hy buk oor my en sy lippe streel warm oor my voorkop, oor my oë, teen my wangbeen af en sag, klam, warm oor my lippe. Hy lek die sap van my af en sy asem speel warm oor my lyf. Ek trek hom instinktief nader, tot teenaan my. Sy lyf is hard, gespierd, maar sag en warm en ek voel Ramon in my liggaam, my wese, my brein en my lewe.

Hy fluister in my oor en sy vingers vou om myne, “Te amo … I love you, Eliza.”



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Arnold
Hahahahaha, ja beslis (giggel):))
4 jaar 7 maande 4 weke 4 ure oud


Vonnie & Koekekranka
Baie dankie vir jul pragtige kommentaar en alles van die beste met julle boeke. Mag dit topverkopers word :))
4 jaar 7 maande 4 weke 4 ure oud


Woes Skryf Woes: dogters van die sOn (6)
Sapperloot, maar jy stook met jou storie!
Ek dag eers die sweet wat my uitslaan is toe te skryf aan 'n hittegolf....
4 jaar 7 maande 4 weke 5 ure oud


Dogter van die son. . .
Sjoe! Carol jy het my nou w-e-e-r op die punt van my stoel gehad, gretig aan die lees met afwaging wat uiteindelik op 'n duisligwekkende hoogtepunt uitgeloop het!

Weer eens, jy skryf boeiend, meesleurend en ek kan ook nie wag vir wat gaan volg nie.
4 jaar 7 maande 4 weke 5 ure oud


dogters van die sOn (6)

Ja, die tropiese wêreld het ongetwyfel die lekkerste vrugte.
4 jaar 7 maande 4 weke 1 dag 12 ure oud


sOn 6
Heng Carol, hoe sluk ek nou amper my huig (kleintongetjie) in oor die my huigroman (sic!). Ek skep nou nog asem na die saam hyg.
4 jaar 7 maande 4 weke 1 dag 18 ure oud


VIC!!!
Wat ;n aangename verrassing! Baie dankie vir jou lees en kommentaar :))
4 jaar 8 maande 5 ure oud


Gedagtedief
Hahahaha, hygroman? Ek lag nou so lekker hehehe. Baie dankie vir jou pragtige, bemoedigende woorde en ek gaan dadelik die voorgestelde verstellings maak. :))
4 jaar 8 maande 5 ure oud


***
Heng, Carol, ek kom nou eers by hierdie lekker storie uit. Lyk baie interessant -- sal voor moet begin.

Sterkte met die boek!
4 jaar 8 maande 17 ure oud


SOn 6
Dit raak 'n lekker huigroman. Toe jy met jou mango-storie begin het ek geweet waar dit gaan eindig! Jou storie lees lekker, sleur mens mee en laat jou wonder watter moontlikhede moontlik mag ontknoop. Jou boek gaan 'n treffer wees.

Moontlik kan jy eerder warm, "wilde" oerbegeerte oorweeg, want toe was die manne mos wild en het die vrouens aan hulle hare "piekniekplek" toe gesleep, as hulle lus geraak het. En dan allitereer warm en wild ook sommer.
4 jaar 8 maande 18 ure oud


Driekie
Duisende dankies vir jou puik hulp en voorstelle. Dit gaan beslus help om die manuskrip uiteindelik beter te maak. :)))
4 jaar 8 maande 19 ure oud


Sterre
Jan, Anze, Louise, Viooltjie,Elvina, Zellie en Casper, Baie dankie dat julle lees. Glo my - sonder jul kommentaar en belangstelling, sou dit vrek moeilik gewees het om deur te druk en 'n boek klaar te skryf. Julle is sterre! :)))
4 jaar 8 maande 19 ure oud


Kiekies
Jislaaik, BAIE DANKIEEEEEEEE :)))))
Baie dankie vir jou moeite en ALTYD puik hulp en raad. Ek waardeeer dit movies baie :)))
4 jaar 8 maande 19 ure oud


6
Soet, warm, wulps, smaaklik, gevoelvol, so lekkerrrrrr! En helemaal gepas! Puik geskryf!
Voorstelle:
Hul claim to fame is - moet dit dalk wees Hulle claim to fame is
Nogal nie te bad nie - ek dink die sinnetjie doen afbreek aan jou goeie werk. Wat van: Nogal gladnie sleg nie?
tradisie in Hawaii pos gevind - pos gevat
vrugtegeure en verstaar ons aan hoe behendig - verkyk ons aan hoe behendig
Kuhalu koop vleis, vis groente, vrugte, speserye - Kuhalu koop vleis, vis, groente, vrugte, speserye
bosse en bome bring ons uit op die strand - stap tussen digte tropiese bosse en bome neem ons tot by die strand?
warm, aardse oerbegeerte - warm, ongeskunstelde oerbegeerte (om te verhoed dat jy 'aardse' so kort opmekaar te gebruik).
4 jaar 8 maande 19 ure oud


Dogters
Eish, net toe ek myself regskuif, toe hou jy op! Dis lekker lees op sy beste, en ek kan nie wag vir die vervolg nie.
4 jaar 8 maande 1 dag 2 ure oud


son 6
sjoe en so eindig hierdie hoofstuk op n baie sensuele noot.. lekker gelees Carol ek sien uit na die res van jou verhaal
4 jaar 8 maande 1 dag 3 ure oud


Boeiend
Whaaa... en net toe ek regskuif vir 'n sappige deeltjie toe's jou woorde op..! Jou karakters is boeiende, interessante mense. Ek geniet die dialoog besonder baie - en nou's ek nog lus vir pannekoek ook... sug...
4 jaar 8 maande 1 dag 4 ure oud


son
Sjoe . . . nou raak die liefde vurig :-) ek sien sommer 'n baie hartseer afskeid aan die kom. Lekker gelees aan hierdie episode, Carol. Dis ook aangenaam om te lees oor die Hawaisse geregte en tradisies waaraan jy ons bekend stel.

Lekker skryf verder :-)
4 jaar 8 maande 1 dag 5 ure oud


dogters
Wat 'n opbou na 'n voortreflike slot. Jy besit die vermoeë om die leser deurentyd te bind. Knap gedaan.
4 jaar 8 maande 1 dag 5 ure oud


WsW
Sjoe, om darem die week op so 'n hoë noot te begin ;)
Lekker gelees, en jy vertel my van 'n plek en sy mense wat ek graag self sal wou beleef as ek eendag die geleentheid kry.
Pragtig geskryf Carol, dit lees baie gemaklik en word baie keurig aangebied.
So paar flatertjies wat ek opgemerk het:-
verweg (dink dis een woord)
sambele oopslaan (is vir my meer beskrywend as opslaan, want opslaan dalk dalk afslaan ook beteken)
Skynbaar het hierdie tradisie in Hawaii posgevat
Ek "hoor" hoe die vrug sag in my mond smelt (moet dit nie dalk voel wees nie? (maar dan word 'voel' bietjie verder in dieselfde sin weer gebruik, wat van jy maak die sin soos volg -
Ek voel die vrug sag in my mond smelt soos ek kou, suig, sluk en tas met my vingerpunte oor die vrug se kleur, drink dit met my oë diep in my geheue in. (Net 'n voorstel)
Maar dis puik, en bou beslis op tot 'n groot klimaks. Pragtig geskryf Carol, kan nie wag vir die volgende hoofstuk nie :)
4 jaar 8 maande 1 dag 7 ure oud


*
Dit was 'n lekker manier om my dag mee te begin! Ek het hierdie stuk net so veel geniet soos al die ander.

Ek kan nie wag om die res te lees nie.

Skryf gou-gou!
4 jaar 8 maande 1 dag 8 ure oud


dogters van die sOn (6)
Oela-la-la. Hier is so baie om in te neem, pragtige skrywe en lekker lees. Jy maak my ongeduldig wag vir die res
4 jaar 8 maande 1 dag 11 ure oud



Weerkaatsing van my hart

deur Elzabe Young Heyns

'n Mens se hart gaan deur seisoene, net soos 'n mens dit elke dag buite ervaar. Een dag is dit somer, die volgende dalk winter. 'n Storm en miskien dan weer 'n sonskyndag. Almal het van tyd tot tyd nodig om jou hart oop te breek, die gevoelns en emosies vry te laat en te ontleed; en dan ... gevul te word met die bevryding en aanvaarding van omstandighede en situasies in jou lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar