Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

My vliegtuig land op OR Tambo Internasionale Lughawe en ek besluit om heel eerste van alles iets by die naaste restaurant te gaan drink. Die vlug was lank en ek wil net ’n bietjie spasie en oop ruimte om my hê voordat ek die terugtog na my huis toe aanpak. Ook na my ou, bekende lewe toe. My kop is deurmekaar en ek wonder oor die toekoms. Ek vertrou Ramon met my hele hart, maar tyd sal leer. Hoop vir die beste, maar verwag die ergste het tot ‘n groot mate die primêre slagspreuk van ons generasie se hedendaagse bestaan geword en my kop twyfel ‘n klein bietjie – miskien is dit maar net my aard, maar my hart glo.

Die kelner bring my koffie en ek stel my horlosie weer op Suid-Afrikaanse tyd – 19:40. Dis te laat om een van die ander dogters te bel om my te kom haal en ek is anyway nie nou lus vir vrolike geselskap en nuuskierige vrae nie. Ek’s nog veels te jammer vir myself. ’n Onpersoonlike huurmotor waar ek geen vrae behalwe my eie hoef te konfronteer nie is duidelik die antwoord. Ek sluk my koffie, betaal en stap met my lughawetrollie deur die glasdeure van die lughawegebou, tot waar rye onpersoonlike huurmotors teen die sypaadjie geparkeer staan.

Gelukkig is die verkeer Pretoria toe nie te druk nie en ek staar afwesig, in ‘n waas van heerlike anonimiteit deur die venster na die verbyvlietende liggies van aankomende verkeer en helderverligte geboue langs die pad. Sagte klassieke musiek speel oor die luukse BMW se audio stelsel en ek leun gemaklik terug in my sitplek. Ek wonder of Ramon al by die huis is. Dink hy aan my? Verlang hy ook? Wat doen hy nou … op hierdie spesifieke oomblik?

Nadat ek twee arms en bene betaal het vir die huurmotorrit na my huis – en bloot nie ’n hel omgee daaroor nie - sluit ek my voordeur oop en sleep my bagasie in. Heelwat meer as waarmee ek vertrek het. Daarna skakel ek ligte aan, gooi deure en vensters oop en gaan staan op my houtdek, haal diep asem en teug die naglug diep in my longe.

My tasse staan nog in die voorportaal en ek besluit om sommer nou dadelik al my wasgoed te was – dis nog voor tien en ek is buitendien glad nie vaak nie. Met die wasgoed in die masjien, skakel ek my laptop aan en blaai deur my e-mails. Nog niks van Ramon af nie. Skype? Geen oranje liggie nie. Al die dogters se geskenke land op ‘n hoop op my eetkamertafel, daarna sorteer ek daardeur, pak dit in groot geskenksakke en sit die vier sakke naby die voordeur neer.

Ek sug, staar ongedurig om my rond en sit ’n CD op. Musiek kalmeer my altyd. Sagte kitaarklanke vul my huis en ek begin skoonmaak. Eers afstof, opvryf, daarna vloere vee en laastens stap ek met my Verimark vloermop deur die huis en was al my vloerteëls totdat dit blink.

Nog steeds geen email nie. Boggerol skype boodskap. Ek probeer om nie aan Ramon te dink nie, maar dit werk nie. Hy is in my brein en liggaam ge-ets, onomkeerbaar deel van my bestaan en ek kan nie ontsnap nie, al probeer ek hoe hard ook al.

Ek maak ’n bottel wyn oop en sluk lusteloos aan die dieprooi vloeistof in my kelkie. Miskien moet ek ’n hele klomp wyn drink en bloot uitpass. Wanneer ek weer wakker word, sal daar hopelik ’n boodskap wees. Die frase copious amounts of wine begin al hoe meer aanloklik klink.

Na my tweede glas wyn gaan stort ek en trek Ramon se verkreukelde hemp aan. Ek ruik aan die kraag en sy naskeermiddel streel sag oor my gemoed. Ek voel sy hemp teen my naakte vel en my liggaam klop by die blote gedagte van sy nabyheid. Dan gaan staan ek weer op my dek, leun met my arms op die houtreëling en probeer ‘n grip kry. Die nag is donker en daar is sterre. Dit maak my ‘n bietjie meer rustig. ‘n Koel windjie waai en ek maak myself wys dat Ramon iewers, waar hy hom ookal bevind, miskien ook na die sterre staar.

Ek frons onwillekeurig oor my beheptheid met hom en verwonder my aan al die verwarde emosies wat ek skielik ervaar, die skielike afhanklikheid en desperate afwagting. Tot nou toe in my lewe was ek nog altyd alles behalwe needy of afhanklik van iemand of iets. “Wat op aarde gaan aan met my?” vra ek hardop, vryf albei hande deur my nat hare en skud my kop. “Liewe genade! Dan betigtig ek myself, “Just get a grip, girl. Jeez.”



Die volgende oggend slaap ek laat, drink groen tee op my houtdek en slaan my laptop oop. Net toe lui my foon.

“Eliza.” Ramon se stem. Ek kry onmiddellik hoendervleis oor my hele lyf, my hart klop wild en ek kan nie ‘n woord uitkry nie. Hy het ‘n pragtige foonstem. Selfs meer diep en donker as wat ek onthou. Ryk soos dik sjokoladeroom met ‘n effe hees husky klank –

“Eliza?”

“Yes, yes … I’m here,” kry ek uiteindelik uitasem en heel flustered uit.

Hy lag en vertel opgewonde, “I have good news! Early today I speak my agent, I tell him I go South Africa. First he want kill me and sue me. But I very, very angry,” babbel Ramon, “I shout him - I quit!” Ek maak my oë toe en kan my presies voorstel hoe hy ongeduldig rondstap en wild met sy arms beduie. Ramon lag en vertel onverpoosd verder, “later he call back, say is ok. I not quit, he still get me projects.”

“When will you come?” vra ek heel buite myself.

“Soon. Very soon. Maybe next week,” lag hy en verduidelik, “I … eh … how you say …fix things here and then I fly.”

Ons praat nog ‘n hele klomp strooi, lag saam, geniet die geselsie en later groet hy, “I love you, Eliza.” My hart klop vinnig en ek maak my oë toe. “Dankie, liewe Here,” prewel ek byna onhoorbaar.




My hande bewe, my hart klop nogsteeds wild en ek bel Sarah op die ingewing van die oomblik.

“Eliza!” gil sy toe sy hoor dis ek. “Waar’s jy?”

“Ek drink tee op my dek.”

“Sien jou vir middagete!” Sy plonk die foon in my oor neer.

Ek skiet vinnig uit na my naaste Spar en gaan koop ‘n paar goed, maak ‘n Caesar Salad vir twee en net toe dit klaar is, lui my voordeurklokkie ongeduldig en aanhoudend. Sarah val my om die nek en jil, “Dis soooo great om jou te sien!”

“Jy lyk verbasend goed,” merk sy op toe ek haar slaai voor haar neersit en sy loer agterdogtig na my, “en dis nie nét jou fabulous tan nie.”

Ek vertel haar van Ramon en sy skater van die lag. “Dis awesome! Ek is met my hele hart bly vir jou, vriendin. Sy lag, “Maar nou vrek ek van nuuskierigheid! Hy beter sy alie in rat kry en vlieg.”

“Bly net stil,” maan ek haar. “Laat hy net eers kom, dan sal ek die ander vertel, ok?”

Sy kou aan ‘n anchovie, knik, gryp haar foon en reël binne ‘n paar minute met die ander dogters dat ons mekaar vanaand gaan sien. “Jou welcome home dinner,” vertel sy my terloops. Ek skud my kop, sy lag koketterig en kondig trots aan, “Done. Jy kan nie kop uittrek nie, meisie.”




Pieter kyk op toe Diana by sy studeerkamer instap en teen die deurkosyn leun. “Hoe ver is jy met die onderhoude vandag?” Pieter kyk op sy horlosie, “Nog een. Hy sal drie-uur hier wees.”

“En?” vra Diana moeg, “sover iemand gesien wat jou ster CNL prediker gaan wees?”

Pieter skud sy kop en sug, “Niks spesiaal nie, maar twee het potensiaal. Hulle’s op my kortlys. Laat ons maar kyk wat die volgende ou …” Hy loer op sy notas voor hom, “Desmond Lewis, na die tafel toe bring.”

“Wel,” dis amper tyd. Laat weet my wat julle gaan drink.”

Sy draai om en net toe lui die voordeurklokkie. Diana maak oop en die man voor haar groet beleefd, “Goeiemiddag. Desmond Lewis. Mevrou Venter?”

Sy knik en skud sy hand. “Kom binne, ek neem jou deur na my man se studeerkamer,” glimlag sy. Hy lyk netjies, besluit Diana. Nie formeel nie, maar netjies in sy grys chino’s, wit hemp en navy somersbaadjie. Sy is mal or die boots wat hy dra. Regte cowboy boots.

Die lang, skraal man stap agter haar aan. Hy sê niks, maar hy ontsenu haar effens. Miskien is dit sy ongelooflik intense ligblou oë, of sy sagte glimlag, miskien sy hemelse, rustige aura of die sexy poniestert wat sy ligbruin bos hare netjies in toom hou, wonder Diana met elke tree en is dankbaar toe hulle uiteindelik buite Pieter se studeerkamerdeur staan. Pieter staan op en die twee mans skud hand.

Byna ‘n uur later stap Desmond en Pieter uit die studeerkamer. Albei glimlag en lyk heel ontspanne, sien Diana. Sy’s bly.

Pieter stap in die kombuis in en gooi sy hande dramaties in die lug op, “Ons het hom!” Hy lag en gee Diana ‘n soen op haar kop, “Ons ster CNL prediker!”

“En?” vra Diana byna uitasem. “Wat maak hom spesiaal?”

“Hy het charm, is vrek intelligent, het uitstekende creds en is sommer net ‘n likeable ou!” Pieter is heel opgewonde en sweep Diana op in sy vrolike bui as hy haar hand neem en speels om die kombuistafel met haar in sy arms tol. “Hy is die antwoord, Diana! Hy gaan ons CNL op die map sit!”




Dis sewe-uur. Almal van ons sit om ‘n tafel by ons gunsteling seekos-restaurant en maak beurte om ons eerste drankies te bestel. Vivian lees die spyskaart, een wenkbrou verveeld-geamuseerd gelig, lang sigaret in die hand. Diana sukkel om te besluit wat sy wil hê om te eet en blaai heen en weer deur die spyskaart. Sy verkies eintlik rooivleis bo seekos en vis. Julia loer onderlangs na Sarah, vang dan haar oog en albei begin giggel. Hulle loer saam na my, maar ek’s druk besig om te bestel – rooiwyn, koffie en ’n glas yskoue water. Die kelner kyk my vraend aan. “At the same time?”

“Of course,” betig ek hom speels, “and you had better keep them coming.” Hy giggel en verdwyn tussen die tafels.

“Eliza,” begin Julia gemaak-onskuldig, “hoe gaan dit met die nuwe Hawaii boekprojek? Het enige iets ... eh ... buitengewoon gebeur?” Sarah verstik in haar wyn en skop teen Julia se voet.

Vivian kyk op met ’n vraende uitdrukking. Dan kyk sy agterdogtig van Julia na Sarah en dan val haar oë op my. “Het ek iets gemis?”

Diana is verdiep in die spyskaart en kom niks agter nie. Ek sien sommer iets is aan die broei en ek weet Sarah kon nie haar mond hou nie.

“Nee Julia,” antwoord ek so nonchalant as moontlik, “wat sal dan nou ooit op ‘n gewone klein Hawaiise uitstappie gebeur?” Ek probeer onskuldig glimlag en bestudeer my spyskaart skielik meer intensief. Ek het egter nie ’n clue wat ek lees nie.

“Ex-cuuuse me!”

Vivian leun nuuskierig vooroor, “hier is beslis ’n slang in die gras!”

“Miskien ’n Spaanse slang?” giggel Julia en Sarah proes histeries. Ek verkleur agter my spyskaart, dan loer ek kwaai na Sarah, maar sy kruip agter Julia weg.

Diana kyk verskrik op, “Watse slang?”

Sarah en Julia is teen dié tyd hééltemal histeries. Vivian staar vraend na my en my wange is bloedrooi. Diana kyk benoud heen en weer van die een na die ander en weet nie lekker wat nou aangaan nie.

“Sarah,” sê ek sag, “ek het ’n appeltjie met jou te skil.”

Sarah lag onophoudelik en is speels oppad onder die tafel in. Julia lig haar glas.

“Olé!” gil sy, “VIVA ESPAŇA!!!”



Vivian stap deur die voordeur van haar huis, hang haar sleutels op en glimlag onwillekeurig as sy die gebeure van die aand in haar kop herleef. “Mal spul vriende.” Sy trek haar hakskoene uit, masseer haar moeë voete beurtelings, sug behaaglik en dan verstar haar glimlag as sy die lig in Martin se studeerkamer sien brand. Sy stap soontoe en gaan staan in die deur.

Martin sit agter sy lessenaar, sy voete op een van die laaie van sy lessenaar. Hy teug ingedagte aan ‘n drankie en staar stil voor hom uit. Sy hou hom ‘n paar oomblikke dop, stap dan nader en vra, “Martin?”

Hy skrik, stort van die vloeistof oor homself en draai effe verergd om in sy stoel. “Vivian.” Sy stem klink plat. Sonder emosie. Sy wag dat hy vra waar sy was, maar in plaas daarvan beduie hy na die lessenaar voor hom en verduidelik dat hy besig was met ‘n klomp pasiënte se lêers. Sy knik stil en hy teug weer aan sy drankie, draai om en blaai afwesig deur die boonste paar bladsye.

Vivian draai woordeloos om en stap uit. Sy skakel haar laptop in hul kamer aan en lees haar nuutste boodskappe.

Daar is ‘n boodskap van Dawid Bruwer, haar PI. Vivian huiwer eers, maar maak dit dan tog oop. Hy wil haar so vinnig as moontlik ontmoet. Dis al wat die boodskap sê – daar’s geen aanhangsels of iets nie. Net die plat, dringende woorde: Ontmoet my so gou as moontlik.

Vivian sluk diep en forward die boodskap na Eliza.

Sy voel dit aan. Alle hel gaan binnekort in haar lewe begin losbars …

 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Afwagtend soos altyd
Carol, hierdie verhaal van jou gaan 'n wending neem wat ek dink, ons almal gaan verbaas. Nee, ons denkrigtings baie onverhoeds gaan betrap! In wie se lewe die grootste omwenteling gaan kom, weet mens natuurlik nie, maar gebeur gaan daar iets groots gebeur!

Skryf suster van die son, skryf! Wag in spanning. . .
4 jaar 6 maande 2 weke 6 dae oud


Lekker gelees
Ek het elke woordjie opgeslurp, Carol, en baie lekker gelees. Ek vermoed die Lewis-ou gaan nog vir groot marakas sorg. Jou storie se tempo spoed voort en mens kan skaars wag vir die volgende aflewering. Dis ook maar goed jy skryf vinnig!

Kyk bietjie in paragraaf 2 het jy 'onpersoonlike huurmotor' twee maal gebruik baie kort na mekaar. Dalk moet jy nie die mop se maak (Verimark) so duidelik stel in jou storie nie.

Lekker skryf aan hfstk 9, hoor!


4 jaar 6 maande 2 weke 6 dae 20 ure oud


Dogters van die sOn 8

Hierdie Spanjaardse Ramon outjie is lekker ligvoetig met sy tong
4 jaar 6 maande 3 weke 15 ure oud


*
Ek stem ook saam met Kiekies. Ek dink daar is deffies 'n paar engelse woorde wat jy kan vervang.
4 jaar 6 maande 3 weke 20 ure oud


*
uitpaas?

Sjoe. Dit was nou interessant.

Dogters van die sOn weer almal bymekaar. Was lekker om oor al 5 te lees.

Jy is hard besig né?
4 jaar 6 maande 3 weke 20 ure oud


Dankie!!
Ja, weet jy - ek stem saam. Soos toe Pieter praat? En die "betigtig" - hehehe - my brein het gevries. hihihi.
Baie dankie vir hierdie puik raad en ek gaan sommer nou verstel.

:)))
4 jaar 6 maande 3 weke 21 ure oud


son
Dit was nou 'n lekker hoofstuk, Carol. Dit lyk of dinge aan die gebeur is . . en dit lyk interessant. Dramatiese einde aan hierdie week se aflewering. Sien uit na nog :-)
4 jaar 6 maande 3 weke 21 ure oud


8
Ek het alweer soo soooo sooooo lekker gelees. Is vrek nuuskierig oor wat die PI gaan verklap!

Hier is 'n paar dinge om te oorweeg:

ek besluit om heel eerste van alles iets - ek besluit om heel eerste iets

ontsnap nie, al probeer ek hoe hard ook al - ontsnap nie, al probeer ek ook hoe hard

betigtig - betig

Laat hy net eers kom, dan sal ek die ander vertel - wanneer hy eers hier is , sal ek die ander vertel

Sy is mal or die boots - Sy is mal oor die boots

maak beurte om ons eerste drankies te bestel.- bestel ons om die beurt elk 'n drankies

daar’s geen aanhangsels - daar is niks aangeheg nie

in haar lewe begin losbars - in haar lewe losbars

Weet nie of ek vol bollie issi, maar dit voel of jy onnodig baie Engelse woorde gebruik. Is ek silly, of wat?
4 jaar 6 maande 3 weke 21 ure oud


WsW
Ek lees nou die ander kommentare, en snaaks Gedagtedief verwoord presies dieselfde gedagtes wat deur my kop gegaan het. :)
4 jaar 6 maande 3 weke 1 dag oud


WsW
Sommer lekker gelees nou en wonder nuuskierig wat gaan volgende gebeur :)
4 jaar 6 maande 3 weke 1 dag oud


Son 8
het heerlik gelees en wag in spanning vir die res!!!!
4 jaar 6 maande 3 weke 1 dag 1 uur oud


sOn 8
Carol jou storie lees lekker.

Dis onmoontlik om die handbriek op te trek, want dis menswees se ingebore nuuskierigheid wat 'n ou voortdryf om te lees tot die laaste woord. En dan is ek bly dat dit nie 'n cul se sac is nie, en wonder verder ... gaan jy dalk die dinge so deurmekaar skommel dat Desmond met sy poniestert vir Pieter uit die kas laat klim, of dat Ramon vir Eliza gaan verneuk met een van die ander dogters, of gaan Ramon in 'n vliegtuig ramp sterf en Eliza in 'n gestig beland, of, of..? Ja, jy hou ons lekker aan 'n lyntjie, soos jou storie begin ontknoop, en soos dit hoort.
4 jaar 6 maande 3 weke 1 dag 7 ure oud


dogters
Dit gaan sports wees as Ramon eers in SA kom, ek wag in spanning.
4 jaar 6 maande 3 weke 1 dag 9 ure oud


dogters
mmmm wag in spannning vir die volgende hoofstuk Carol
4 jaar 6 maande 3 weke 1 dag 12 ure oud



Maalkolk

deur Rachelle du Bois

Adele Coetzee will nie vir Francois Bekker as nuwe plaasbestuurder op Goedgeloofd hê nie. Sy kan self hul familieplaas bestuur. Francois is ‘n indringer en hoort nie op die plaas nie. Sy vertrou hom nie, maar Francois besluit dat hierdie tierwyfie getem moet word. Deon Kelder woon op die buurplaas Goedehoop en hy is verlief op die misterieuse nuwe onderwyseres by die plaaslike laerskool, Madri Viljoen. Waarvoor het die hoogsbegaafde Madri gevlug en wat kom maak sy hier op Heidelberg? Hy wil haar hê, maar dis toe nie so maklik nie, want haar pynlike verlede kom staan soos ‘n skim tussen hulle. En wie is Alex ….?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar