Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Sy neem 'n diep teug aan die pienk en pers ruiker van Barberton Daisies, wat hy weereens by haar werk laat aflewer het.
"Dankie Theresa!" skree sy agterna die nuwe sekretaresse, terwyl sy weer stil-stil uitglip.

Sy glimlag terwyl sy die kaartjie uit die bondel uit wurm.
Dit lees: "To my one and only Daisy…" met 'n hartjie en paar kruisies agterna.
Dis so 'n ongelooflike man!
Sy sit en glimlag nog met haarself, toe haar kantoordeur weereens oopswaai.

"Ek sien jy't toe die blomme gekry. Dowwe Dolla het weer nie geweet watter kant jou kantoor sit nie!" lag hy luid.

Dis haar kollega wat aan die anderkant van die vloer werk, maar hy is meer aan hulle gedeelte van die vloer, as sy eie.

Sy sit vir 'n oomblik en staar hom net aan.
Al die vroumense drom gedurig om hom.
Daisy kan nou nog nie verstaan hoekom nie.
Hy's wel groot gebou, met wat lyk soos heerlike spiere, maar 'n vieslike duk snor? Bak ore? Nee dankie. Dis nou net nie na haar smaak nie.
Hy hou steeds die deur oop en wag vir haar om komentaar te lewer.

"Ja dankie, sy is nou net hier uit. Jy moet ophou die vroutjie so noem. Sy's maar paar weke hier en enige een kan verdwaal in dié plek. Een van die dae hoor sy watter troetelnaam jy vir haar gegee het, dán hoe moet sy voel?"

"Ag, jy kan altyd so dramaties word vir niks. Dis net 'n grap." Hy tree die kantoor binne.
"Van wie is die blomme hoekals? Ek sien die afgelope tyd kom hier darem baie bossies na jou toe. Daai ou moes definitief iets verkeerd gedoen het." Hy lag weereens uit die diepte van sy maag.

Sy vererg haar binne, maar glimlag steeds met hom.
"Ag, sal nie van jou verwag om te verstaan nie. Ek weet romanse is nie deel van jou karakter nie. Jou idee van 'n vrou se hart wen, is om 'n koue bier aan te bied met 'n random pick-up line." Sy lig haar een wenkbrou soos sy altyd doen, wanneer sy iemand lekker indoen. Sy juig van binne toe sy sien hoe sy glimlag oombliklik verdwyn.

"Ouch! Ek kry dai mannetjie van jou maar bitter jammer. Jy's so koud soos 'n Eskimo se neus, maar… ek gaan jou oor wen. Mark my words!" Hy knip haar oog en kap twee keer plat hand teen haar muur, terwyl hy haar kantoor verlaat.

Sy laat sak onmiddelik haar aansit-glimlag en rol haar oë. Die man kan haar so irriteer! Wat bly hy neuk in haar kantoor in die eerste plek?

Sy glimlag toe haar oë weer op die blomme val.
Sug…
Hy's nou geen Max nie. Dis nou een man wat enige vrou se voete onder hulle weg sal stamp, sonder om eens 'n woord te uiter.
Tot nou nog kan sy nie verstaan hoekom Max so smoorverlief op haar geword het nie. Steeds nie glo dat na twee jaar, sy só gelukkig kan wees nie.

Ek bedoel, sy's maar net 'n asvaal, klein Karoo meisie wat Kaap toe gekom het vir bietjie opwinding.
En dis presies wat sy hier ontvang het.

Sy staan op en sleep haar voete na haar venster. Elke keer wanneer sy 'n blaaskans nodig het, doen sy dit.
Wanneer jy afkyk, sien jy hoe besig die lewe buite is. Almal wemel, die motors haastig en toetend op pad iewers.
Maar wanneer jy jou oë bietjie hoër lig, kyk jy reg binne in Leeukop vas.
Reg langs hom, kan jy amper die einde van die see sien.
Een donkerblou liniaal getrekde lyn.
Vrede heers oor die waters vandag…
Hier en daar 'n bootjie in die verte.
Sy blokkeer al haar hede uit en konsentreer nét op die natuur.
Die rustigheid wat dit bring.
Sy kan amper die seewater ruik…

Sy ruk met die lui van haar selfoon.
Dis natuurlik hy!
Sy haas daarna en sug met eens toe sy haar ma se gesiggie vol op haar foon se skerm sien.
'n Glimlaggende, ouerige vrou met rooi lipstiffie, bruin krul hare en groot leesbril op.
Elke keer as sy dit sien, dink sy om die fototjie te verander, maar kom nooit so ver nie.
Het nie eens lus vir antwoord nie, maar soos sy haar ma ken, sal die foon aanhou lui, tot sy dit antwoord.

"Hi Daisy! Hoekom vat jy so lank om jou phone te antwoord!?"

Nooit net 'n slag 'Hallo Daisy hoe gaan dit met jou?' nie.

"Middag Ma, nee ek moes gou hierdie, uhmmm form voltooi. Jammer. Wat's fout?"

"Het jou suster jou al gebel?"
Voor Daisy nog kan antwoord, gaan sy voort.
"Ek het haar wéér uitgesit! Ek kan net nie meer deal met dai flerrie in my huis nie!" Sy sug kliphard in die gehoorbuis.

"Ma, asseblief, tog nie alweer nie. Ons het dan net laas week oor dieselfde ding gesels. Waarna moet Dot gaan? Sy makeer hulp en Ma kan nie so aanhoudend die vrou uit die huis belet nie!"

Sy ignoreer als wat nounet aan haar gesê was en gaan voort.
"Sy's op pad na jou toe. Ek het nounet die nota in haar kamer gekry en ek weet nie eens wanneer sy hier uit is nie. Lyk my meeste van haar klere is gevat. Laat my weet wanneer sy daar anderkant uitkom."

"Ma is seker nie ernstig nie? Hier is dan skaars plek vir 'n mier!"

"Bel my wanneer sy daar kom, want ek het elk geval nog nie klaar met haar gepraat nie," skree-sê sy, luidend vererglik.

"Ma, asseblief. Ek gaan mooi met haar praat en haar vra om terug te gaan na Ma toe. Sal haar kaartjie terug soontoe betaal en als. Ma weet ek kan nie op die oomblik haar huisves nie. Ma weet dan hoeveel ure ek deesdae by die kantoor spandeer en sy makeer iemand wat haar heeldag kan aandag gee. Nee, ek sal nie kan nie, ek's jammer."
Voor haar ma nog kon teëpraat, druk sy die foon af.

Sy sit terug in haar stoel in ongeloof. Sy het alreeds so drie jaar gelede 'n goeie voorsmakie gehad toe Dot die eerste keer haar kom kuier het in die Kaap. Elke tweede aand het sy iemand verskillend by haar huis ingesluip. Al giggelend en permanent besope.
Op twee verskillende geleenthede het mense hulle fone en klere by haar huis kom soek, wat Dot "per ongeluk" huis toe gebring het na hulle rowwe partytjies.
Sy moes agter haar skoon maak, kon nie kollegas en vriende by haar huis meer onthaal nie.
Nee, dié keer sal sy haar voet neersit.
Dot sal definitief nie hierdie keer, haar wéér deur so 'n onaangename tyd sit nie.
Sy't haarself belowe dit was die eerste, maar sou die laaste keer wees.

Meteens loer Theresa om haar deurkosyn.
"Uh, uhm! Daisy, hier is iemand om jou te sien. 'n Mejuffrou Dorothy Winterbacht."
Toe sy geen reaksie kry nie, gaan sy voort.
"Is dit jou suster?" glimlag sy. "Julle lyk amper identies!"

"Ja," sug sy, dis die probleem! "my tweeling suster. Stuur haar maar in." Sy rol haar oë, terwyl sy haar rug op Theresa draai.

Toe Theresa omdraai, om Dot te gaan haal in die kliënte se wagkamer, draai sy amper binne Dot vas.

"Thank you kind Lady!" knik sy aan Theresa, wat skarrel om net uit hulle teenwoordigheid te kom.
"Well, well, well. Look what we have here. This managerial post is looking very good on you Sis! Bigger office, nice view…" Sy loop verby Daisy na die venster.

Daisy draai haar stoel en bekyk haar woordloos agterna.
'n Klein rugsakkie wat laag oor die skouer hang.
Haar wollerige beertjie-handsak hang amper op die grond, langs haar in haar hand. Het ook al sy jare gehad.
Sy dra 'n pienk mini romp, met 'n oorgroot wit t-hemp en wit plakkies. Het die vroumens al die pad, só hierheen gekom?
Haar beentjies is so maer. Die hou wat sy destyds gekry het, toe sy per ongeluk in die drein op skool geval het, is nog steeds liggies sigbaar.
Haar blonde hare hang vol en lank op haar rug. Al iets wat gesond lyk van die vroumens.
Van agter af sou mens amper sweer dis Daisy…

"Hoe het jy hier uitgekom Dot? Ma was bekommerd!"

"I hitched a ride, like last time." Sy draai om na haar suster en staar haar reg in die oë.
"I won't stay long and promise not to be in your way, but I really need to crash with you for a week or two. That's it, then I'm gone."

Ag drop net die Engels dink Daisy in haar gedagte. Hulle albei weet hulle het diep Afrikaans groot geword, Afrikaanse skole bygewoon. Een Engelse vriendin wat Dot gehad het en dit was die einde van die mooi, soet Afrikaanse blondekop, wat almal so lief voor was.

"Ons was al hierdeur, jy kan nie by my bly nie, Dot! Die vorige keer het jy my net so baie dinge belowe, maar nie by een bly hou nie. Jy sal moet terug na Ma toe, of wie ook al, maar jy sal nie by my kan bly nie. Ek is jammer."
Sy staan op en maak haar kantoordeur saggies toe.
"Ek het met Ma gesels en ek weet sy't gesê jy is nie welkom daar nie. Maar sy het alweer afgekoel," lieg sy. "Ek het te veel dinge om te doen, ek is heeldag amper in die kantoor en vir die hele week het ons elke aand 'n funksie wat ek moet bywoon."

"Even more the reason why I can stay with you then? You won't even know I'm there. I can't go home Daisy, please."

Sy sien haar suster se oë, terwyl sy so smeek. Hoekom is sy so desperaat om by haar te woon? Waar is haar vriende wat sy so allerhande nonsens mee aanvang? Hulle kan haar mos sekerlik herberg offer?

"Please, I beg of you. I promise to never give you grief while I am here. I will help around the house, I will even cook for us. I can't go back. Just two weeks, that is all I ask."

Dis die gedeelte waar sy altyd ingee. Wanneer haar suster se potblou ogies koelrond in haar skedel sit en soutwater wil-wil spoel oor haar donker gelynde ooglede.
Sy kan nie ingee nie, sy wil nie.
Maar dan hoor sy haarself sê: "Okay Sus. Net twee weke. En net omdat jy hierdie keer nie my plek en my lewe gan ruïneer soos laas nie."

Dot se gesig helder meteens en sy bespring half haar suster. Sy hou haar styf vas en fluister in haar oor, "I promise."

Daisy se arms lig automaties en sy hou haar suster om haar lyf vas.
Sy neem die geur van haar hare in. Sy gebruik nogsteeds daai appelgeurige sjampoe van destyds. Ruik nogsteeds so vars, soos regte grasgroen appels. Sy glimlag stil. Dit het sy gemis. Dit voel vir 'n oomblikkie asof sy haar suster terug het…

"Waar is die res van jou goed? Moet my nie sê jy't net met die klein sakkie kom kuier nie?" Sy los haar greep en en neem 'n tree terug.

"Nope. The rest of the stuff is with the guy in the car waiting for me downstairs. Let me have your key then I'll go drop it at your place. I am in neeeed for a long hot bath too."

Daisy krap in haar handsak en wonder of sy die regte besluit geneem het. Watter vreemde persoon met wie mens 'n 'ride hitch', sal nog buite vir jou staan en wag? En dit met al jou goed. Sy kyk op in haar suster se helder ogies. Sy lyk effens ouer as wat Daisy haar onthou.

"Thank you so much Sis! I promise you won't regret this!" Sy gee haar nog 'n vinnige drukkie en haas uit by die deur. Seker voor Daisy haar gedagtes kon verander.

Onder gekom, stoot Shaun die deur vir haar oop.
"Get in! I have been waiting for ages! What took you so long!"
Sy wou iets uiter, maar besluit om liewers stil te bly.
"Where to now? Straight down, or do I turn off anywhere?" vra hy ongeduldig.
"Turn the car around, we have to get back onto the main road. Then on to the beach road. Don’t turn off, until you get to the roadsign that reads 'Llandudno'".

Sy weet watter pad gaan volg. Al om die kuslyn.
Sy kan hom natuurlik bo om ry en klein bietjie van die verkeer mis, maar hoekom? Sy het die strande gemis.

Dis so 'n sonnige dag so Seepunt sal weer gepak wees.

Hulle neem die pad in stilte aan. Net soos meeste van die ongeveer sewe uur rit Kaap toe.
Paar mense stap met hul honde, ander vat 'n draffie.
Die staal Voortrekker karretjie met die perdjies in die speelpark, bestaan wragtig nog steeds!
Sy let wel dat daar 'n nuwe staal gym bygekom het. Interessant.

Sy glimlag op die kalmte van die see vandag, dit bring haar ook half gemoedsrus.
Hulle gaan verby Maidens Cove en op die draai gewaar sy alreeds die top punte van die pragtige palmbome van Kampsbaai se strand. Links is sommige huise amper in die pad gebou.

Hulle neem die draai af na Kampsbaai.
Almal is so gelukkig. Die kinders hardloop, paar mense speel bal.
Die grasperke is vol piekniek mandjies.
Die restaurante oorkant, loop oor van geselsende mense met kortbroekies en sonbrille. Sy wou altyd 'n kelkie by so 'n plek sit en geniet, maar was altyd te bedrywig vir dit.

Sy rol haar venster nog laer af.
Die sonstrale dans op haar alreeds bruin gebrande vel.
Die ligte seewindjie trippel troetelend oor haar gesig.
Sy sluit haar oë en haal automaties diep asem.
Sy het die Kaap só gemis!
Alhoewel haar lewe hier altyd propvol genot en 'n eindelose jol was, het sy dit geniet om soggens vroeg uit na die see te stap. Meeste oggende is sy terug voor Daisy op is vir werk en die ou van die vorige aand nog steeds slapend lê, net daar waar sy hom laas gelos het.
Selfs die omweer dae het sy haar stappie soontoe geniet.
Haarself neergeplak op 'n rots op Llandudno se strand en haar voete in die water laat hang. As sy voor haar uit gekyk het, het dit gevoel sy is alleen in die grote oseaan.
Die gedruis van die branders het haar altyd lus vir die lewe gegee.
Baie keer het sy by die stylte van die koppie op gebeur en heel bo, alleen gaan sit.
Daar het sy die asemrowende sonsondergange gaan aanskou. Sodra die onderpunt van die son die horison raak, was dit net paar sekondes; dan is hy heeltemaal weg. Soos ‘n ronde bol kaas, wat stukkie stukkie ingesluk word.

Sy sien uit om dit weer te ervaar. Die beste gedeelte van al daardie maande by haar suster…

Spesiaal na die afgelope tyd wat nou so gou verbygevlieg het, het sy dít drasties nodig.

Gou verby, maar die houe daarvan, sal haar 'n leeftyd duur…



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Dankie
Baie dankie vir die positiewe terugvoering :)
Eerste keer in my lewe wat ek so iets doen en u-hulle help BAIE.

Sal werk maak om die foutjies reg te maak.

Stunning dag aan julle!!!

Abbéy
5 jaar 1 maand 4 weke 3 ure oud


Daisie
Jy kan baie doen met hierdie storielyn. Dis vol belofte. Jy sal net iemand moet kry om jou voltooide manuskrip se taal te redigeer. Kyk solank na:
skree sy agterna die nuwe sekretaresse - skree sy agter die nuwe sekretaresse aan
glimlag nog met haarself, - vir haarself
heerlike spiere - Spiere kan nie heerlik wees nie
duk snor - dik snor
Jy moet ophou die vroutjie so noem - Jy moet ophou om die vroutjie so noem.
5 jaar 1 maand 4 weke 4 ure oud


Abbey Dee
Jou karakterbeskrywings is goed, dialoog vloei lekker en die storie beloof heelwat intriges. 'n Paar regstellings wat nodig is, maar dit kan vinnig reggestel word.

Baie welkom by ons Woes Skryf Woes Projek en lekker skryf!!!
5 jaar 2 maande 2 ure oud



Sirkeldans

deur Driekie Grobler

Die foto van my boek wys nie op die advertensie wat julle geplaas het nie, kan julle dit asb vervang met hierdie foto. Baie dankie :)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar