Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dorothy staan bewegingloos onder die stort. Haar trane smelt saam met die harde druppels wat haar liggaam masseer. Sy lig haar hoof na die dak, dat die waters al haar trane, wat so diep uit haar binneste spruit, mag weg spoel.
Binne, hoor sy hoe Russell en haar suster in gedempte woordjies konkel.
Sy weet dat Daisy in en uit gevra gaan word oor alles. Die musiek, Dot se optrede. Die verlede mag weereens oopgevlek word.
Sy wens sy kon dit regkry om dit uit almal se geheue te wis, soos sy dit reggekry het by haarself. Sy gee net voor dat die verlede nie bestaan nie en met tyd, word dit werklikheid.
Dán, dae soos dít, kom al daai duister dae in flitse na haar terug getuimel. Maak nie saak watter kant van die wêreld sy is nie, sal dit haar altyd vervolg.
Haar hart begin weer van oor af breek. Sy wens net dat Shaun by haar was. Hy is al een wat haar deur alles altyd laat beter voel. Sy was haar spoedig klaar en spring uit die stort.

Dae wat sy so depressief voel, gryp sy altyd pen en papier en skryf aan Shaun.
Elle lange briewe.
Skrewes wat hy natuurlik nooit sien nie, maar dit help darem bietjie met dinge hanteer.
Sy begin haar brief; vertel hom hoe mooi die Kaap is, van Stellenbosch se uitstappie. Hoe sy na hom verlang en wens die dae vlieg verby, dat sy weer by hom kon wees. Terwyl sy skryf, sien sy hoe hy glimlag toe hy dit lees. Hy verlang na haar ook en tel die dae af, nes sy.

Russell weier om die hele storie met rus te laat. "Ek kan nie verstaan nie, een oomblik is sy heel orait maar die volgende, dan is sy heeltemal anders. Sy wil net uit die pad wees. Dis asof iemand net 'n switch druk, dan is sy soos ‘n oesterskulp wat toe klap.
Ice Queen.
Is daar fout iewers?"

Daisy lag. "Jy laat haar soos 'n malletjie klink." So snaaks dat iemand vir Dorothy so sou noem. Sy self was altyd die “Ys Prinses” op skool genoem.

"Dis nie wat ek bedoel nie. Ek kan gewoontlik in no time iemand oor wen. Dis net bietjie moeiliker met haar." Hy sit weer op die klawerbord se bankie.

"So dís eintlik die probleem dan? Sy val nie so gou soos die meisies wat jy aan gewoont is nie?" Sy stamp hom spelerig met die elmboog.

"Dis nie dit nie Daisy. Jou suster... Ek voel net daar is veel meer wat aangaan, as wat sy wil voorgee."

"Al wat ek kan sê is; sy het 'n rowwe tydjie paar jaar gelede deurgemaak. Sy was verlief op ‘n man met wie dit nooit in elk geval sou uitwerk nie. En dit het nie. Jy ken mos julle mans. Belowe mens die wêreld, maar dan...
Mans kan enige vrou verander.
So ja, dit het haar tydjie geneem om oor dit te kom, maar ek dink dit het wel ‘n knou agtergelaat. Volgens my, is sy lankal oor daai ou en het ‘n nuwe bladjie omgeslaan. Dalk vind sy dit net bietjie moeilik om hier in te pas. Sy het so pas hier aangekom, so gee haar net bietjie kans."

“Ag nee, sure! So ‘n lieflike stukkie mensie, het al die kans in die wêreld nodig! Dis net my plesier om dit vir haar te gun.” Hy glimlag en knip-oog vir Daisy.
Hy draai om begin kliphard vir Bach se “Toccata and Fugue in D minor” te speel en ta-dam elke noot luidkeels saam.
Hulle albei lag op die verspotheid.

Lag hulle vir haar? Van wanneer af is sy die suster wie die slagoffer van bespotting is? Dis Daisy se plek, nie hare nie.
Sy vervies haarself en gooi die skryfblok opsy. Sy staan op en staan by haar kamervenster. Vroeg môre is daar al mense op die strand. Haar oë val op ‘n paartjie wat nie hulle hande van mekaar kan afhou nie.
“Seriously? In public?”
Dit verbreed net nog meer, die naar kol op haar maag.
Nou mis sy vir Shaun net nog erger.
Sy huiwer om hom weer te bel, maar dis te vroeg. Sy sal so na 9uur probeer, wanneer hy alleen is.

Die tok-tok aan haar deur ruk haar terug na die hede.

“Hey, we were wondering if you would join us going down to the beach later? A little while after breakfast that is.”

Hy gee net nie op nie. Wat sou sy in elk geval as verskoning kon gebruik?
“Yes, that sounds nice.”

“Cool! Settled then. Daisy requires your assistance in the kitchen.” Hy verlaat haar kamer.

Sy trek die borsel deur haar half-klam hare en gaan om haar suster hulp te bied vir ontbyt.

Soos sy by die trappe afkom, gryp die geur van die varsgebakte sampioene haar om die neus vas.
Spek…
Eiers…

Max is handig besig om te kombuis goed te regeer.

“Sal jy asseblief net die tafel vir ons dek?”

Alles is alreeds mooi neergeplaas op die hout eettafel.
‘n Wit en rooi geruite tafeldoek. Wit porseleinware. ‘n Bloedrooi blompot propvol vars, spierwit daisies.
Daisy help haar die eetgery uitvee met ‘n doek en alles netjies by elke sitplek, te pak.

“Wanneer laas was ons so saam in die kombuis besig?”

Dot weet nie hoe om te antwoord nie. Verwys sy na hoe lekker hulle altyd in Ma se kombuis saamgewerk het? Of na paar jaar gelede, toe sy hier woon en nie ‘n vinger gelig het om vir Daisy uit te help met huislike take nie.
Sy besluit om liewers in stilte, haar opdrag uit te voer.

“Russell! Ontbyt is gereed!” sny Max soos ‘n mes deur die stilte.

Hy kom amper van die boonste vloer af getuimel.
“Dankie Vader! Ek’s vrek honger!”

Die manne sit aan tafel en Dot en Daisy dra die bakke met die ontbyt na die tafel oor.

Daisy en Max vat hande en steek hul vrye hand uit na Dot en Russell. Hulle albei neem dit automaties en buig hul hoofde saam in gebed.
Dis Max wat die voedsel seën.
Hy dank ook die Here vir Dot wat nou by Daisy tuis is en vir Russell wat by hulle aangesluit het. Vir elkeen om die tafel, bid hy ‘n spesiale seën oor hul lewens.

So lanklaas dat iemand vir Dorothy bid. Sy kan nie eens onthou wanneer laas sy dit self gedoen het nie. Dit laat die storm in haar binneste bietjie bedaar.

Almal “amen” en begin die heerlike ontbyt geniet, wat vir hulle voorgesit is.

“Het jy al jou ma gebel om te sê waar jy is Russell?” kom die gejou van Max.

“Ag man! Ek’s mos geen kind nie. Sy weet as ek nie daar is nie, is ek êrens veilig. Ek sê haar altyd: ‘no news, is good news’. Sy weet mos in elk geval ek is gister met jou daar weg. Volgens haar is jy mos Gabriël homself, in lewende lywe. Kan mos niks verkeerd doen in haar oë nie.
Daisy, het julle Company toe die Nobelprys gewen nou die aand?”

“Ek kan eerlik waar jou nie antwoord nie. Ek dink tog iemand sou al laat weet het, as ons het.”
Daisy begin Russell in te lig van Vrydag se gebeure. Hoe Meneer Pietersen skielik van hulle almal weggeneem is.
“Ek sal by sy vrou moet gaan inloer, of ten minste haar skakel. Sy moet verpletterd wees. Sy en die kinders.”
Sy dink aan hoe dit die volgende dag by die werk sou wees.
Sal dinge ooit na normaal kan terugkeer?
Grootbaas is nie meer daar nie. Hy sal nooit weer wees nie.

Dot kwyn weg onder die geklets. Dis al die derde keer wat sy dieselfde storie moet aanluister.
Sy pik net aan haar kos.

Russell luister met ‘n halwe oor na Daisy. Hy kan net nie sy oë van Dorothy af hou nie. ‘n Mens kan jou goed misgis met die twee susters. Hulle gelaatstrekke is presies dieselfde. Dot se oë is dalk net effens donkerder. Gelukkig ken hy Daisy baie goed, so dit maak dit darem makliker vir hom om die twee uit mekaar te erken.
Dot se oë vermy hulle almal. Haar hoof is gedurig gebukkend, sy fokus net op wat voor haar gedis is. Tyd en wyl skuif sy haar lang blonde krulle agter haar ore, uit haar gesig.
Af en toe laat sy ‘n ligte sug, onwillekeurig uit.
Wat pla die meisiekind tog? Dit lyk of sy die sorge van die lewe op haar skouers dra.
Hy sluit haar in die geselskap in.
“Ek neem aan jy’t al baie pryse al weg met jou sterk musiekvingers, Dot?”

Sy glimlag. “Yes, here and there. Many moons ago.” Sy staan terselfdertyd op en begin haar goedjies op te ruim. “Thank you everybody for breakfast. Would you please excuse me? I don’t feel too well and think I should lie down a bit.”

“Will you still join us later when we go down to the beach though?” Russell kan nie sy teleurstelling uit sy stemtoon wis nie.

“You can go ahead. Maybe I will catch up with you guys later.” Sy hou haar stemtoon lig, dat sy nie te koud voorkom nie.

“If you take too long, we will just bring the beach to you?!” gooi Max sy sent in die bord.

“Gits, hoe kry mens dít reg?” lag Daisy.

“Ag, ek het my ways and means,” gooi hy half slinks voor.

Dot lag maar alles af. “If I feel better, I will join you. Promise.” Sy neem haar eetgery na die kombuis en plaas dit in die skottelgoedwasser. Sy kan voel hoe almal se oë op haar rug brand.
By die trappe op, kyk sy na hulle en glimlag. Hopenlik sal hulle haar nou met vrede laat.

In haar kamer gekom soek sy na haar selfoon. Sy kan nie meer wag nie, sy moét met Shaun praat. Die keer sal sy haar nommer vertoon.

Die foon lui net een keer en hy antwoord.
“Dorothy, I said you should not phone me again! You know how peed off my wife was last night?”

Hoe weet hy dit was sy wat gebel het in die eerste plek? Sy wou nog met hom stry daaroor, maar dan hoor sy wat hy eintlik sê.
“You were there with… your wife? Since when does she ever go out with you?!” Haar hart sink tot in haar tone.

“Look, I told you that we should talk when you get back. Linda and I decided to go for councelling. We want to try and work things out.”

“But, you said you are going to leave her Shaun! You said things could never be the same between the two of you! How could you do this to me?!” sy staan op en maak haar kamerdeur toe.
“We were supposed to get married after your divorce!! You bring me to Cape Town with such high hopes, now you lay this on me?”

“I will never stop loving you, you know that. But, I have to think about the kids Dorothy. Ian is starting his chemo next week and… I just can’t leave them now. They need me.”

“I need you!!!” Die knop in haar keel blokkeer die suurstof na haar hart.
Die feit dat hy nog so ver van haar af is, maak als net nog meer frustrerend.
“I am coming back home. Even if I should take a taxi, but I am coming home. I don’t know what that woman did to you, but this could not be coming from you.”

“Dorothy, no. I made up my mind. I will get a restraining order if I have to. You will not come near me or my Family!”

Family?

“How can you say you love me and then treat me this way?”
Hy gee nie antwoord nie.
Haar stemtoon versag. “I love you Shaun. She will never be able to give you what we have. She does not understand you like I do. She will never change. No matter how many times you go for councelling.”

“I am sorry Dorothy. This is how things have to be. I have to go now.”
Hy druk die foon neer.

Sy bel hom onmiddelik weer. Dit lui net.
Sy probeer weer en hy druk dit af.
Telke male het sy weer probeer. Dit het nie weer aan gegaan nie.

Sy val op die bed met haar gesig in haar kussing. Sy ween diep en hardop. Sy kan nie omgee of enige iemand haar hoor nie. Hoe kan sy lewe sonder Shaun aanpak? ‘n Verhouding van amper nege jaar nét so weg gooi? Net maak asof dit nie bestaan nie en net aangaan met haar lewe?

Sy verag die dag toe hulle ontmoet het.
Haar beste jare het sy aan hom gegee.

En dis die stank wat sy daarvoor kry…



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Daisy
Ai toggie, 'n baie duur les wat sy nou leer. Kan meisies so dom wees? Ek wonder wat nou verder?
4 jaar 5 maande 2 weke 5 dae 19 ure oud



Tong in die kies

deur Delene de Wet

My menswees: my blydskap, humor, nostalgie, ironie, walging en poppies uit pram gooi, en ja, natuurlik ook vuurwarm liefde in die vorm van kortverhale, gedigte, monoloë en briewe. Die boek is 'n gesprek met jou, die leser, want op die einde van die dag is ons eintlik almal besig met dieselfde avontuur in die soeke na oorlewing.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar