Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

HOOFSTUK NEGE

-Die Droom En Die Stilte-

Daar staan 'n man in die donker sonder enige klere aan. Sy lyf is vol littekens en selfs diep snye wat oop gevlek is. In verwarring stap die man stadig vorentoe opsoek na iets, maar daar is niks nie. Nie eers lig nie daar is net donkerte en die man verstaan nie wat aan gaan nie, hy probeer roep en skreeu maar geen klank kom by sy mond uit nie. Die donker omvou hom soos 'n dik kombers en hy voel hulpeloos en niks werd nie. Hy staar voor hom die donker in en dan verskyn twee bloed rooi oë voor hom. Die man tree nie agter toe nie, maar tree ook nie vorentoe nie. Die oë kom alhoe nader en nader aan die man, die grond vibreer en skud soos die oë nader kom en die man begin die dood se reuk ruik soos wat hierdie oë nader beweeg. Vir een enkele oomblik verdwyn die bloed rooi gloeiende oë wat lyk soos kole en net soos wat dit verdwyn het verskyn dit weer reg voor die man. Dit verhelder om die man en daar staan dit. 'n Misvormde figuur wat se kop onderste bo is, sy vel lyk verbrand sy linkerarm en regter been is omgeruil, sy bors is opgespleet en sy longe en hart kan gesien word. Die figuur maak die aakligste geluide terwyl dit daar staan en die kwyl val uit sy bek na die grond toe. Die man staan net daar en kan nie beweeg nie. Kaal en koud besef die toeskouer dat die man wat daar staan hy self is. Jaco is die man wat daar staan, kaal en koud wat nie kan beweeg nie. Die monster wat voor hom staan gryp hom aan die nek vas en tel hom op. Die monster skreeu die hardste en aakligste gil wat ooit gehoor is en kyk weer na Jaco. Jaco kan nie beweeg nie en nie eers praat nie want geen klank kom by sy mond uit nie, maar Jaco staar die monster terug. Die volgende oomblik rek die monster sy bek so groot oop dat dit nog meer onwerklik lyk en byt Jaco in die nek en ruk 'n stuk vleis uit. Hy skreeu weer hard en die bloed spuit en stroom uit Jaco se nek uit daar waar 'n groot stuk vleis en are weg is wat nou in die monster se bek is.

Jaco skrik wakker en besef dat hy moes gedroom het en dat hy moes bewussyn verloor het met die slag van die vuurpyl. Hy lê nog op sy maag, dan begin hy homself regop kry. Sy lyf voel baie seer soos wat hy begin regop sit. Sy ore tuit nog effens van die harde slag maar nie te erg nie. Die spesiale panser wat vir hom gemaak is het goed genoeg gewerk om sy lewe te red, maar vir hoe lank weet hy nie. Jaco sit nog so en kyk of hy nie enige bene gebreek het nie en met die wat hy af kyk sien hy dat 'n stuk van die skrapnel wel deur sy panser gekom het en het reg in sy linker sy in gesteek het. Dit is nie 'n baie groot stuk nie dis die groote van 'n gebalde vuis maar nie te min het dit sy vlees verskeur. Hy weet dat dit nie 'n goeie idee sal wees om dit nou te verwyder nie, want dan kan hy dalk net uit bloei. Hy begin stadig en kreunend op staan hy kyk rond en sien dat die geveg verder weg aan beweeg het. Hy hoor skaars nie meer die skote en die gille van die vyand nie. Jaco kyk dan om hom op die grond rond en sien dat nie een van sy ander soldate dit oorleef het nie. Hy loop stadig en seer na die lyke toe en tel 'n wapen op en nog magasyne en soos hy weer op staan besef hy dat hierdie nie gaan werk nie, hy sal die skrapnel moet verwyder. Hy kyk rond en sien dat die versperring nog brand, dan kyk hy af en sien dat hy wel sy mes nog het. Jaco stap nader aan die brandende versperring en plaas sy mes in die vlamme en wag vir dit om so warm as moontlik te word terwyl hy op die geweer lê om homself te stut. Hy weet dat dit wat hy nou moet doen gaan onmenslik seer wees, maar daar is geen ander manier nie. Na 'n hele paar minute is die lem van die mes bloed rooi soos dit gloei van die hitte. Jaco sak sy hande na die stuk skrapnel toe en pluk dit met een aksie uit. Die bloed begin stroom uit die wond en by die gat uit wat in die panser is. Jaco gryp die mes en druk dit teen die wond. Dadelik kom daar effense rook uit en die duidelike geluid van tssh soos die lem die wond brand kan ook gehoor word. Jaco byt styf vas op sy tande soos wat hy die mes draai en die wond toe brand, maar hy kan selfs die reuk van gebrande vleis begin ruik soos wat hy besig is met die wond.

Na 'n paar oomblikke is die wond toe gebrand, seer maar te minste toe gebrand en Jaco vat weer die geweer en begin loop in die rigting van die geveg. Hy weet hy sal moet 'n werkende radio kry omdat syne in die ontploffing beskadig was. Jaco begin stadig maar seker loop en rond kyk vir enige oorlewende soldate en of dit nou syne is of die vyand sinne, maar soos wat hy loop is die slagveld besaai met lyke van die vyand en selfs besaai met arms en bene en ingewande. Die bruin grond het roes rooi verkleur van al die bloed wat begin in syfer het. Jaco glimlag effens deur al die pyn en bly net stap. Soos wat hy nader en nader kom aan die geveg voor hom hoor hy alhoe minder gille en skote en hy wonder hoeveel van sy troepe nog oorleef het. Soos wat hy stap begin sy gedagtes weer terug dwaal na Ayla en hy wonder hoe sy voel en of sy al wakker geword het. Dan begin hy dink aan die droom of eerder nagmerrie wat hy gehad het toe bewussyn verloor het. Na 'n paar minute hou hy stil en hy besef met skok dat die monster wat voor hom gestaan het en sy nek gebyt het hyself was. Hy is die monster en nie die man wat daar kaal gestaan het nie. Hy skud net sy kop en begin weer stap. Sy wond brand nog erg, maar Jaco weet dat hy nie net daar kan sit nie en die mediese troepe sal pynstillers hê hopelik. Kort voor lank sien hy van sy normale troepe by die vyand se basis wat nou niks meer as net 'n ruine is nie. Die soldate sien hul meester raak en hardloop dadelik na hom toe. Jaco vra hulle net of die vyand verslaan is waarop die antwoord ja is en dan vra hy vir pynstillers. Die soldate help hul meester na 'n gedeelte toe vir al hul gewondes wat hulle net vinnig gemaak het. Hulle verduidelik aan hul meester wat alles gebeur het en dat die vervoer helikopters weer oppad is om hulle te kom haal. Jaco vra hulle hoeveel soldate van die vyftig duisend dit oorleef het en ongelooflik het veertig duisend dit oorleef. Jaco het gedink dat baie minder dit sou oorleef, maar van al die oorlewende soldate is daar net meer as dertig duisend wat gewond is wat wel gehospitaliseer moet word. Jaco lê effens terug en hou sy sy vas soos hy lê. Die pyn is bietjie beter nou al, maar hy is baie moeg en hy lê net daar en wag op die vervoer helikopters sodat hy kan terug gaan basis toe...

'n Paar ure later is al die soldate terug by die basis en al die gewonde troepe is hospitaal toe en Jaco self het 'n paar steke en verbande gekry maar hy het geweier om in die bed te klim hy het eers met sy generale en ander personeel gaan bespreek wat die situasie is en hoe dinge vorder. Na dit het hy na Ayla toe begin stap en net soos wat hy by haar kamer in stap begin sy wakker word. Sy kreun so bietjie van die pyn in haar arm en been, maar haar oë verhelder toe sy vir Jaco sien inkom. Sy glimlag breed vir hom terwyl hy in stap en langs haar kom sit op die bed.

"En hoe voel jy vandag my skat?"

"Seer maar ek sal oraait wees dankie. Hoe lank was ek uit?"

"Jy was sowat 'n dag uit gewees. Ek moet sê ek is baie bly dat jy beter voel ek was nogal bekommerd oor jou."

"Dankie Jaco, maar wat van jou? Is jy nog oraait?"

"Moet jouself nie bekommer oor my nie jy weet mos ek kyk altyd goed na myself."

Sy glimlag en vat Jaco se hand in hare en so sit hulle en praat vir die volgende vier ure oor wat alles gebeur het en hoe dinge nou gaan verloop en wat regtig aan gaan. Eers is Ayla bietjie verward maar aanvaar hoe dinge is en sê dat sy by hom sal bly staan maak nie saak wat nog kom nie. Jaco en Ayla gesels daarna oor allerhande dinge en probeer net bietjie ontspan na al die gevegte. Jaco sit nog so op die bed en kyk hoe Ayla praat en staar in haar helder blou oë, hy sak vorentoe af en begin haar soen met opregte passie en sy soen hom terug sonder om te huiwer. Sy lippe teen hare beweeg in die perfekte ritme met mekaar en die klanke rondom hulle word stil en tyd staan stil vir daardie oomblik. Soos hy stadig sy mond weg trek byt hy saggies haar onderlip en los dit dan. Hy staar weer na haar en sy staar terug.

"Ayla ek het jou lief en dit sal nooit verander nie, ek het jou genoeg weg gestoot nou wil ek jou myne maak vir ewig."

"Ek het jou ook lief Jaco en ek sal joune bly verewig en altyd daaroor hoef jy nie jouself te bekommer nie."

Die twee glimlag al te breed en hy leen weer vorentoe en gee haar 'n passievolle soen. Daarna sê hy vir haar dat sy nog moet rus en dat hy weer môre oggend 'n draai sal kom maak. En sodra sy beter is dan sal hy haar bietjie rond wys en verduidelik wat in die basis aangaan.

Jaco staan op en stap uit reguit na sy kamer toe. Die wond aan sy sykant is nogal seer. Hy hou dit weer vas vir 'n oomblik en soos hy stap na sy kamer toe steek hy sy hand in sy sak en haal botteltjie uit en haal twee pynstillers uit, gooi dit in sy mond en sluk dit net so sonder water. Hy gaan lê op sy bed en hy besef hierdie was 'n baie lang dag gewees, maar te minste sal die vyand nou dink voor hulle iets wil doen. Sy gedagtes dwaal rond en hy bly dink aan die soen. Hy glimlag breed en met daardie soet gedagte word hy aan die slaap.

Ayla lê in haar hospitaal bed en kry nie geslaap nie sy bly dink aan die feit dat haar droom waarheid geword het. Die man vir wie sy al jare lief is het haar ook lief en sy is nou syne. Sy dink aan Jaco se lippe teen hare en hoe onwerklik dit gevoel het en selfs hoe haar hart verseker gaan stil staan het toe hy haar gesoen het. Sy byt saggies haar onderlip vas en giggel saggies. Sodra sy weer op die been is gaan sy soveel as moontlik aan Jaco se sy probeer wees. Sy besef ook dat sy meer opleiding sal moet kry sodat sy beter haarself kan verdedig. Sy kan nie net dat ander mense haar altyd moet beskerm nie. Soos sy dink daaraan besef sy dit was reeds die geval met Marlouise. 'n Traan begin saggies teen haar wang af te rol, sy het probeer om haar te red en het misluk. Haar beste vriendin weg binne 'n oogwink. Die mens is so 'n sagte breekbare ou dingetjie dat mens dit skaars kan glo dat ons is waar ons is. Ayla dink nog aan tye wat daar nie sorge was nie, waar dinge so sorgvry was en geen bekommernisse nie. Wel dinge het verander en maak nie saak wat nie besef sy dat sy dit gaan en sal aanpak met al die mag wat sy het. Sy sal sterker en beter word en haar man by staan. Nie net vir hom nie maar vir haarself ook. Ayla draai op haar sy en dink nog aan 'n paar ander dinge en sy luister na die nag personeel se klankies soos wat hulle hul pligte vir die nag uitvoer. Steeds glimlag sy oor die soen wat vir haar gegee is. Sy begin bloos en byt weer haar onderlip saggies en met daardie breë glimlag op haar pragtige gesig raak sy stadig aan die slaap.

So sluit die dag af met glimlagte en passievolle soene, maar selfs Jaco weet dat hierdie ontvlugting net van korte duur sal wees. Daar is nog baie dinge wat moet gebeur voordat die wêreld syne is, maar nou het die koning sy koningin om dit mee te deel. Soos die donkerte meer stilte bring is daar wel personeel wat nog werk en dinge monitor en alles lyk uiters goed nog. Die soldate het omtrent sowat tagtig persent van die wêreld oorgeneem. Dit lyk of hierdie oorlog vinneger gaan klaar kom as wat meeste van hulle gedink het. Maar niks is verseker nie en tyd sal net kan sê wie die wenners gaan wees. Hulle meester is wel trots op dit wat bereik is tot dus ver en is nou tevrede met die loop van dinge en alhoewel dit nog nie klaar is nie het Jaco 'n sterk en goeie gevoel oor die laaste paar weerstand wat nog moet val

Woord Telling 2 384



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Avontuur
Avontuur op avontuur... Die storie lees lekker. Sterkte met die skryfproses.
4 jaar 9 maande 2 weke 1 dag 17 ure oud


Duurlike
Jaco en Ayla ... hoop alles gaan uitwerk. Genade - die nagmerrie met die rooi oe en omgedraaide bene en ... ek kou nou nog my naels. Goed geskryf!!
4 jaar 9 maande 2 weke 2 dae 8 ure oud


duurlike
Ek hoop dat sy oorwinning soet sal wees. Mooi gepen
4 jaar 9 maande 2 weke 2 dae 9 ure oud



VREEMDELING IN MY VADERLAND

deur Piet Schoombie

Dit handel oor die probleme wat baie Suid-Afrikaners in die nuwe SA ondervind en hulle wroeging met die vraag of hulle moet ry of bly. Lesers sal hulle ten volle kan vereenselwig met die realiteit van korrupsie, misdaad en moord in dié boeiende verhaal..



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar