Weergawe: 1
Aantal woorde: 912
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 11 Apr 2013
Die woes skrywers en digter spring weg. Gestewel en gespoor. Penne en potlode agter die oor, van die gebeure moet op skrif gestel word, dit is in hulle bloed. Die Halfmarathon van die maand word met groot ywer aangepak. Zymrl weier volstrek om alleen te hardloop, die swart hond moet saam. Dit is ‘n rumoerige wegspring en die swart gedierte met sy doktersjas en stetoskoop om die nek, stuit nie vir die duiwel nie!
Vic Winterbach wil eers op vlug slaan. Vir beserings sien hy nie kans nie hy is allergies vir pleisters, die goed klou aan al wat hare is vas, pynliker om af te kry as die wonde self. Hy het die brief van Elvina in sy agtersak, hy moet net deurdruk. Met brandewyntert se liedjie: Die een se juweel is die ander se skaapkop en die swart hond met vleislus kort op sy hakke voel dit asof sy laaste dag aangebreek het. Sy agterhoede is skraps bedek met net die geleende broekie van sagte babawol en gebrei deur Joel, as skans teen die gevaarte agter hom Dit is dalk beter om die hasepad te kies, en vir Ben Brand te glo dat ‘n juweel vir ‘n arm man meer werd is as prysgeld en ‘n agterhoede soos ‘n sif. Goeie genugtig Rudi Coetzer het juis gister vertel: “Ek onthou hoe ons wolfhond met al twee en veertig tande korte mette met ‘n kat gemaak het, die kat het soos ‘n vergietes gelyk toe hy klaar was!”
Elvina het hom duidelik laat verstaan dat haar brief aan Jaques de Beer se broer en suster gerig is en nie iets moet oorkom nie. Hy wil nie deur die gedierte geskaakmat word nie, die hond is duiwelsslim en netnou is daar ‘n poolomwenteling en vlug die dier met haar brief. Hy gee pad voor die aanstormende hond voordat sy agterkant en Elvina se brief purperpers verkleur word en hy sonder die nodige bedekking die stryd verder moet aanvat.
Theo Malan is nie ‘n man wat wil agter bly nie, hy lê rieme neer agter Lente Lief aan, die kind met die mooi groen skewe katogies. As Zymrly se gedierte vandag wolfhond se gedagtes kry, moet hy gereed wees om haar by te staan. So in die hardloop weeklaag hy: “Zoro, My tyd om te kla is verby, die dood is op my hakke. Selfs die mooiste meisiekind in die distrik Daleen Enslin wat glo aan koue water en warm liefde, kan my nie meer red nie”
Jan skreeu brullend in die verbygaan: “Broers, dit is tyd dat julle julle seëninge tel, Zymrly se mensvreter is op julle hakke. Die swart hond dra ‘n wit jas vir ‘n blêddie goeie rede, skaapkop honger en bloedlustigheid.! As julle nie spoed optel nie hardloop die hele span nog more teen hoë nommers saam met Lorraine van der Westhuizen, die aarde se genade in stof!”
Paddaman trap hoog met die mooier as mooste paar bene! Hy steek vir de Villiers van Niekerk verby in die draai van die Halfmarathon, met ondervinding en uithouvermoë is hy nou voor.
Spoed word opgetel, die eindstreep nader. De Villiers van Niekerk met die Engelsman en die kaktus ter beskerming op sy rug, is ‘n kortkop agter Paddaman. Hy kyk om, slaan agteroor van skok. Die hond is op hom. Sy val word genadiglik gestuit. Rudi Coetzer en Theo onthou die storie van Gert Strydom se herinneringe vasgevang in die foto wat ‘n mens terugvoer na die dae toe die helfte van die Marathon atlete langs die pad dood neer geslaan het. Hulle het in rye gelê! Kop aan voete, voete aan kop vir kilometers vêr! Hulle vat die pad klouend agter die Kaktus rug aan. Die harige swart dood moet maar die voortou neem. Liewer ‘n paar dorings trotseer as om aan flarde langs die pad te lê.
In ‘n swerm sleepval hulle oor die wenstreep. Die helfte se oë feitlik heeltemal toegekoek en betraan. Dave wag hulle juigend in met heerlike bekers yskoue gemmerbier-lafenis om die wurgende modderklonte uit die kele weg te spoel. So wat van ‘n uitputtingstryd!
Toe die stof uiteindelik gaan lê word daar flink planne gemaak vir die volgende uitdaging!
Gaan lê……..Woes skrywers en digters ? Nie hulle nie!
Hier is die nuutste werk wat op Woes.co.za gepubliseer was 11April 2013:
Gedigte
•
Vlug (lees met toe oë) deur Vic Winterbach
•
eindspel deur Vic Winterbach
•
Haar brief deur ELVINA
•
Broer en Suster deur Jacques de Beer
•
Lief kind deur Theo Malan
•
Lente deur Theo Malan
•
Herinneringe is vasgevang deur Gert Strydom
•
Onthou deur Theo Malan
•
Skielik voer ‘n foto mens terug deur Gert Strydom
•
Ek onthou ( 3 ) deur RUDI COETZER
•
As dae vlug voor die son deur Gert Strydom
•
Koue water en warm liefde deur Daleen Enslin
•
My tyd om te kla deur Zorro
•
Juweel vir 'n arm man deur Ben Brandt
•
Haar geheim deur Excaliber Marox
•
Die swarthond dra 'n witjas deur Zymrly
•
Genade in stof deur Loraine van der Westhuizen
•
Tyd deur Excaliber Marox
•
Die Beker deur Excaliber Marox
•
GEBREI deur JOEL
•
Seeninge deur Jan v.d. Merwe
Gorrel
•
Die een se juweel is die ander se skaapkop deur Brandewyntert
Kortverhale
•
GEMMERBIER JOU JUWEEL !!! deur Ffeerg xuoreL
•
Halfmarathon met ondervinding: 'n 100 woord storie (23) deur De Villiers van Niekerk
•
MOOIER AS DIE MOOISTE deur PADDAMAN
•
Die Engelsman en die kaktus. deur De Villiers van Niekerk
•
Skrywers en Digters in 'n Woeste geveg. deur Ffeerg xuoreL
Rubrieke
•
Leer ford reg maak in die kerk deur Dave
Lees ander kortverhale deur Ffeerg xuoreL
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die kortverhaal
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie kortverhaal
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Piet Schoombie
Dit handel oor die probleme wat baie Suid-Afrikaners in die nuwe SA ondervind en hulle wroeging met die vraag of hulle moet ry of bly. Lesers sal hulle ten volle kan vereenselwig met die realiteit van korrupsie, misdaad en moord in dié boeiende verhaal..