Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Deel 18.

“Almal staan,” het die bevel van die klerk gekom soos deur die regter aangestel. Almal in die hofsaal het opgestaan, en wag vir die regter om sy sitplek in te neem. Daarop het die jurielede, een vir een, plegtig ingeloop gekom na die jurie bank.

Die hof amptenaar lê die verklaring af met ʼn sug van verligting, dan oorhandig hy die leêr aan die klerk, waarna die regter ook sy afskrif uit sy boonste vakkie neem.

“Die eerste getuie is Mejuffrou Anna Brouer,” kom sy sleepvoet na die getuiebank toe aangestap.
“Sal die verweerder asseblief opstaan!" beveel die klerk.

Die klerk betrag die woorde vir die soveelste keer wat gedruk is in goue letters op die regter se bankie: In God Vertrou Ons. Hy staar na die eikeboom-paneel mure, by die hof seëlsteen vertoon dit prominent uitgesny, wonder hy of dit nog die moeite loon om op so ʼn klug voort te gaan en uiteindelik staar na sy teëparty, die assistent prokureur, wat waarskynlik gevul is met sy eie self-twyfel, versigtig ondersoek hy sy bolpuntpen waarop hy wil probeer steun.

“Mejuffrou Anna Brouer sweer jy dat jy net die waarheid as waarheid sal getuig.”
“So help my God,” as dit vir haar enige iets sou beteken.

Die assistent prokureur tuur na Mejuffrou Anna Brouer wat aangekla word. Haar glimlaggie is so effe wrang en is besig om die hasepad te gevat. Van die tydstip waarop die juries met hulle beraadslagings begin, het die vrees geen perke en begin alles om haar spook. Sy’s te bang om te dink wat die skuldigbevinding aan haar vroulikheid gaan berokken.

“Onthou, jy’t gesê; Ek sal dit nie in soveel woorde sê nie. Wat het jy presies probeer sê met hierdie woorde?”

“Ek kan nie meer so goed onthou Edelagbare,” probeer sy haarself verontskuldig.
“Kom laat ek so sê; ek vind dit so ʼn bietjie absurd. Was jy betrokke by die poging tot moord op Mejuffrou Laura Hoffmann,” begin hy sy aanval direk op die man af.

“Appèl.”
“Van die hand gewys,” steur die Regter hom nie baie aan haar prokureur nie.
“Van watter saak word ek nou eintlik aangekla? Ek is gevang deur ʼn ene Konstabel Van der, “Van der Plooi,” van die ander saak weet ek niks van af nie.”

Die assistent prokureur draai-rol sy oë en staar na bo, hy begin wonder watter vrae het hy vergeet in die kruisverhoor? Watter strategieë moet ek gebruik wat ʼn terugblik op die omstandighede het wat dit nie so onverstandig laat lyk nie?

“Herken jy hierdie rok?”probeer hy met ʼn ander invalshoek.
“Wat van die rok?” kom haar stem heel bedaard voor.
“Kom ek verfris so ʼn bietjie jou geheue Mejuffrou Brouer. Hier is die uitslag van die forensiese laboratorium toetse, en ons het van jou weefsel op die rok gekry. Wat is jou verweer nou op hierdie bewyse?” kyk hy haar aan met ʼn skerp blik om haar te ontsenu.

“Ek, e-e-ek — “
“Spaar jou asem Mejuffrou Brouer. Jy sien hierdie rok het aan Mejuffrou Laura Hoffmann behoort,” dan draai-wend hy hom tot die gehoor in die hofsaal om te bevestig dis die bewysstuk waarna ons al die tyd gesoek het, dan kyk hy weer na die beskuldigde.

“Ek ,e-e-ek het haar probeer red, om haar daar weg te kry,” hoop sy dat dit tot haar voordeel sal strek.

“Met ander woorde, hoe sou jy sê; het jy dan van die moord geweet?” vou hy skielik sy hande agter sy rug saam.

“Ek sal sê; dat ek per toeval dit gesien en my kans waargeneem het om haar daar te verwyder,” kyk sy na die Regter om hom te probeer oortuig dat sy nou die waarheid praat.

“Dan moes jy die persoon gesien het wat die moord gepleeg het, en seer sekerlik ook geken het?” draai-speel hy met die bolpen op die vingerpunte rond.

“Appèl,” kom dit van ʼn benoude stem af om Mejuffrou Brouer se bas te red.
“Van die hand gewys,” met geen emosie nie.

“Daar is bewyse vir die aanslag op Mejuffrou Laura se lewe, dat daar wel twee persone betrokke was. Hoekom het jy dit nie by die Polisie aangemeld nie?”

“Ek het alreeds op die vraag geantwoord,” onderdruk sy haar stem waar die senuwees stadig maar verseker besig is om te knak.

“Hoekom sal ʼn mens so optree sonder enige vergoeding? Ek lei af dat Mejuffrou Laura Hoffmann baie kosbare inligting gehad het wat jy wou hê?” gaan staan hy voor Mejuffrou Brouer se prokureur om sy senuwees ook te toets.

“Soos wat se inligting, Edelagbare?” staar sy met ʼn emosielose gesig na haar hande.
“Dit is wat ons by jou wil weet, Mejuffrou Brouer!”
“Ek sal graag wil help Edelagbare, maar ek is bevrees —“ lê die emosie al hoe vlakker om enige tyd te wil ontplof.

“Sien jy hierdie gesertifiseerde stukkie papier Mejuffrou Brouer? Hierin is gesertifiseer dat die persoon wat hierdie oorspronklike dokument in sy besit het, die erfgenaam van Meneer Tom Brend is. Ek dink tog jy het geglo dat Mejuffrou Hoffmann die dokument in haar besit gehad het.”
“Ek sê niks hierop,” staar sy na die assistent prokureur met ʼn emosielose uitdrukking op haar gesig.

“Gaan die Hof hom al die geld toestaan, vir die vind daarvan?” kom dit van Mejuffrou Brouer se prokureur af. Daar heers ʼn doodse stilte in die hofsaal. “Wel, dis ʼn aansienlike bedrag, Edelagbare.”
“Wat is 'n beduidende hoeveelheid wat julle noem?”
“Oor die 19,2 miljoen Edelagbare,” Mejuffrou Brower loer na die regsbank met waterige oë wat sy met alle geweld probeer onderdruk, sien sy hoe die geluksgodin haar ontglip het.

“Geen verdere vrae meer nie.” Sit ʼn verslae Mejuffrou Brouer met haar gesig in haar hande toegevou.

“Die Hof verdaag.”

“Meneer L, jy’s in opdrag om hierdie saak verder uit te voer.”
“Ek sal dit so spoedig moonlik afhandel Meneer G.”
“En ek hoop van harte dat jy nie net ʼn kanariebyter is nie, Meneer L.”

Stoftrappertjie en Laura ontspan tot laat aand saam in mekaar se geselskap en verwonder hulle oor daardie fortuin wat Tom versamel het met sy verdowingsmiddels. Raak Laura al droom verlore weg, aan die slaap op sy skoot. Albertus besef hy is te lig in sy broek om vir Laura bed toe te dra. Al wurmend skuif hy onder Laura uit. Sprei hy ʼn ligte bedsprei oor haar vir die soet nagtelike drome.

“Goeiemôre Laura, en het jy lekker geslaap?”
“Sies vir jou Albertus, dat jy my so alleen hier in die sitkamer laat slaap het.”
“Ek kon nie anders nie my liefie, hier is vir jou ʼn lekker koppie koffie.”

Konstabel Van der Plooi is raadop, terwyl hy wag dat Laura die ontbyt vir hom voorsit. Hy voel soos ʼn vasgekeerde bul. Waar en by wie gaan hy nou om inligting soek. Hy dink by homself, daardie persoon het geweet wat hy doen. Wie is nou hierdie chirurg? Is dit Dokter Niemand of is dit Dokter Breed, dis ʼn aansienlike bedrag wat hier ter sake is?

“Wat is dit met jou Albertus, kom net tot ruste.”
“Hoe kan ek!”
“Nou goed, ek sal probeer verstaan,” maar haar gedagtes is ook nie by haar toe die hele dorp hoor wat die fortuin werd is.

“Laura, daar is niks mooier as ʼn opgeruimde hart,” probeer hy sy gedagtes in ʼn ander rigting forseer, “die lewensvreugde wat ontsluit word; laat my herinner aan ʼn sprokiesparadys. Hierdíe afwagting van ʼn ontluikende meisie,” dan ontbreek die woorde net soos mis voor die son om haar te vertel hoe lief hy haar het.
“Albertus het jy gepraat?”

“Wag, daar’s iets edel aan jou hart, wat enige man na sy asem sal laat hyg. Jy verower my hart deur jou geheimsinnige blik, dis so ʼn spontane glimlag,” knipoog hy vir haar.

“Dan hoor ek daardie sensasie gebruis in en om my hart se klop. Daardie diffff – diffff van wil die hart nou bes gee of aangaan,” tergend kom dit weer van haar af en blaas ʼn lugsoentjie na sy kant toe.

“O ja; uit die digte waserige oë pyl jou liefde om my bene week te maak, elke spier in die liggaam werk nou saam, om die konstante betowering, soos ʼn spons op te slurp. Die borskas swel uit sy beperkte formaat, brute spierkrag span onder die T-hemp saam,” kom dit van Laura af en verwonder sy haar aan Albertus se forstelikheid.

“Jy maak ʼn mens se ego so trots onder die hemel gewelf. Vroeg of laat, laat die liefde hom nie jaag, verliefdheid se hartskalender ken geen papier of tyd,” steel hy ʼn soentjie by haar.

“Jou oë vertel van die blye vreugde, ek vat twee teuge asem vir my moed. Daar loop tientalle, maar net een is die hartebreker. Ons is in wese, wat van liefde aanmekaar gevleg en geweef is.” Arme o Agie weet nie meer elke dag wat sy baas oorgekom het nie, dis nou net ogies maak vir daardie “lady in red” in die huis.
“Ek moet nou gaan werk, ek’s lief vir jou,” vandag voel hy lus om fiets te trap werk toe.

“Goeiemôre Kaptein, ek soek ʼn lasbrief.”
“In verband met wie se inhegtenisneming, Konstabel?” kyk hy vraend na Albertus.

“Vir ons twee Chirurgiese Dokters Niemand en Breed. Ons het weefseltoetse gedoen, en nou wil ek weet wie is daardie ander geheimsinnige spook wat Mejuffrou Hoffmann so netjies toegewerk het. Ja, ek wil weet wat was die betaling. Dit is my wens Kaptein, hier’s baie geld betrokke.”

So gemaak en so gedoen. Dis daar waar die toetse die finale sê sal hê.

“Dokter Niemand en Dokter Breed, mag ek ʼn woord of twee met julle twee bespreek? Wie sal julle sê, kan sulke goeie werk doen?”
“Ja, dit is ʼn goeie vraag. Daar is wel nog een moontlikheid, en dit “kan” dalk Mevrou Janette van der Linde wees.”

“Ag nee, moet my nie dit probeer vertel nie, sy sal nie eers ʼn mossie skade aandoen nie, daarvoor ken ek haar te goed, Menere,” sê hy dit met agterdog.

“Hoe is die spreekwoord; stille waters diepe grond en daar draai die duiwels rond.”
“Konstabel Van der Plooi, ons moet jou meedeel dat Mevrou Van der Linde langverlof geneem het. Sy is geregtig op drie maande se verlof.”
“Maar waarom?” hy wil nie sy gedagtes vrye teuels gee nie.

“Nee daarmee sal ons jou nie kan help nie.”
“As ek mag vra, het sy ʼn loket waarin sy van haar goed bêre?”
“Ek is bevrees dat jy dit nie sonder ʼn wettige hofbevel sal kan doen nie.”
“Ek sê eers dag en sien julle binnekort.”

So is Konstabel Van der Plooi daar weg sonder enige vangs, sy brein werk oortyd, “daar’s nog ander maniere soos....., ek sal sorg vir die nodige reëlings.”

“Middag Santie. Baie dankie dat jy daardie Mejuffrou de skim gegimeer en hare gedoen het. Ek het haar omtrent glad nie herken nie. Briljante stukkie werk gewees Santie. Ek skuld jou — “
“Dag Albertus, dit was ʼn plesier gewees, en wat bring jou hier vandag?”
“Ek sal nie om jou hand vra nie, jy is gelukkkig getroud, maar ek is vandag weer verleë, vir jou hulp Santie,” hy ken net die kuns waar daardie sagte plekkie van haar lê.

“Spreek net die woord en ek doen dit met graagte vir jou my Stoftrappertjie,” kom dit ook nie ongesiens verby nie.
“Ek wil graag verneem of jy enige iets van Janette van der Linde se doen en late af weet. Ek weet jy sal dit vir my doen.”
“Dit sal ʼn plesier wees om te help, om reg en geregtigheid te laat seëvier. Jy is seker baie lief vir Laura,” pols sy dit weer van haar kant af.
“Mmmmm en hoe weet jy dit?” so half ondeund.
“Mmmmm, ek het oë en ore orals op die grond, óf noem ons dit nou vroulike instink,” dan druk sy so liggies op sy neus.

“Ja, sy het net daardie iets in haar wat my bene so week maak dat ek dit soms moeilik vind om my bene in toom te hou. Dan sê ek vereers dag Santie. En kyk mooi na jouself, hoor.”

“O, so kry die Eva geslag altyd weer die skuld — ek sal Albertus,” staar sy hom agterna op haar unieke manier.
“Ja, die ribbebeen wat kortkom in my sy, gelukkig verskaf dit my s-o-o-o-o-v-e-e-e-el genot. En daarmee kan die Eva geslag nie spog nie,” so al laggenderwys.

“Soos altyd net reg met jou sêgoed, altyd ʼn teen verweer,” met haar hande in haar sye.

Konstabel Van der Plooi kry die volgende dag ʼn telefoon oproep.

“Ek kry jou so oor ʼn halfuur by Wimpy.”
“Goeiemôre Albertus.”
“Môre Santie, sal jy iets wil drink? Ja dankie ek kry nie aldag hierdie geleentheid nie.”

“Kelner,” kom hy na hul tafel aangestap.
“Dit sal nou lekker wees vir ʼn slag om dit saam met my gewese kêrel te geniet, wat van ʼn lekker koppie “capuccino,” daar’s ʼn effense blos op haar gesig wat haar gevoel verraai, haar oë op Stoftrappertjie gerig, net sy weet wat in haar gemoed verberg is.

“Iets om te drink vir julle twee?” hier en daar ʼn verdwaalde besoeker in die Wimpy.

“Asseblief dankie, twee koppies “capuccino” een vir my en een vir my gas.”
“Albertus jy sal nooit raai.”

“Wel dit kan seker enige iets onder die maan wees, deesdae is alles mos moontlik, of hoe?”
“Einste, Albertus miskien het jy dit verwag. Janette is landuit, sy sit in Venezuela,” tik sy so ewe vermakerig met haar vingers op die tafel.

“W-a-a-at? Sy sit i-i-i-in Ve-e-enezuela! — Dankie Santie, dit is nou vir jou ʼn ding en ʼn half. Ek sal moet gaan en sien jou dalk later.”
“Albertus kom nou, sit eers rustig en geniet jou koppie “capuccino” saam met my. Hierdie paar minute sal nie ʼn verskil maak nie,” berispe sy hom met haar onweerstane stemmetjie.

“Jy is seker reg, nog ʼn minuut of twee sal geen verskil maak nie.” Hulle nuttig hulle koffie in stilte. “Ek’s jammer, nou sal ek nie langer kan bly nie. Nogmaals baie dankie Santie.”
“Dankie vir jou tyd en die lekker koppie “capuccino,” my — “ dan waai sy vir hom.

Konstabel Van der Plooi se brein werk oortyd om al die gekinkelde kabels se punte bymekaar te kry.

“Kaptein ek soek meer as net ʼn hofbevel.”
“Ja, en sê my nou hoekom so en wie is nou alweer in die sop?”
“Dit is in verband met Peet se vrou. Sy’s met drie maande se verlof in die buiteland. Kan dit moontlik wees dat sy betrokke sal wees in die hele geding?”

“Ek dink jy misgis jouself met haar Konstabel, sy sal nie eers ʼn vlieg kan doodslaan nie.”
“Mmmmm, ek het ook so gedink Kaptein.”
“Dan sien ons mekaar weer Maandag,” hy draai sy kop om seker te maak dat hy Konstabel Van der Plooi reg verstaan het.

“Middag Laura.”
“Middag Albertus, en hoe het dit by die werk gegaan?”
“Nie te sleg nie, kom ons bêre hierdie vrae by die Polisiestasie, en geniet die naweek.”
“Waarheen wil jy gaan vir die naweek?”

“Dan is dit seker die regte tyd, om jou te vra; Kom ons maak ʼn draai by die Lost City of Eureka, of verken selfs ʼn goudmyn wat deur Moedernatuur teruggevat word wat eintlik aan haar behoort. Moedernatuur vat dit terug om die wond weer te herstel, wat die mens aan haar gedoen het.”

“Dit sal lekker wees, ja die lewe gaan aan.” Vroeg Saterdagoggend is hierdie twee verliefdes op hul avontuur uitstappie.

“Laura ons is tans nou hier in die Niemandsland tussen die ou vergange jare en die moderne tye. Die lug is ongelooflik helderblou en die wêreld lê oop om ons tot aan die soom van die horison te dra. Daar hoef niemand ons te kom pla.”
“Hier is geen tekens van enigiets wat mense deesdae waardevol sal kan noem nie.”

“Bemind, bekend en liefdevol is die natuurskoon aan die voet van hierdie onbekende, onthou asseblief om kalm te bly en nie die kloof van rykdom ligtelik op te neem nie. Gryp die kans aan, en kom besoek die eens bekende dorp in vergange jare se goudstormloop, baie het vir die sleutel tot sukses, met hul lewe daarvoor betaal.”
“Ja, amper het ek in die strik geval met daardie Tom vent,” dink sy na oor wat met haar die afgelope tyd gebeur het.

“ʼn Mens kan maklik verlore raak in die natuur se labirint. Daar is geen verskoning hoekom ons nie die kans wil waag nie. Dit is in hierdie oomblik dat ek halsoorkop verlief raak — en ek weet, vir die res van my lewe sal ek aanhou om hiérdie gevoel van grensloosheid na te jaag,” tuur hy oor die panoramiese boomryke laeveld, hang die geur van veld en blomme in die laat agtermiddag sonnetjie.

“Maar jy is darem romanties met jou mooi gesegdetjies, hartedief,” droom verlore sit sy langs hom, brand die liefdesvlam al hoe hoër in haar wese as vrou, bedel haar lippe vir ʼn soentjie.

“Die liefdespad strek oor die horisone voor ons uit, en dit voel of die liefdeswêreld inderdaad grensloos is,” strek hy sy hand uit asof hy die horison met sy hand wil aanraak.

“En so droom ek saam met jou dat enige iets moontlik is, Albertus,” kyk sy hom aan met deernis wat al hoe meer begin brand om haar gevoelens te stimuleer.
“Indien enigsins Laura, ek sal nie afdraai nie!” draai hy na haar en gee haar daardie verlangende soen. Roer dit haar vroulike innerlike hunkering al hoër.

“Ek weet nie hoe is dit moontlik dat soveel mense die liefde nie ʼn kans wil gee nie?”
“Dit is seker nie moeilik om in hierdie liefdeskat donkerte verlore te raak nie, Albertus,” dink sy onwillikeurig aan Oom Koos wat nooit ware liefde ontdek het nie.

“Ek weet net dat daar baie is, my liefling. Byvoorbeeld, kyk nou na daardie twee Jangroentjies hoe gelukkig is die twee nou bymekaar. Hoekom kan die mens nie nét soms na die natuur tuur, dan sien ʼn mens net soveel harmonie hier?”

“Die gevoel van vergange se stemme en die ligte vibrering van energie, sê vir my dat daar baie meer langs hierdie pad sneuwel as wat ek en jy kan waarneem.”

“Tog, ten spyte van dit alles, is daar ʼn tipe vrolikheid in die lug, waar die soel agtermiddag, onder die berghange se skaduwees tot ruste wil kom, dan is daar weer ʼn ander wêreld wat weer tot sy nagtelike reg kom.”

“Ek dink ons twee het genoeg gedroom oor ons lugkastelle, vir die dag, liefling.”
“Kom Albertus die son trek water, as ons nie onder vannag se dou wil slaap nie.”
“Dankie dat jy na my filosofiese gebrabbel geluister het.”
“Dan hang ek so lekker aan jou lippe in sulke tyd.”

“Waarna smag die eetlus vanaand?”
“Kom dan braai net ons twee vanaand ʼn stukkie vleis en geniet ʼn lekker kelkie rooiwyn hier onder die sterrehemel. Moet nie die jan-in-die-sak vergeet nie, hoor!”
“Dit sal nou lekker wees om net te ontspan hier saam met jou, ou Stoftrappertjie.”



Woorde, 39052 is 42226.

Vervolg op; Die Romantiese Aand.

DIE ONHEILSPELLENDE MAANSVERDUISTERING.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

hofsitting
arnold hierdie verhaal voer mens na n nuwe hoogtepunt met elke hoofstuk. hierdie is inderdaad dramaties
4 jaar 1 maand 6 dae 23 ure oud


Hofsitting
Het al die vorige episodusse gemis, gaan nou dedlik van die begin af lees.

Klink na 'n pragtige, boeiende verhaal.

Hou so aan.
4 jaar 1 maand 1 week 6 ure oud


Hof
Jislaaik! Jy vang mens vas in die hof, dan slaap op die bank en cappucino in die Wimpy. Trefferhoofstuk, Arnold!!
4 jaar 1 maand 1 week 7 ure oud


Hofsitting
Weereens voer jy my weg na 'n ander wêreld. Lekker saam gelees.
4 jaar 1 maand 1 week 7 ure oud


Hofsitting
Altyd lekker om jou werke te lees.
4 jaar 1 maand 1 week 9 ure oud


hofsitting
Baie boeiend. Leker gelees. Loer miskien net na spelling van gegrimeer.
4 jaar 1 maand 1 week 10 ure oud


hofsitting
Lekker gelees Arnold
4 jaar 1 maand 1 week 11 ure oud



VOLLEDIG CHRISTEN, VOLLEDIG MéNS

deur Johann P. Boshoff

"We need to rediscover ourselves as full human beings and discover that it is precisely as full human beings that God wants us to come to him. His salvation, his love, his mercy are designed for full human beings, not for theological or religious creatures who have stifled their humanity or repressed their deepest emotions. We ought to be fully human and unashamed of our humanity ... as we approach the God who made us that way and is waiting for us to come to him in that way. Jesus himself approached God in that way and communicated with his whole heart in prayer to the Father. (Hebrews 4:15-16 and 5:7) The Spirit is imparting to our heart the faith and desire to approach God." ■ Ralph Martin in Hungry for God (1974)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar