Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Deel 17.

“Soos ek alreeds gesê het; ek weet nie hoe lank ek daar in die teenwoordigheid van daardie gemaskerde persone gewees het nie,” kom haar woorde al meer met selfvertroue.

“Met ander woorde; volgens hierdie hele aangeleentheid kon ʼn mens maar amper sê, jy moes eintlik dood gewees het — en tog le-e-e-e-ef jy,” trek sy skouers half skeef oor sy lyf met een groot rilling wat tot onder in sy kleintoontjie afvloei.

“Ja, Edelagbare. Ek le-e-e-ef om hierdie riller, woord vir woord te kom oordra,” sy kyk na die Regter om sy reaksie te sien.
“Gaan asseblief voort, Mej. Hoffmann.” Die Regter wil nie regstreeks na Laura kyk nie.

“Daar is vlakke van bewuswording wees, voor bewussyn, dit wat ek nou is voor hierdie worsteling — en wat hierna gaan gebeur, óf dalk hier onder in my onderbewussyn, ʼn koma van skyndood; dalk sal ek dit nooit weer kan openbaar nie. Wanneer ek slaap hoe sou ek dit weet? Watter vlak van bewusvoording is dit? ʼn Vlak waar ek niks daaraan kan doen nie! Julle sien my gesigsuitdrukking, sommige glimlag, is dit nie ironies nie, vir sommige is dit nie, net ʼn riller storie. My gewaarwording, die ontroering in my, wie beleef of ervaar dit saam met my? Maar julle is nie daarop ingestel om daarop te reageer nie!”

“Appèl Edelagbare,” sê hy dit met ongemak.
“Gaan asseblief voort, Mejuffrou Hoffmann,” kom dit van die Regter af.

“Julle is nie eens bewus van wat rondom julle gebeur nie, ja totaal onbewus. Wat noem ons dit? Sommige noem dit die dooie sone van wat — Ja, dit is maklik om te verstaan as jy nie daar was om vergelyk te gee nie. My bewussyn is om te lewe en julle onderbewussyn probeer nog iets ontraffel. Ek weet vanwaar ek staan wat “dood” was, maar julle kan nie van die “dood” van die lewe af weet nie. Hierdie dooie sone óf die tussenin een. Waar is die ruimte tussen die twee pole? Julle is nader aan ongeregtigheid as aan gereg. Julle kan die gereg nog steeds sien, maar daar is geen aantrekkingskrag tot dit nie. Wanneer julle eendag uit die slaap wakker word, is dit jul bewussyn wat deur julleself wil spreek, of ʼn senuweeagtige impuls, of ʼn herout na jou onderbewussyn aankondig. Dit is dieselfde as jy uit die slaap wakker sou word. In die ruimtes van droom wentelbane wat jou met die gravitasie of aantrekkingskrag van die lewe in aanraking wil bring. Die lewe tans het meer inligting terwyl ek nog hier is. Na die dood is daar geen inligting wanneer ek daar anderkant aankom en as ek daar is,” kyk sy weer na die Regter se kant tot en dan volg sy met haar verklaring, “kan ek niks daaraan doen nie, want ek word daar gehou, maar in my geval, is ek nie ingenooi, dan word jy weggestuur — “

“Sy is kranksinnig!” wys hy met ʼn bewerige vinger na Laura se kant toe.
“Appèl.”
“Toegestaan.”

“Om selfs in te gaan is seker elkeen se eie vrye keuse, soos selfmoord,” kom dit van die staatsaanklaer.

“Ek weet van niemand wat wou ingaan nie, en dit blyk dat dit jy is.”
“Appèl!” kyk hy haar aan om te kenne te gee, wat is jy nou besig om te doen.
“Van die hand gewys.”

“Aan my maak dit nie saak wie jy is nie en of jy wel glo of nie —“ kyk sy die staatsaanklaer vas in die oë aan.

“Wil jy vir my sê; Dat die dood wel ook fases het, Mej. Hoffmann, soos ons reeds verneem het uit jou vorige pleidooi?” met ʼn gebaar wat aantoon: ek sal graag na jou luister.

“Waarvan ek praat het niks met jou opmerkings te maak nie! Die verskil is; ek was nie onder in die geesteswêreld nie, omrede ek was nie onder die kluite begrawe gewees nie! Ek was wel nog in my bewussynsfase gewees; omrede ek iewers op die stoflike oppervlakte gewees het.”
“Geen verdere vrae meer, Edelagbare.”

“M-a-a-a-ar hoe is dit moontlik? Wie het jou wonde verbind? Sou jy kon sê, dat dit een van hierdie twee is?” kom dit van die staatsaanklaer af.

“Ek het die persoon nooit van aangesig tot aangesig gesien nie. Ek was net bewus van een gemaskerde persoon.”
“Kon dit seer sekerlik die moordenaar self gewees het wat jou wonde verbind het? —“ sinspeel hy daarop dat dit sy self moes gewees het.

“Appèl.”
“Van die hand gewys.”

“Sou jy die persoon óf persone se stemme herken Mejuffrou Hoffmann?”

“ — Ek was meeste van die tyd geblinddoek, hoe sou ek so ʼn persoon se stem herken wanneer daardie wraaksugtige stem uit die keelgat borrel soos vuil water, óf wanneer díe iemand probeer normaal praat asof niks gebeur het nie. Daardíe a-a-angsgevoel van, daar moes van tyd tot tyd ʼn moontlike tweede gemaskerde persoon gewees het. Ja, j-a-aa ek onthou nou, — wanneer daardíe a-a-angsgevoel my beetkry, kon ek iets gewaar van geen menslikheidsgevoel nie. Ek kon selfs nie eers ʼn lekker perfuumreuk gewaar word nie, net daardíe soort van benoude mens sweet — dan loop straaltjies koue a-a-a-angssweet s-o-o-oo oor my lyf af,” om te wys hoe dit werklik gebeur het onder dáárdie situasie.

“Wo-w-ww brrrrr, hoe kry ek so hoendervleis, Mej. Hoffmann!”

Die Juries en al die aanhoorders in die hofsaal snak na hul asem, en dan hang daar ʼn doodse stilte in die hofsaal, om verder na die sonsverduistering riller te luister. Sien Laura hoe die mense deur hul vingers vir haar loer. Ander slaan hul oë op teen die hofsaal se plafon om ʼn ontsnappingsroete te probeer vind, maar hulle wil dit vir geen geld misloop nie.

“O, j-a-aa daardíe nare gevoel,” kom dit van Laura af, dan ril haar lyf weer so vir ʼn slag hoe sy haar hand oor haar geskende lyf vryf.

“Wat ek wel aflei, is dat daar tog twee persone moes gewees het om jou te verpleeg. Een van hulle moes ʼn spesialis gewees het, dit lyk of dit op ʼn professionele wyse gedoen is. Nog ʼn laaste vraag.

Sal jy die plek kan beskryf?” met ʼn kyk na haar om te kenne te gee ek glo so.
“Ja, ek dink dit is moontlik om die plek van hel uit te wys, Edelagbare,” dan kyk sy die Regter vol in die oë.

“Nog ʼn vraag of twee. Om watter rede het hulle jou daaraan gehou?”
“Ek het geen benul wat die rede daartoe gelei het nie,” probeer sy met oortuiging dit meedeel.

“Ek dink tog so Mejuffrou Hoffmann! Dra jy enige kennis van hiérdie papier,” kom die prokureur stadig aangestap met die papier in sy hand om haar dit te wys. Laura kyk na die papier en wil iets sê, dan bedink sy haarself.
“Ek kan nie nou met sekerheid sê nie,” probeer sy nog vir die laaste oomblik daarna kyk.

“Geen verdere vrae meer nie.”
“Die Hof verdaag.”

Daar is ʼn samedromming van mense asook die pers vir hul soetsappige sonsverduistering riller sensasie storie om te kyk wie gaan die prys wen vir die beste opgedisde riller storie.

“Mej. Hoffmann, Mej. Hoffmann, kan ons met jou ʼn onderhoud voer?”
“Geen verdere kommentare nie menere, asseblief, laat ons met rus dankie,” veg die twee hul baan deur die omstanders wat nog wil hoor wat hulle dink hulle in die hofsaal gemis het vir daardie ekstra sensasie om die koerantverkope ʼn hupstootjie te gee.

Probeer die pers nog vir ʼn laaste keer om foto’s te neem. Moeg van die dag se ondervraging in die Hof is Laura effens geïrriteerd.

“Laura kom ons gaan eet vanaand uit, ek het klaar gereël vir ʼn lekker romantiese ete my liefling. Ek dink jy het al die mense nou aan jou voete, met daardie meesterlike melodrama riller, wat selfs vir my laat voel dat ek dit deurgemaak het.”

“Nou is ek so bly dat dit een probleem minder in my lewe is.”
“Ek het geweet, dat jy dit sou kon doen. Ek is baie trots op jou my liefling,” neem hy haar in sy arms vas en gee vir haar ʼn welverdiende soen.
“Dankie Albertus.”

“Ek het vir jou ʼn verrassinkie, maar jy sal my moet toelaat om jou te blinddoek.”
“Is dit so ʼn gewigtige verrassinkie?”
“Absoluut my liefling.”
“Hier is ek, ek laat my lei deur my hartedief.”

By die deur word Laura en Albertus met ʼn kniebuiging verwelkom.

“Goeienaand, my naam is Karla, ek is julle kelnerin vir die aand.”
“Goeienaand Karla.”
“Wat gaan hier aan, vertel my asseblief Albertus?” vra sy so half agterdogtig.
“Volg my asseblief, dan neem ek julle twee na jul spesiale hoekie.”
“Kom sit hier Laura, en wees versigtig. Tarra ta-a-a-aa.”

Die band word van Laura se gesig afgehaal. Verstom verkyk sy haar aan al die mooi versierings. Snak sy so liggies vir ʼn oomblik om te sien of sy reg sien. Sy probeer ʼn woord uiter maar dis tevergeefs.

“Laura, kyk nou net hoe versier jy my plek, soos ʼn roos op ʼn tafel gee dit die perfekte harmonie aan my restourant. Vanaand kyk al wat ʼn mens is ons aan, asof ons van ʼn ander planeet afkomstig is. Ek is seker dit is net aan jou te danke,” kom dit van Gert, die eienaar van die restourant.

“Is dit nie die vosbruin dametjie met die Dolly Varden hoed van die hofsaak nie?” kom dit van een van die gaste in die restourant.

“Ja dame, dit is die dametjie wat almal se koppe laat draai,” antwoord Albertus trots.

“Die sjampanje is op die huis,” skiet die kurkprop teen die plafon vas.
“Baie dankie Karla en vir almal hier. Albertus jy laat my spraakloos, dit is so wonderlik van jou, my Stoftrappertjie,” en leun teen sy bors aan met een van haar gunsteling soene.
“Dit is vir ons ʼn plesier om julle twee as gaste by ons te hê.”
“Hoe kan ek dankie sê, Karla?”

“Hier kom julle twee se voorgereg en geniet net die aand saam met ons.”
Vlindergarnale met Soetsuursous.
“Mmmm, dit gaan nou lekker wees. Of hoe Albertus?” hang die geur oor die versierde tafel.

Na 15 minute kom die vinger-aflek hoofgereg. Speel daar ligte musiek in die agtergrond.
“Tar-rata hier kom die hoofgereg.”

Tartaarse Biefstuk
Gebakte Cambrieni met Amandels
Gekrummulde Knoffelsampioene met Kruiebotter.

“Wow, Karla, dit lyk smaaklik,” blosend speel ʼn verleë glimlag om Karla se mondhoeke.

ʼn Uur later word die nagereg bedien.
Koffie Likeur Mousse met Sjokolade aarbeie.
Wat ʼn gepaste afronding van ʼn heerlike aand.

“O, Albertus my hartedief, ek sal dit nooit vergeet nie. Ek is nou die gelukkigste meisie onder die meisies. Dit is of ek jou al jare ken.”

“Ek gaan vir jou iets sing my liefling.”

“O jy, O jy; wat kom woel,
aan ʼn hart so vol van ongeloof,
om te sê hoe jy voel.

Al wankel my bene onder my gemoed,
en is ander se jaloesie groen van gloed,
staan ek orent met ʼn hart vol moed.

Soos die dag deur môre vervang,
groei ʼn hegte band tussen twee harte,
so word my innerlike ʼn slaaf van jou hart.

Al gloed die manne se wange rooi,
is jy my nooi,
en later, my geliefde verloofde so mooi.”

“Ai Albertus, jy sing dit so met gevoel. Kom gee my ʼn drukkie en ek gee jou ʼn so-e-e-e-en my lief.”

“Kom ons klink ʼn glasie wyn op die geluk van Laura en Albertus en op ons lewenslange vriendskap, Hiep hiep, hoera hiep hiep, hoera,” kom dit van die restourant eienaar en personeel.

“Baie dankie vir die onvergeetlike aand my vriende. Hoe kan ʼn mens nou sulke vriendskap vergeet Gert? Nogmaals baie dankie vir die lekker aand. Goeienag almal.”
“Lekker slaap julle twee.”

Die volgende oggend vroeg is Albertus en Dirk met sy twee spoorsny honde af na daardie onheilspellende murasie, hulle soek vir enige soort leidraad. Dit duur nie lank, dis asof die wêreldse geluk aan Albertus en Dirk se kant is.

“Nou toe nou, wat het ons nou hier. Moet my nie sê dit is jy Petrus van Wyk, of moet ek sê Flenter-Jan. Wat maak jy hier in die wildernis tussen niks en nêrens? Wat het van die werk geword wat ek vir jou gekry het?”

Verleë kyk ou Flenter-Jan vir Albertus en Dirk aan.

“Ek werk nog steeds vir Gert, Konstabel. Dit het my hele lewe dramaties verander.”
“Hoe so! Maar ek het jou nie gisteraand by die restourant gesien nie.”
“Dit is net dat die meisies my nie kan uitlos nie. Daarom het jy my nie daar gesien nie. Ek het alles belewe van agter die skerms af en ek moet sê dat jy goeie smaak het.”

“Dit maak my baie gelukkig om dit te hoor. Maar waarom bly jy nie in die dorp nie Flenter-Jan? Jy kan nie meer hier so alleen in die wildernis bly nie!”

“Ja ek kan, hier kan hulle my nie pla nie. Konstabel, miskien het ek jou nie vertel nie.”
“Soos wat, Flenter-Jan?”
“Ek kon net sowel in die wildernis en onder die melkweg gebore gewees het,” sê hy dit met ʼn emosievolle stem.
“Maar ʼn mens het tog ʼn behoefte aan iemand wat wel vir jou kan omgee, of hoe, Flenter- Jan?” probeer Albertus met ʼn deernisvolle stem vir Flenter-Jan oortuig.

“Wat ek wel wil sê is; die mense se woord kan nie van waarde getuig nie, dis net leuens en bedrog elke dag, want die tong het nie ʼn been om op te staan nie,” kyk hy eers vir Dirk en dan vir Albertus in die oë.

“Ek is so jammer om dit te hoor. Ek het gedink ek doen goed, maar ʼn onondersoekte lewe is nie die moeite werd nie, Flenter-Jan.”

“Nee Konstabel. Die donker skaduwees onder die Orion is my bekende tuiste. Dit laat my dink aan die aande waar die nagapies sommer so onverwags by my kom opdaag het. Dit is al weer hý, o Agie. Hy wat altyd agter die takkies vir my kom loer, verkyk ek my aan sy geel piering oë so groot. Ek het altyd geweet hulle is my getroue bosvriende. Hul kom gewoonlik op een of ander punt wat hul meer wil hê as wat beskikbaar is vir net die blote oog. Die handjies klein en fyn, klou vas aan my hare soos die donkerte van die nag waaraan ek al so gewoond is, maar die is tog so anders. Ek het gedog dit is een van die gewone aande, langs die koue bergstroompie. Kyk ek reg! Al ʼn geruime tyd gelede het ek tot die besef gekom dat dit nie meer saak maak, wat hulle sê, hulle dink in elk geval ek’s góliat nagaap. Ja, hulle ken geen bedrog.”

“As gevolg van hierdie ongelooflike getuie Flenter-Jan, admireer ek jou standpunt, ek het geweet daardie aanbod sou nie vir altyd duur nie.”

“Dankie Konstabel vir jou eerlikheid.”
“Flenter-Jan, ek is op soek na so ʼn plek, miskien kan jy van hulp wees om dit te vind.”
“Nee ek sal nie kan help nie, ek’s baie jammer, Konstabel.”
“Ek het net gewonder, dis maar al.”

Hierdie twee was toe nie so gelukkig as wat hulle gedink het, dit sou wees. Dit laat nie een van hierdie twee se moed in die skoene sak nie. Hulle verwonder hulle aan die ongelooflike natuur se skoonheid. Begin Albertus so ʼn selfgemaakte rympie te sing — “

“Dirk, ek dra hierdie lied aan Flenter-Jan op.
Vry soos ʼn arend.

Op hierdie tydstip sweef ons vry
in woorde wat kan blom
buite die raamwerk van enige seisoen
agter die maan skyn die Orion se ligte
gevul in die palms van die Almagtige
ons kan korswel, ons kan trippel-gang
saam met gevleueldes wat in vlug sweef
saam met wolk massas op die wieke van die wind
vra ons aan die wind, waar is jou krag?

Op hierdie tydstip, is ons vry
vry soos ʼn arend
vry soos ʼn minnelied
meer as die waansin van illusies
om water te skep
deur middel van ʼn gaatjies emmer.

Op hierdie tydstip, is ons vry,
blomme wat dartel smôrens of saans
aanstigters van ons drome.

Ons het as belofte, die lewe,
die lied van liefde,
op oneindige weë,
om ons, die lentelus.

So, ek en jy; wás ons vry?
Díe onsekerheidsgeluk van die wêreld
nog steeds is ons vry, natuurlik!”

“Albertus kom kyk! Kyk wat het ons gevind, dink jy dit is van enige waarde, kyk, daardie plek daar?” skop-grou Dirk met sy skoen in die aarde vir nog ander vondse.

“Dit kan help, maar hier moet nog iets wees wat van meer belang is. Ons kan nie nou staan en droogmaak nie.”
“Nou toe nou, kyk nou net hier, wonderwerke hou nooit op nie Albertus.”
“Dirk jy kan trots wees op jou twee spoorsnyers óf sal ek sê uitsnuffelaars,” klop hy hom op die skouer met trots.

Baie tevrede gaan Albertus en Dirk huis toe om aan Laura die goeie nuus mee te deel. Stormloop sy met ʼn vreugdevolle hart Albertus tegemoet.

“Goeienaand julle twee snuffelaars. Kon julle iets wys word?”
“Goeienaand my lief, ja te danke aan Dirk se valkoë het ons nie baie moeite ondervind nie.”

“Naand Laura.” Kom dit van Dink se kant af.

“Naand Dirk, julle twee is seker doodhonger en dors, ek het die kos klaar reg, dit is net vir opskep en eet. Ek sien hierdie twee honger wolwe kan darem eet die dag as hulle honger het.”

“Ek moet sê; dit is nou disse uit die boonste rakke hierdie. Kyk, ek sien dat jy nie gaan honger ly onder hierdie begaafde kok nie, Albertus. Man jy is nou darem bevoorreg om so ʼn gawe meisie te kan hê.”

“Dirk, Merie is net so ʼn uithaler kok, ek staan terug vir haar.”
“Jy het reg Laura, dit is net iets anders, so spesiaal wat jy hier voorberei het, dit was vinger-lek lekker gewees hierdie. Nogmaals baie dankie vir die ete, Laura.”

“Dit sal ek weer doen vir die twee beste vriende van my, en ek moet dankie sê vir wat julle twee vir my beteken, vir hierdie afgelope tyd in my lewe, en ook Merie. Ek sal altyd dank aan julle verskuldig wees.”

“Kom nou Laura, dis waarvoor ʼn mens vriende in die lewe het in tyd van nood.”

“Ek moet sê Laura, Albertus het nou maar net eenmal die manier om ʼn mens positief te hou, met daardie wonderlike liedjie wat hy so magies laat klink het.”

“Nou maak julle twee my nuuskierig met daardie liedjie. Hoe klink dit, Albertus?” kom wurm sy haarself by Albertus in.

Nou’s hy in vir ʼn ding, en kan nie meer so mooi onthou hoe die woorde op mekaar volg nie. Probeer Dirk ook hier en daar reghelp, dit is nou eenmaal so, in die bos is dit een ding en by die huis is dit ʼn ander ding, om die liedjie met presisie in die perfekte harmonie te laat herleef.

“Met al die gestotter, is dit vir my mooi, Albertus.”
“Baie dankie liefling, ek waardeer dit,” dan gee hy haar ʼn teervolle soen.

“Kyk, dit is al laat en ek moet gaan, anders raak Merie baie bekommerd oor wat van my geword het. Dan sê ek eers nag vir julle twee.”
“Nogmaals dankie Dirk, stuur groete vir Merie, en ry veilig terug huis toe hoor.”
“Ek maak so, totsiens,” druk hy die kar se toeter twee kortes en een lange. Klim die twee die nag vroeg onder die vere in.

Die nag was vir Albertus doodeenvoudig net te lank, te lank totdat die son sy dagtaak moet voortsit. Konstabel Van der Plooi is weg sonder om te ontbyt, hy laat nie op hom wag om te sien of hy iets wys kan word uit die vorige dag se vonds nie. Hy sal twee dae moet wag vir die uitslag. Sy maag maak sulke snaakse draai golwe, hy weet nie of dit regtig maagsake is óf dit net opgewondenheid oor die uitslag is nie. Hy kan vir geen oomblik stilsit nie.

“Albertus wat gaan aan met jou, het jy in ʼn rooimiernes beland? Kom tot ruste my lief.”
“Jy kan maar so sê my liefling,” dan staan hy by Agie en dan is hy weer terug in die kombuis.
“Kom dan kyk ek waar byt hulle jou,” wil sy kyk waar die rooimiere so lastig is.
“Ho, h-o-oo, dit kan dalk ʼn konsternasie afgee, nie nou al nie my liefling,” keer hy vir ʼn vale.
“Ai maar jy bloos darem lekker né,” so al tergend kry sy so lekker om te sien hoe hy al rooier om die wange word.
“J-a-a-aa, wat verwag jy?” gryp hy haar vas en stoei so ʼn bietjie, skielik kyk hy haar aan en gee haar ʼn soen waarvan sy nie genoeg van kan kry nie.

“Kom ek vra iets vir jou.”
“Dan is dit seker die regte tyd,” wag sy vir ʼn verrassingsaanval van verleidende woorde.
“Laura, kom ons maak ʼn draai by die Lost City of Eureka die naweek, of verken selfs ʼn goudmyn wat deur Moedernatuur teruggevat word wat eintlik aan haar behoort.”

“Dit sal lekker wees, ja die lewe gaan aan, maar ek wil by jou wees vir die naweek en net ontspan en niks doen nie, hartedief,” vly sy haarself teen Albertus se boesem aan.

“Goed ek voel ook in ʼn mate om net mooi niks te doen nie, ons kan vanaand in die tuin sit en na die sterrestelsel kyk, kom ons kyk wie sien die meeste sterrebeelde, my liefling.”

“Baie bemin die melkweg en raak liries oor die natuurskoonheid aan die voet van hierdie onbekende, onthou asseblief om kalm te bly, Albertus....”
“Ek gryp die kans aan om saam met jou daarna te kyk, vanaand is juis donkermaan en dan kan mens die sterre baie duidelik sien. Moontlik dan kom besoek die een of ander onbekende ster vir ons,” kom dit met ʼn spontane laggie navore.

“— Ja, amper het ek in jou strik geval,” koggel sy weer op haar manier met Albertus.

“Sien jy daar — dis die Sewester.”
“O maar dit lyk so sprokiesagtig.”
“Kom ek vertel jou ʼn mite of storie van die Sewester Laura en dit lui so: Orion het verlief geraak op Pleione, wat 190 keer meer lig gee as die son, die gemalin van Atlas, maar sy en haar sewe dogters het voor hom uitgevlug. Die gode het díe jaagtog deur die hemelewenaar aanskou en toe die agtervolger en die agtervolgendes almal in sterre laat verander, en so....”

Laura staar na die sterre in die melkweg sweef Albertus se stem saam weg met haar eie gedagtes die stille donker nag in en die wat laag aan die soom van die hemelruim hang, haar liggaam gee so ʼn rillinkie met die besef.... sy sit nog langs Albertus, dan kyk sy hom vas in die oë.

“Vreemd!” sê sy nadenkend en wys na ʼn ster, “dat hulle toe dieselfde lot deel. ʼn Mens sou tog dink dat die gode net vir Orion sou straf. Hy en sy intrige hol en bol liefde het tog die ding begin —“ probeer sy een van hulle se saak te regverdig.

Met ʼn skielike passie sê Albertus; “maar dit werk nie so nie, Laura. Waar die orde versteur word, daar delf die jagter en die slagoffer tesame om meegesleur te word. Dis juis die ongeluk!”

“Sal ʼn ek kan sê; dis die uur van die Sewester, ʼn stonde waarin alles in ʼn oogwink kan verander?”
“Al wat ek ook kan sê, is dat ek jou lief, my liefling.”
“Ek ook my hartedief,” is hul wandeling onder die melkweg se pas soos ʼn verskietende ster om dit nooit weer te herhaal nie.

“Kom ons moet gaan of so nie dan slaap ons nog hier in die wildernis.”

So al dralende stap hulle deur die nagtelike bekoring, dan meteens wys Albertus vir Laura.

“Kyk daar is ʼn verskietende ster!” al opgewonde uiter sy dit.
“Ja hy brand vinnig uit nog voordat ʼn mens mooi kan sien wat gebeur het.”

Al geselsend stap die twee verliefdes huis se kant toe deur die nagtelike geluide waar daar so nou en dan ʼn brandwag sy mede bobejaan maats waarsku teen die een of ander nagtelike gevaar. Dan weer die bekende nagtegaal wat vir sy opsit maat roep om die nag met hom te kom deel. So kan geen spesie sonder sy maatjie die lewe deurgaan nie.

“Waarvoor is jy lus om te eet?”
“Weet jy ek is nie eintlik honger nie, kom ons gaan lê skuins, môre is ʼn dag op homself.”

Die volgende môre skrik Laura wakker en besef dat hulle laasnag in mekaar se arms op die rusbank aan die slaap geraak het.

“Kom jou laatslaper, dis koffie tyd.”
“Hoe laat is dit dan?” al gapende en deur die slaap probeer hy orent kom.
“Ons het nie baie tyd om by die hof uit te kom nie. Kom dan eet ons sommer kitspap, dit is al tyd wat ons tot ons beskikking het.
“Goed ek kom.”

“Kom Albertus, maak gou ek wil nie die hofsitting misloop nie.”
“Ja ek wil ook hoor wat gaan gebeur,” so tussen eet en aantrek wen hy so ʼn bietjie ekstra tyd.

Die dag is ook nie veel genadigliker as die vorige dae nie. Grou hang die wolke aan die Oosterkim vir ʼn moontlike lafenis, is die dag vroeg al dik bedompig en warm klou die klere aan die natgeswete lyf vas.

Daar staan baie mense buite die hofsaal en wag dat die hofsitting in aanvang moet neem. Die pers staan gereed om so hier en daar foto’s te neem vir nog ʼn soetsappige sensasie storie vir hul lesers. Laura en Albertus loop in die leeu se bek vas, sien hulle twee hoe die kameras flits vir nog sensasie foto’s.

“Kom Laura, moenie na hul kant toe kyk nie. Hulle wag net vir daardie fraksie van tyd om hul ding te doen,” stap die twee die hofsaal binne.

Woorde. 34737 is 39052.

Vervolg op; Laura verskyn in die Hof.

Boek. DIE ONHEILSPELLENDE MAANSVERDUISTERING.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

romantiese aand
Verseker 'n baie romantiese aand! Hofverrigtinge bly maar interessant en soms so onvoorspelbaar. Lekker gelees, dankie Arnold.
4 jaar 1 maand 1 week 3 dae 17 ure oud


romantiese aand
ek hou van die manier wat jy die hof verigtinge uitbeeld goed geskryf Arnold
4 jaar 1 maand 1 week 6 dae 23 ure oud


romantiese aand
Uitstekende werk, jy hou my oë vasgenael op die skerm. Albertus bly my held!
4 jaar 1 maand 2 weke 8 ure oud


romantiese aand
raak net al hoe interessanter. Lekker gelees Arnold
4 jaar 1 maand 2 weke 9 ure oud


Propvol
Sjoe ... dit was nou werklik 'n PUIK hoofstuk wat elke sintuig aangeraak het en ek's ook mal oor jou puik gedigte!!! Heerlik saam gesmul aan die romantiese ete en ek moet erken, Flenter-Jan is steeds een van my gunsteling karakters :)))
4 jaar 1 maand 2 weke 10 ure oud


romantiese
Lekker gelees dankie. Goed gepen.
4 jaar 1 maand 2 weke 11 ure oud



Stromateia: 'n Lappieskombers van Gedigte

deur Vesting

Op aandrang is die gedigte van Vesting wat op Woes gepubliseer is, in boekvorm uitgegee (A5, slapband, 28 pp). Navrae: 072 4078561



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar