Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Saterdagoggend is Ramon en ek vroeg op. Terwyl hy strekoefeninge op die houtdek doen, ry ek op my oefenfiets, hou hom dop en geniet my uitsig terdeë. Hy dra ‘n lospassende, swart katoenbroek en sy hare is met ‘n rekkie vasgemaak. Nadat hy opgewarm het, begin hy met sy kata. ‘n Dun lagie sweet pêrel op sy vel in die vroeg-oggend sonlig en hy beweeg ligvoets oor ‘n gedeelte van die houtvloer. Die oppervlakte is perfek vir sy karate oefeninge. Hy slaan gate in die lug en volg sy vinnige houe op met hoë skoppe. Ek kan die spiere onder sy songebruinde vel sien speel met elke beweging wat hy uitvoer en hoe meer skoppe en houe hy inryg, hoe vinniger trap ek. Hy konsentreer intens op sy oefening en ek bly eerder stil, want ek wil nie sy konsentrasie verbreek nie. Sy bewegings is elegant en grasieus, maar blitsvinnig en sterk. Dis wonderlik om hom so te sien, in sy eie wêreld, maar tuis genoeg om dit met my te deel. Ek besef dat ons nog soveel het om van mekaar te ontdek en sien uit na elke oomblik daarvan. Die swartgallige gedagtes van nou die aand het plek gemaak vir ‘n nuutgevonde, amper kinderlike opwinding in my.

Na ongeveer veertig minute doen hy weer ‘n paar strekoefeninge om af te koel en eindig sy kata af met ‘n klein buiging. Ramon staan een oomblik stil, draai dan om en glimlag stil na my.

Ek gly van my oefenfiets af, kyk ongelowig na die afstandmeter en lag verbaas. Ek het 13,8 km getrap, veel verder as my gewone 10 km. Ons vee ons gesigte met klein sporthanddoeke af en sluk dors aan ons glase yskoue suurlemoentee met mintblaartjies. “We go shopping?” vra hy en gee my ‘n suggestiewe kyk. “Before that, we shower. Yes?”

Ek loer stout oor my glas na hom en probeer my glimlag wegsteek.

Hy trek my laggend teen hom aan en fluister in my oor, “I see you watch me when I train. You like big, strong man?” Ek terg hom laggend terug, “Only if the big, strong man can catch me!”

My tekkies trap stewig vas op die houtvloer en ek skiet weg met ‘n spoed, reguit oppad stort toe, maar hy vang my in die gang naby ons kamer en ons tol laggend, al om en om in mekaar se arms tot in die kamer, waar hy my oefentoppie oor my kop trek en doer eenkant gooi. Hy soen my verder uit my klere uit, trek self vinnig uit en dan stap ons saam in die stort onder die warm straal stortwater in.

Ek het die ander dogters reeds vroeër die week genooi om vanaand by ons te kom braai en almal het gretig en vrek nuuskierig ingestem. Diana bel my toe Ramon en ek by die Brooklyn Mall instap en vra of Desmond kan saamkom. Pieter wil hom graag aan ons almal voorstel.

Die Mall het ‘n groot Woolies en terwyl ek van my winkellysie af lees, stoot Ramon die waentjie en laai alles in waarna ek beduie. So in die loop kom ek agter dat ‘n hele paar vrouens na hom loer en ek kry lekker tot in my binneste. Hy’s myne! Ek loop skielik stadiger en bekyk hom skewekop van ‘n afstand af sonder dat hy dit besef. In sy verbleikte jeans, swart T-shirt en plakkies lyk hy sommer … ek soek na ‘n gepaste woord … dan giggel ek – delicious is al woord wat hom perfek beskryf.
By die betaalpunt hou ek my kaart na die kassiere uit om te betaal, maar hy druk my hand sag af en bied sy visa kaart aan. “Ramon!” betig ek hom, “What are you doing?” Hy kyk streng na my en sê, “You buy coffee for big, strong man now, yes?” Hy knyp my boud toe ek grom-grom toegee en frons gemaak-kwaai na my, “Do not question your man.” Ek skater van die lag, “That’ll be the day!”

Ons gaan drink koffie by Café Rossini en hy bestel ‘n massiewe stuk kaaskoek, smul heerlik daaraan en ek verwonder my weereens aan sy aptyt. Terwyl hy eet, vertel ek hom meer van die ander dogters. Hy luister en knik, dan vra hy uit die bloute uit, “Why Sarah is single?”

“She has a knack to choose the wrong men.” Ek frons eers as ek dink aan al haar mislukte verhoudings en glimlag dan na ‘n paar oomblikke, wanneer ek dink aan die great mens wat sy einlik is. “But, I know she’ll meet somebody that’s right for her eventually.” Ramon luister aandagtig na wat ek te sê het, kou klaar, lag begrypend en gee my ‘n soentjie op my wang, “Just like you.”



Dis ‘n heerlike aand en ek dek die groot ronde tafel op die houtdek. ‘n Sagte windjie breek die hitte en genadiglik lyk dit nie asof dit gaan reën nie. Ek het Vivian nie eers gevra of Martin saamkom nie – die antwoord is voor die hand liggend, dus dek ek nege plekke, Desmond ingesluit. Ramon pak die hout by die braai reg en sorg dat die drinkgoed gereed is vir wanneer ons gaste opdaag. Ons gebruik vanaand my groot braaiplek en nie die Weber nie. Hy pak die hout nogal heel behendig op hopies vir die vure in die dubbelbraaispasie van die ingeboude, onderdak braai area.

Hy kom maak ‘n draai in die kombuis, waar ek besig is om die slaaie in mooi bakke te skep en neem my onverwags in sy arms, “You my woman.” Hy grinnik speels, soen my intens, vou sy hande oor my lyf en net toe lui die voordeurklokkie. “Ramon!” lag ek, trek my onwillig los uit sy omhelsing en stap glimlaggend na die voordeur toe.

Sagte Spaanse kitare speel op die agtergrond en nadat Ramon en Desmond aan almal voorgestel is, begin die kuier op ‘n groot manier. Kerse brand oral oor die dek en ons almal sit om die tafel. Pieter en Desmond vertel opgewonde van hul CNL en nooi ons almal uit om hul eerste diens volgende Sondag by Magnolia Dal by te woon. Ons vrek van nuuskierigheid, veral nadat ons Desmond ontmoet het. Hy is misterieus, dink ek, maar oop soos ‘n boek en eerlik tegelykertyd. ‘n Ware paradoks, as daar nou al ooit een was. David sit met sy arm om Julia en vra Desmond uit oor die filosofie van hul lering en boodskap wat hul hoop om oor te dra.

“Ons verkondig ‘n boodskap van liefde,” vertel Desmond, “liefde omvat alles. As ons liefde in ons het en ons dade daarvolgens rig, kan ons nie sondig nie.”

“Ja, maar dan kan mens basies doen wat jy wil en jou gedrag onder die vaandel van liefde gooi, nie waar nie?” vra David skepties.

“Nee David, juis nie.” Desmond neem ‘n slukkie wyn en verduidelik, “ek praat nie van vals vertonings van liefde, huigelagtige gedrag of selfsug wat kamstig gebaseer is op liefde nie.” Hy glimlag. “Werklike suiwer liefde is onselfsugtig, nie jaloers nie, nie besitlik, gierig of gemeen en haatdraend nie.”

“Dis ‘n baie grys area, Desmond.”

“Ja, dit mag so voorkom, maar in werklikheid is dit glashelder.” Desmond leun vooroor en sê, “Ons missie is om die mindset van mense te verander. Van vrees na liefde, twee teenoorgestelde pole. Soos jy sal weet met jou filosofie agtergrond en kennis, David, funksioneer meeste mense vanuit vrees, omdat dit al is wat hulle ken. Ons word eeue lank so opgevoed. Kyk maar na die mens se geskiedenis. Vrees is ‘n baie magtige wapen ... en ook,” las hy sag by as sy oë vinnig, bykans ongemerk oor Julia speel, “‘n selfvernietigende slaanstok vir selfkasteiding.”

David knik en glimlag ingedagte, “Daarmee stem ek beslis saam, Desmond.” Hy lag, “Jy het my nou nuuskierig. Ek sal beslis jou diens bywoon.” David kyk vraend na Julia en sy knik instemmend, “Ons sal daar wees.” Desmond glimlag na haar en wonder hoekom hierdie pragtige vrou se oë so ‘n diep, onderliggende hartseer dra. Hy neem hom voor om uit te vind wat daaragter skuil.

Ramon het intens na die hele gesprek geluister, leun dan oor die tafel en vra Desmond uit oor hul bemarkingstrategie. Dit lyk asof hy iets ingedagte het. Desmond en hy staan op, hervul hul wynglase en Ramon beduie opgewonde met sy hande. Desmond glimlag, knik en die twee raak verlore in een of ander tegniese gesprek.

David en Pieter begin solank om die vure aan die gang te kry hulle pak meer hout op en steek die vure aan. Hulle hou die gesprek lig, praat eers rugby en later raak hulle weer aan die CNL filosofie. Pieter verduidelik aan David dat Desmond die gesig van die CNL is en dat hy, Pieter, as eienaar van die franchise, meer die ondersteunende ruggraat verteenwoordig. David knik, glimlag en staar diep-denkend voor hom uit, terwyl Pieter op sy boere-manier ‘n bul van ‘n vuur aansteek. David sien uit na die diens en glimlag, “Dit beloof om baie interessant te wees.” Pieter lag, “Understatement of the year!”

Die dogters van die sOn kyk na mekaar oor die tafel, dan staan ons almal gelyk op en verdwyn kombuis toe met ‘n flou, maar geldige verskoning aan die manne dat ons die slaaie moet uitsorteer. Ons is nou lus vir lekker skinder.

In die kombuis bars alle hel los, almal praat gelyk en die ander dogters swoon oor Ramon. Sarah kondig onomwonde aan, “Hy is hot, so hot!” Die ander knik en Diana giggel, “Geen wonder nie een van ons het jou gesien vandat hy geland het nie!” Julia gee my ‘n druk en sê, “Hou vas aan hom, Eliza.” Vivian stem saam en kondig aan dat hy beslis soos troumateriaal lyk. “O hel,” proes ek en verstik amper aan my wyn, “ons is nog nie daar nie, vriendin!”

“So van troumateriaal gepraat …” Vivian neem ‘n sluk wyn en kondig aan, “Martin en ek is besig om te skei.” Ons almal hou op waarmee ons besig was en kyk stil na haar. Sy brei saaklik uit, “heel teen verwagting in betwis Martin nie die egskeiding of terme daarvan nie.” Sy lyk effe verwese vir ‘n oomblik, maar ruk haarself dan weer reg en vertel verder, “ Martin se prokureur stel voor dat alles verkoop en dan verdeel word.”

Ons staar almal ongelowig na haar. “Jou huis en goed, alles?” vra Diana sag en verwoord ons ander se gedagtes. “Ja, Diana.” Vivian tuur ‘n oomblik deur my kombuisvenster en antwoord dan, “ek stem saam. Dis beter so.” Sy sluk aan haar wyn en sê, “dis nie asof ek werklik enige herinneringe aan daai man wil behou nie …”
“Vivian?” vra Julia, “is jy ok met dit?”

“Weet jy wat, Julia?” sug Vivian, “ek wil alles net so gou as moontlik agter die rug kry en aangaan met my lewe. Martin kan doen wat hy wil van nou af. Ek is klaar met hom, sy leuens, innuendos en … al sy crap.” Haar stem breek effens en sy neem ‘n klein slukkie wyn. Julia gee haar ‘n drukkie en Vivian knik, “Ek’s ok met alles, Julia. Dankie.”

Ek raak eerder besig en pak haastig die slaaie op my houttafel uit. Diana skuif die nagereg wat sy self gemaak het, haar pièce de résistance, eerder veilig eenkant toe. Dis ‘n stunning Pavlova. Nogal met dun skyfies kiwivrug bo-op.

“Wat dink julle van Desmond?” vra Sarah skielik en byt effe selfbewus aan ‘n stuk seldery wat op my kapblok gelê het. Ek lag kliphard, “Wel, ons weet nou wat jý van hom dink, Sarah!” Sy gluur eers na my en giggel dan koketterig, “I like!”

“Hy het juis buitengewoon baie belangstelling in jou ook getoon,” lag Julia en stel voor, “chat hom bietjie op en kyk wat gebeur.” Vivian kyk na Sarah en glimlag skeef, “Hoekom nie?”

Ramon bars haastig by die deur in en glimlag breed, “We need meat, my love!” Hy steek vas in sy spore, kyk eers na die Pavlova en dan na Diana, “You make this masterpiece?” Sy knik trots en hy gee haar ‘n drukkie, “Look beautiful!” Diana bloos bloedrooi en dan gryp Ramon my, gee my ‘n soen in my nek en grom speels, “Meat, woman. Now!”

Ek lag en beduie na die bakke vleis wat gereed staan. Sarah glimlag stout en bied aan, “Ek sal help uitdra.” Die twee verdwyn by die kombuis uit en Julia bars uit van die lag. “Eliza, jou man het amper al die dogters op hol!” Ek grinnik saam en fluister laggend, “Ek dink Sarah soek net ‘n verskoning om met Desmond te gesels.” Vivian lag en sê, “ Ja wel, soos wat hy al vanaand onderlings na haar geloer het, behoort dit nie ‘n probleem te wees nie.” Ons klink ons glasies en giggel ondeund.

Al die dogters sit weer om die tafel en gesels oor dit en dat. Die manne, onder Pieter se leiding, is amper klaar met die vleis. Desmond stap nader, vra Sarah wat sy wil drink en bied aan om ‘n drankie vir haar te kry. Sy glimlag sag en versoek ewe ordentlik ‘n glasie witwyn. Die res van ons verloor dit amper. Ons ken Sarah. Sy sou gewoonlik luidkeels gelag en die ou parmantig gevra het hoekom hy nou eers aanbied.

“Sarah,” hyg ek laggend, “jy was nog nooit so composed nie.”

“Shhhhhttttt,” beduie sy met groot oë na my en ons almal giggel, knik en speel saam.

Desmond bring haar drankie en vra sag of sy saam met hom deur die tuin wil stap voordat ons eet. Sy knik en staan op. Ons oë volg haar laggend en sy ignoreer ons doelbewus. Klein liggies regoor my tuin brand oraloor, so ons kan presies sien waar hulle is en wat hulle doen. Die twee stap by die dek se trappe af, loop ‘n stadige draai deur die tuin, gaan staan uiteindelik stil by my klein koi dammetjie met geen visse in nie en bars uit van die lag.

Pieter kondig aan dat die vleis reg is. Ons stap nader aan die braai met ons borde en begin gretig opskep. Daar is skaaptjops, varkribbetjie, boerewors, peri-peri hoendervlerkies en BBQ hoenderboudjies. Iets vir elkeen se smaak.

Verder is daar ook Toskaanse aartappelslaai, vars baguette, groen aspersies met suursous, rosa tamaties, avo en ‘n basiese Franse slaai, bakkies olywe en allerhande ander fyner bykosse om van te kies.

Ramon stap om die tafel met twee bottels wyn, een rooi en een wit. Hy hervul almal se kelkies en is die perfekte gasheer.

Diana vra tussen happe hoenderboudjie deur, “ So terloops, hoe ver is julle twee se Hawaii boek?”

“Almost done!” Ramon lag en brei uit, “page layout is done, we now edit book and then send to Kamehameha Manager next week.” Hy lig sy kelkie en klink dit vrolik teen myne. Ek lag, “Ja, ons het die meeste van die werk gedoen terwyl Ramon in Spanje was. Honderde e-posse en skype geprekke later … nou is dit net die finale afronding.”

“I already have new project,” vertel Ramon tussen happe ribbetjie deur en ek kyk verbaas na hom. “What?”

Desmond glimlag en sê, “Ramon gaan ons youtube en fotografiese werk doen.” Hy glimlag, “as deel van ons bemarking en blootsteling.”

“Yes,” brei Ramon verder uit, “We start video tomorrow for youtube.” Hy lek sy vingers af. “ I have good video camera.”

Ek bars uit van die lag en vra, “Where?”

“Studio,” beduie Ramon effe verleë in die rigting van my studio. Is ok?”

Ek skater, “Of course!” Ek gee hom ‘n soen op sy wang en voel sommer trots op hom. Hy is nog nie eers ‘n week in die land nie en het alreeds ‘n nuwe kontrak.

“Dan is daar die kwessie van gereelde artikels op ons webtuiste.” Pieter kyk na my en vra, “Sal jy dit vir ons kan hanteer, Eliza? Diana sal al die posts doen, foto’s laai en so aan.”

“Dis reg, Pieter.” Ek dink ‘n oomblik na en stel voor, “Ons sal net ‘n skedule moet uitwerk ten opsigte van jul dienste, op sekere keywords fokus vir spesifieke projekte ensovoorts. Maar, dis die minste. Ons sorteer dit vinnig uit.”

Pieter knik, Desmond glimlag breed en Ramon druk my hand.

Sarah en Desmond is besig met een of ander diep gesprek en ons vang nou en dan ‘n woord. Sy vertel hom van die verskillende tipes massage tegnieke wat sy doen en hy weet blykbaar self heelwat oor die onderwerp, want van sy opmerkings laat haar nogal dink. Hy was immers in talle Oosterse lande.



Martin Marais sit alleen in sy groot huis, op die spesiaal ontwepte leerstoel agter sy lessenaar in sy luukse studeerkamer. Die feit dat Vivian vyftig persent van sy bates gaan kry, maak hom waansinig. Hy skink nog ‘n sterk dop uit die bottel op sy lessenaar en besluit dat dit nie sal gebeur nie. Al sê Battaglia en sy prokureur ook wat. Martin Marais is nie iemand wat net kapituleer nie. Hy sluk dorstig aan sy sterk drankie en grinnik geheimsinnig. Hy sal Vivian laat boet vir wat sy aan hom doen.

“Jy gaan jammer wees, Vi-vi-aaaaaan!” gil hy en steier toe hy opstaan, “baie jammer …”



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Son 16
Pragtig, uit die pen van 'n meester. Ek het so lekker gelees, was jammer toe dit klaar is, sal maar geduldig wag vir die opvolg.
4 jaar 4 maande 2 weke 6 dae 4 ure oud


sOn (16)
Dit raak al hoe meer interessant....
4 jaar 4 maande 3 weke 1 dag 23 ure oud


Son 16
ai jy kan maar net!!! So lekker gelees en wag in spanning vir die res
4 jaar 4 maande 3 weke 3 dae 1 uur oud


Son 16
ai jy kan maar net!!! So lekker gelees en wag in spanning vir die res
4 jaar 4 maande 3 weke 3 dae 1 uur oud


Delicious voorwaar!
Jou hele storie is delicious, haha, nie net die swymelende Ramon nie... en jy't my skoon honger geskryf met al die heerlike kos in hierdie hoofstuk! Jy't die hoofstuk ook meesterlik afgesluit met 'n spannende cliffhanger - hier kom nog grooooot moeilikheid - en ek kan nie wag om verder te lees nie. Jou boek lees soos 'n sepie en jou karakters kruip diep in mens se hart in.
4 jaar 4 maande 3 weke 3 dae 4 ure oud


Dogters
Ek gaan niks sê nie. Ek weet waarheen ek di verhaal sou lei. Ek stem saam met almal voor my. Jy mag maar 'n mens se nuuskierigheid in 'n rigting in dwing.
4 jaar 4 maande 3 weke 3 dae 4 ure oud


16
Delicious indeed!!! Eish die Ramon het 'n manier om my hoedervleis te gee. En het ons nie nou heerlik gebraai nie! Ek leef my so in dat ek selfs die vet om my mond moes afvee. En nou sit ek weer so regop soos 'n meerkat vir daai Martin se planne! Dis die gevolg van jou puik skryfwerk. Ek oordryf hoegenaamd nie, in fact . . .

Voorstelle v regstellings:

begin die kuier op ‘n groot manier.- direk uit Engels se 'in a big way'. wat van 'skop die groot kuier af'of iets soos dit.

liefde omvat alles - lifde verdra alles

vure aan die gang te kry hulle pak meer hout - vure aan die gang te kry. Hulle pak meer hout
Klein liggies regoor my tuin brand oraloor- Oral in die tuin brand klein liggies

ontwepte leerstoel - ontwerpte leerstoel

waansinig - waansinnig
4 jaar 4 maande 3 weke 3 dae 4 ure oud


Dogters 16
Martin beplan iets agterbaks, hy moet op sy kerrie kry. Lekker gelees
4 jaar 4 maande 3 weke 3 dae 7 ure oud


16
Ek vertrou daai Desmond glad nie.Jy hou my op die punt van my stoel.
4 jaar 4 maande 3 weke 3 dae 9 ure oud


16
Nou het ek darem heerlik ontspan, Carol. Lyk my die liefde begin nou oral blom. Wat op dees aarde beplan Martin nou? En is Desmond te vertroue? Ek raak al meer nuuskierig :-)

Sterkte met die res van die boek :-)
4 jaar 4 maande 3 weke 3 dae 16 ure oud



IN DIE AANSLAG OP DIE KLEUR VAN ONS VELLE VAL ONS BLOED OP DIE GROND

deur http://www.woes.co.za/

FIKTIEWE VERHAAL WAT DIE ONGELYKHEDE VAN ONS VERLEDE EN HEDE BLOOTLê.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar