Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

‘n Dun straaltjie son skyn deur die kamergordyn en ek word vakerig wakker, lê doodstil vir ‘n oomblik en luister na Ramon se rustige asemhaling. Hy het ‘n paar dae gelede teruggekom en ek besef nou eers hoe ‘n groot leemte daar in my lewe gelaat is vir die tydjie wat hy terug in Spanje was. Versigtig, om hom nie wakker te maak nie, leun ek op my elmboog, streel met my ander hand oor sy voorkop en vryf die hare oor sy oë sag weg. Sy lang wimpers fladder-fladder en dan loer hy na my met een oog. ‘n Stoute glimlag speel om sy lippe en ek begin giggel. Hy skiet blitsvinnig op en duik my plat. Ons is verstrengel in die laken en hy grom speels, “You wake da bull?”

Voordat ek kan antwoord is sy lippe oor myne en ek vergeet skoon wat ek wou sê. Sy asemhaling is warm in my nek en … sy foon lui. Hy verstar. “What time it is?” vra hy, skielik wawyd wakker.

Ramon vlieg op, gryp sy foon, staar daarna en antwoord. “Yes, is Ramon. Give me fifteen minutes.” Hy gooi die foon op die bed neer, trap ‘n paar maal verward rond, kyk na my en sê, “I’m late!” Hy skiet by die stort in, “Mierda, mierda, mierda!” Die water stroom en kort daarna vlieg hy weer uit, sy hare nog papnat.

“Ramon?!” vra ek en vou die laken stywer om my. “Where on earth are you going?” Hy trek blitsvinnig aan, kam sy hare haastig, gee my ‘n soentjie, gryp sy foon en gil oor sy skouer, “Tell you later!”

Ek hoor die voordeur toeklap, staar ‘n oomblik verbaas voor my uit en staan dan maar op. Wel, dan moet ek seker ook aan die gang kom. Maar, ek wonder … ons het dan nog nie eers ontbyt geëet of oefeninge op die dek gedoen nie. Dis ons daaglikse ritueel. Wat kan só belangrik wees om dit te mis? Iets is aan die broei.

Ramon jaag met my Mazda 2 na sy afspraak toe en swets die hele pad omdat dit voel of sy knieë teen sy skouers druk. “Have to get bigger car.” Hy parkeer en drafstap na die eenverdiepinggebou, bars deur die glasdeur en kyk om hom rond.

Allerhande tipes kooktoerusting staan netjies op rakke uitgepak en foto’s van chefs versier die mure. ‘n Kort, stewige donkerkop man in sy laat veertigs stap haastig nader en glimlag breed. “Ramon?”

“Yes, I am Ramon.”

Die man in jeans en spierwit hemp steek sy hand uit, “Luigi. Nice to meet you.”

Luigi bied verskoning aan dat hy Ramon moes aanjaag vanoggend. “But, we are almost fully booked. And you said earlier that it was a very, very special occasion.”

Ramon lag trots. “Is our engagement.” Hy vertel dat hy tradisionele paella wil hê vir tien mense. Luigi knik. “Engagement party?” Hy glimlag. “Then I will personally be your chef for the evening. With one assistant.” Hy wys Ramon watter toerusting hulle gebruik en dan beduie hy opgewonde na een massiewe paella pan. Luigi lag, “Big enough?” Ramon grinnik en knik. “Recipe?” vra Ramon en Luigi vertel hom presies hoe hy sy paella voorberei. “Is good,” antwoord Ramon en slaak ‘n sug van verligting. “Almost exactly like my family make.”

Hulle sorteer die betaling uit en die foon begin lui, al hoe meer kliënte stap binne en Ramon skryf die adres en tyd op sy bestelvorm neer. Luigi knik haastig en Ramon ontspan uiteindelik. Die kos is gereël. Nou moet Julia nog net kom help om die tafel te dek en Sarah moet Eliza die hele middag besig hou. Sonder dat sy iets agterkom. Hy sug. Soos hy Eliza ken, vermoed sy reeds dat iets aan die gang is. Hy ry stadig terug huis toe en wonder hoe hy aan haar kan verduidelik hoekom hy so vinnig daar weg is. Net toe hy in ons straat afdraai, kry hy ‘n briljante idee, lag kliphard en bel gou vir Sarah om haar in te lig van sy perfekte verskoning.

Ramon stap by die voordeur in en roep my naam, maar ek antwoord nie. Laat hom ‘n bietjie suffer, dink ek, dan sal hy miskien met die werklike storie uitkom.

Ek sit in my studio voor my laptop en skryf kamstig kliphard aan een van die die lang lys artikels op bestelling, glimlag ondeund en pluk vinnig die dooie oorfone wat langs my laptop lê oor my ore. Hy staan skielik in die studio se deur, stap binne en soen my op my kop. Ek maak of ek skrik, dan tel hy die oorfone van my kop af en vra met ‘n breë glimlag, “Want some breakfast now?”

“Oh, you’re back …” Ek tik gou my laaste sin klaar, save, kyk dan op en antwoord effe kil. “Yes, good idea.” Hy moet darem weet ek’s nie heeltemal gelukkig met die stand van sake nie.

Hy trek my aan my hand kombuis toe en dan maak ek sommer net roereier en roosterbrood, terwyl Ramon lekker geurige koffie vir ons skink. “Where did you have to go in such a rush?”

Hy lyk effe verleë en antwoord, “Is secret.”

“Ramon!”

“Ok, ok.” Hy sug diep en hou sy hande op. “I tell you, I tell you. Today is … eh … International Paella Day.”

Ek kyk vraend na hom, “So?”

“I invite all your friends to eat special paella this evening. I even rent special paella chef. But I want surprise you.”

Hy lyk so misrabel dat ek nader stap en hom ‘n soentjie op sy voorkop gee. Ek streel oor sy hemp se kraag. “Surprise for me?” Hy glimlag en knik. “I have to book early. That is why I rush off.”

“Ahhh, my angel, thank you.”

Ek gee hom ‘n drukkie en dan vra ek agterdogtig, as ek sy glimlag sien, “What? There’s more?” Hy knik berouvol. “I ask them all to dress up and for Sarah to spoil you this afternoon.” Hy hap ‘n vurkvol eier, kou vinnig en glimlag, “To tell you I love you and I like their … eh … how you say … friendship.”

Ek kyk stil na hom oor my roosterbrood en trek my oë op skrefies. “Is that it?”

Hy hap ‘n groot mondvol roereier en knik ewe onskuldig. Ek ken Ramon en kyk skeef na hom, maar maak asof ek alles glo. Hy lieg baie sleg. Daar’s beslis ‘n slang in die gras en ek weet iets is nie heeltemal soos wat dit moet voorkom nie. Ek kou aan my eier en dink ‘n bietjie na. Maar, watse skade kan dit nou ook doen? Dan glimlag ek en besluit om dit daar te laat. As Ramon in beheer daarvan is, sal dit hopelik iets goed wees.

Hy glimlag tevrede en mompel, “Next time, first plug headphones in.”

“Excuse me?” vra ek en draai om.

“Nothing,” glimlag hy ondeund, “egg is delicious.”

Ek loer weer agterdogtig na hom, maar hy sluk heel rustig aan sy koffie en ek begin dan maar eerder skottelgoed was.




Sarah bel my ‘n rukkie later en laat weet dat Ramon my vir ‘n vollyf massage, haarafspraak en grimering bespreek het. “So, kan jy vier-uur hier wees?” Ek antwoord instemmend. Ek hou hiervan! As hy so ‘n groot affêre van paella maak, wonder ek wat sal gebeur op ‘n werklik spesiale geleentheid, soos een van ons se verjaarsdae of iets in daai lyn.

“Weet jy wat?” lag Sarah so terloops, “Kom sommer al vroeër, so teen drie-uur se kant. Dan kan ons nog tee drink en bietjie chat.” Ek stem in en dink dat Sarah seker oor die verwikkelinge in haar en Desmond se verhouding wil praat. Moet wees. Die twee is deesdae heeltyd saam en byna onafskeidbaar. Sarah lyk gelukkig en ek is so, so, so bly daaroor!




Dis ‘n pragtige aand, sterre skyn helder in die wolkelose hemel, ‘n byna-byna volmaan hang in die hemelruim en die heerlike geur van paella hang in die lug terwyl sagte Spaanse kitaarmusiek oor die luidsprekers in die agtergrond speel. My rooi rok is treffend en ek voel soos ‘n prinses. Ramon dra my op sy hande, al ons vriende is hier en alles is tot in die fynste detail gereël. Ek lag gelukkig en kyk om my rond. Vivian het Matthew aan haar sy en Desmond staan besitlik met sy arm om Sarah gevou. Julia, David en Diana lag vir iets wat Pieter gesê het. Kerse brand oral oor die houtdek en my blik speel oor die tafel. Dis pragtig gedek. Ek hou sommer baie van International Paella Day en besluit om aan Ramon voor te stel dat ons van nou af ‘n jaarlikse instelling daarvan moet maak.

Luigi beduie na Ramon dat die paella byna gereed is en almal staan nader.

Ek staan vir ‘n enkele oomblik eenkant en kyk net stil na alles. Dis ‘n oomblik in my lewe wat ek wil boekmerk, onthou en vasprent in my geheue. Ek staar na Ramon in sy eg Spaanse uitrusting. Hy het nog nooit so … sexy, so onweerstaanbaar en so sterk, vol lewe en gelukkig gelyk as spesifiek vanaand nie. Luigi roer die inhoud van die pan een laaste maal dramaties deur en stoom vul die lug. Hy meng die inhoud van die reuse pan prettig, heel behendig om met ‘n spaan en sy skaduwee speel groots teen die muur … rys, groot garnale, hoender, ertjies en al sy geheime bestanddele … mens ruik die saffraan in die rys. My beste vriende in die wêreld is hier en almal gesels heerlik, lag verspot en lyk of hulle reg is om die pan te bespring.

Luigi se assistent dra die stapel borde nader en hy pak dit langs mekaar op ‘n tafel langs die braaipan uit. Luigi skep ‘n groot lepel van van sy spesiale dis behendig vir elkeen op. Perfek in die middel van elke bord en sonder ‘n greintjie rys gemors.
Ons sit almal om die tafel en kry elkeen ‘n bord stomende paella voor ons. Dit ruik heerlik! Talle plat kerse flikker op die ronde tafel en komplimenteer die wit damask tafeldoek, silwer eetgerei en plat ruikers van rooi – en oranje hibiscus, groen blare en fyn gypsofhila. Desmond stap om die tafel en skink almal se glase vol. Dit laat my rondkyk. Waar is Ramon? Hy skink gewoonlik die wyn. Die CD musiek hou op speel en alles is skielik doodstil.

‘n Kitaar begin strum. Sagte, melancholiese note vul die lug … Ramon stap stadig uit die skadu van die woonvertrek tot op die dek terwyl sy vingers oor die kitaarsnare streel. Sagte kerslig verlig die dek en hy lyk soos ‘n troebadoer van ouds in sy stywe swart jeans, wit zorro hemp en swart boots. Sy hare is los en val oor sy oë … Hy kyk net na my en sy donker oë brand warm en sensueel. Sy stem streel soos warm sjokolade oor my en hy stap stadig al rondom die tafel terwyl hy sy Spaanse ballade sing. Sy stem is husky, intens en so warm dat ek begin hoendervleis kry. Hy sing die laaste paar note en kyk diep in my oë, sit sy kitaar neer en kniel op een been voor my stoel. Sy oë brand in myne. Hy neem my een hand in syne.

“Eliza, I love you with all my heart. Come what may, I always love you.” Hy soen my hand. “Please, will you marry me?” Hy kyk diep in my oë, “Ek is lief vir jou. Trou met my.”

Hy kry spontane applous van die ander om die tafel vir sy Afrikaans en dan sit almal doodstil. Soos hy, wag hulle op my antwoord. Duisende gedagtes tol deur my kop en ek wil uitbundig lag, dan in trane uitbars, weghardloop, hom omhels, my hart wil bars van geluk, ongeloof en … uiteindelik sit ek maar net doodstil.

Ek staar na hom. Daar’s ‘n groot knop in my keel, maar ek sluk dit weg en glimlag fluisterend, “Yes, my love.” My stem is hees en aangedaan en ek streel my vingers sagkens deur sy hare, “Of course I want to marry you!” Hy skuif die ring oor my vinger, streel stil met sy lippe daaroor, kyk in my oë en lig my aan my hand op uit my stoel. Hy soen my, druk sy gesig uitbundig in my hare en ons tol al in die rondte, om en om en om. Ek kan sy hart teen myne voel klop. Woorde is onnodig.

Almal om die tafel klap hande en Sarah skakel die musiek weer aan. ‘n Tango. Ons Tango. Ramon fluister in my oor, “Remember?” Ek knik en glimlag. Sal ek ons heel eerste tango in Hawaii dan ooit, ooit kan vergeet? Die musiek speel en ons begin beweeg …

Hy kyk in my oë, plaas sy regterhand agter teen my rug, neem my lnkerhand in syne en trek my vinnig, byna hard nader aan hom. Hy fluister teen my oor, “Follow me, my love …”

Hy swaai my lyf sylangs en ons beweeg vinnig langs mekaar, sy een arm om my lyf, dan swaai hy my om en ons tol, tol, tol … totdat hy my laat gaan en ons uitasem, oor die vloer na mekaar staar. Hy stap stadig nader, trek my tot teenaan hom en vou sy vingers stadig een vir een om myne. Ek kan sy hart teen myne hoor klop en ons beweeg vinnig om die vloer op die polsende ritme van die instrumente.

Ons staan doodstil vir ‘n oomblik, een met mekaar en wag … Hy swaai my in ‘n halfsirkel, trek my terug sodat hy agter my staan. Sy een hand streel besitlik oor my heup, sy ken lê op my skouer en die wisselende ritme van die musiek, eers sag en stadig, dan sterk en kloppend … voer my mee. Sy skouerspiere voel hard onder my vingerpunte en sy donker oë hou my gevange.

Hy tol my, gooi my oor sy een arm en sy lippe rus millimeters van my nek af. Ek kan sy warm asem op my vel voel. Hy trek my skielik regop, teen hom vas, ons tol weer – om en om en om, al vinniger en my vingers voel die klamheid van sy nek. Die laaste musieknote sterf sag weg en ons staan doodstil, uitasem en bewerig na mekaar en staar. Hy lei my aan my hand na die tafel en ons gaan sit onder dawerende applous.

“Is my wife-to-be!!!”

Ramon lag gelukkig en ek soen hom speels en heeltemal uitbundig terug.

Veel later, nadat almal weg is en slegs Ramon en ek agterbly, fluister ek in sy oor, “Follow me.”



Ek lei hom na ons kamer. Hy wil die lig aanskakel, maar ek keer hom. “No, leave the light.” Dan lei ek hom sag verder, na ons bed toe.

Ramon staan doodstil in die donker en ek trek hom stadig, baie stadig uit. Alles is stil, maar die geluid van sy jeans se ritssluiter vul die vertrek. Dan ook sy snakkende asem as ek sy hemp skielik oor sy bolyf trek en hom in sy nek byt. Hy staan doodstil, maar ek kan voel hoe sy lyf bewe. Ek trek hom heeltemal uit en lei hom na die bed. Hy lê plat en ek glimlag oor hom, “Just relax, my love.” Hy probeer regop kom en wil iets sê, maar ek druk hom plat en fluister sag in sy oor, “Shhhh.”

My lippe streel warm oor syne en ek asem hom in. Dan hou ek sy hande vas en soen hom diep. Hy gee oor en ek fluister, “Good … Now I touch you. All over …”
“No! No hands.” Ek glimlag en druk sy hande stywer teen die bed vas. “Just keep still.” Hy gehoorsaam en sy vel word hoendervleis. “What … Eliza?”

Dan fluister ek sag in sy oor, “Wait …” Hy haal diep, hortend asem, my hare streel oor sy lyf en sy vingers vou krampagtig om myne.

“I touch you with my tongue.”



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Afrikaans
Oooo hoooo en daar praat Ramon Afrikaans very deliciously ;-)... heerlike romantiese hoofstuk wat die leser se tone laat omkrul en weer in die goeie laat glo. Nou vir hoofstuk 23!En nou's ek honger gelees... dink ek moet paella maak vir aandete!
4 jaar 4 maande 6 dae 16 ure oud


Baie Dankieeeeee
Baie dankie vir jul getroue saamlees en pragtige kommentaar Neels, Jan, Kiekies, Evelyn, Anze, Vonnie, Viooltjie, Casper en Arnold. Julle is almal sterre en sterkte met jul boeke en bundels. Ons is amper daar!!!! xxxxx
4 jaar 4 maande 1 week 4 dae 15 ure oud


Dogters van die son (22)
Dit lees gemaklik en vloeiend, ek hoop dat dinge reg sal uitwerk.
4 jaar 4 maande 1 week 4 dae 22 ure oud


Son
Hel maar hy is 'n briljante ou! Ek was nou heeltemal weggevoer en het gedink ek is daar. Baie goed geskrywe!!!
4 jaar 4 maande 1 week 5 dae 6 ure oud


son
Liewe aarde, daar is seker nie nog sulke romantiese mans soos Ramon nie? Jy sal maak dat al ons vroumense van voor af wil man soek:-) nou het ek tog te lekker saam verlowingspartytjie gehou, Carol. Stomende einde, sjoe!
4 jaar 4 maande 1 week 5 dae 9 ure oud


Dogters van die son, genugtig!
Sjoe! Ek sit saam met Anze op die punt van my stoel en kou my vingernaels af. Nee ek kou al aan die stoel se leuning! En ek stem saam met Evenyn, jy het voorwaar jou beroep gemis vriendin. Maar, is jy nie juis besig om dit te prakseer met die skryf van hierdie boek van jou nie?

Kan nie wag vir die volgende hoofstuk nie. . . Nee, eintlik om jou voltooide manuskrip te lees tussen die splinternuwe bladsye van daardie boek van jou nie.
4 jaar 4 maande 1 week 5 dae 12 ure oud


Son 22
sjoe was n intense hoofstuk absoluut briljant gepen!!! Jy laat my op die punt van my stoel sit en wag vir die volgende hoofstuk!! Bravo vir jou hele verhaal sover!!!
4 jaar 4 maande 1 week 5 dae 14 ure oud


dogters
Jy het absoluut jou beroep gemis. Hierdie is boeiend met al die nodige vasvang oomblikke saamgebind. Knap gedaan.
4 jaar 4 maande 1 week 5 dae 16 ure oud


22
Oe jiittetjie tog..mmmm..ek's geheel en al in beswyming..mmmm ....vasgevang in 'n hetige verbeeldingstog en ek klou vir 'n vale om te keer dat dit end!!! Bravo bravo BRAVOOOO!!!!


Moontlike regstellings:

hoe ‘n groot leemte daar in my lewe gelaat is vir die tydjie wat hy terug in Spanje was. - hoe groot die leemte in my lewe was terwyl hy terug in Spanje was

bespreek later met my:
Net toe hy in ons straat afdraai -
my hand kombuis toe en (dan) maak ek sommer net roereier en roosterbrood
heeltemal soos wat dit (moet) voorkom nie
en ek begin (dan) maar eerder skottelgoed was.

meng die inhoud van die reuse pan prettig, heel behendig (om) met ‘n spaan
skep ‘n groot lepel van (van) sy spesiale dis (behendig)

rooi (–) en oranje hibiscus

stap stadig (al) rondom die
4 jaar 4 maande 1 week 5 dae 18 ure oud


Dogters
Ek bly geboeid en kan nie wag vir die volgende aflewering nie.
4 jaar 4 maande 1 week 5 dae 18 ure oud


dogters
Carol die sorie vang mens al meer vas, veral met so heerlike romantiese deel
4 jaar 4 maande 1 week 5 dae 23 ure oud



drafstap deur my gemoed

deur helna

ek noem my bundel drafstap deur my gemoed, want ek wil hê jy as leser moet saam my daagliks voel wat ek voel en ek glo ek gaan jou aanraak...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar