Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Twee maande later … Oujaarsdagaand



Pieter en Ramon steek ‘n stadige vuur aan toe die son se laaste strale sak en die reuk van brandende hout vul die soel somerlug. Ons is nie haastig nie, want middernag lê nog ‘n hele paar ure ver. Nie een van ons het kans gesien vir ‘n spoggerige affêre nie en besluit om vanaand net te ontspan en te laat waai met ‘n eg Suid-Afrikaanse braai. Ons almal, behalwe Sarah, was ‘n bietjie weg met vakansie en het mekaar immers lanklaas gesien. So, ons het baie om op te vang.

In die middel van my groot ronde houttafel is daar ‘n lang, plat tuisgemaakte kers met 5 lonte en hibiscus blomme los rondom gestrooi as versiering. Soos gebruiklik, is daar nog ‘n magdom kerse oraloor op elke denkbare oppervlakte van die houtdek uitgepak en gelukkig is daar ‘n ligte somersaandbriesie wat die hewige Desemberhitte temper. Sagte musiek speel oor die luidsprekers en ons ontspan almal saam vir die eerste maal in ‘n baie lang tyd. Diana lag en beduie na die twee mans, “Pieter is in sy element!” Sy giggel, “Hy het hom voorgeneem om Ramon vanaand op die Afrikaanse manier te leer braai.”

Ek lag, “Ja wel, good luck to him. Ramon het sy eie idees!”

My blik speel oor die twee mans by die vuur en ek sien dat Ramon na Pieter luister, maar self nou en dan met sy arms na die kole beduie. Ek glimlag. Ramon is vurig, energiek en vol lewe. Dit is waarskynlik juis daardie eienskappe wat hom deurgetrek het - wat hom aan die lewe gehou het. Ramon se liefde vir die lewe is aansteeklik. Hy het almal verbaas met sy vinnige herstel en ons oefen selfs nou weer elke oggend saam op die dek.

David gee Julia ‘n soentjie op haar voorkop en staan op. “Miskien moet ek gaan loer … daai vuur lyk vir my effens wild.” Hy glimlag na Matthew, “Kom jy saam?”

Matthew lag, staan op en grinnik prettig, “Wel, laat ek dan maar eerder padgee. Die vuurmakers lyk dors en dit lyk of julle baie het om oor te praat.”

“Kom ons gaan kombuis toe, dan kan ons lekker skinder,” fluister ek stuitig.

Ramon loer na my en beduie na sy horlosie. Ek glimlag en knipoog vir hom.

Terwyl ons die borde, lapservette en eetgerei in die kombuis uithaal, vertel Vivian dat sy ‘n poskaart van Kalifornië af gekry het. “Martin Marais se onbetwiste, walglike styl op sy beste,” lag sy en skud haar kop. “Hy stuur vir my ‘n poskaartfoto van hom tussen ‘n klomp blonde bimbo’s met min klere op die strand.”

“Wat?!” Die ander van ons gil en lag kliphard. “Het jy dit hier?” vra Julia en Vivian grawe in haar handsak. “HA! Hier’s dit.”

“Dit lyk soos ‘n advertensie vir … wat’s daai TV-reeks nou weer? Met Pamela Anderson?” lag ek en Diana antwoord gillend, “Baywatch!” Julia skater, “Liewe genade … kyk daai boobs! Sy nuwe praktyk moet seker ‘n goudmyn wees as dit alles sy handewerk is.” Ons lê soos ons lag en Vivian beduie na die foto. Sy lig een wenkbrou, glimlag skeef en merk droog op, “Lyk my dokter Marais is sélf effe ge-botox, kyk bietjie die lippe en die gladde voorkop.”

Ek loer na die muurhorlosie en plak ‘n pan op die stoofplaat neer. “Ek gaan sous maak, sal julle asseblief die brode, slaaie en dinge regkry?”

Sarah leun teen die kombuistoonbank en staar ingedagte by die venster uit. Sy’s die laaste ruk baie stil, haar gewone sprankel is weg en sy werk haar dood. Nadat Desmond weg is, het sy haar in haar werk by haar salon gegooi en kom bittermin uit. Dis asof sy in haar dop gekruip het en net van dag tot dag bestaan. Julia kyk vir ‘n oomblik bekommerd na haar, maar sê niks.

Diana sny haar tuisgebakte baguettes, neurie gelukkig en hap elke nou en dan ‘n skyfie. “Haai!” Julia lag, “Netnou is daar niks meer oor nie.”

“Man!” Diana grinnig verleë, “Ek moet darem net proe of dit deurgebak is.”

“Mmm …ja, ek’s seker.” Vivian skud haar kop, sny rosa-tamaties in die helfte en pak dit op ‘n plat bord uit. Julia sit skyfies mozarellakaas en ‘n basil blaar op elke tamatie en beskou haar handewerk. Vivian strooi ‘n knippie seesout dramaties van ‘n hoogte af bo-oor en Julia draai die groot hout pepermeul ‘n paar keer oor die bord, staan terug, beskou hul meesterstuk en lag. “Perfek!”

Die voordeurklokie lui en ek vra terloops, “Sarah, my hande is vol. Sal jy nie asseblief gaan kyk nie?” Sy slaan haar oë op, knik en stap dan lusteloos by die kombuisdeur uit. Ons hoor haar hakke in die gang af verdwyn en ek glimlag ondeund.

“Eliza. Wie’s dit?” Vivian loer streng na my en beduie met die mes, “Jy’s weer besig met iets, is jy nie?” Julia en Diana kyk vraend na my, maar ek skud my kop en glimlag geheimsinnig. “Wag.”


“Desmond …”

Sarah verstar, staar geskok na hom en hy glimlag, hou ‘n bos blomme na haar uit en neem haar in sy arms. Sy is steeds te verbaas om iets te sê, maar geniet net die warmte en veiligheid van sy lyf. Desmond hou haar styf vas en vir ‘n paar oomblikke staan hulle net doodstil.

“Ek is terug, Sarah.” Desmond hou haar skouers vas en kyk in haar oë. “Ek het net ‘n bietjie tyd nodig gehad, maar … dit was te moeilik sonder jou. Jy weet ek is lief vir jou, nie waar nie?”

Sarah kyk stil na hom en knik ongelowig. Haar kop en hart is deurmekaar, maar sy kan nie help om te glimlag nie. Sy trek haar skouers regop. “Kom saam, Desmond Lewis,” gebied sy gemaak-streng, “ons sal later praat. By die huis.” Sarah trek hom aan sy hand by die huis in en kan nie ophou glimlag nie.

“Kyk wie’s hier!” gil sy en storm by die kombuis in.

“Desmond!”

Hy lag gelukkig en ons almal gee hom ‘n drukkie, maar dan beveel Sarah luidrugtig, “Hands off, meisies. Gaan druk julle eie mans.” Sy lag gelukkig en dan verdwyn die twee by die gang af, oppad dek toe.

“Ja toe, Eliza. Ons het gesien hoe knipoog jy en hy vir mekaar.” Vivian glimlag skeef, “Uit daarmee.”

“Ramon het die hele tyd met hom kontak gehad. Hy en Ramon is mos pêlle. Anyway,” vertel ek verder en roer die sous, “Desmond was in Koffiebaai, ‘n klein, verlate plekkie aan die Wilde Kus. Hy het sy kop probeer skoonkry na alles … en dit was nodig dat hy dit alleen doen. Ek verstaan dit. Ramon het hom oortuig om vanaand hier te wees en my eers vandag daarvan vertel.” Ek skep die sous in ‘n bak en vertel verder, “Desmond het vanmiddag gevlieg en ons het uitgewerk naastenby hoe laat hy hier sou wees. So, dis hoe ek geweet het die voordeurklokkie gaan lui.”

Heerlike geure vul die lug en Ramon kom roep ons in die kombuis. “You come now! I braai, so you come eat meat. Is good! Ahahaha!” Hy smak sy vingers teen sy lippe, gryp my hand en sleep my letterlik uit buitentoe. Ek kan nie ophou lag nie en hy prop ‘n hoendervlerkie in my hand. “Good, yes?”

“Mmmmm …” lag ek, kou aan die sagte, gegeurde vleis en lek my lippe af. “Almost as good as I make.” Hy frons speels na my en sê in ‘n lae, donker stem, “You wait … I get you later.”


Ons sit almal om die tafel, smul heerlik en Julia vra tussen happe deur, “Wat is die storie nou met die CNL en Lawrence?”

Pieter kou klaar, neem ‘n slukkie wyn en antwoord, “Don Lawrence is opgeneem vir sielkundige waarneming.” Hy lig sy skouers en sny aan sy steak. “Dit lyk asof hy gesertifiseer gaan word. Blykbaar het die man baie min helder oomblikke op hierdie stadium.” Matthew knik en vertel, “Hy sal nie verhoor word as daar bevind dat hy geestesversteurd is nie. Maar, hy sal ‘n aansienlike tydperk in ‘n sekuriteitsinrigting vir versteurdes spandeer. Dis ‘n uitgemaakte saak. En die Amerikaanse sindikaat wat Pieter-hulle uitgekoop het, neem sy drie CNL’s ook oor.”

“En julle,” vra Sarah, “het julle toe die stuk grond naby Matthew gekoop?” Desmond se arm is besitlik om haar skouers gevou en sy hou sy hand styf vas, asof hulle nie vir een oomblik kontak met mekaar wil verbreek nie.

“Nee,” lag Pieter. “Die ou was mal met sy prys. Ons het besluit om die geld eers te belê en nie weer halsoorkop in ‘n ding in te boender nie. Maar, ek gaan die finansiële bestuur van Matthew en Vivian se besighede behartig.”

“Ja, en ek hanteer hul websites, advertensies en die IT dinge.” Diana trek ‘n laaste stukkie steak deur haar sampioensous, hap en kou gelukkig.

“Dis nuus.” Ek staar oorbluf na Vivian en Matthew. “Ek weet van Vivian se nuwe argiteksfirma, maar Matthew, wat nou? Het jy bedank?”

“Nee,” antwoord hy gelukkig. “Gustaf Malan tree af. Ek is nou die senior vennoot.” Hy kyk onderlangs na Vivian, “maar ek gee dit ‘n jaar kans. Ek wil nie so vas wees by die werk nie, so … ek oorweeg dit om miskien later my eie klein praktyk oop te maak. Dit hang ook alles af van die perde -”

“Ja,” val Julia hom opgewonde in die rede. Julle sal nie glo hoeveel van my pasiënte gaan volgende jaar met die perde-terapie begin nie!” Julia lyk vanaand so ontspanne en gelukkig, merk ek op. Haar oë blink en sy kyk vinnig na David. Hy glimlag, knik en streel oor haar hand. Julia leun met haar elmboë op die tafel en glimlag breed. “Ons gaan ‘n babatjie aanneem. Ons naam is op die lys!” Sy lag gelukkig en ‘n traan loop oor haar wang. David leun oor en vee dit sag af. “Hopelik sal sy nou uiteindelik met my trou!”

Ons vlieg op en gee hulle elkeen ‘n drukkie. Julia lag en huil deurmekaar en haar glimlag spreek boekdele. David s’n ook.

“Wel, die volgende partytjie is my nuwe firma se daknatmaak!” Vivian frons, “as die bouers eendag weer werk en my kantore klaarmaak.” Ons lig ons glase en drink daarop.

“Dis Desember, Vivian,” lag ek. “Genade!”

Vivian blaas ‘n kringetjie en beduie met ‘n perfek-gemanikuurde hand na my en Ramon. “En julle tweetjies? Wanneer is die troue?”

Ramon lag. “Soon, very soon. I hope.” Hy neem ‘n slukkie wyn en vertel, “I have application at … eh … how you say? Department of Home Affairs. For work visa and permanent resident visa.” Hy kyk na my en ek knik. “Also, we tell them we want be married. They say,” grom Ramon, “wait for paperwork.”

Hy tik ongeduldig met sy vingers op die tafel en ek lag. “Well, at least you don’t have to fly away again, honey.” Ramon skud sy kop en ril. “Never again.”

“Also, I am with South African agent for photography and -”

“Ons gaan aanbou,” beduie ek ongeduldig en lag. Ons gaan ‘n studio vir Ramon aanbou.”

Hy lag opgewonde. “You want tell them?” Ek gee hom ‘n drukkie en glimlag, “No, you tell them.”

“King Kamehameha Hotel Group want us to travel world and do story on many, many hotels.” Hy swaai sy arms wyd en lag, “All over!”

Sarah staar na ons en sê laggend, “Ons is presies die teenoorgestelde as julle. Ons soek net ‘n bietjie rus en vrede.”

“Jip,” glimlag Desmond. “Ek gaan ‘n boek skryf … en my boodskap eerder so verkondig.” Hy staar vir ‘n oomblik na sy hande en vertel dan verder, “Ek het ‘n redelike nes-eiertjie en gaan ‘n jaarlange sabbatical neem om te skryf. Daarna sal ons sien wat die lewe vir ons inhou.” Hy glimlag na Sarah, kyk in haar oë en sê sag, “maar van nou af is dit alles vir ons twee saam.”

Ramon staan op en beduie na Desmond om hom te volg. ‘n Rukkie later stap hulle terug uit op die dek met bottels sjampane en glase op skinkborde.

“Almost time!” lag Ramon

Ons staan almal nader en Matthew begin aftel …. 58, 57, 56 …

Ramon en Desmond skink ons glase vol, die klanke van Auld Lang Syne vul die lug en ons wonder elkeen afsonderlik in ‘n stil oomblik wat die nuwe jaar vir ons gaan inhou. Gaan ons planne werk? Sal ons almal volgende jaar hierdie tyd weer saam wees? Is ons huidige geluk slegs tydelik of stap ons voetspore wat gaan bly?

Ons staan almal in afwagting terwyl Matthew aftel … 5, 4,3, 2 …

David hou Julia sag in sy arms en hulle gaan die Nuwejaar glimlaggend in. Desmond en Sarah is op hul eie planeet, Matthew soen Vivian en hulle klink hul glasies, Pieter en Diana lag kliphard vir iets wat hy gesê het en Ramon se lippe speel sag oor myne, “Our first New Year together,” fluister hy hees en ek antwoord hom, “the first of many, my love.”

Voorspoedige Nuwejaar!!!!! Toeters blaas oral, klappers skiet en ons sluk aan ons yskoue, borrelende sjampanje.

“Mag hierdie jaar asseblief net rustiger wees as die vorige een,” lag ek. Almal klink hul glasies daarop en geniet hierdie spesiale oomblik vir nou, in die oomblik en saam met mekaar.
 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

25
Baie geluk met hierdie mylpaal wat jy bereik het, Carol. Dit was darem 'n groot werk. Dis storie was heerlik ontspannend en vol interessante verwikkelings. Selfs tot op die einde het jy gesorg vir 'n aangename verrassing.
Baie goeie werk en sterkte met die afronding :-)
4 jaar 2 maande 2 weke 6 dae 18 ure oud


einde
so kom ons aan die einde van n uitstekende verhaal. carol ek hoop net dit is nie die laaste nie want hier het jy vir ons gewys dat jy oor n pragtige talent beskik
4 jaar 2 maande 3 weke 12 ure oud


Die Einde
Geluk met jou eerste roman, mag jy net sukses hê.
4 jaar 2 maande 3 weke 13 ure oud


Dogters
Ek kan net almal se kommentare be-aam. Eintlik jammer dit was die einde.
4 jaar 2 maande 3 weke 22 ure oud


Dogters 25
Uitstekende einde, ek beny hulle vir al die geluk en blydskap. Amper weer getjank!
4 jaar 2 maande 3 weke 1 dag 2 ure oud


25
Fabulooslik...UITMUNTEND...GREAT!!! Jy is briljant!! Dit was 'n intense lees-lekkerte van voor tot agter. Ek dink al aan die aanhef van die opvolg...

Ek is sad . . . want dis klaar!

Moontlike regstellings:

het sy haar in haar werk by haar salon gegooi - het sy haar in haar werk by haar salon gedompel

Diana grinnig verleë - Diana grinnik verleë

“Hy sal nie verhoor word as daar bevind dat hy geestesversteurd - “Hy sal nie verhoor word as daar bevind word dat hy geestesversteurd

Julia lyk vanaand so ontspanne en gelukkig, merk ek op - dink jy nie daar moet " wees nie?
4 jaar 2 maande 3 weke 1 dag 3 ure oud


Afskeid
Ek beaam als wat Anze hier onder sê. Jy het my as leser suksesvol laat deel in jou karakters se lief en leed en ek voel jammer om afskeid te neem van hulle... sal heeltyd wonder waarmee is die dogters nou weer doenig? Baie geluk met die klaarskryf van jou heel eerste roman - mag dit die begin van vele wees! Ek is trots op jou en ek bewonder jou. En ek is baaaaaie jaloers ook, want ek wens my storie was ook al naby klaar gewees... maar agteros kom ook in die kraal...
4 jaar 2 maande 3 weke 1 dag 4 ure oud


Son 25 - einde
ag Carol dit was nou sommer n puik roman!! Ek het die storielyn van die begin tot einde geniet. Jy weet net mooi hoe om mens op jou stoel vasgevang te hou! Baie lekker gelees en ek hoop daar gaan sommer nog n hele klomp verhale uit jou pen vloei!! Mag hierdie n TOPVERKOPE word!!!
4 jaar 2 maande 3 weke 1 dag 4 ure oud



BLIKeMMER

deur natasha dutton

"...BLIKeMMER is 'n keur van die beste gedigte van dertien opwindende digters wat skryf oor alledaagse dinge: drome en sprokies, verspeelde tyd en vrese, liefde en diepgewortelde smart, donkerdae en kindergeloof, gebede en godloosheid, omgeeflenters en somergeniet, introspeksie en nostalgie, migraine en stilte, genade en worsteling, selfs Lifebuoy en 'n huis in Vergeetstraat. 'n Bundel wat geniet en waardeer sal word deur die letterkundige, die filosoof asook die doodgewone mens op straat. Geniet dit!" (Lynette Beer: Inspirasie Spreker)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar