Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

[Waarin nog 'n paar uit die mans se kamp ook te woord kom, oor hul eie ontberings en toekomsdrome. Waarin verder oor die nut en gevare van werdvolle plante gepraat word.]


„DIE SPREEKWOORD sê mos, ,Solank daar lewe is, is daar hoop,'” sê Maks en wikkel die kombers stywer om sy en Monika se skouers. Dis al laatherfs, of vroewinter, en hulle sit op die rusbank onder die halfkaalgeworde boom op die grasbult en kyk oor die wêreld uit. „Die bekende wêreld”, soos die mense sê, lê voor hulle uitgestrek soos 'n tapyt in die rooi-oranje-geel en hier-en-daar-groen kleure van die seisoen met modderbruin blare vlek-vlek tussen die mooi om die komende winter aan te dui, die tyd van afsterwe, meen hulle. Maar „hulle” vergeet dat die lente op die winter volg. Elke jaar.

    „Die stomp krans lyk soos 'n wagtoring uit 'n kinderboek,” murmel Monika en nestel haar kop in die holte van sy nek en skouer in, „miskien sit 'n meisie bo-op en wag op 'n held om haar te red... Maar gaan aan met jou storie.”

     „Hulle het met stootskrapers gekom en 'n pad gebaan, pylreguit van horison tot horison. Dwarsdeur ons dorpie. Sommige huise was weg, heeltemal weg. Plat. Andere was halfweg, kwartweg, miskien net die hoek van die huis afgeskeur. Nie langs die hoofstraat nie, dwarsdeur die woonhuise deur. 'n Streep twintig meters breed met hoë heinings uit bloudraadblokkies buitelangs. Met alarmstelsel. In die middel 'n stofpad vir patrolliemotors, wat heen en weer met 'n trop honde verbygery het, honde wat elkekeer by ons dorp aangehou en die draad langs gesnuffel het, of iemand miskien deurgekruip het. Asof iemand kón deurkruip.

    Ons het gesing, veral saans, en die mense oorkant het ingestem en saamgesing. Toe bou hulle wagtorings alle paar kilometers uitmekaar aan die draad entlang  ene daarvan midde-in ons dorpie  met kweksilwerlampe daartussen so hoog dat ons seuns dit met klippers nie kon stukkendgooi nie. En lappielaaste stoot hulle die huise op julle kant van die draad plat en verplaas die mense êrens anders heen. Hoe het ek julle gehaat. Dit het lank geduur voor ek besef het dat dit nie júlle was nie, maar een-of-ander húlle, dat julle en ons dog één is. Maar gehaat het ek, diep en deurdringend gehaat, dat dit gepyn het.”

    Monika vryf met haar hand oor sy bors. „Óns was dieper in die binneland in, en hulle het ons in kampongs saamgepers, met net sulke draadheinigs om, want ons was met julle verwand, en daar kon subversie wees. Origens, uit 'n ander oorlog, vroeër, het ek gehoor dat iemand, wat uit een van die verowerde gebiede kom en die taal praat, ekstra nie daarheen gestuur is om in die besettingsleër te dien nie, maar na 'n heeltemal ander deel van die wêreld want hy kón moontlikerwys ,met die boorlinge heul.' Daar kon ewe subversie wees. By ons was dit netsoos by julle met die sekerheidsvoorkeringe: Oral staan wagtorings en oral wag wagters om jou dood te skiet.” Sy skud haar lyf en sê met besliste stem, „Ja, maar dis mos die verlede, die aaklige. Ons moet probeer om dit te oorwin.” Haar stem breek en word rouer. „Ons kan dit nie vergeet nie. Ons moet probeer om die herinneringe met iets vreugdevolles te verplaas. Ek weet nie. Ek weet nie.” Nou is dit sy beurt om te troos en hy soen die trane op haar oogliede af.

    „Los dit uit, Maks, dis nie nou tyd vir soutsoene nie. Hoe was dit dan met die spreekwoordelike lewe en hoop?”

    „Niemand moes my kom rekruteeer nie, ek het vrywillig aangegemeld. En hulle het my pront daarnatoe gestuur waar die sogenoemde menslike verliese die kwaaiste was. In 'n rollende bliktrommel met drie ander doodgewydes en 'n kannon bo-op. Drie jare lank het ek uitgehou en oorleef, terwyl die kamerade om my dood neergeval en die tenks een na die ander ontplof het. My geluk was dat ek van bo as eerste kon uitspring, kort voor alles  in die lug gaan.” Hy sidder en sy lê haar gerusstellende hand op sy kloppende slagaar. „Toe word ons uiteindelik oorrompel en in die konsentrasiekamp gegooi. Dáár was die oorlewensreël, koes voor die wagters, en hond vreet hond onder die kamerade. Ons moes toekyk hoe ons luitenant kaal uitgetrek en van bo tot onder uitgepiets word.

    As kind het ek 'n boek gelees oor arende in 'n hok in 'n dieretuin, en die ou wyfie het gedurig geskree dat die ander voëls moet onthou waarvandaan hulle kom. Toe word die hokke in 'n nag oopgebreek, en hulle vlieg terug na waar hulle gevang is, na hul tuisland, hul heimat. Hierdie ou wyfie was een van die rigsnoere in my lewe. En ek het haar gevolg, met haar saamgevlieg, tot hier by jou, my nuwe tuiste.”

-----☼-----

„Nou toe nou, wat sê hy toe, Braam?”

    „Nee, hy kan natuurlik nie praat nie. Maar Oom Kobus het gemeen, daar moet eers 'n paar menings van nog 'n paar mense gehoor word. Elkgeval is my mening dieselfde as joune, dat hierdie sogenoemde bewussynsstyging vir 'n egte kunstenaar onnodig is. Ja, dat dit skadelik kan wees. Dit maak dat hy onwares sien en weerspieël. Dit maak sy kuns vrot, makiesaak wat hierie ultramoderne kunskokkedore kwytraak nie. Jou kuns is vir my meesterlik, 'Nessa. 'n Sogenoemde ,verhoging' sou vir my soos 'n skeur in die gordyn wees. ”

    „Het jy baie daarvan gesien? Jy het mos 'n kennerblik, sou mens kon sê. Dis die eerste vraag. Dan kom: Jy sê dog dat daar verskillende soorte is, dat dít wat vir geneesmiddels of weefvesels aangebou word nie die gif inhet nie. Kan mens nie die giftige soort uitroei en die goeies behou nie?”

    „Teoreties, ja. In sulke lande waar daar 'n sterk eko, bio of organiese beweging was, het die regerings langsamerhand nagegee en sulke proefplase of -akkers toegelaat. Met 'n ,sterk polisieteenwoordigheid', nè? Dit het ons nie. Buite vir my, en ek vermoed ons Meneer ook, ken ek niemand wat hierdie soekery kan doen nie. Maar ek meen daar's baie wat hulle gaan dom-dof-duh rook as dit bekend word, as hulle sien waar die plante groei. En juis hulle gaan dit nie uitroei soos jy sê of aan die verantwoordelikes rapporteer nie, maar self plantasietjies aanlê. En ja, ek het heelwat plante gesien, eendag moet iemand anders dit ook sien. Miskien moet dit eenvoudig bekendgemaak word, dan kan elkeen sélf besluit, hoe hy daarmee omgaan. Maar dit is, soos die grootmense sê, 'n helske waagnis.”

    „Sê my, waar kom jy aan jou kennisse? Dit klink asof die volwassenes eerder vir jou moet kom raadvra.”

    „In die tronk natuurlik. Dit gebeur mos outomaties as jou pa gevangeniswagter is. Die kinders neem alles op wat die volwassenes sê, dikwels heel onbewus, nè? As 'n besonders interessante vraag opduik kom die herinneringe weer hoog. Soos nou by my. ”

    „Sielkunde het jy óók so studeer, nè? Gaan jy 'n beeldhouerkursus aanbied?”

     „A-nee-a! Ek's mos te klein, nouja jonk! Ek kan nie vir volwassenes sê wat hulle goed maak en wat kak is nie. Dis mos voorbarig. As iemand my kom vra, nadat hy miskien van my stukke gesien het... Dan kan dit anders wees. Jy het skynbaar 'n aangebore iets wat dit vir jou moontlik maak. Ek nie. Ek kom graag in jou skilderykursus, 'Nessa.”

© 31e. Maart 2015.................................-----☼-----............................................T. J. Egerton
(1220)  (     saam)



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

17 & 18
Ek leef myself onwillekerig in hierdie verhaal in en geniet dit steeds om jou verhaal te lees. Ek geniet ook die interessante inligting wat jy baie goed invleg.
5 jaar 1 week 3 dae 11 ure oud



Suid-Afrika in die Eerste Wêreldoorlog

deur Francis Gillieron

Kroniek van die rol van Suid-Afrika in Eerste Wêreldoorlog. Gedenkuitgawe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar