Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

[Waarin die rede is van eienaardige gebeurtenisse en hul uitwerking. Waarin gevra word na ingewikkelde dinge waarvoor nog niemand oplossings het nie. Waarin egter verbasend eenvoudige oplossings in persoonlike onderlinge verhoudings te voorskyn kom. En waarin ander afdelings hulle bekendstel.]


AAN TAFEL BY ONTBYT vra Bas, „Sê maar Matse, het jy dit ook  gehóór kan ek nie sê nie... maar gevóél? So 'n geskud onder die voete... Soos wanneer jy op 'n waggelike tafeltjie staan... Of wanneer 'n swaar voertuig voor die venster verbyry? Hoe sê ek dit? So 'n trilling onder die voete...?”

    „Ek weet wat jy meen. Ja, 'n ligte skudding, by ons het hulle van klip- of rotsval gepraat toe die dak ondergrond ingeval het.. Of enige ander verskuiwing. Dan het jy daarna so 'n trilling gevoel. Ja,...”

     „Ja, presies daaraan het ek gedink. Gist'raand, kort voor sewe was dit ongeveer, daar het dit onder my voete getril. Het iemand anders dit gemerk?”

    „Daar was iets..., wanneer kan ek nie sê nie. Maar ek het aan die berg wat
praat gedink...”

    „Watse twak is dit van 'n pratende berg...?” vra Sara.

     „Toe ons die staptoer gemaak het, het Mats van sy oom vertel wat verstaan wat die klip ondergrond sê wanneer hy so kreun... Maar hy kan dit self vertel.”

    'n Paar tafels verder sit Tannie Gerda teenoor Oom Kobus wat vandag ekstra met Klara boontoe gekom het omdat sy so eienaardig voel. Gerda gesels opgewonde: „Snaaks, toe ons na ete 'n endjie gaan stap, word Griet amper flou en moes teen 'n boom leun tot dit verbygaan. Sy sê, dit was soos in 'n film waar die beeld onduidelik word, en wolke of water of soiets alles laat verdwyn, en dan kom 'n nuwe beeld van 'n ander toneel. Sy moes haar so te sê tereg vind in die nuwe.., in die nuwe...”

    „Werklikheid.”

     „Ag. Skattie! Praat jy weer? Ek was so bang...”

     „Nee. Nie bang wees nie. My bang is nou verby. Ek kan net sê, dis asof ek iets verloor het... So herinneringe en kennisse... Ek het iets vergeet. Maar ek het iets gekry wat ek gesoek het. Wat ek nie gehad het nie, wat ek vermis het... 'n Droom! 'n Droom van hoe om sout te maak!”

    „Ek ook,” sê Klara, plotselik opgewonde, wat tot nou toe eerder gedwee teenoor haar gesit het. „Waarskynlik sou Kobus dit ook by my so gesien het soos Tannie, maar hy was buite in die jaart. Elkgeval het ek dit presies so beleef: Sulke newel of gis oortrek die vage beeld van die wêreld wat voor my is en 'n ander, n nuwe een verskyn daaragter. Dis seker dieselfde verskynsel, lyk net anders. En ek het ook van 'n southerstellingswerk gedroom.”

    Aan juis hierdie punt word ek onrustig en dui vir Renate aan sy moet papier en potlode gaan haal. Ek ry so vinnig moontlik oor en stoot my rystoel langs Tannie Gerda in, dat sy na regs moet skuif om plek vir ons altwee te maak. Renate bring papier en ek skryf „DROOM” boaan twee bladsye en gee dit vir Klara en Mevrou Griet. Dan begin ek op my „DROOM”-bladsy te skryf, en maak 'n tekening van 'n taamlik eenvoudige... masjien kan ek nie sê nie..., apparaat, gereedskap... Soiets soos 'n proses of proseduur.

    As ons klaar is, lê ons die drie bladsye langsmekaar. Behalwe dat die geskrif in verskillende tale is (ons kom mos uit verskillende wêrelddele), lyk die drie bladsye presies die ene soos die andere: Die vorm van die afbeelding, die pyltjies wat na die verskillende dele wys, die teks van die onderskrifte, die nommerering, die hoofteks wat soos 'n vertaling van mekaar lyk, rangskikking op die blad, alles... Ons het aldrie presies, maar presies dieselfde droom gehad. En dit tegelykertyd.

-----☼-----

„Ek weet nie wat by die oumense se tafel aangaan nie,” sê Maarten, „maar ons tema was aard­skuddings. Origens, ek meen daar was kort daarna so 'n warm windbui uit die noorde, van die boveld af; ek het gedink, o gaats, daar kom eindelik die besmetting aangewaai. Nee, ek wou eintlik iets anders vra. Sê maar, Mustafa, wanneer was dan hierdie ontploffing by julle? Het iemand dit  hier gemerk? Eintlik kan dit nie alte ver weg wees nie?”

    „Dit moet so nege dae gelede gewees het. Ek sou sê teen vyf-, sesuur saans. Kort voor dit donker word.”

    „Toe ek hoor wat Franticzek sê, gaan kyk ek in ons werkjoernaal,” sê Boris.

    „Ons noem dit ons „Weerberigkalender”. En daar word allerhand opgeteken. Op daardie dag het gestaan: ,Laat namiddag: Kort gedreun soos onweer in die verte, tussen hakies ongewoonlik, vraagteken, hakie toe.' So staan dit opgeteken.”

-----☼-----

„Shalom, Lillith!”

    „Oh! A! Salaam, Mustafa!”

     „Gaan jy werktoe?”

     „Hmm, ja. En jy?”

     „Ja, ek ok. Dan stap ons maar saam.”

     „Hoekom nie?”

     So eenvoudig loop dit, so eenvoudig kan dit loop. Só eenvoudig.

-----☼-----

Stanislaw neem die pleeg van die diere as sy plig aan: Twee Eselinne met vullens bly hierbo, en hy moet 'n kamp vir hulle afsteek. Dit skyn asof hy genoeg tyd gaan hê om 'n stal te bou voor die weer nogeens omswaai. Maarten word aangewys om die ander donkies na hul stalle onder by die see terug te bring; hy moet die toegang tot die pad boontoe blokkeer sodat die diere nie weer eiewillig nogeens by ons opduik nie. Hy het 'n paar dae geleentheid om in die visserdorpie om te kyk wat ons miskien kan gebruik  en na die soutproduksie na te sien. Wil iemand saamgaan? Esteban en Mustafa is ook om en by die twintig; hulle kyk mekaar aan, Esteban se blik swyf gou na regs waar die meisies sit, en selfversekerd meld hy hom self aan. Mustafa kyk eers bietjie ontevrede, dan glimlag hy en skud sy kop.

    Die twee waentjies bly vireers hier: Vir meer as 'n sieketransport, 'n paar mielisakke of hekposte reik hulle nie uit nie. Miskien 'n uitvlug vir kinders uit Berenice se kindertuin. Stanislaw meen hy kan die donkies alles bybring wat 'n donkie nodig het. Die gedagte ontstaan dat ons miskien die boerdery op die boveld  kan uitbrei. Dan kon ons langer vore ploeg. Ofskoon die twyfel al uitgespreek is of ons nie in die oorproduksie gaan nie. Wat maak ons dan met die oorskot?

-----☼-----

Berig oor die toestand in die gesondheidswese:

Kraamafdeling: Die eerste groepie geboortes is nou verby. Alle kinders en moeders is gesond. Behalwe vir Klara, wat tien dae te vroeg was, wat weens omstandighede begryplik was, het alle nuwe aardburgers volgens die juiste termyn hul optrede gemaak. Vyf kragtige seuns en, met Renate se tweelinge, drie lewendige meisies binne drie weke. Alle assistente besonders Louise het hulle goed van hul taak gekwyt. Uit die eerste groep staan nog Berenice uit, maar ons het geduld en jaag haar nie aan nie. Buitendien het ons oombliklik alstesame twaalf pare en enige tere vriendskappe by die tieners. Die afdeling is goed gerus vir die toekoms. Annagret  

Ons Huisapteek en Kruietuin is by verre nie op grootstadstandaard nie. Ingri, Paula, Willem en Boris werk graag in ons kruiebete (Let wel: meervoud!) Met die hulp van produkte uit die landbou­sektor asook 113 geneeskundig waardevolle plantsoorte in ons eie bete, en enkele skatte wat versamelaars inbring, kan ons 37 preparate vir verskeie kwale aanbied, saam met 11 soorte vir kombuis en die tafel. Af en toe, nie elke maand nie, vind ons iets nuuts.

'n Studeersirkel is gestig, met praktiese oefeninge vir deelnemers, weerkunde en sterre­kundige waarnemings, toets en eksperimenteer met groei­voorwaardes soos sand- of leembodem,asook noodhulp, ens. Gerda, Klara, Annagret, Cem en Herman hou praatjies oor biologie, sielkunde en basiese geneeskunde. Griet

© 9e.Junie2015......................................-----☼-----...........................................................tje

(1280)(44540)



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

33
Jinne maar dis 'n vrugbare klomp daai en die getalle groei vinnig.Ek hoop dis nog reg met jou om voorstelle vir regstellings te maak.

waggelike tafeltjie - waggelende/lendelam
plotselik ?
proseduur - prosedure
word allerhand opgeteken -word allerhande inligting/feite opgeteken
pleeg - versorging
om in die visserdorpie om te kyk - om in die visserdorpie rond te kyk
na die soutproduksie na te sien - na die soutproduksie om te sien
blik swyf gou na regs - blik wyk gou na regs
hul optrede gemaak - hul opwagting gemaak
4 jaar 3 maande 1 week 4 dae 17 ure oud



Die Lied van Lorelei

deur Rachelle du Bois

Mikrobioloog Talana de Waal keer na haar familie se sitrusplaas in die Laeveld terug om navorsing te doen. Sy bring haar vriendin en kollega, Dr Lerina Keyser saam. Alles gaan voor die wind tot haar kleinboet en sy vriend besluit hul ouer broers, Marius en Armand se liefdeslewe het 'n hupstoot nodig. Die misverstand wat volg het katastrofiese gevolge. Die vreeslike flater laat die wraak van die meisiekinders vlamvat. Tot die bye swyg en die swartvlieë hou op eiers lê . . .



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar