Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

[Waarin weer 'n ietsie oor die verlede van enkele bewoners vertel word. Van spriesende, bottende, bloeiende lewe. En nog iets oor die klima alhier.]


EINTLIK moes dit winter wees, moet dit winter wees. Maar dit lyk asof die winter vanjaar mild gaan wees na die warm somer. Of die radio-aktiewe strale werklik die weer sterk beïnvloed? Jare gelede al was die rede van die verwarming van die aarde, dan is 'n hoë amptenaar geskors, en sy opvolger moes dan propageer dat die aarde eintlik afkoel. Nouja die mense het geweet hoe die statistiek na bedarf van die opdraggewer vervals word, besonders as die opdraggewer politikus is, en dat opdraggewer 'n magtige wndelgangskurk uit industrie en finansies is, het almal geweet. Die mense het skouer opgehaal en gemompel, „Kan jy mos niks maak nie.” En verder geslaap.

-----☼-----

    Dis 'n warm aand, 'n trui-en-langbroek-aand ja, maar vergelykbaar warm vir die jarestyd. Vanessa en Braam sit op die rotsformasie wat bo die bome uitstaan en kyk na die sonsondergang. Elkeen het 'n eie wolkombers. „Sê maar, Braam. Dit alles wat jy ,in die tronk' geleer het, soos jy sê: Jou pa was seker nie net 'n gewone tronkbewaarder nie? Ek meen sulke ingewikkelde temas was mos nie gesprekstof by wors en bier nie, of hoe?”

    „Seker het hy ja onder begin, voor my geboort natuurlik. En natuurlik het hy sy kollegas ook in later jare uitgenooi om te kom braai. Hy het studeer en op sy loopbaan boontoe geklim. Toe ek nog klein was, was hy al 'n hoë beamte, en het die jonges opgelei. Later het hy 'n pos aan die universiteit gekry  so deeltyds  en het newe sy hoofberoep voorlesings gegee. Hulle het 'n stelsel gehad, ,colloquium', wat beteken dat 'n dosent met net 'n paar van sy beste studente saamgesit en ,op gelyke hoogte', soos hulle sê, oor die een of ander tema in die kriminologie en ander geselskapsvrae gepraat het. 'n Bespreking. Ons het nie ver van die uni en die tronk gewoon nie, en hy het sy colloquia in die woonkamer  of op die stoep as die weer goed was  gehou. Buitendien het hy die een of ander vakgesprek onder kollegas uit die hele land geleentlik ook by ons tuis deurgevoer. Hy was bekend in sy sirkels, in 'n mate beroemd, en ons het hoë besoek tot op ministerrang gehad. Soos ek sê, my ma het my daarnaby geparkeer toe sy inkopies doen of soiets; later was daar byna elke aand die gebrom van vakkundige gesprekke te hoor voor ek saans insluimer. Isso en issie anners nie.”

    „Maar dat jy dit alles verstáán het?”

    „Nee, verstaan het ek niks nie. Êrens het ek gelees van 'n vrou wat vreemde tale  nee, nie net vreemde tale nie, maar ou uitgestorwe tale, Grieks en Aramees en so  kon praat, sonder dat sy dit in die skool of êrens geleer het, en mense het gemeen dis bewys van die reïnkarnasie. Die navorsing het aan die lig gebring dat presies dít met haar gebeur het: Sy het as slapende suigeling dit opgeneem wat haar pa, 'n universiteitsdosent, in sy woonkamer geleer het. Ek vermoed dieselfde het met my gebeur. Snaaks, nè?”

    „Snaaks nie, komies nie. Maar eienaardig tog.”

-----☼-----

„'n Pragkind, Oom, Klaraskat. Gelukwens! Het julle goed gemaak! Bietjie vroeg miskien, maar hierdie paar wekies beteken nie die wêreld nie. Wat sê jy Louise, môre staan jy op, dan kan jy bietjie hand bysit? 'n Paar ure, elke dag 'n bietjie meer? Afgesien van jou enkel en jou af-en-toe duiseligheid  dit kom natuurlik daarvan dat jy so lank kop-onderstebo was  lyk my jy's taamlik gesond, wil nie sê heeltemal fiks nie. Jy mag nie teveel onderneem nie, hoor. Jy pas vireers net 'n bietjie op Klara op. En sy pas op jou op. En Oom Kobus pas op julle altwee op, nè? Waarskynlik is 'n verwelkomingskomitee op pad hierheen. Die reën het opgehou, en ek verbeel my, die twee G's het dadelik in die pad gespring. As ek hulle onderweg sien, sê ek hulle, ek meen dat Louise hier beter sal kan krag herwin. Waarskynlik sien hulle dit self so. Ekskuus julle, ek laat julle nie in die steek nie, maar daarbo is heelwat bloeisels wat wil bot... Of is dit botsels wat wil bloei? My sterkte was nooit biologie nie... Hmm, dalk is nou die regte tyd om daarmee te begin. Ek verlang na julle albei, môre kom ek seker weer. Totsiens julle, mooi bly.”

    „Totsiens, Annagret, mooi loop.”  „Díé kan vir jou klets! Soiets is ek van haar nie gewoond nie. Altyd stil, saaklik, deeglik... Ordentlik. Maar kwetterbekkie? Sjoe! Dis die eerste keer dat ek hoor dat sy so uitgelate praat.”  „Miskien is dit die stres. Sy's nou alleen, en soos sy sê, sy het julle altwee nodig. Ek wens haar elkgeval sterkte.”

-----☼-----

„Kobus-oupa het my vertel dat dit hier langs die kus skaars sneeu. Hy sê Kobie het seker hoogstens tweemaal in sy lewe sneeu gesien. Dat dit koud kan word: Geen twyfel nie. Maar hierdie kusklimaat is baie... hoe sê julle? Eweredig?... is baie eweredig en somers koel, winters nie warm nie, maar warmer as op die boveld. Waar ons is, is ons nader aan die ekstreme van die boveld, maar bietjie verder af is dit byna vervelig, sê hy. So... eweredig... Is dit rêrig die korrekte woord? Nouja hierdie winter mag graag bietjie vervelerig wees. Dink net: As ons ononderbroke moes vuurmaak, ys smelt om water te kry; by ons karige klerasie warm bly. Wie het dan 'n tweede trui of langbroek? Niemand nie, skat ek maar. Aldus, ék is tevrede met die klimaat. Totnogtoe. Dit wil sê, totnogtoe.”

-----☼-----

Tussen die bladsye hier vasgespeld:

    Ons blomtuin reik soos 'n kleurvolle, geurige lint aan die hele front van die hoofgebou langs, wie se voorstoep gedeeltelik met gordyne uit koejawels en wisteria verhang is.

    Anderkant die groot grasperk is daar ook pragtige randbeddings onder die woudrand, wat 'n heerlike uitsig van die ­stoep af bied, van waar die heerlikste kleure en skakerings genadiglik op die oog val. Ten verskeie tye van die dag met verskeie beligting, maar veral in die verskillende seisoene, verander die toneel derwys dat die siel deurgaans vreugde daaraan ondervind.

    Die groot eiland­beet, effe assimmetries naby die middel van die grasperk aangelê, met sy bloeiende bome en struike, robinië, sering, gouereën en mei­doring rondom, word omspoel deur 'n branding uit alleraard helder­kleurige bodemkruipertjies. Vir die gestresde aanskouer is dit met sy magtige kastaaiing wat in die middel soos 'n rosa koepel bo uitraag, 'n helder, gloeiende natuurtempel wat aan die godin van die skoonheid gewy is, waarin ontelbare singvoëls loofliedere aanhef.

    En die sappig groen grasperk sélf, eintlik 'n nie-gemaaide weiveld uit 'n sprokie vir eenhorings en ander fabeldiere, met sy dosyne van veldblomsoorte, by voorbeeld blou koringblomme, rooi klaprose, wit margriete kol-kol gestrooi en natuurlik geel leeutande oral waar jy kyk. Waarlik 'n weiveld vir die oë!

    In die breë beddings weerskante van die hoof­ingang gedy kleurige, geurige blomme in eenvoudige aanmoed. Vir ontspanning­soekendes wat oor die kronkelpaadjies hier deurslenter, verras etlike klein hoekies met die oorweldigende reuk van laventel hier, jasmyn daar, en daartussen egte koninginne van die blomtuin, elkeen met 'n eie hoof en hoofstaat: Die ou welriekende rose van weleer met polsters voor uit vergeet-my-nie, gesiggies, gousblomme, afrikanertjies en liewe viooltjies. En met 'n erewag agterom uit ridderspoor of ooievaarsbek, flox, lupine of by 'n ander een weer stokrose of kosmos, ingebed in tapyte uit botterblomme, Afrikanertjies, madeliefies of klawer.

    Om hier stil te kom verwyl en sielsrus na die dag se raas en onrus te soek en veral te vind, waar mens eenvoudig kan agteroorsit en die sorge van die dag laat uitloop uit jou sisteem, beteken wellus, beteken vrede, sielsvrede.

    Vir moeë oë wat die verte soek, nooi versteekte rusplekkies uit om in eensaamheid die wydblik oor die vergeleë blou berge, agter 'n voorskoot van majestieuse woudbome, te geniet, met die gerusstellende gezoem van die bye as agtergrond­geruis. Almal is te alle tye hartlik welkom om in hierdie ware paradys van estetiese natuurskoonheid te verwyl en sy of haar hartskragte te sterk. Om krag vir die dag van môre op te bou.

    Die uwe, Hermina Petronella

©.22e.Mei2015.........................................-----☼-----..........................................................tje

(1380)(38180)



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

28
Ogtog, daai tuin wat jy so puik en in detail beskryf, kan ek in my geestesoog sien is 'n lushof!!!

Regstellings:
mild - lig-flou
lobbyis - wandelgangpolitikus
sonondergang - sonsondergang
ingeslaap - ingeslaap
hand aanlê - hand bysit
vermis - verlang
klima - klimaat
vervelerig - vervelig
aanblik - uitsig
deurslender - deurslenter
lavendel hier, jasmien daar, -laventel hier, jasmyn daar,
5 jaar 5 maande 23 ure oud



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar