Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

[Waarin onverwags tog 'n oorlogshandeling tot stand kom. En waarin bewys word dat 'n slim kop kan uitoorlê, maar ook uitoorlê word. As hy nie oppas nie!]


„HENSOP! Hensop! Almal van julle! Hande in die lug! Julle is omsingel!” Growwe bars mansstemme kom uit alle rigtings. „Lê dadelik julle wapens op die grond neer!”  „Pas op, julle is uit alle hoeke gedek!” kom dit uit die noorde. „Staan diekantoe in 'n ordentlike ry!” uit die suide.  „Uitmekaar, uitmekaar! Moenie saamdrom nie!” Oralom ritsel dit in die bos, takkies breek, blare beweeg. „Die onderoffisier: Pistoolgordel neerlê! Nou! Dadelik!” Ritsel, ritsel. „Trek die baadjies uit! Stadig, stadig!”  “Weg van die wapens, daar!” uit wes. „En die stewels!”  „En nou die broeke!”  „Hande in die lug! Gryp na die sterre!”

    „Kadet Janzsoon!”  „Ja, Kaptein!” uit suidwes.  „Gaan haal die gewere! Al vier! En die pistool!” „Ja. Kaptein!”

    Uit die bos uit tree Arrie, in wat oor is van sy uniform, met militêrrugsak, stewels aan en 'n staalhelm op sy kop. „Drafstap! Drafstap! Ons het nie die hele dag nie!”  „Ja, Kaptein!” Met twee gewere oor elke arm en die pistoolgordel om sy nek, haas hy in die rigting van die stem. Gelyktydig spring twee ander seuns uit die bos en sluit by hom aan. Elkeen neem 'n geweer, kyk vaardig na of dit funksioneer, en wend hulle die gevangenes toe.

    Een van die gevangene soldate val flou neer. „Braam, dis 'n meisie,” sê Magnus, „Is dit almal meisies?”  „Nie almal nie,” kom dit van agter hulle. „Hensop! En gooi die gewere weg!”

    Soos 'n kat spring Vanessa op sy rug en krap met haar skerp vingernaels in sy gesig. „Draai om! Vang hom ouens! Vang hom!” Gou is die orde herstel, en Bas, Matse en die tieners staan met wapens weer in die hand teenoor hul vyf gevangenes, van wie vier in onderhemp en broekie beteuterd staan en bibber in die vris wind. Die laaste van die gevangenes sê, „Daar's nog iemand in die helikopter. Sy is erg beseer en het 'n dokter nodig.” 

    „Kan ons nou ons klere weer aantrek?”

-----☼-----

„Wie gaan nou vertel?” vra Delores glimlaggend. Eintlik is dit 'n ernste aangeleentheid voor die volversameling. Almal is daarby, ook Klara, Louise, Dorit en Georg én vyf gevangenes. Net die beseerde vrou lê op ons siekbed in Naomi se kamer. Maar die ry opgewonde gesigte teenoor Delores, almal met 'n mondvol woorde wat hulle eenvoudig móét uitspreek, verdryf haar streng gelaatstrekke. Sy onderbreek die daaropvolgende gebabbel van stem­me en word skielik heeltemal saaklik: „Ons begin by die begin. Arrie, Braam, Magnus! Hoe het hierdie drama begin? Een na die ander en nie almal saam nie!”

    Magnus vertel kort en knap dat die drie „onvolwassenes” besluit het om van hierdie kant uit die paspad ondertoe te soek, nadat hulle van M&M se toertjie aan die kus gehoor het. Die logiek sê dat die uitdraai nie op die roete kon wees wat die bus 'n jaar gelede gery het nie; die meisies het mos berig dat ons byna onsigbare uitdraai na sewe kilometers kom en dat die bus gemaklik nog drie kilometers sou kon ry het. Ongeveer parallel met die kus. Toe besluit hulle om ook sólangs te loop soek. In die rigting waar hulle self vandaan gekom het, aan die bus verby. „Net daar kry Arrie 'n ingewing om te gaan kyk wat daar nog in die bus bly lê het. Kan hy self vertel.”

    „Ek het allerhand goeters gesien en geweet dat dit waarskynlik radio-aktief is, anders sou julle dit mos nie laat lê het nie. Maar ek het die ou blikhelm gesien en gedink dis mos snaaks om dit op te sit. Nouja, ons was skaars 'n paar kilometer verder. Ek skat vyf of ses... Hoe?... Braam sê agt... Toe hoor ons 'n knetterende geruis wat ons meer as 'n jaar gelede laas gehoor het: 'n Helikopter het oor die vlak boveld op ons afgestuur. Ons kon nie weet of hulle ons gesien het of nie, en het in die bos ingevlug, al hoe dieper in met die hang af en, ingeval hulle wou skiet, bietjie uitmekaargestrooi om nie één teiken te bied nie. Toe val ons een na die ander plotseling in 'n smal gruispaadjie wat in die kloof afloop.” Hy haal asem. „'n Pad wat bergaf loop, kom ook mos van onder af die berg uit. En op die pad was twee eselskarre met twee passasiers en vier helpers. Ons het van Georg en Dorit se ongeval geweet. Elkgeval ons groet toe die twee beseerdes en die agt esels, en...” 

    „As jy nie ernstig by die saak kan bly nie, kan jy jou berig hier afbreek.” Hy kyk so verbaas-­besluitloos in die ronde om en sê, „Êmm,...” Maar hy het sy kans gehad en Braam spring op die wa:

    „Dit wás ook die beseerdetransport wat byna bo uitgekom het, en ons het daar en dan kygsraad gehou. Die helikopter was nie meer te hoor nie, en ons het vermoed dat dit geland het, dat die bemanning ons te voet soek. Bas kom toe met die briljante gedagte dat ons 'n teenaanval maak...”

    „Bas?”

     „Tja, ons was al meer as 'n halwe dag van die ou kampeerterrein onder by die strand al onderweg. En uitgeput, kan ek jou sê! Daar's 'n klein verlate visserdorpie, met donkies en karre, waarskynlik vir vakansiegangers toentertyd op die strand. Ons het gister die uitdraai vir die bergpas gevind en besluit om vandag vroeg op te ry. Daar's twee ou donkies wat hulle graag laat inspan het, en Boris het die idee gehad, dat nog twee jong stoete langsaan moes loop, nie ingespan nie, eenvoudig so, aangelyn. Om hulle aan te leer, so te sê. Aan die steil plekke het ons hulle tog kon inspan om te help trek. Donkie-pedagogiek...”

    „Ook van jou verwag ek ernstige beriggewing. Bly by die punt.”

     „Nou goed. Daar was heelwat onraad soos afgekraakte boomtakke wat ons uit die weg moes ruim en twee skerp haarnaaldkurwes, maar ons het geskat, ons is taamlik na aan die einde van die berg, toe kom hierdie drie kaalvoetseuns uit die bos gestruikel, en ons besluit op 'n krygsraad...”

    „Iemand anders? Boris?”

    „Om voorweg te neem: Ek het gisteraand nog tot die eerste haarnaald gestap, en dit het nie alte moeilik gelyk nie. Elkgeval. Ons het ingesien dat ons nie teen bewapende soldate kon veg nie, dus moes ons slu wees. Eers het ons 'n plek gesoek om die donkie­karre te parkeer, nog altyd ingespan, met die passasiere op. Nadat ons die bewapende groepie van vier op die pad ontdek het, het ons hulle omsingel  nog altyd in die bos versteek  gemaak asof ons 'n halwe kompanie was en gedwing om oor te gee. Dit was Dorit se inval dat minstens een van ons op een of ander aard militêrs moet uitsien. En dit was toe Arrie met sy blikhelm en Georg se tornister en stewels. Ongelukkig het ons nie gedink dat 'n vyfde man in die span kon wees nie.”

    „En wat is Vanessa se rol in hierdie stuk?”

    „Toe ek sien hoe die seuns so met mekaar fluister en geheimnisdoenerig is, het ek geweet dat ek ok daarby wil wees. Hoekom het hulle altyd die avonture, en die meisies sit  sedelik by die huis en hekel en wag seunsugtig op hul terugkeer? Toe loop ek agterna. Ek het hulle byna ingehaal, toe sien ek wat aangaan en die soldaat wat van agter kom om hulle te skiet. Toe was my gort gaar... Ek weet nie hoe julle dit uitdruk nie, maar gort was gaar. Toe spring ek op sy rug met die doel om sy oë uit te krap...”

    „Toe was gort amper gaar...”

    „Luitenant?”

    „Ja, waar sal ek begin, mevrou?”

    „Begin by die begin.”

©.1e.Junie2015......................................-----☼-----............................................................tje

(1290)(40790)



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

30
Jou unieke manier van skryf bly vir my 'n leesfees.

Reg te stel:

kyk gekont na?
orde hergestel, - orde herstel,
stem­deurmekaar - gebabbel
knatterige geruis?
verbaasd-­verbaas
ernste beriggewing - ernstige beriggewing
awonture - avonture
5 jaar 4 maande 3 weke 2 dae 8 ure oud



Vergete Pioniers

deur neels claasen

n spoorwegroman uit die sestigerjare



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar