Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

[Waarin iemand probeer om in 'n depressie te vermy, en vrede met die wêreld te sluit.]


DIE DROOM-EPISODE het 'n nuwe wending in my lewe gebring: In ieder geval weet ek nou dat ek nie hier gebore is nie. Natuurlik het ek geleef voor hierdie paradys-awontuur begin het; natuurlik kan niemand wat minder as 'n jaar geleef het soveel sien en beleef en begryp nie. En dit besef ek nou. Asof iemand 'n sperkaart of -wand hooggetrek het, kan ek nou in die ander helfte van die kamer kyk. In 'n ander gleuf skyn dit asof 'n sperkaart afgeglip het, en ek kan in 'n ander deel van die kamer nie meer sien nie. Slegs die droom van die soutwerk bly in my herinnering soos wanneer dit gou gered is voor die kaart op sy plek afgeval het. Snaaks. Maar dis asof ek weer alleen kan dink, en niks of niemand kom met ingewings  of ek dit wil hê of nie. Werklik snaaks.

    Ek sien hoe Klara en Griet dikwels bymekaar sit. Soms fluister hulle met mekaar, soms sit hulle net stil en kyk in die verte. As ek inkom, wip hul koppe om, en hulle staar my aan. Maar niemand sê my iets nie. Wat hulle wel dink? Ek kan mos nie vra nie.

    Ek mag nie weer in selfbejammering terugval nie, anders kan dit gou in depressie oorgaan. Ek en my ewige depri en mani al om die beurt!

    Die milde winter is al daar. Kobie gaan vanjaar waarskynlik weer nie sneeu beleef nie. Die nat-koue weer is nie juis dit wat mens opbeur nie. Daar was egter die twee opvoerings wat vir ons tog soos 'n helder sonvlek tussen die grou wolke verskyn het. Eers die somerlike sprokie, ligtig, lugtig en op 'n manier bevrydend van alle alledaagse onbillik­hede. Toe die konsert gisteraand met liedere en liedjies uit die hele wêreld  en die „derde helfte”! Toe bly die hele gemeenskap sit, en ons het in die donkerte gesing en gesing en gesing: Pop-, volks-, kinder- en klassiek-liedere vanoor die hele wêreld. Ook strydbares, opruiendes, politiesgeverfdes waarby vriend en vyand saamgesing het. Daar is altyd 'n halfdosyn mense wat die een of ander teks nie ken nie, sommiges sing in hul eie taal saam, dan is daar by die meeste lledere meer as 'n dosyn wat teks én melodie goed kan dra, en drie of vier wat die alt- of basstem vind. Êrens het ek gelees dat in seereddingsbote nie gesing mag word nie want as die vrolike liedjies uitgaan, dan kom die treuriges, die godsdienstiges, en dit sou vir die insittendes onverdraaglik wees. By ons was dit nie so nie, hoewel menige deelnemer (dis ons almal) met trane in die oë opgestaan het om sy of haar pad kamer toe te soek. Vreugdetrane.

    Dit, meen ek, kan net as goeie voorbode vir ons toekoms aangesien word.

    Waarskynlik gaan ek nie beleef hoe alles tot stand kom nie, maar ek sal kan sê dat ek in my lewe die goeie begin beleef het...
                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                            

  Aanhangsels

[Waarin menig ander siening van die verloop van sake gegee word, en uit ander blikwinkels vertel word. Aldus, waarin ander mense te woord kom, en 'n soort afronding plaasvind.]


AANGESIEN ons papiervoorraad aan opraak is, het ek mense gevra om te berig hoe dinge in die groepe en groepies wat tot stande gekom het, tans staan, almal moet knap saamvat, ek ok. Die weeklikse Volvergadering verloop vlotter, nie nood­wendig vredevoller nie: Daar is nog altyd mense wat 'n ander mening het. Reg so, maar dit kan onstuimige tonele uitlos. Swanger vrouens, moeders en die heel ou mense kom nie so dikwels nie; hul gerus­stellende invloed word vermis. Die daag­likse lewe in die geselskap verloop egter vlot. Al hoe meer pare trek saam, ons moet blyplek wat effe privaatheid bied, soek. Ons kos­voorrade gaan blykbaar tot die nuwe oes hou. Hoewel sommige mense nog immer nagmerries het, of 'n dag met hoë koors in die bed moet bly lê, en behalwe ongelukke wat dan en wan gebeur, is almal gesond: Geen merklike tekens van besmetting nie (Hare- of tande-uitval, vlekke op die vel, ens.). Geigertellings op aldrie Geigers stewig by 0+.  Delores

Diktaat:
     Deur sy twee oge het Meneer dít gesien wat voor hom was. Wat hy nie gesien of gehoor het nie, kon hy nie oor skryf nie: Die jongmense, seuns én meisies, het my hoenders in die bos ingevang, en Gerda en Griet het op my eiland soja ontdek. Op land! En ek het al die jare niks daarvan geweet nie. Blind is hy wat sienderoge aan dinge verbyloop en dit nie raaksien nie. Nou baat ons tog almal daarby. Dankie.  Kobus

    Ná al die geboortes, gaan ons in die Kindertuingroep ook nie werkloos word nie. Dit skyn my, daar is heelwat onaangekondigtes wat nie op die lys is nie. Daar is waarskynlik niemand hier wat vir die toekoms nie 'n bietjie bang is nie, maar die „baby-boom”  kan slegs van hoop en vertroue betuig.   Berenice   

    Toe ons 'n jaar gelede besig was om mense te soek en in die bus op te laai, kom ons op twee mans voor die tronk af. Een het onderweg gesterf. Die ander was „Meneer”, wat ons aanskynend toegeroep het toe ons eintlik verder wou gaan soek. Sy tong is uitgesny gewees, en ons raai vandag nog hoe dit kan wees dat hy iets gesê het, hoe hy iets kón gesê het. Ons kan dit nie verklaar nie, maar die vermoede is  ek vermoed  dat soiets soos telepatie 'n rol moes gespeel het. Dit klink simpel, maar niemand het 'n beter verklaring nie.   Naomi

    Ons Onvolwassenes het gehelp toe Oom Kobus en Klara omgetrek het. Ander pare oorweeg dit om hier weg te trek, en ons soek ooptes wat ons kan vergroot om 'n hut te bou en 'n tuin aan te lê. Sommiges wil 'n eie hut hier op die perseel hê. By Karel gaan ons tweekeer die week skooltoe. Ons is bly want ons het heelwat versuim. In ons vrytyd dring ons kus se kant toe al hoe dieper in die vallei in op soek na ander verlate, dalk toegewoekerte eilande, om te bewoon of weens gebruiksdinge en plante.  Magnus

    Die Teatergroep het „Midsomernagdroom” opgevoer. Almal het gehelp met kostuums, rekwisite, toneelbou en skildery. Op 'n namiddag op die stoep en trappe gespeel. Dit was warm genoeg vir oues en sieklikes om by te woon, en 'n warm ete daarna. Ons het wel die laaste papier gebruik, om die tekste te kopieer. Groot ekskuus asseblief! Jammer, maar niemand het daaraan gedink nie. Ons wil tognog jaarliks minstens twee stukke opvoer. Dank aan almal wat deelgeneem het, besonders die musici en Mirko wat regie gevoer het. Sara

    Die Koor- en Orkesgroep berig dat die sukses van die winterkonsert daartoe gelei het dat ons ook minstens tweekeer 'n jaar iets wil bring. Dalk kan ons saam met die teatergroep 'n operette tot stand bring. Lyk ons daar is heelwat materiaal in al die aktiwiteitskaste. Flora en Karel, julle moet vir ons kwartette in die somer kom sing, hoor! Maarten

  *   HOTEL EDEN    
u Wegbreekgeleentheid in berg en dal
u Geheimwenk vir rus en vrede
Ontspan in die vrye natuur                     drie*** en 'n ♥                             Aansterk in groen

Ter verduidelikking: Ek was jawel 'n „suster”, dog nie in 'n kerkgemeente of hospitaal of soiets nie. Ek en my kollegas het 'n beroep uitgeoefen wat dikwels tot diep in die nag geduur het, soms op straat, soms in 'n hotel. Niemand neem hierdie beroep vry­willig aan nie, ons het almal onder een of ander dwang gestaan. In my geval was die nood om 'n siek kind se terapie en doktersrekening te betaal. Toe die oorlog uitbreek, het ek geen opleiding gehad nie, en het in 'n ammunisiefabriek gewerk, waar ons koeëls met verskeie sprengkoppe saamgestel het. Ek moes sulkes saamsteek wat gas vrylaat wat die senu­wees aangryp. Dit het dieselfde siekte by die vyand veroorsaak waaraan my eie seun Frits gely en gesterf het. Ek was in 'n wrede mallemeule vasgevang. Toe loop ek weg in die wildernis. 'n Leraar se vrou het my tussen die bosse uitgevis en in diens geneem. Ek het skoongemaak en die eredienste bygewoon. Dis wat ek van godsdiens weet.
Die ontberings van die oorlog, saam met my eie self­sugtige drang, het ver­oor­saak dat ek Meneertjie verlei en seergemaak het. Daarvoor is ek eerlik jammer. My liefde vir hom is eg en stam waar­skyn­lik uit sy hulpelosigheid en my verstikte behoefte om moeder te wees. Hy het so lank geleef dat sy kinders in sy arms gelê kon word, maar hoe bewus hy dit beleef het, kan ons nie weet nie. Aan sy verhaal het ek nie getorring nie, buite 'n paar randnotatjies. Ek het Karel gevra om dit redaksioneel te hersien. Daarvoor is ons hom dankbaar. Renate


Op die keersy:
    Dis vir my 'n eer om Meneer se losbladjoernaal met notatjies, waarvan sommiges nog nie in skoonskrif was nie, in so 'n orde te bring wat ek hoop in sy sin is. Ofskoon die skoen­karton waarin dit opbewaar is – en voortaan bewaar gaan word – in orde was, was dit nie altyd maklik om die volgorde te bepaal nie. Die mense wat ek gevra het, was ook nie altyd eens, wat het voor wat en wat het daarna gebeur nie. Dis geen verwyt nie: Ons almal, ook ek, is nie seker as dit om die volgorde van die gebeur­ten­isse gaan nie. Ek het deurgaans probeer om sy joernaal woordeliks te gebruik met so min kort tussen­tekste moont­lik. Ons Meneer was verbasend beweeglik en aanskynend oral te alle tye aanwesig, en het geskryf oor dinge wat mens sou meen dat hy dit eintlik nie kon beleef het nie. Almal wat wou, het alles in hierdie karton gelees en mag vanself­sprekend kommentaar lewer en verbeter. Almal wat wil, mag hiertoe bydra. Weens gebrek aan papier vra ons bydraers om slegs die nodigste op te teken.  Karel 
  
    Die Gemeensaamheid aan die begin van 'n samelewing het in oertye miskien duisende jare geduur vóór die mense selfstandig kon word. By ons modernes is nog nie 'n jaar om nie, en die mense eis hulle persoonlike onafhanklikheid, wil wegtrek en 'n eie, self­standige lewe lei. Dis begryplik, maar ek koester 'n klein bietjie twyfel of dit nie vinnig afloop nie. Mettertyd sal ons sien. Tweedens: Sy wat daarop bestaan het dat die manlike attribuut minder betoon moet word, is juis sy wat voorgestel het dat „vanne”  weer ingevoer word, juis om die vaders te kan identifiseer: Naamlik ek.  Klara

    Namens my, self en al die „dikgeworde meisies met die lang bene”, Andrea, Warwara, Katja en Maja, sê ek dankie aan Meneer wat ons oor 'n bitter krise gehelp het. Onbewus, on­ge­wil. As ons jou geskend het, vra ons om verskoning. Jy het ons gered uit ons siele­pyn. Nie almal het die swaar los van Renate getrek nie, maar almal het op die een of ander manier „haar  of sy  trauma weg” soos Karel sê. Ons gaan nie lank daaroor skryf nie, net dat ons min of meer 'n balans op hierdie mal wip gevind het. Daar word nie meer snags soveel gekerm en geskree nie. Maar ons drome word af-en-toe tog deur nag­merries geplaag. Ons kinders bring ons toeverlaat. Ons streef 'n beter toekoms teë. Dankie.  Maren

    'n Aandskool is gestig, waar interessente in alle ouderdomsgroepe praatjies oor ver­skeie temas kan hoor. Religieuse en politieke temas  word ook aangebied, met vraetyd, en dit loop uitgesproke vreed­saam af. Aan twee aande per week is daar reëlmatig klassiese skool­onderrig: Aardrykskunde, geskiedenis, wiskunde, tale en natuur­weten­skappe . Die weeklikse onderrig vir die leerlinge in ons bedrywe, vak­onderrig, bv. landbou, skrynwerker, kombuis, kruietuin/apteek, die skilderkursus en Kobus se bye­kursus word in hierdie aandskool saamgevat. Ek staan verbaas, wat vir dors na kennis onder ons mense heers, besonders by vrae wat oor die daaglikse noodwend­ig­hede uitstreef, geestelike vrae! Karel

    In ons Biblioteek is, naas twee groot ensiklopedies, boeke oor byna alle aspekte van die wetenskap, kuns, geloof en wysbegeerte, inkluis die heilige boeke van 5 gelowe, asook handboeke vir verskeie ambagte, 'n „Doen-dit-self” -reeks, etlike ou tuin- en landboutydskrifte, 8 kookboeke, 'n noodhulp­kursus, 5 boeke oor diere en plante. 240 letterkundige werke van die grootste skrywers uit die hele wêreld, biografieë in 6 bande, en 13 digbundels in 5 tale. Aan die mure hang dertig afdrukke van kuns­skilderye. Daartoe nog 132 slapband boeke met liefdes-, speurder- en wilde-weste-verhale. Genoeg leesstof vir etlike slegteweer-naweke.  Melek

In groot, kleurige, onreëlmatige letters:

L  I  O  M M  A  N  E  A N  S ☼  H  E  T.O
M. ☼ B  A  iL  i  V  A  N ☼ E  L  S  A  K  E  i .N. K  O  B  i☺
X   X  X  X   X   X   X  X  X  X

Ag Pa, ek vermis jou alreeds so baie. B

SLOT

(2110)(51550)



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

37
'n Hele nuwe lewe en gemeenskap is gestig!

Regstellings:
op 'n manier bevryend = op 'n manier bevrydend
enige sing - almal sing
daar meestens meer = daar ten minste/maksimum meer
oombliklik staan - op die oomblik/tans staan
sienderoge aan dinge - oop oë by dinge
davon - daarby
al die geboorte - geboortes
kostume - kostuums
gedag - gedink
musikusse - musikante
kwartetes - kwartette
verstikte bedurfnis - neiging/drang/geaardheid
Dis vir my 'n ere - Dis vir my 'n eer
en verderheen opbewaar - en voortaan bewaar
aanwesend - aanwesig
Maja en my, - Maja en ek
toeversig?
interessente - geïnteresseerdes
Dis verbasend wat vir dors na kennis onder ons mense heers, - die dors na kennis wat onder ons mense heers, is verbasend
gedigtebundels - digbundels
papbande - slapband boeke
4 jaar 3 weke 6 dae 9 ure oud



Sirkeldans

deur Driekie Grobler

Die foto van my boek wys nie op die advertensie wat julle geplaas het nie, kan julle dit asb vervang met hierdie foto. Baie dankie :)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar