Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

[Waarin 'n reddingsaksie in 'n kloof beskryf word, Waarin voorkom hoe alle planne deurmekaarraak en hoe besluite skielik uit die staanspoor gemaak moet word. Waar die mans weer moed opskraap om teen die oorweldigende vroulikheid te staan. En waar tegelyk beseerdes rus vind en nuwe vooruitsigte as moontlikheid daargestel word.]


„HIERT! Julle twee tortelduifies! Wat maak julle dan daar, so in die openbaar?” Dorit kyk ontsteld na bo waar die stem vandaan kom. Sy lê half, kniel half oor Georg wat bewuste­loos onder haar op die gladde klipbank lê. Sy het met moeite sy rugsak afgehaal, het hom reguit gestrek, en op sy regtersy gedraai. Onder sy kop as kussing is 'n vlak brood in 'n handdoek gewikkel: sy skoene se veters is losgemaak, en sy het hom afgedroog, so goed sy kon; die son skyn weer en sy hoop dat dit sy klere gaan uitdroog. Juis nou is sy daarby om hom toe te fluister hoe lief sy hom het en moed toe te spreek, soos Tannie Gerda dit uiteengesit het. Ander raad het sy nie. Sy kan hom nie verlaat nie; wat as hy van die klipbank afrol? En buitendien het sy self 'n enkel verstuit en haar een knie is dik en styf en verskriklik seer.

    Oor die boonste rand van die spleet, waar die tou vasgekeil is, loer twee laggende, tergende maangesigte op haar af: Magda en Mirjam sien egter dadelik wat haar penarie is. „Hou vas, vriendin, ons kom af na jou toe.” Rats kom Mirjam die tou af, maar dan is die bankie vol, geen plek vir nog iemand nie. „Bly daarso, Magda, en laat die draagbaar met die tou af. Dan trek ons die twee een na die ander boontoe en kyk hoe ons kan terugkom huistoe.” As die draagbaar onder is, haal Mirjam 'n vlessie uit die noodhulpkassie wat saam ingepak is en gee Georg wat begin het om te kreun 'n slukkie daarvan. Sy versorg Dorit se  beserings, maar sy kry niks om te sluk nie. „Jou beurt kom nog, eers moet ons twee Georg op die draagbaar kry.”

    Moeisaam kry die twee vrouens die draagbaar onder die slap liggaam ingeskuif. Net as hulle klaar aangegespe het, hoor hulle 'n stem: „En wat soek júlle hier?” Boris staan op die volgende lysie na onder van die rotswand, 'n meter dieper tussen die boonste takkies en blare van 'n boom. Sy blik neem dadelik die hele toneel in. „Met één beseerde sou dit moeilik wees om boontoe terug te klim, maar met twee... Glo ek nie. My voorstel: Ons klim ondertoe, terug na waar ék vandaan kom. Die pad is nie so steil nie, dis afdraend, en ons kamp is nie so ver weg nie. Pad, nouja, pád kan ons nie sê nie, maar dis makliker as julle pad terug.” Hy wys Mirjam waar sy haar voete moet sit om op die lys te staan en halflyf oor die klipbank te werskaf. Hulle soek 'n moontlikheid om Georg veilig af te seil. Magda kom met die tou af om Dorit te verpleeg, wat die hele tyd haar pyn onderdruk het tot haar lippe bloei. Hulle soek 'n ankerklip vir Boris se tou, en hy klim met die draagbaar die laaste vyf meters deur die loof af, terwyl die twee M's die tou stadig aangee. Dorit lê slap en bewusteloos in die hoek ingeklem.

-----☼-----

Die kampplek langs die stroompie:
Díé Mevrou Griet darem! Ons twee was eintlik bestem om langs die hoofpad die twee drosters te gaan soek. Tien kilometers  of twintig, as dit moet  aan alwee kante van die pad die bos afklop en dan terug. Almal het gemeen dat hulle julle sou nagesit het. Ook die genadige Mevrou. Op een of ander manier het sy dit reggekry dat ons met 'n ander soektroepie uitgeruil word. Toe gee sy ons ekstraverpleging en hierdie vlessie, reëlreg as verdowingsmiddel. Met die verklaring dat, as iets sou gebeur, dit nie moontlik sou wees dat twee nóg so gesonde mense twee beseerde meisies sou kon help nie. Minstens vier, het sy gemeen. Het ons gedwing om die draagbaar saam te neem.”

    „Asof sy geweet het...  Sy het haar neus en vingers in alles; ek sê mos, sy weet ook alles! En die ding met die sout? Hoe kom julle te reg?”

    „Dis als bietjie baie om nou te vertel. Ek hol gou terug na die ander kamp en kom waarskynlik in twee ure of so met versterkings. As julle iets nodig het, woel maar deur die sakke wat daar hang. Die water is skoon en drinkbaar. Dan waai ek maar. 'Siens julle!”

-----☼-----

Vier kaartspelers sit teenoor mekaar. Die kaarte is uitgedeel en die hopies lê voor hulle, onaangeroer, ongebruik; die gespreek was veel te belangrik om nog daarby kaart te speel. „Sê jy dit in ons taal, dan sê ek... Nee, andersom: Ék sê dit eers in hulle taal en dan in ons taal sodat almal dit klaar kan verstaan. Sommiges sal dit tweekeer hoor en hopelik beter verstaan.”

     „Ek meen die klein Delores sal dit verstaan. Miskien is sy die spul waarom alles draai om dit deur te set...”  „So 'n blikskotteltjie, nè? Klein, fyn, maar oho!”  „Niemand kom teen haar aan waar sy in die vergadering op haar troon sit nie!”  „Juis dít het ons nodig: Hy of sy wat 'n amp uitvoer moet absoluut, geheel-en-al soewerein wees. Niemand mag inmeng en verbeterings wil aanbring nie...”  „En die blikskotteltjie laat dit ook nie toe nie!”  „'n Gelukstreffer dat ons so ene gekry het!”  „En die Annagret ook! Laat nie met haar gesels nie. As iets sou skeefgaan, kan dit 'n lewe kos  of twee  en sy is vol bewus daarvan.”  „Ons mans is altyd sóó versigtig om niemand seer te maak nie dat die wat iets te sê het liewer uit die moeilikheid terugtrek.” „Nouja, as julle twee die mense kan laat verstaan,... Dat dit nie oorkom dat julle 'n klagte bring nie, maar dat alle mense wat 'n amp uitvoer, dit moet doen, soos dit in die eerste notules opgeteken staan. En nie bang wees vir die eie moed nie.”

    „Waarskynlik gaan dit beteken dat ons die ampte moet oorneem van die verskriktes wat dit nie kan beheers nie.”

-----☼-----

„Jislaaik, ouens, hier sou ek graag wil leef, my oudag verbring,...”  „Ekkok!”  „Ja maar ek meen Matse het dit as eerste gedeps.”  „Hy en sy Louise...”  „En Maarten wou die winkel hê...”  „Ofskoon daar niks te verkoop is nie...”  „...En niemand wat gaan koop nie...”  „Daar kan mos twee eilande wees, een daarbo en hierdie een hieronder...”  „Wat? Wil jy 'n telefoon inrig om te verbind: ,Skryf my bestelling op: Twee liter melk en 'n motorboot. Ek wil op die eendedam bietjie rondry'?”

    Plotseling is Maarten wawyd wakker : „Nee, maar ek vermoed daar's 'n pad boontoe. En ons kan die twee beseerdes met 'n donkiekar hier uitbring...”  „Kan julle donkies tem?”  „...Met 'n donkiekar hier uitbring as en wanneer ons die pad gevind het. Die twee oudste donkies is so mak dat ons hulle self kon inspan. Om te toets, en om julle te gaan haal. Dis ja maakbaar. Daarom was Boris op pad boontoe: Om te berig wat hier gebeur  of tot nou toe nie gebeur nie... Sê maar, julle was in die industrie. Watse metodes ken julle om sout te maak? Ons gedagtes kom nie verder as moeisame uitdroog en geleentlik poeiertjies in sakke afstroop.”

    „Hmm, eers 'n bietjie daaroor nadink. Maar uit die winkel kan ons minstens 'n paar kilo saamneem as ons môre terugklim, nè? En 'n pakkie waspoeier. Om te bewys dat julle ontdekkingsreis nie gans-en-al onnodig was nie.”


©.19e.Mei2015.........................................-----☼-----..........................................................tje

(1280)(36800)



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

27
Smaak my daai donkies kom nou baie handig in! Ek hoop tog hulle kry nou 'n manier om sout te oes.

Kyk net hoe jou grammatika al verbeter het. Daar is net hierdie paar voorstelle vandag:

skoene se veters is gelos, - skoene se veters is losgemaak,
My voorslag: - My voorstel:
gans-en-gaar - gans-en-al
5 jaar 8 maande 1 week 8 ure oud


Vordering
Die storie vorder goed. Ek het lekker gelees, baie dankie, en sterkte met die skrywery wat nog wag.
5 jaar 8 maande 1 week 1 dag 8 ure oud



Dans van die Vlammevers

deur Evelyn van der Merwe

100 Gedigte met inspirasie, humor en ‘n kykie na die ou dae.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar