Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Deel 11.

Konstabel Van der Plooi dink by homself. Nog altyd was julle nie so ontelbaar nie! Hoe lank sal ons soos slakke langs die voet waarop die magtige romp van die skynheilige skemer, ons oorskadu en trap dors en sien ons skaars raak. Ja, hy het niks gesê nie. Dié wat nie wil dink, sou hy iets skreeu en glo dat hierdie dom geluid iets aan die wêreldtoekoms openbaar, wat hy dink weet ons nie, net so min as hy kan weet wat ek dink ― Wie kan dan aandurf en vernietig?
“Dit is goed so Kaptein, en dankie vir die verlof.”

Moeg van al die kompleksiteit by die Polisiestasie, is hy nou soos ʼn Tier wat in ʼn hoek vasgekeer is. Lê-sit hy op die rusbank, drink met klein teugies aan sy vrugtedrankie en wonder wat het dan so skeef geloop nou die laaste dag of twee.

“Waar sal ek nou begin? Eerste sal ek nou die Kaptein en daardie vent wat saam met my werk se bewegings moet dophou. Ja, selfs daardie meisies wie se name nie bekend is nie. Gelukkig het ek vir my afdrukke gemaak. Ja, my agenda is nou vol, wannneer ek gaan slaap is nog ʼn ander storie. Gedoriewaar! Hoekom het ek nie lankal aan Dirk met sy spoorsny honde gedink nie? Hy gaan jag gereeld met sy honde. Ek is seker sy honde sal ʼn mens se spoor ook kan vat. Laat ek nou dadelik vir Dirk bel.”

“Goeienaand Dirk. Dit is ek, Albertus. Hoe gaan dit met jou?”
“Goeie genugtig Albertus ou vriend, lank laas van jou gehoor, my maat.”
“Ja, dit is al ʼn geruime tyd dat ek aan jou gedink het. Ek was baie besig die laaste tyd. Kan ek jou ʼn guns vra Dirk, ek moet jou kom sien. Ek kan dit nie oor die foon bespreek nie. Deesdae het die dorpie sommer baie oë en ore bygekry. Wat dink jy van daardie plek, jy weet mos —?”

“Ja, ek verstaan, dit is afgespreek vir so oor ʼn half uur, sien jou daar.”
“Goed, dan sien ons mekaar nou-nou.”
“Man, dit noem ek nou ʼn vriend duisend in nood,” prewel hy by homself.

Daardie selfde aand vat Dirk en Albertus die spoor met twee van sy beste honde. Dirk is bang vir swaar dou, dan bemoeilik dit net die saak. Die twee het tot lank na middernag spoor gesny.

“Albertus ek dink ons moet terugkeer, dan kom ek oor ʼn ruk om die spoor verder op te volg. Dit sal net ek moet wees. Die mense ken my en hoe begaan ek oor my stokperdjie is. Dit sal hulle nie snuf in die neus laat kry nie.”

“Wat ʼn briljante idee, Dirk nou rol jy vir my ʼn rots uit die pad. Hoe sal ek jou hiervoor kan bedank?”

“Albertus, dis waarvoor ʼn mens vriende het in tye soos hierdie.”
“Dankie ou maat. Ek sien jou wanneer jy vir my nuus het.”
“Dan sê ek maar nag, Albertus.”
“Dieselfde Dirk.”

“Ja, ja nou kan ek my toespits op daardie twee se bewegings. Dan kan die Kaptein my nie aankla dat ek sy wet oortree het nie. Ja, dankie my ou maat, Dirk!”

“Goeiemôre Santie.”
“Goeiemôre Albertus, en kan ek vir jou iets doen my vriend? Ek lees iets in jou oë. Spreek net die woord, as dit binne perke is, Albertus.”

“Ai Santie, wat sal ʼn mens doen sonder ʼn vriendin soos jy? Is jy alleen vandag, Santie?”
“Ja, hoekom, ag hoe vra ek nou so ʼn dom vraag.”
“Jy weet mos van al die gedoenery wat die laaste tyd gebeur het. Ek word as ʼn verdagte beskou.”

“Ag ge-ne-e-e-ee Albertus!”
“Ja, dit is nou eenmaal so, maar nie te min. Ek wil hê dat jy vir my Peet Van der Linde, daardie vent wat saam met my werk....”
“O, ek sien wat jy bedoel.”

“Einste, ʼn mens het nie baie woorde nodig om aan jou te vertel waarna ek verlang. Jy bly my gunsteling al is jy getroud Santie. Ek was nie swaargewigtig genoeg gewees vir jou nie, maar ek is bly dat ons nog vriende kan wees. Ek respekteer dit en dit sal so bly.”

“Ag hoe vly jy my nou, Albertus.”
“Ja, dit was daardie tyd net kalwerliefde en goeie herinneringe daarby.”
“Dan sien ons mekaar sodra ek iets vir jou het, ʼn mooi dag vir jou, Albertus.”
“Vir jou ook, Santie.”

Laatmiddag is die lugdruk bedruk en ietwat bedompig, klou die klere vas aan die lyf en die son met sy ongenaakbare hitte wat sy strale tot diep in die beenmurg wil laat penetreer. Laatmiddag soek Santie vir Albertus op by sy huis.

“Albertus, ek het dit wat jy seker soek.”
“Laat ek so vlugtig daarna kyk. Man, ek moet jou geluk wens, dit is presies waarna ek soek. Jy is darem ʼn doring, nie in die vlees nie, maar ʼn skatlam en altyd ʼn staatmaker, Santie. Hier is vir jou ʼn soentjie. Kom nou Santie, moenie so bloos nie.”

“Ja, dit is iets anders en ek het nog altyd ʼn sagte plekkie in my hart oor vir jou.”
“Nogmaals dankie Santie, wat van ʼn lekker yskoue glas vrugtesap.”
“Dit sal lekker wees ou Stoftrappertjie,” met ʼn effense blos op die wang.

“Die jakkals van ʼn ou, wie sou nou dink dat hy sowaar as vet, sy vroutjie nou so staan en verneuk. Dit jaag nou my revolusies oor 12 duisend omwentelings ʼn minuut.”

“Ja Albertus jy moet oppas dat jy nie jou enjin oorverhit nie.”
“Ja, Janette, Peet was nog altyd vir jou so half heilig en onaantasbaar. Hierdie sóórt kan teenoor jou wreed wees, jou in die modder vertrap, maar getrou sal jy altyd bly. Jy sal nooit bevry wees nie, dit word nou één van die leemtes Janette. Ja, wie gaan nou jou hart bewaar?” “Ek moet seker nie nou te bevooroordeeld klink nie, maar ek het nog nooit hierdie vent vertrou nie. Albertus,” kom dit van Santie af.
“Totsiens Albertus, dan sien ons mekaar weer later.”
“Totsiens Santie, nogmaals baie dankie vir dit wat jy vir my beteken.”
“Dis ʼn plesier, ou Stoftrappertjie.”

Tevrede stap Santie weg, nou wag hy net vir Dirk, dan sal hy sien wie hierdie skilpad is. Albertus hoor ʼn kode klop aan die venster en besef dat dit net Dirk kan wees.

“Kom in Dirk, naand en kon jy iets uitvind vir my?”
“Ja, ek kon die plek kry soos jy dit vir my beskryf het. Daar is definitief ʼn wag wat op sy pos staan. Ek kan nie verseker sê of Laura daar aangehou word nie. Ons sal ons daar iewers moet kamoefleer en sien wie kom en wie gaan.”

“Wanneer wil jy hê moet ons gaan dat ons, ons posisies kan inneem?”
“Ek dink sommer vanaand nog, hoe gouer hou beter, Albertus.”
“Kom ons eet net eers, en dalk moet ons voorsiening maak vir ʼn dag of twee se proviand, Dirk. Ek vat my nagverkyker saam, so het ons ʼn vier-en-twintig uur uitsig op die plek.”
“Dit klink na besigheid man.”

Al sluipend loop hierdie twee deur die onheilspellende nagtelike geluide, waar ʼn brandwag, so nou en dan, sy nagtelike kreet gee vir ʼn moontlike gevaar. Daardie geblaf van ʼn brandwag laat sy eie gevoelvolle emosie na, dan is dit weer doodstil onder die suiderkruis. Laatnag kom hulle by die plek aan.

“Albertus ons is nou by die plek.”
“Wonderlik man. Dirk kan jy sien of daar ʼn hond of twee is, anders kan ek gaan nader ondersoek instel en sien waar bevind Laura haar. Ek glo nie ons het baie tyd tot ons beskikking nie. Dan gaan die oggendson ons geheim openbaar maak, dat ons hier in die vallei van die berghange gewandel het.”

“Jy sal net baie versigtig moet wees, Albertus. ʼn Mens weet nie wat se bosverklikkers daar verskuil lê nie.”

“Dankie vir die raad, jy kan sien wie praat hier van ervaring. Gelukkig het ek die voordeel dat ek ʼn ou stoftrappertjie is.”

“Dáárdie bosverklikkers stel nie belang wat jou grootte is nie.”
“Inderdaad Dirk!”

“Voor ek vergeet, Albertus. Jy kan dalk ook op ʼn outjie afkom wat op sy buik seil.”
“Probeer jy my wysmaak of bangmaak met hierdie adder geslag? Daar gaan niks my senuwees pootjie nie, hoor!”
“Wel, ek sien jy is reg vir die operasie ”Kurieus.

Woorde. 21895 is 23284.

DIE ONHEILSPELLENDE
MAANSVERDUISTERING.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

soen
arnold ek stem saam met spoke. hy som dit skitterend op
5 jaar 19 ure oud


Soentjie
Sjoe!
5 jaar 1 dag 5 ure oud


Hier is jou soen
Soos gewoonlik is jou storie baie aangrypend en skep jy voortdurend nuwe verwagtinge. Ek hou baie van die Albertus man. Hy het dit tussen die ore.
5 jaar 1 dag 14 ure oud


Hier is vir jou 'n soentjie...
Goeiste dinges en bloed en trane! Hier het jy mos skrynlik met die lengte verneuk! En nou moet weer gewag word vir die versteekte...
Maar ek sal wag, al is dit in ongeduld.
5 jaar 1 dag 14 ure oud



Oak Seed

deur Rachelle du Bois

Alicia Venter was a cool librarian with her life and her career mapped out. Until she looked into the compellingly familiar eyes of a stranger. She was shaken to the core. Why was she so powerfully drawn to the stunningly attractive Martin Blythe, yet they’ve never met? Martin Blythe was rich, he was a successful engineer doing research in the university library. And then he looked into the familiar green eyes of a strange young woman. The earth moved for him then as he recognised her somehow. In an instant he knew she was a part of him without which he could not live. Would these two people find the answer to the strange coincidence that kept pushing them into each other’s lives? Would they resist or choose love?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar