Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Deel 14.

Sonder blik of bloos loer sy net met stilstuipe na haar hande.

Sy word toegesluit in ʼn afsonderlike sel. Wanneer sy die kraan oopmaak, lyk dit of daar bloed uitkom. Hardnekkig sit sy haar spel voort. Na verloop van vier dae is daar nog geen reaksie. Daar word besluit dat haar spys ryswater sonder sout is. Die volgende paar dag begin sy te bieg.

“Dit lyk vir my; wanneer die paradys geregte onttrek word, is dit nie meer so hemels op hierdie aarde nie. Nou lyk dit of ons hierdie wilde merrie ingebreek het. Laat ek nou hoor.”

“Eerstens is ek nie ʼn wilde merrie nie. Ek is Anna Brouer.”
“Uiteindelik word die tong toe los, wel ek het gedink dat jou tong ontwortel is. Nou sing jy soos ʼn kanarie. Hoekom?”

“Kan ek iets kry om te eet, want ek is doodhonger,” sy is asvaal van die hongerte en die ene bewerasies.
“Eers as jy al my vrae beantwoord het, dit hang alles nou van jou af.”
“Nou goed,” komkommerkoel sê hy dit.

“Ag nou ja, nou hoekom juis Barberton, wel jy het seer sekerlik nie geweet dat, Barberton aanspraak maak op een van die wêreld se onoortuigende bakens waar treine weer moet omdraai, dit noem ons ʼn doodloop straat,” die motreën is dalk te blameer vir die dempende geeste in die nagtelike ure van hierdie bosryke Laeveldse dorpie, waar die geur van die Flambojant in die lug hang, “saans word opgekikker met die bekende nagtegaal se geroep vir sy lewensmaat. Van opwindende gastronomie tot ʼn inloop teater en museum is hier te vinde. Ja, die dorp se langste rugbypale hou die huidige wêreld rekord. Nou sal baie duistere sake ook sommer moontlik opgelos word, noudat ons weet wie jy is.”

“Nee, dit het ek nie geweet nie. Maak asseblief gou, ek is dood ho-o-o-onger.”
“Nou weet jy dit. Sê vir my; noudat ons weet van julle twee en die twee wagte, wat is die — “
“Ek sê niks sonder my Prokureer nie.”

“Mmmmm, dan is jy tog nie so dood ho-o-o-onger soos jy beweer het nie. Jy is geregtig op een. Dit lyk vir my jy hou daarvan om jou brood aan weerskante gebotter te wil hê, en dan nog met konfyt ook daarby!”

“Ek sê niks,” met ʼn emosielose gesig.
“Verseker dis jou volle reg om die stilswye op te lê. Maar ek sien jy het jou nou lekker hier kom vasloop of hoe?”

Moeg van die laaste paar dae se speurwerk saam met Dirk, neem hy ʼn lekker warm bad, om al die onheil uit sy gedagtes en van sy lyf af te kry.

“Laura, kom ons gaan swem by die Munisipale swembad, of al sit ons net en kyk hoe die ander die lewe geniet, wat sê jy?”
“Ek sal saamgaan, maar onthou net dat ek nie kan swem nie. Anders bly ons hier as jy my in die swembad wil gooi, hoor!”
“Ek belowe ek sal dit nie doen nie.”

Daar lê die twee verliefdetjies op die gras en handjies vashou en ontspan. Lê Albertus en staar met vasgenaelde oë in Laura se hemelsblou oë.

“Nou toe nou, en wie het ons hier, is dit nie die beroemde Konstabeltjie nie?”
“Goeiedag Meneer Guljian.”
“Kom dan gaan drink ons iets op julle geluk.”

“Het jy ook gedink dat ek my kan vereenselwig met die s.o.b.? Ek sê vir jou, dit is nie, want jy is “ryk gebore.” Sulke ouens soos jy Guljian.”
“En wat bedoel jy met s.o.b?”
“Wat ek hiermee bedoel is, sarkastiese onderkruipende basterd.”
“O ek sien,” sy hy dit met ʼn onderdrukte emosie.

“Ek ken ook ander ouens wat bekend is in hierdie gemeenskap. Hulle sou dieselfde soort gehad het, indien hulle armlastig gebore was. Ek weet nie of ek jou kan vertrou nie, Meneer Guljian.”

“Ons praat weer, Konstabeltjie, ons praat weer.”
“Ek sien ons het klaar ʼn uitspraak.”
“Ons praat weer,” wys Meneer Guljian met ʼn verergde sy wysvinger.

“Wat is fout, hartedief?”
“Hoekom?”
“Ek het net gewonder.”

“Weet jy wat, daardie eerste aand — het jou pragtige oë geskitter van hartseer. Hoe meer ek in jou magiese wêreld rondbeweeg, hoe meer sien ek opnuut iets — “
“Nee ek bedoel met hierdie ou,” fluister sy vir Albertus.
“O hy, kom ons vergeet van hom, hy’s ʼn s.o.b.”

“Ek bedoel elke woord wat ek vir jou sê, dit kom uit die diepte van my hart.”
“Soos wat, vertel my assebli-e-e-e-ef.”

Albertus kyk vir haar, sy gesig en oë vertel ʼn stille sprokiesverhaal. So toets hy haar om te sien wat haar reaksie gaan uitlok.

“Albertus asseblief, vertel my! Jy maak my nuuskierig, assebli-e-e-e-e-ef vertel my!”

So ken hierdie Stoftrappertjie, net eenmaal die slag om met mense te werk. Ontlok hy daardie spontane reaksie van Laura. In ʼn japtrap is ou Vlooi vasgepen onder Laura. Hy maak asof hy nou die mindere in die liefdesstoei is, en sy die held. Begin sy hom kielie, daar en dan ontdek Laura ou Vlooi se geheime puntjie van teerheid.

“Asseblief liefling, dis genoeg!”
“Nou sien en hoor ek ook niks.”
“Nou goed, nou goed. Jy het hierdie rondte gewen.”
“Ek wag in afwagting!”

“Sjjj” sy hand wat oor haar hare streel, trek sy haar asem skerp in met ʼn snak, geraak deur die sombere gevoel van sensasie, Albertus soek haar lippe met ʼn tere soen.

“Jy weet, daardie hemelsblou oë van jou skitter elke dag meer en meer van omgee en liefde. Jy is doodeenvoudig ʼn bondeltjie plesier, en — “
“En,” sy voel hoe hy haar laat gaan, sy hand op......

“Kom kom julle twee verliefde dromers, ons is reg om die hek te sluit,” kom dit van die swembad opsigter se kant af.

Skaars by die huis, lui die foon. Laura en Albertus word genooi vir ʼn braai by Dirk en Merie se huis. Daar word Laura gevra, of sy kans sien om Albertus se lewe finaal in te kleur met die liefdesvlinders voordat dit ʼn ander tuiste sal vind.

Die vuur brand toe die twee daar aan kom, word lank en sand gesels. Die braai gee aan enige geselskap daai hup stootjie. “Terloops Laura, onthou net, alle goed aan jou dade grens aan ʼn ewigheid. Deur die eeue heen was raad aan die nageslagte oorgelewer. Besef jy, dat jy ʼn vegter is, jy hoef nie alleen op eie houtjie, oor te begin nie.”

“Niks is in sy tyd en stof gesluit en alles stroom deur grense en eeue aaneen. Nes die sterre in die melkweg se pas, waar elk slegs sy eie weë beskryf, so is ons aan alles tydelik verbonde, Albertus,” kom dit van Merie.

“Iedere een smaak die slegte en goeie wat die samelewing ons aanbied, op so ʼn wyse, dat elke iedere op sy bootjie op ʼn gelyk stroom wat om draaie en kronkels talm of verlore raak voordat dit die wye oseaan bereik, met mindere of meer golwe wat verwoed op die bootjie losbars, van die magtige oseaan. Ontsagwekkend is ʼn Groot Oseaan. In vandag se tye, hoe ontsettend as die wind gehuil en gebulder het teen ʼn klein skippie, en dit heen-en-weer op die kolkende en bruisende golwe geslinger het.”

“Damn Albertus, waar kom jy aan al hierdie dinge,” kom dit van Dirk af.

“Keer op keer het dit gebeur sodat die wat aan boord was, gesien het dat hul laaste dag gekom het, en dat hy nou wanhopend die ergste in die aangesig moes staar. En hoe vele storms het losgebars op so vele klein en groot skippies. Alles is gedoen om te red, daar is gebruik gemaak van hulpmiddels om die skippie (situasie) onderom te gord, ander het die seile neergehaal en die skippie laat heendrywe ......? maar ten laaste is tog alle hoop om gered te word, hul ontneem.”

Vir ʼn oomblik draal Laura se gedagtes daar waar net sy van weet.

“ Laura, La-a-aura is jy met ons.”
“Dirk vra of jy nog iets wil drink, na die ete.”
“Wat, ek is hier in julle midde. Dirk dit was so-o-o-oo vingerlek-lekker gewees, nee dankie vir die aanbod, ek het nou regtig te veel geëet.”

Onderlangs loer sy met daardie ondeunde hemelsblou oë, wat enige man se knieë sal laat wankel.

“Laura — is jy verlief? Albertus jy is darem ʼn gelukkige man, met so ʼn beeldskone lewenskroon aan jou sy. Hoe is dit moontlik om nie die liefdesgeluk te aanskou nie, sonder om liries te wil raak nie. Word jy vertroetel met hande van goud, en dit is die resep van ware liefde. En weet jy wat nog, ek wat Dirk is, is so gelukkig om dit te wedervaar.”

Sy kry ʼn blos op haar kuiltjie-wange, en voel so effens verleë, want sy het so versink geraak in haar eie menswees bestaan.

“Hi Dirk, nou hoe kan jy so ʼn vraag vra? Damn Dirk, waar slaan jy met hierdie pragwoorde uit? Jy’t my nog nooit so iets toegedig nie,” kom dit van Merie af.

“Mag ek nie! Dit is so wonderlik mooi as daar twee mensies soos Laura en Albertus vir mekaar bedoel óf lief is. Maar jy Merie my lief, jy is die hart van hierdie ou, en ek pas dit baie goed op. Ek wil nie nou al kluite skop nie.

Kom ek sê vir jou ook iets;
Jou oë soos seladon
verower jy die hart van ʼn man
jou vroulikheid so sag soos satyn
jou hart straal soos ʼn diamant
dit is wat my hart so week maak — “
“Hi Dirk, ek sal jou vir geen geld verkoop nie.”

“Ek kan dan ook vra; waar kom jy aan sulke week maak goedjies, Dirk?”
“Dirk en Merie, ek dink ons moet gaan, dit is al na middernag, dan groet ons vereers.”

“Nag julle twee verliefdetjies, en hou matigheid voor oë né!”
“Ja, ons sal stadig oor die klippertjies gaan. Weereens baie dankie vir die lekker aand hier by julle twee wonderlike mensies.”
“Dis ons plesier, en maak weer so né, tot volgende keer!”

“Albertus, jy is bevoorreg om sulke twee wonderlike vriende te hê. Dan praat ek ook nie eens van jou, hoe jy hierdie twee spesiale vriende van jou behandel nie.”
“Dit is mos waaroor die lewe gaan, is dit nie so nie, my lief.”

“Wat sou ek sonder julle drie gemaak het? Nou kan ek ook al my ou vrot skoene agterna gooi.”

Die volgende môre se môrestond is grou aan die opbou, na ʼn paar dae se droë warm lug. Is Albertus nie baie lus om werk toe te gaan nie. Hy sal dit eerder verkies om aan Laura se lippe te hang vir geselskap. So kan hulle twee met afwagting wag vir ʼn moontlike misreëntjie.

“Albertus my hartedief, ek wil jou nie wegjaag werk toe nie, maar dit is al amper 8 uur.”
“Hoekom kan daar nie net een dag in die jaar wees, waar die son weier om sy dagtaak voort te sit nie? Dan hoef ek nie vandag te werk nie.”

“Ek weet hoe voel jy my lief.”
“Dan sê ek eers totsiens tot en met middagete.”
“Ek wag vir jou.” waai sy met haar hand in die oggendbries vir haar toekomstige lewensmaat.

Die oggend op kantoor lyk die Kaptein nie so vriendelik soos altyd nie.

“Môre Kaptein.”
“Môre Konstabel, jy moet vir my al die verklarings so gou as moontlik voorlê vir die Hofsitting. Die saak sal oor ʼn week in aanvang neem. Verder, dit lyk asof die aanklaer gaan wankel in die Hof met ʼn nie lugdigte saak nie. Ek is nou moeg vir al die foon oproepe.”

Konstabel Van der Plooi het al sy dae om die verslae in orde te kry, wat hom tot laat nagte wakker hou. Soms kry hy daardie gevoel asof iemand hom dophou, dan dwaal sy gedagtes tot daar —daar waar hy homself verbeel hoe hy sy eie verhoor aanhoor. Hy ruk soos hy skrik en voel hoe koue sweetdruppeltjies op sy voorkop saam pêrel. Hy kyk verwilderd om hom heen, hy stap af na Laura se kamer om seker te maak dat sy nog — Hy staar na haar, haar asemhaling is reëlmatig. Onbewus wat nou so pas met hom gebeur het, slaap sy voort. Hy kry nie daardie nare gevoel afgeskud nie, lê hy met sy oë vasgenael in die nagtelike donkerte, daar hou sy gedagtegang hom besig om nie verder die nag te kon slaap nie.

“Goeiemôre Albertusie, dit is snaaks dat ek jou nog in die kooi vang.”
“Goeiemôre my liefste. Ja, dit voel of ek laasnag al die dorp se drank uitgedrink het.”

“Ek glo jou nie.”
“Ja, my kop sit nie vandag op sy regte plek nie.”
“Moet ek vir jou vrugtesout bring?”

“Ek glo nie dit is nodig nie. Ek het net laasnag ʼn nagmerrie gehad.”
“Soos wat?”
“Te ingewikkel en deurmekaar om te kan verduidelik.”
“Dit lyk vir my, hierdie hele affêre werk op jou nerfies.”
“Ja, en wie s’n nie! Ek sal moet gaan anders is ek laat vir die vergadering.”
“Tot later my liefste Albertusie.”

Kry hy die soen van sy lewe, dat sy bene onder hom wil wankel.

“Damn, wat se soort soen is díe. Jy sal maak dat ek nie sal gaan werk nie.”
“Kom, kom, voor jy laat is.”
“Dit is nou nie reg wat jy my nou net aangedoen het nie, ek gaan ʼn reëling instel dat — “
“Dat wat — “

“Sjjjj - Sjjj sy trek haar asem skerp in, geraak deur die sombere gevoel van sensasie, hy soek tergend na haar lippe en dan met ʼn tere soen.

Woorde. 25795 is 28047.

DIE ONHEILSPELLENDE MAANSVERDUISTERING.

Inhoud.

Wat gebeur onder die neus van die son.
Halfedel erosie liefde.     
Gekwalifiseer as te lig.
Deur hierdie skeidslyn.     
As ʼn mens nie meer kan veg nie.     
In my sielslabirint.     
Dit ruk haar hart tot stilswye.     
“Jy laat my spraakloos Albertus.”
Sy swyg soos die graf.                               Kom ontwaak my lyf.                                   
Hier is vir jou ʼn soentjie.                             
Operasie kurieus.                                    
“Wag so ʼn bietjie met jou — “                             
Jou vroulikheid so sag soos satyn.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Jou vroulikheid so sag soos satyn.
Carol en Neels ek beskou dit as 'n kompliment, maar ek moet erken dat ek nog nooit van sy boeke gelees het nie.
4 jaar 2 maande 5 dae 22 ure oud


satyn
Ek voel presies soos Carol. ek hou van haar verwysing na sewe dae by die Silbersteins. ek het ook die boek gelees en kry dieselfde gevoel
4 jaar 2 maande 5 dae 22 ure oud


Vroulikheid
Altyd lekker om jou werke te lees.
4 jaar 2 maande 6 dae 9 ure oud


Satyn
Ek is absoluut mal oor jou beskrywings en dialoog. Het jy ooit Ettiene Leroux se boek, Sewe dae by die Silbersteins gelees? Ek kry soms dieselfde "gevoel" met jou storie. So effe surrealisties, maar realisties.
Goed geskryf, Arnold :)))
4 jaar 2 maande 6 dae 15 ure oud


vroulikheid
lekker gelees dankie Arnold
4 jaar 2 maande 6 dae 15 ure oud


Vroulikheid
Weereens 'n prag skrywe uit jou pen. Ek het dit baie geniet.
4 jaar 2 maande 6 dae 19 ure oud



Grafte op die Berg

deur Johannes de Swart

Prosigma, dagboek van 'n paranoiese skisofreen



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar