Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Deel 16.

Laura en Albertus klop aan Santie se deur. Hulle het in hul jeug saam die kalwerliefde gedeel en die ware liefde kon hulle twee nooit deel nie, maar hulle deel in kragtige emosies van volwassenheid.

“Goeiemôre, Albertus.”
“Goeiemôre, Santie. Hier is die dametjie wat ek graag onder jou hande wil laat deurloop. En onthou jy vra nie na haar naam nie!”
“Goeiemôre Mejuffrou die skim,” buig sy so half voor haar.
“Goeiemôre Santie, as ek mag,” neem sy haar dadelik in haar vertroue.

“Natuurlik mag jy, ek verstaan alles wat hierdie klein Konstabeltjie van my verwag,” kom dit so al skertsend, dan lag hulle saam oor hoe Santie optree.

Santie haal ʼn kleurvolle boek uit en wend haar tot Laura.
“Goed, watter een van hierdie haarstyle hou jy die meeste van?” wys sy met belangstelling.

“Wel hierdie twee haarstyle “Mermaid Heart Braid” en “Scissor Waterfall Combo” was my gunstelinge. Miskien moet jy een van hierdie ander twee style probeer. Watter een sal volgens jou professionele mening die beste by my uitrusting pas, die “Prim’s Braided Bun Updo” of die “Banded Puff Braid”?” met blik van ondeundheid.

“Wel, hierdie “Prim’s Braided Bun Updo” styl sal nie te uitspattig wees vir die geleentheid nie en tog sal dit jou uitrusting komplimenteer. Nou wil ek hê dat jy moet ontspan en wees net jouself.” Sit Laura en dink hoe sy daarna sal uitsien wanneer Santie met haar klaar is en gesê nie baie nie.

Ongeveer twee ure later is Santie klaar met Mejuffrou die skim.

“Nou is dit die uur van die werklikheid. Kom dan kyk jy in die spieël of jy tevrede is.”
“Wow, is dit regtig ek, hierdie een wat so half verslons hier ingestap het? Ek herken myself nie eens nie. Jy is rêrig ʼn meester op hierdie gebied. Van nou af is jy my haarkapster,” gee sy vir Santie ʼn drukkie van dankbaarheid.

“My eintlike beroep is nie om ʼn haarkapster te wees nie, ek is eintlik ʼn reisagent.”
“Wel ek moet sê, dat jy jou storie ken, en nogmaals dankie, Santie. Dan sê ek sommer ook totsiens. Ek kom kuier verseker weer vir jou.”
“Jy’s altyd welkom en totsiens Mejuffrou die skim,” waai Santie vir haar terug.

Daar drom die hele gemeenskap saam by die Hof om die verrigtinge by te woon, baie nuuskierig om te sien wat gaan gebeur en hoe hierdie Mejuffrou Laura Hoffmann lyk, wat sogenaamd uit die dode opgestaan het volgens die nuusberigte.

“Nou wonder ek wat het van Laura geword. Ek sien haar nie, moet nou nie vir my kom sê dat sy koue voete gekry het nie!”
“Hallo Konstabel Van der Plooi. Kan ek jou help?”

Konstabel Van der Plooi skrik hom oor ʼn mik, sy hart mis ʼn slag, aamborstig maak hy keel skoon en snak na sy asem toe hier ʼn beeldskone dametjie voor hom kom staan. Albertus het nog nooit tevore nie, of sedertdien, iemand gesien met so ʼn perfekte skoonheid, soos hierdie dametjie nie.

“Wel, ek is Konstabel Van der Plooi, mag ek om jou hand vra?”

Die oomblik toe hy dit klaar gesê het, besef hy dat dit Laura moet wees.

“Demn, ek moet sê dat Santie jou in ʼn feëprinses laat verander het. Ek is spraakloos oor jou beeldskoonheid. Ek het definitief te min woorde om jou beeldskoonheid te beskryf. Ek hoop nie die ouens gaan my van die gras af maak om jou in die hande te kry nie.”
“Stadig oor die klippertjies, my hartedief,” lag sy uit haar maag en met ʼn vuis pomp sy hom in die ribbekas.

Staan daar ʼn deftige dametjie wat met Konstabel Van der Plooi gesels. Sommige vra: wie sal die dametjie nou wees? Party gis so en ander sis so, alles is net spekulasie wat in die lug bly hang. Laura beloer die mense met haar goueraam Ray Ban onder deur haar Dolly Varden breë rand hoed. Haar lang vosbruin hare is in ʼn “Prim’s Braided Bun Updo” saamgebind en hang swierig tot op haar skouers. Die keurige en smaakvolle grimering, ʼn kunstige stukkie werk van Santie, laat alle koppe na haar kant toe draai en is sy die middelpunt van bespreking.

“My hartedief ek is op my senuwees. Wat gaan hulle my alles vra? Ek was nog nooit in ʼn Hof gewees nie,” sê sy dit met ʼn ietwat bewerige stemmetjie.
“Bly net kalm, dink net voor jy praat, dit is baie belangrik hoor.”

“Dit is maklik om dit te sê, dit is jou werk.”
“Ja, ek weet my liefling,” probeer hy haar kalmeer.

Laura Hoffmann se tyd het aangebreek om voor die Hof te verskyn. Dit is drukkend buite, staan baie met ʼn natmaak dingetjie in die hand om die dors te les en die son is ook nie veel vriendeliker nie. Hier en daar nuuskierige omstanders wat aangroei om te sien wat die dag se Hofverrigtinge gaan oplewer. Die hofsaal begin gevul raak met diegene wat betrokke is in die verhoor, asook die weetgierige besoekers, die Hofsaal is stampvol.


“Almal staan.” het die bevel van die klerk gekom soos deur die regter aangestel. Almal in die hofsaal het opgestaan, en gewag vir die regter om sy sitplek in te neem. Daarop het die jurielede, een vir een, plegtig ingeloop gekom na die jurie bank.

Die klerk betrag die woorde wat gedruk is in goue letters op die regter se bank: In God Vertrou Ons. Hy staar na die eikehout-paneel mure, by die hof seëlsteen vertoon dit prominent uitgesny, en uiteindelik staar hy na sy teëparty, die assistent prokureur, wat waarskynlik gevul is met sy eie self-twyfel, versigtig ondersoek hy sy bolpuntpen waarop hy wil probeer steun, dan loer hy versigtig onderlangs na die juries se kant toe.

Die hof amptenaar lees die verklaring en slaak ʼn sug van verligting, dan oorhandig hy die dossier aan die klerk, die regter neem sy afskrif uit die boonste vakkie voor hom en bestudeer dit.

“Sal die verweerder asseblief opstaan!" beveel die klerk.
“Mejuffrou Laura Hoffmann, sweer jy dat jy net die waarheid as waarheid sal getuig.”
“So help my God,” kom dit oor haar lippe dat die Regter dit skaars kan hoor.

Daar is iets nie pluis nie. Die assistent prokureur betrag Mejuffrou L Hoffmann. Hy moet haar gedagtes probeer lees en hy kan nie. Hy probeer haar liggaamstaal lees asof hy reeds elke greintjie van haar lyf intens wil verken, maar haar houding en gedagtes is onverstoord, haar skoonheid grens aan perfektheid. Hy probeer die eerste vraag stel, dan bedink hy homself. Met ʼn aamborstigheid besef hy, hy kan nie dit wat sy dink, ontsyfer nie. Hy wonder by homself en stap stadig na haar kant toe, miskien staan hy te ver van haar af om dit wat sy dink te probeer ontsyfer. Kyk hy in haar hemelsblou oë vas, sy breins versteur en vasgeslaan met die aanskouing van ʼn grenslose skoonheid.

Die paniek het gekom en gegaan. Wat oorgebly het, was die koue werklikheid dat iemand ʼn mens probeer doodslaan sonder ʼn sweempie genade. Iemand wat hy gedink het wat hy liefgehad het. Dink Laura by haarself. Hy hou sy hand op asof hy gesag wil afdwing. Dan begin die assistent prokureur.


“Wat kan jy die Hof vertel, waar pas jy in die hele storie?” wonder hy of dit die gepaste vraag sou wees.
“Waar sal ek begin; ek was met Tom — ek kan sy van nie onth- (“Brend”)Brend in ʼn soort van verhouding. Hy was die miskruier onder die Eva geslag, ek bedoel die haan onder die henne,” bars ʼn gelag los onder aanhoorders in die saal.
“Orde, orde in die Hof.” Omtrent na twee minute kom daar weer stilte in die hofsaal.

“Wat jy hier sê; is dat hy — “
“Net so, Edelagbare,” sê sy met selfvertrou.
“Het jy enige intieme verhouding met hom gehad?” die blik op sy gesig om te kenne te gee ek hoop nie so nie.
“Dank die Vader ek was by my positiewe.”

“Mmmmm, ek verneem dat jy as vermis aangemeld was?” en wil nog iets byvoeg.
“E-e-e-ek, e-e-ek sal nie kan sê nie,” kyk sy na die Regter om seker te maak hy is tevrede met die antwoord.

“Dit is te begrype. Waar was jy dan al die tyd, na die dag met “sonsverduistering”, wat het gebeur Mejuffrou Hoffmann?”

“Appèl.”
“Van die hand gewys.”

“Van die sonsverduistering weet ek nie veel nie. Wat ek wel kan onthou, is dat ek my — ek weet nie hoe lank ek daar in die teenwoordigheid van gemaskerde persone was nie,” vryf sy haar hande op mekaar, ervaar sy weer daardie nare gevoel.

“Dit is vir my opvallend dat jy op so ʼn sonnige dag met ʼn langmourok in die Hof verskyn?” Sy kyk die prokureur aan met smekende oë en kyk verwilderd om haar heen.

Kom dit van haar prokureur. Laura is gekleed in ʼn pragtige pastelblou rokkie van die fynste katoenstof. Die donkerblou kantjie om die spierwit kragie komplimenteer haar hemelsblou oë. Daar kom ʼn blos op haar wange wat versprei tot in haar nek. Soos sy nou daar sit, lyk dit na ʼn prentjie uit ʼn sprokiesverhaal.

“Orde, orde in die Hof,” kap die Regter se hammertjie op ʼn koperplaat.

Daardie woord; langmourok laat ʼn wrang smaak in haar mond. Vlugtig soek sy met haar oë vir Albertus in die hofsaal. Sweet pêrel liggies op haar voorkop, haar hande sweet en begin liggies bewe. Dit voel soos ʼn ewigheid. Waar is hy tog? Sy moet met hom oogkontak maak, sy moet net sien wat haar nou te doen staan. Maar sy besef die koeël is deur die kerk. Al langsamerhand begin sy saggies snik. Soek haar oë desperaat na Albertus, om tyd op te maak vir iets wat sy nie voor kans gesien het nie.

“Appèl, Edelagbare, ek weet nie wat het dit met die saak te doen nie.”
“Toegestaan.”

“Edelagbare ek dink tog so.”
“Mejuffrou Hoffmann, onthou net jy kan die Hof oortuig van hierdie saak.”
“Appèl.”
“Van die hand gewys.”

“Mejuffrou Hoffmann, ons wag vir jou!” sy kyk loer na die Regter, met ʼn smeek gesig dat sy dit nie sal deurstaan nie. Die Regter met sy emosielose gesig wys dat sy moet voortgaan.

Laura twyfel of sy haar arms moet ontbloot, en die trane vloei nou vrylik oor haar wange. Die ene bewerasie sukkel sy om die klein wit mousknopies los te maak, wag almal in spanning, party knaag aan hulle naels, dit lyk of party mense nie vir die dag enigiets geëet het nie. Eindelik slaag sy daarin om die knope los te kry en rol stadig, asof sy in ʼn trans is, die moue versigtig op. Party vroetel in hul handsakke vir ʼn snotlappie. Almal in die hofsaal snak na hul asems, asof iemand die suurstofkrane toegedraai het.

“Dankie Mejuffrou Hoffmann, geen verdere vra nie,” sy voel hoe dat haar kop begin draai, verwilderd soek haar oë na ʼn ontsnappings roete, dan besef sy dat sy nou onder medikasie is.

“Die Hof verdaag tot môre.”

“Mejuffrou Hoffmann kan jy ons hoor, voel jy goed?”
Sy maak haar keel so effens skoon, dan kom haar stemmetjie skrefies dun hoorbaar. “Ek, ek voel goed dankie,” probeer sy orent kom maar voel nog heel duislig in die kop.
“Kom Laura ons vat jou huis toe,” hoor sy Albertus en Dirk se stemme.

Afgemat val Laura op haar bed neer, hartverskeurend kom die rou snikke. Dit voel of haar hele wêreld in duie gestort het. Albertus is skoon siek om te sien wat onder die rok met die langmoue verskuil gelê het. Sy kop raas met hom asof daar ʼn swerm bye wil nes maak tussen sy ore. Op en af loop hy, hy weet nie of hy moet skreeu of saam met Laura moet huil nie. Hoe kan hy haar vertroos met ʼn emosie buite beheer. Hy gaan badkamer toe, bekyk die spieël, besluit toe om onder ʼn yskoue stort sy emosie af te koel en onder beheer te kry. Na tien minute voel hy weer in beheer van homself.

“Laura ek is baie jammer oor dit wat in die Hof gebeur het. Ek moet sê; ek het nie geweet dat dit so sou uitdraai nie my liefling. Vergewe my asseblief, ek vra dit met trane in my oë.”

“Met trane in jou oë? Nou dat jy weet, is dit seker verby tussen ons twee,” vloei die trane nog vrylik oor haar wange.

“Kyk vir my, my liefling. Ek het nie jou lyf lief nie, al is jou uiterlike miskien geskend, is jou innerlike ongeskonde en dít maak van jou ʼn perfekte meisie. Ek het jou innerlike lief Laura, dit is jou innerlike Laura wat my bekoor. Dit het jy al vir my gewys daar by Badplaas.”
“Ai Albertus, jy is so anders,” snik-lag sy so deurmekaar.

Daardie aand kom besoek die Kaptein vir Albertus by sy huis.

“Naand Albertus, is Laura hier vanaand.”
“Ja Kaptein, sy’s in die badkamer ek roep haar, maar hoekom?”
“Asseblief Konstabel,” met ʼn amper onhoorbare stemmetjie.
“Naand Kaptein, is daar iets verkeerd?” kyk sy na hom en sien verontrusting in sy oë.

“Nee Laura, dis net dat ek my simpatie wil kom betuig, as dit in orde is met jou.”
“Dankie Kaptein, vir die belangstelling van jou kant af.”

“Ek wil hê dat julle twee moet weet; my deur staan altyd vir julle oop, maak nie saak watter uur van die dag of nag dit is nie.”

“Baie dankie vir die uitnodiging, Kaptein.”
“Dit sal vir my net plesier verskaf, indien ek met iets kan help, dan sê ek eers nag vir julle twee.”
“Nogmaals dankie vir alles, en ek sien Kaptein môre in die Hof,” maak hy die deur toe nadat die Kaptein daar weg is.

Die volgende dag net voor die Hofsitting loop Oom Koos vir Laura raak.

“Goeiemôre Laura, ek is so bly om te hoor jy leef nog,” kyk hy haar aan om seker te maak dat hy wel reg sien.
“Goeiemôre Oom Koos, hoe heerlik om weer met Oom kontak te maak,” en gee hom ʼn liefdevolle drukkie wat sy so lank laas gedoen het.

“Laura ek weet ek kan jou nie meer terughou van jou nuwe kêrel nie, my hande het leeg gevoel sonder jou gereelde besoeke in die verlede. Kom drink tog ʼn koppie koffie indien jy die tyd het asseblief,” met ʼn traan of twee in sy oë van dankbaarheid om haar weer te sien.

“Ai, Oom Koos, dit hoef nie nou meer so leeg te voel nie, hou my hande vas dan voel Oom dat ek nog leef. Ek sal die uitnodiging vir koffie met graagte aanvaar,” leun sy teen Oom Koos se boesem aan.

“Dankie Laura, jy laat nog ʼn traan of twee in my oë, jy is so spesiaal vir my en jy het nou goed gedoen om die Konstabeltjie aan jou vishoek te vang,” dan kyk hy haar met trots aan en gee vir haar ʼn drukkie van dankbaarheid.

“Ja Oom, dis hy wat my ingekatrol het, iemand soos hy, is daar net een uit ʼn miljoen. Oom Koos moet my asseblief verskoon, ek moet nou gaan om verder in die Hof te getuig.”

“Dit is goed so my hartjie, sterkte met die verhoor. Ek wag vir die beloofde koppie koffie saam met julle twee,” dan waai hy vir haar met ʼn blik soos ʼn vaderlike kyk.

Oppad Hof toe, loop Konstabel van der Plooi vir Flenter-Jan raak.

“Konstabel, ek het iets wat ek vir jou wil wys,” vroetel hy in sy sak op soek na daardie geheimsinnige papier.
“Flenter-Jan, ek het nie nou tyd om ʼn woord met jou te wissel nie,” bedwing hy sy eie stem.

“Maar daar is ʼn baie goeie rede hiervoor,” oortuig hy hom.

Konstabel Van der Plooi vat die papier en lees vlugtig daaroor.

“Maar eers moet ons al die besonderhede bestudeer en besluit of jy regtig van moord aangekla gaan word. Ons moet elke spoor navolg, wat jy uit die inkomste gaan kry? Wat kry jy in die hele aangeleentheid, Flenter-Jan? Moeilikheid is jou voorland.”

“Dit is jou afleidings, waarskynlik moes ek maar nooit jou, as my boesemvriend geneem het nie, Konstabel! Woorde so mooi, maar nooit vertel van die rowwe rit vir my,” sê hy dit half verergelik.
“Onthou net, daar is prosedure wat gevolg moet word — “

“Ek stel nie belang in die rol van die dobbelsteen op iemand ander se lewe nie! En wat se opbrengs dit my kan betaal nie. Daar is net te veel risiko vir bloed,” waai hy sy hande met ongeduldigheid in die rondte.

“So in plaas daarvan, sal ons fokus op die ongevraagde manier van dinge doen. Daar is ʼn paar risiko’s hier, geen twyfel daaroor nie, maar met die regte benadering, is dit ʼn redelike risiko.”
“Nou verstaan ek glad nie, Konstabel!” en kyk hom aan met ʼn halwe dom blik.

“Flenter-Jan, gee vir my tyd, dan kom sien ek jou weer. Ek’s op pad Hof toe, as jy my sal verskoon.”

Die Hofsaal is stampvol van al die nuuskierige mense, om die riller drama mee te lewe. Die Hofverrigtinge het al begin toe Konstabel Van der Plooi in die hofsaal instap.

“Mejuffrou Hoffmann. Sien jy kans vir hierdie herroepingsgebeure die laaste tyd in jou lewe? Kan jy hoegenaamd niks onthou wat met jou gebeur het nie?” Daar heers ʼn doodse stilte.

“ — Ek dink tog daar is iets baie va-a-a-ag — Ja, ek soek na ʼn ontsnappingsroete in die uur van my hel, daar waar die flou sonstrale deur ʼn gaatjie vir my loer, besef ek dit is van weinige waarde. Ek voel óf die son tog ʼn soort van medelye aan my wou betoon, en ook die maan wat met die son wil kompeteer, om te sien wat is aan die gebeur, wat so nou en dan flikker na sy eie eindbestemming. Ja, ek het gebedel vir ʼn bietjie genade, maar dit val toe op dowe ore. Voel ek elke kap aan my lyf met ʼn vloek. Langsamerhand loer die flou sonstrale vir my uit ʼn ander hoek om te wil sien wat is aan die gebeur. En die maan, wat het met hom gebeur —? So verberg die son sy gesig vir my, asof hy nie meer deel van hierdie nagmerrie wil wees nie.”

“Appèl.”
“Van die hand gewys, gaan asseblief voort Mejuffrou Hoffmann.”

Laura voel daardie doodse stilte in die Hof, waar omtrent elke oog haar fyn dophou en waar ander, wat hulle oë agter hul hande wil verberg, maar tog ook nie die drama wil mis nie. Sy verbeel haar tog of sy hoor hoe die mense so onderlangs skarrel, dit aanvoel of hulle na ʼn riller storie luister. Pik ʼn deftige dame ʼn traan of twee om met afwagting te wag vir die finale aanslag. Ja, daardie sonsverduistering riller in lewende lywe word die naels geknaag. Ander wil saam met Laura huil in daardie nagmerrie ervaring wat hulle saam met haar beleef.

“Orde, orde in die Hof!” kap die Regter weer die die hofhammertjie op die koperplaat.

“Daar lê ek op ʼn verlate vloer en sien my eie bloedriviertjie en sy-vertakkings, op ʼn vloer met geen simpatie, hou dit hom onskuldig koud en verhard! Sink ek weg – weg – w-e-e-e-eg, doof my oë hulle uit, met my natbetraande oë, in die laaste versnelle fraksie van ewigheidsekondes, daar spartel my siel in my hart. Ja en ek wonder; wat het ek gedoen om die wraak-vloek der wraak-vloeke te verdien, daar loer die dood nou op sy prooi.”

“Ja, ja gaan voort asseblief, Mejuffrou Hoffmann.”

Woorde: 31484 is 34737.

DIE ONHEILSPELLENDE MAANSVERDUISTERING.

Vervolg op; Met daardie liefdespen.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Hof
Jy martel my. Ek kan nie wag vir die volgende aflewering nie.
4 jaar 4 maande 2 weke 3 dae 9 ure oud


hof
Arnold jy hou mens op die stoel se punt met hierdie verhaal
4 jaar 4 maande 2 weke 3 dae 22 ure oud


Laura in die hof
Baie lekker gelees. Soos gewoonlik het jy my aandag vasgegryp en kon ek nie ophou lees nie.
4 jaar 4 maande 2 weke 4 dae 7 ure oud


Laura in die hof.
Uitstekende hofverrigtinge. Die arme Konst van der Plooi ...
4 jaar 4 maande 2 weke 4 dae 9 ure oud


Laura
Lekker gelees soos altyd, wag in spanning vir die res Arnold
4 jaar 4 maande 2 weke 4 dae 9 ure oud


laura
Melodramaties inderdaad. Knap gedaan.
4 jaar 4 maande 2 weke 4 dae 9 ure oud



Die Storie agter die Storie

deur Christo Nel

'n Bybelse dagboek waarmee jy in 'n halfjaar se tyd dwarsdeur die hele Nuwe Testament, sy verhaal en "nuwe wyn-waarhede" kan werk.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar